Cosatu-lede se optrede buite dié vakverbond se hoofkantoor tydens 'n DA-optog is "nie akkuraat deur die media uitgebeeld nie".
Die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting is niks meer as 'n poging om 'n kriminele staat te fasiliteer nie, het 'n DA-LP gesê.
Politieke partye het Vryheidsdag gebruik om op beide die positiewe en negatiewe aspekte van 18 jaar van demokrasie in die land te wys.
‘n Jeugaktivis het by die SA Menseregtekommissie (MRK) gekla oor die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, se “vlugteling-” uitlating.
Die Oos-Kaap benodig 'n "tweede vryheidstryd" om hom van boetie-kapitalisme en korrupsie te bevry, het Helen Zille, DA-leier, gesê
Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, se verwysing na leerders van die Oos-Kaap as vlugtelinge is onmenslik.
Lindiwe Mazibuko, DA-leier in die parlement, het haar skok uitgespreek oor die vlak van dienslewering by die Joe Slovo-township by Brandfort.
Cosatu is ontstoke oor 'n hofbevinding dat dokumentasie rakende 'n besluit in 2009 om pres. Zuma nie te vervolg nie, vrygestel moet word.
Dis die ANC-regering wat die land in die steek gelaat het, en nie die Grondwet nie, het die DA se parlementêre leier gesê.
Helen Zille, ystervrou van die DA, staal haar vir ’n aanslag deur ’n groep in die party wat haar as leier wil verwyder.
Die DA vry na die struggle-swaargewig dr. Mamphela Ramphele as ’n moontlike kandidaat om Helen Zille as DA-leier op te volg.
Goedkoper kragtariewe gaan môre op die agenda wees wanneer die DA met die nasionale energiereguleerder (Nersa) vergader.
Die afskaffing van provinsies sal nie dienslewering verbeter nie, het Helen Zille gereageer op Cosatu se eis dat al die provinsies afgeskaf moet word.
Die DA sê klinieke kon baat vind uit tonne medikasie wat in die Oos-Kaap vernietig is indien dié provinsie se voorraadopnames op standaard was.
Die Openbare Beskermer sal binnekort 'n verslag oor 'n ondersoek na die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit bekend maak, het 'n woordvoerder gesê.
Helen Zille het een van haar eie parlementslede wat ’n rassistiese opmerking oor Lindiwe Mazibuko gemaak het behoorlik die kop gewas.
Die dag van beslissing het aangebreek vir die DA se parlementêre koukus, wat byeenkom om ’n parlementêre leier aan te wys.
’n Moontlike swart DA- parlementêre leier in die vorm van Lindiwe Mazibuko sal nie ’n “towerstaf” vir swart steun vir dié party wees nie.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) moet hom nie laat voorskryf deur opposisiepartye nie, het die ANC-jeugliga gesê.
Die DA sal die Suid-Afrikaanse Inkomstediens vra om die geldsake van Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, te ondersoek.
Die DA kies in November ’n nuwe parlementêre leier, maar drie name word reeds genoem as aanspraakmakers op dié pos.
Die Kaapse stadsraad gaan opnuut met gemeenskapsleiers in Makhaza vergader om die toiletsage eens en vir altyd te probeer begrawe.
Daar is lede in die DA wat tans beweer Zille het Patricia de Lille op partylede afgedwing as Kaapstadse burgemeester.
’n Sluier van geheimhouding is getrek oor die ongeluk waarin die motor van Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering, afgeskryf is.
Die Noord-Kaapse leiers van Cope en die DA is oortuig die fondamente word gelê om gesamentlik die ANC in 2014 ’n opstopper te gee.
Die Gautengse regering het in die 2010/2011 finansiële jaar onderbestee met R1,5 miljard, het die Demokratiese Alliansie gesê.
Onderhandelings sal op nasionale vlak tussen die DA en Cope gevoer word oor die vorming van koalisies in die Noord-Kaap en elders.
Met 79% van die Vrystaat se uitslae Vrydagaand bekend, was die ANC beslis stewig in die saal. Die ANC het sover 18 uit die 20 munisipaliteite ingepalm.
Die ANC het as wenner uit die verkiesingstryd getree in die Noord-Kaap en 63,75% van die stemme in die provinsie ingepalm.
Die DA se steun in Rustenburg het toegeneem, maar het ver kort geval van die ANC se oorheersende 70%, het die OVK bekend gemaak.
Die Wes-Kaap behoort feitlik aan die DA nadat die party sy steunbasis in die afgelope plaaslike verkiesing met meer as 20 persentasiepunte vergroot het.
Die ANC het teen Donderdagmiddag 49,64% (89 392) van die stemme in die Mangaung-munisipaliteit gekry en die DA 44,61% (80 347).
Die ANC het teen 12:00 Donderdag 1,8 miljoen stemme in Gauteng gehad, met die Demokratiese Alliansie op 950 801 stemme.
Die ANC het mag in die Nelson Mandelabaai-metro behou met 51,5% van die stemme, met die DA in die tweede plek met 40,24% van die stemme.
