ARTIKELS OOR demokratiese alliansie

Nuwe DA-skadukabinet bekendgestel

2012-02-01 17:46

Die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, het haar nuwe skadukabinet bekendgestel wat sal help om die DA se doelstellings te bereik.

Mazibuko sê wat haar planne is in parlement

2012-01-27 09:06

Die DA gaan probeer om die hegte samewerking wat verlede jaar rondom Swart Dinsdag ontstaan het, vanjaar in die parlement uit te brei.

DA-LP sal skuld ontken oor 'wangedrag'

2012-01-24 16:07

Die DA-LP Masizole Mnqasela sal onskuldig pleit op ses aanklagte van wangedrag wat die party teen hom ingedien het.

'eThekwini-metro kan in duie stort' – DA

2012-01-22 11:07

Die DA in KZN het gewaarsku dat die ANC-beheerde eThekwini-metro in duie kan stort as gevolg van korrupsie en ondoeltreffendheid.

D-dag vir Serwiese sluipmoordenaar in SA

2012-01-19 12:01

Die departement van binnelandse sake sal besluit of hulle vlugteling-status aan ‘n Serwiese sluipmoordenaar gaan toestaan.

DA: 'Sanral moet verskuilde kostes van tolpadstelsel bekendmaak'

2011-12-22 20:04

Die DA in Gauteng het Sanral gevra om die verskuilde administratiewe koste van die elektroniese tolpadstelsel bekend te maak.

Zuma en nog 10 druip met ’n F

2011-12-13 07:27

In die DA se jaarlikse rapport oor hoe die kabinet in 2011 gevaar het, is ’n F-simbool aan Zuma en tien van sy ministers toegeken.

DA nader OB oor ANC-fees

2011-11-18 08:08

Die Vrystaatse DA het die openbare beskermer gevra om die provinsiale regering se besteding aan die ANC-eeufeesviering te ondersoek.

President se nuwe straler is 'buitensporig' – DA

2011-11-06 17:59

Die R1,6 miljard wat die staat op twee langafstand-stralers vir President Jacob Zuma en sy adjunk sal spandeer, is “eenvoudig verkeerd”.

Verslag kom oor knoeiery in DA-beheerde Midvaal

2011-11-06 06:53

Die openbare beskermer gaan ’n verslag bekend maak met bevindings van wanbestuur en ongerymdhede in die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit.

Cope ontken saamsmelt-berigte

2011-11-03 16:45

Die Congress of the People het by monde van 'n senior lid ontken dat dié party planne het om met die Demokratiese Alliansie saam te smelt.

DA-LP staan vas agter Mazibuko

2011-10-26 07:58

Dr. Ena van Schalkwyk, DA-LP, steun Lindiwe Mazibuko in haar poging om tot die party se parlementêre leier verkies te word.

Halveer toltariewe, eis DA

2011-10-22 13:56

DA-lede het by 'n winkelsentrum in Alexandra byeengekom om teen die voorgestelde toltariewe in Gauteng protes aan te teken.

DA: Zuma moet Mogoeng-benoeming terugtrek

2011-09-05 14:26

Die DA gaan pres. Jacob Zuma vra om Mogoeng Mogoeng as sy benoeming vir hoofregter terug te trek, het Helen Zille gesê.

Reis-eise: DA gereed om tugverhoor te begin

2011-08-16 09:04

Die DA het reeds ’n klagstaat opgetrek en is slaggereed om met die tugverhoor teen dr. Manie van Dyk, DA-LP, oor sy reis-eise te begin.

'DA skep nie genoeg werk in Wes-Kaap'

2011-08-02 09:09

’n Beroep is op die nasionale regering gedoen om in te gryp omdat die “DA-regering versuim om werkloosheid te prioritiseer."

DA ondersoek wel LP se reis-eise

2011-07-14 08:07

Die DA-LP dr. Manie van Dyk se omstrede reiseise word wel deur sy party ondersoek, het die voorsitter van die DA se federale raad gesê.

Mazibuko dalk Zille se opvolger

2011-05-22 11:00

Helen Zille het aangedui dat sy Lindiwe Mazibuko, die party se nasionale woordvoerder, as haar moontlike opvolger beskou.