Die ANC het 52,14% van die stemme in die Durban-metro ingepalm, gevolg deur die Demokratiese Alliansie met 26,30% stemme.
Die Demokratiese Alliansie het teen Donderdagoggend 09:00 steeds in die nek van die ANC geblaas vir die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit.
Die spanning in Midvaal in Gauteng loop hoog met ANC-ondersteuners wat dreig om die plakkershutte van DA-lede af te brand.
Die ANC is "baie teleurgesteld" omdat hy Midvaal in Gauteng aan die DA verloor het, en moet harder werk in "minderheidsgebiede".
Die DA loop voor in die verkiesingstryd in Kaapstad, met 82,74% van die stemme, en die ANC met 13,13% van stemme lê tweede.
Die ANC het teen Donderdagoggend 07:00 meer as 60% van die 10,9 miljoen van die stemme in die plaaslike regeringsverkiesing gekry.
Met 'n derde van die stemme wat reeds in die Wes-Kaap getel is, het die DA se steun met 25% sedert 2006 toegeneem, berig die SABC.
Meer steun vir die DA, minder vir die ANC, en kleiner partye wat kan pak kry. Dít is wat politieke kenners verwag in die plaaslike verkiesings.
'n Politieke riller van ’n tweestryd gaan hom afspeel wanneer die DA en die ANC mekaar die stryd aansê om die kroonjuweel van die Wes-Kaap.
Die ANC gaan al die munisipaliteite in die land wen, het Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, op 'n verkiesingssaamtrek gesê.
Die ster van 'n DA-televisie-advertensie vir volgende week se plaaslike verkiesings is betaal "om leuens te verkoop," het die ANC beweer.
’n DA-advertensie van ’n vrou wat voor ’n hut in Guguletu sit en vertel hoe dié party haar van elektrisiteit voorsien het, het tot ’n groot bohaai gelei.
Inwoners van die Moederstad kan volgens die stadsraad se konsepbegroting verwag om gemiddeld 19,94% meer vir elektrisiteit betaal.
‘n ANC-kandidaat vir die Midvaal is in die hospitaal na sy tydens ‘n deur-tot-deur veldtog in Daleside deur drie mans aangerand is.
Die Demokratiese Alliansie beweer 'n groep mense met ANC-hemde het hulle tydens 'n saamtrek in Hoedspruit intimideer.
Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het die opposisieleier en premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, met 'n aap vergelyk.
Die DA beplan om ‘n betoging na Cosatu-huis in Johannesburg te lei, alhoewel die metropolisie gesê het dit sal nie toegelaat word nie.
Zwelinzima Vavi, hoof van Cosatu, beweer dat die DA-leier Helen Zille hom "lastig geval het" om by haar party aan te sluit.
Die verkorting van vonnisse vir gevangenes wat op Vryheidsdag aangekondig is, is 'n klap in die gesig van misdaadslagoffers, het die DA gesê.
Twee amptelike begrafnisse het die Gautengse regering R5,9 miljoen uit die sak gejaag, het die DA in die provinsie beweer.
Die DA het in Pretoria buite stemming gebly toe die Tshwane-metroraad besluit het om 25 straatname in dié stad te verander.
'n Hofaansoek is in Gauteng ingedien om die implementering van die omstrede e-tolstelsel in dié provinsie te probeer verhoed.
Helen Zille, Wes-Kaapse premier en DA-leier, wat na skoolkinders as vlugtelinge verwys het, het gesê sy is nie 'n rassis nie.
Die appèlhof het beslis die DA mag dokumente sien oor 'n besluit in 2009 om aanklagte teen pres. Zuma te laat vaar.
Die DA wil soveel as moontlik munisipaliteite in KwaZulu-Natal wen met die oog op die nasionale verkiesing in 2014, het Helen Zille gesê.
Die mediagroep Naspers se transaksie met die DA-beheerde Kaapstad-munisipaliteit vir ’n stuk grond is "onheilspellend en laat die oë rek”.
Die DA het die Menseregtekommissie (MRK) gevra om die aktiwiteite van ’n regse kommandokorps in Mpumalanga te ondersoek.
Helen Zille het die ANC gelukgewens met die viering van hul honderdste bestaansjaar en sê hulle het 'n indrukwekkende mylpaal bereik.
As die DA die tekens en tendense reg lees sal hy Suid-Afrika voor die einde van die dekade regeer, meen Helen Zille.
Die Midvaal-munisipaliteit moet sy remediërende planne binne 30 dae aan adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, voorlê.
Die verkiesing van Lindiwe Mazibuko as die DA se parlementêre leier voorspel goeie dinge vir Suid-Afrika, het pres. Jacob Zuma gesê.
Lindiwe Mazibuko is deur koukuslede tot die eerste swart leier van die amptelike opposisie in die parlement verkies.
Kaapse DA-bestuurslede gaan in die komende week ook hul steun openlik aan Lindiwe Mazibuko toesê in die party se parlementêre verkiesingstryd.