DA maak Durbanse kandidaat bekend

2011-03-23 17:00

Die Demokratiese Alliansie het Durban se munisipale raadslid Ronnie Veeran as sy burgemeesterskandidaat vir eThekwini gekies.

DA vra OB om premier se huis te ondersoek

2011-03-17 13:25

Die DA het die Openbare Beskermer (OB) gevra om ondersoek in te stel na die opgeknapte huis van die Gautengse premier Nomvula Mokonyane.

Ace moet hieraan aandag gee, sê DA

2011-03-03 09:04

Byna ’n derde van die Vrystaat se potensiële werkmag is werkloos en die provinsie se infrastruktuur het dringend aandag nodig.

Fortuin se politiek pla rugbyunie

2011-01-22 11:00

’n Storm het losgebars oor die besluit van Bevin Fortuin, voormalige Springbok- en SWD-Arende-rugbyspeler, om die politiek te betree.

OKD sal inhegtenisneming van joernaliste ondersoek

2011-01-04 20:14

Die Onafhanklike Klagtedirektoraat sal die onlangse inhegtenisneming van twee joernaliste van Sowetan ondersoek, sê die DA.

DA, OD se huwelik blom in Botrivier

2010-11-14 06:44

Die DA en die OD het in die Overbergse dorpie Botrivier gewys deur saam te werk kan hulle soveel meer doen teen die ANC.

Yengeni bedank uit direkteursposisies

2010-11-04 17:06

Die ANC-swaargewig Tony Yengeni het bedank uit die ses direkteursposisies wat hy by ses maatskappy beklee het, het sy prokureur gesê.

DA wil klagtes teen Yengeni lê

2010-11-01 15:14

Die Demokratiese Alliansie wil klagtes lê teen die ANC-veteraan Tony Yengeni, wat glo die Maatskappyewet oortree het.

DA gaan LP aankla wat baie reis

2010-10-15 08:16

'n DA-LP wat die parlement derduisende rande uit die sak gejaag het met padreis-eise, gaan deur dié party aangekla word.

Plaaslike owerhede onder DA ‘vaar beter’

2010-09-29 08:47

Die DA het gister op ’n nuuskonferensiedie wiele aan die rol gesit vir sy veldtog vir die plaaslike verkiesings van 2011.

‘Tribunaal sal korrupsie vermom’

2010-09-18 14:30

Die inligtingswet en voorgestelde mediatribunaal is instrumente om korrupsie te vermom, het Helen Zille, leier van die DA, gesê.

DA marsjeer teen inligtingswet en mediatribunaal

2010-09-18 13:00

Helen Zille, die leier van die DA, en haar party se ondersteuners het Saterdag na die konstitusionele hof gemarsjeer.

ANC nooi OD-lede om aan te sluit

2010-08-17 10:00

Die ANC het OD-lede wat “woedend” is omdat hulle deur hul partyleiers “uitverkoop” is, genooi om by hom aan te sluit.

ANC nie bedreig deur samesmelting

2010-08-15 20:10

Die ANC het gesê die samesmelting tussen die twee opposisiepartye sal hom nie bedreig nie, en ongelukkige kleurling-kiesers kan nou by die ANC aansluit.

De Lille word glo môre lid van DA

2010-08-14 07:57

Die OD het in Mei sy grondwet sodanig gewysig dat sy lede ook by ander partye kan aansluit, mits hulle toestemming verkry.

Koalisie deel van DA se strategie

2010-07-25 12:19

Die Demokratiese Alliansie (DA) moet ’n party van aktiviste op voetsoolvlak word en een wat sy visier daarop instel om die land te regeer.

Haïti se Aristide kos SA al R30 miljoen oor ses jaar

2010-07-09 08:23

Oudpres. Jean-Betrand Aristide van Haïti se verblyf in Suid-Afrika het die land die afgelope ses jaar sowat R30 miljoen gekos.

DA wen twee derdes in KZN-tussenverkiesing

2010-05-06 22:10

Die Demokratiese Alliansie het ’n twee derde meerderheid van stemme in die tussenverkiesings in KwaZulu-Natal gewen.

 

Plakkaat móés skok!

2012-01-29 07:29

Die DA-jeug se omstrede plakkaat-veldtog is daarop gemik om Suid-Afrikaners te skok en Helen Zille, partyleier, ondersteun dit.

DA-LP sê weer Zille is soos 'n diktator

2012-01-27 07:00

'n DA-LP wat op verskeie klagtes voor ’n tugverhoor sal verskyn, het opnuut vir Helen Zille van diktatoriale neigings beskuldig.

DA-studente laat tonge klap met plakkaat

2012-01-23 18:55
111 menings

‘n Plakkaat van die DA Studenteorganisasie waarop twee mense van verskillende rasse in ‘n intieme posisie verkeer, het die tonge laat klap.

Hare gaan waai in Gautengse DA-stryd

2012-01-22 07:02

Die stryd om die DA se leiersposisie in Gauteng stuur af op ’n taai wedloop waarin gerugte oor rassepolitiek en inmenging reeds dik loop.

Simelane moet self betaal, meen DA

2012-01-03 09:46

Adv. Menzi Simelane, nasionale direkteur van openbare vervolging, moet self sy regskoste betaal as hy wil appelleer, meen die DA.

DA: 'Beskerm dwelmmuil se regte'

2011-12-14 23:00

Die DA het 'n beroep op die minister van internasionale betrekkinge gedoen om te verseker dat Nolubabalo Nobanda se regte in 'n Thaise tronk beskerm word.

DA en AfriForum betoog volstoom teen wet

2011-12-10 07:16

Die DA en die burgerregtegroep AfriForum het veldtogte begin om die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting te keer.

DA: Motoriste moet nié e-skyfie koop

2011-11-09 14:21

Die Demokratiese Alliansie het 'n beroep op motoriste gedoen om nié die elektroniese tolskyfie vir Gauteng se hoofweë aan te skaf nie.

G’n groot skuif met Cope nie – Lindiwe

2011-11-06 12:09

’n DA-Cope-samesmelting sal goed wees omdat dit onsinnig is dat opposisiepartye onder mekaar baklei, sê Lindiwe Mazibuko.

Manie van Dyk het langpad glo nóg langer gemaak

2011-11-05 07:44

Dr. Manie van Dyk, die DA-LP wat derduisende rande geëis het vir langafstand-pad­reise, het glo ook in 24 eise ’n langer afstand aangedui.

Mazibuko lui nuwe hoofstuk vir DA in

2011-10-28 07:01

’n Nuwe hoofstuk het vir die DA aangebreek toe die 31-jarige Lindiwe Mazibuko tot parlementêre leier van die party verkies is.

DA plaas druk op Sanral oor tolpaaie

2011-10-24 13:07

Die DA sê die party sal voortduur om druk op die departement van vervoer en Sanral te plaas totdat die nuwe toltariewe geskrap word.

Manuel ontken berig oor samesprekings

2011-09-06 09:04

Trevor Manuel het heftig ontken dat hy ooit samesprekings met Helen Zille gevoer het oor die moontlikheid om ’n DA-lid te word.

Beskermer moet besluit oor DA-tender

2011-08-21 21:55

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sal vandeesweek besluit of sy ‘n tender vir kommunikasiedienste in die Wes-Kaap sal ondersoek.

Zuma kyk na verslag oor polisiehoofkwartiere

2011-08-07 22:48

Pres. Jacob Zuma is besig om die verslag oor twee huurkontrakte vir nuwe polisie-hoofkwartiere stelselmatig te bestudeer, het sy kantoor gesê.

'Wie finansier Julius?' – DA

2011-07-18 08:43

Die DA gaan die SAID vra om ondersoek in te stel na Julius Malema se geldsake ná berigte dat hy ’n paleis van sowat R16 miljoen bou.

DA wil ondersoek by psigiatriese hospitaal hê

2011-07-10 13:00

Die DA wil die menseregtekommissie vra om 'n volledige ondersoek te doen na beweerde menseregteskendings by 'n psigiatriese hospitaal.

ANC onder twee derdes, DA by 'n kwart

2011-05-22 08:00

Die finale uitslae wat aangekondig is, toon die ANC het die munisipale regeringsverkiesing gemaklik gewen met 62% van die stem.

Twee ANC-lede sluit aan by DA

2011-03-22 16:19

Twee ANC-lede en ‘n lid van die United Democratic Movement het by die DA in KwaZulu-Natal aangesluit voor die plaaslike verkiesings.