Huise wat gekoop is om ministers en adjunkministers te huisves, kos belastingbetalers meer as R180 miljoen sê die minister van openbare werke.
Die SAID het gesê hy het geen versoek ontvang om 'n leefstyloudit van Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, te doen nie.
Die Kaapse Metroraad het sy kapitaalbegroting vir 2010-’11 met R1,3 miljard onderbestee, het die ANC bekendgemaak.
Die Demokratiese Alliansie sê die Gautengse regering moet 'n verslag van PriceWaterhouseCoopers oor Audrey Gule bekendmaak.
Dianne Kohler Barnard, die DA-woordvoerder oor polisie, het in ’n verklaring gesê dit is hoog tyd dat Bheki Cele se loopbaan as polisiehoof beëindig word.
Helen Zille het gereageer in reaksie op die onderonsie tussen Jaap Kelder, voorsitter van die nasionale belastingbetalersvereniging, en Athol Trollip.
Die DA sowel as die VF+ eis dat die Valke hul ondersoek na die regering se omstrede multimiljardrand- wapentransaksie moet hervat.
Die munisipale bestuurder van die Nama-Khoi-munisipaliteit op Springbok het bedank, maar sal drie maande se salaris en 21 verlofkrediete ontvang.
Die leier van die DA, Helen Zille, is hartlik by die Kaapstad-lughawe verwelkom waar ondersteuners en provinsiale ministers haar ingewag het.
Julius Malema, ANC-jeugleier, het die DA tydens ’n besoek aan die nasionale uitslagsentrum in Pretoria opnuut as ’n party vir wittes gebrandmerk.
Die DA het in die afgelope plaaslike verkiesing altesaam 43 wyke van die ANC weggevat, het Helen Zille, nasionale DA-leier gesê.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het die uitslae vir 95,1% van die land se stemdistrikte teen 07:30 Vrydagoggend voltooi.
Die ANC het met meer as 1,2 miljoen stemme beheer oor die Johannesburg-metro gewen, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gesê.
Die DA het die wyk in Nelson Mandelabaai gewen waar sy leier, Helen Zille, gekla het dat kiesers slegs een stembrief in plaas van twee gegee is.
Die DA is knap voor die ANC in Johannesburg met 49,96% van die stemme in vergelyking met die ANC se 43,93% stemme.
Die ANC is volgens die jongste verkiesingsuitslae ver voor in die Moqhaka-munisipaliteit waar hy oop toilette gebou het.
Die Demokratiese Alliansie het teen 12:00 Donderdag 59,94% van die stemme teenoor die ANC se 30,04% gehad, het die OVK gesê.
Die ANC het teen Donderdagoggend 'n stewige greep op Tshwane gehad met 53% van die stemme in vergelyking met die DA se 40%.
Die African National Congress het teen 10:00 Donderdagoggend met sowat 10 miljoen stemme, 62,52% van die stemme regoor die land, voorgeloop.
Meer as die helfte van die uitslae van die 2011 plaaslike regeringsverkiesing was teen vroeg Donderdagoggend gefinaliseer.
Die Demokratiese Alliansie (DA) het nasionaal sowat 6% van swart stemme gekry, het ’n strateeg van die party gesê.
Die ANC is knap voor die DA in Nelson Mandelabaai met 59% van die stemme wat reeds getel is, berig Herald Online.
Die African National Congress (ANC) het met 58% van die stemme vroeg die voortou geneem in die Ekurhuleni Metro, berig die SABC.
Die uitslag van die munisipale verkiesings is vir die ANC op verskeie vlakke van deurslaggewende belang, het 'n analis gesê.
Die DA-leier Helen Zille het in Kaapstad gestem en gesê die DA is die enigste party wat die nalatenskap van apartheid ongedaan kan maak.
Musikant Sello Twala wil hê die DA-leier Helen Zille moet ophou dans op die bekende wysie van sy "Vulindlela" by saamtrekke.
Tokyo Sexwale het beloof om aksie te neem teen kontrakteurs wat betrokke is by voorvalle waar toilette sonder afskortings gebou is.
Die DA-leier Helen Zille het aan kiesers gesê haar party is die enigste party wat Nelson Mandela se visie vir SA 'n werklikheid kan maak.
'n Verkiesingskandidaat van die DA het om verskoning gevra nadat hy metropolisiebeamptes op sy Facebook-blad gedreig en beledig het.
Die Demokratiese Allianse is "dagdromers" as hulle dink hulle gaan Johannesburg en Tshwane wen, het pres. Jacob Zuma Maandag gesê.
Die DA het 'n standbeeld van die apartheidsargitek Hendrik Verwoerd in Midvaal in die suide van Gauteng verwyder, het die VF+ gesê.
Die ANC gaan president Jacob Zuma heel moontlik in ’n toenemend fel kuber-verkiesingsveldtog op Twitter inspan.
Die DA het met die bekendstelling van sy verkiesingsmanifes in Soweto weer pres. Zuma se omstrede uitlatings oor die hemel gekritiseer.