De Lille kandidaat vir Kaapstad-burgemeester

2011-03-14 09:56

Helen Zille het aangekondig dat Patricia de Lille die Demokratiese Alliansie se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad is.

Herrie oor DA-vlag van trekker afgeruk is

2011-03-02 08:09

Die munisipale bestuurder van die Ngwathe-munisipaliteit het glo ’n DA-vlag van ’n boer se trekker afgeruk toe hy gras op 'n dorp gesny het.

Bevan Fortuin draf nou vir DA uit

2011-01-19 13:27

Die voormalige Springbok en tans kaptein van die SWD Arende, Bevan Fortuin, het die politiek betree, berig Die Burger.

DA wil inligting oor Mugabe vir WikiLeaks gee

2010-12-08 09:46

Die DA oorweeg dit om getuienis en bewyse van menseregtevergrype deur pres. Robert Mugabe aan die omstrede WikiLeaks-klikwerf te stuur.

DA kan Simelane nie lig

2010-11-10 15:55

Die DA se aansoek om Menzi Simelane, hoof van die nasionale vervolgingsgesag, te verwyder, is deur die hooggeregshof van die hand gewys.

Ramokgopa as nuwe Tshwane-burgemeester aangewys

2010-11-02 19:31

Sputla Ramokgopa is as die nuwe burgemeester van Tshwane aangewys en het stof in die oë van Gerhardus Pretorius, DA-kandidaat geskop.

DA mors R2 miljoen op regsgeding – ANC

2010-10-15 09:20

Die DA het glo bykans R2 miljoen se belastingbetalersgeld op onnodige regskoste in die geding om die Overberg-munisipaliteit vermors.

Is Oudtshoorn teken van die ANC se opmars?

2010-10-10 10:20

Die ANC meen die afgelope week se uitslae in tussenverkiesings in Oudtshoorn toon die politieke wind draai teen die DA, maar die DA meen nie so nie.

DA verloor appèl teen bevinding oor toilette

2010-09-24 12:14

Cosatu meen die DA se mislukte appèl teen ’n vroeëre bevinding oor die Makhaza-toilette was ‘n vermorsing van belastingbetalersgeld.

Woedende skare gooi vinger vir Zille

2010-09-18 13:30

Ontstoke inwoners van Houtbaai het by 'n vergadering op premier Helen Zille geskree, haar die middelvinger gegee en haar amper aangeval.

De Lille ‘een van bestes’

2010-09-04 06:25

Patricia de Lille is nou amptelik Wes-Kapenaars se nuwe minister van maatskaplike ontwikkeling met adv. Lennit Max op pad na die nasionale parlement.

Só werk De Zille se pakt

2010-08-16 06:36

Patricia de Lille se Onafhanklike Demokrate (OD) sal ná slegs elf jaar van sy bestaan heeltemal deur die DA ingesluk word.

DA en OD gaan saamsmelt

2010-08-15 17:05

Die Demokratiese Alliansie en die Onafhanklike Demokrate het aangekondig dat hulle gaan saamsmelt om 'n sterker opposisie te vorm.

DA-lede beseer in hysbak-ongeluk

2010-07-25 13:10

Twee DA-amptenare is beseer in ‘n ongeluk in Kaapstad toe die hotel-hysbak waarin hulle gery het, drie vloere ver geval het, het paramedici Sondag gesê.

DA: Regering moet ingryp by waterwese

2010-07-16 06:08

Die regering moet optree teen die geskorste DG van waterwese en amptenare wat vir miljoene se onreëlmatige uitgawes verantwoordelik was.

De Lille word glo nie DA se nasionale voorsitter

2010-06-27 13:43

Gerugte loop dik in DA-geledere dat die OD-leier, mev. Patricia de Lille, nie meer volgende maand die DA se nasionale voorsitter gaan word nie.

OD-leier verwerp DA-bewerings

2010-05-04 02:48

Patricia de Lille, leier van die OD het Maandag mediaverslae verwerp wat berig het dat sy as die DA se nasionale voorsitter benoem gaan word.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Condor 2400i Estate MPV MY03
2003
R 121,000.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.