ARTIKELS OOR curriebeker

Butch: 'Ek soek die nr.10-trui'

2011-11-21 12:16

Die veteraan-losskakel Butch James sê hy het nog genoeg brandstof in sy tenk om Elton Jantjies vir die Goue Leeus se nr. 10-trui uit te daag.

Michalak wil terug na Europa

2011-11-01 13:10

Die Haaie se losskakel Frédéric Michalak wil sy loopbaan in Europa voortsit in 'n poging om weer vir die Franse rugbyspan gekies te word.

Goue Beker net die begin – Kevin

2011-11-01 07:03

Die verowering van die Curriebeker is maar net deel van die Goue Leeus se einddoel om weer die groot krag te word wat hy eens was.

Prins Elton wys hy is die ware Leeu-koning

2011-10-30 07:19

Ná 12 jaar is die Goue Beker terug in die Goudstad nadat die Leeus hier gebrul het soos die maanhare wat hulle is.

Haaie se agt het té veel spiere

2011-10-29 09:05
99 menings

Die sterbelaaide Haaie-agttal kan heel moontlik die lewe uit die Leeus wurg en só die span se hoop om die Curriebeker te wen, verpletter.

Wie is die hongerste?

2011-10-29 07:05

Dis die Leeus se eerste kans in 12 jaar om die Curriebeker te wen, en die eerste keer op hul tuisveld sedert 1950.

Haaie se tande in Sonstad geslyp

2011-10-28 08:00

Die slot Alistair Hargreaves is die enigste verandering aan die Haaie se 22-tal vir die Curriebeker-eindstryd in die Leeukuil teen die Goue Leeus.

Botes dalk toeskouer

2011-10-27 10:04

Al het hy vir sy 100ste keer vir 'n Curriebeker-stryd uitgedraf, sal Jacques Botes dalk droëbek na die eindstryd teen die Leeus moet kyk.

Leeus hou by wenspan vir CB-eindstryd

2011-10-26 14:15

Die Leeus se breier, John Mitchell, het 'n onveranderde beginspan vir die Curriebeker-eindstryd teen die Haaie in Johannesburg aangekondig.

Haaie wil meer as net wen, sê Hugh

2011-10-26 07:03

Die Haaie wil nie net ’n wenspan wees nie, maar ’n kampioenspan, sê Hugh Reece-Edwards, een van die hulpafrigters van die Haaie.

Plumtree: 'Draai horlosie terug'

2011-10-24 09:53

Die eerste prys vir die Haaie sou ’n eindstryd tuis gewees het, maar die dobbelstene het geval en nou moet hulle die beste van die saak maak.

Beursies moet nou WP-misnoeë wys

2011-10-24 08:00

Dit is moeilik om te verwoord wat die WP in die halfeindronde van die Curriebeker-reeks teen die Leeus aangevang het toe hy verloor het.

Leeus se beker-brul

2011-10-23 07:06

Daar was die afgelope paar jaar heelwat wedstryde wat Leeus-ondersteuners laat wonder het of hul span ooit weer die Curriebeker sal wen?

Haaie wéér in CB-eindstryd

2011-10-22 16:45

Die Haaie het 'n agterstand van 13 punte uitgewis om die Cheetahs in Durban te klop vir 'n plek in die Curriebeker-eindstryd.

Strauss sê sy span probeer kalm bly

2011-10-22 08:16

Vir die eerste keer in 12 jaar sê die Goue Leeus ’n ander span die stryd in die Curriebeker-halfeindstryd op hul eie tuisveld aan.

Bulle se Watermeyer van kontrak vrygestel

2011-10-21 14:25

Die Blou Bulle Maatskappy het bekendgemaak dat Stefan Watermeyer van sy kontrak vrygestel is om vir die Ospreys in Wallis te gaan speel.

Allister: 'Nic en Demetri het babaskoene ontgroei'

2011-10-20 10:03

Een of ander tyd moet jy ophou om ’n baba te wees. Só kyk Allister Coetzee na die WP-span wat hy vir die Curriebeker-halfeindstryd aangewys het.

Cheetahs reg vir 85 minute

2011-10-20 08:51

Die Vrystaat-rugbyspan berei hom vandeesweek voor om in Durban in die Curriebeker-halfeindstryd teen die Haaie vir 85 minute alles te gee.

Schalk lei WP in CB-halfeind

2011-10-19 13:14

Die afrigter van die WP, Allister Coetzee, het sy span aangekondig wat teen die Leeus in die Curriebeker-halfeindstryd op Coca-Colapark uitdraf.

Schalk nie skuldig aan vuilspel

2011-10-18 15:11

Schalk Burger is van vuilspel vrygespreek nadat hy in die WP se Curriebeker-kragmeting met die Pumas, uitgewys is vir 'n gevaarlike duikslag.

Habana verleng WP-kontrak

2011-10-17 10:58

Die Springbok-vleuel Bryan Habana sal vir die volgende drie jaar nog sy rugby in die Kaap speel nadat hy sy kontrak met die WP verleng het.

Jimmy ‘keelvol’ oor behandeling

2011-10-17 08:00

’n Ontstoke Jimmy Stonehouse, breier van die Pumas, het ná sy span se nederlaag teen die WP uitgevaar oor hoe die klein unies behandel word.

Butch het CB-honger ná Bokke in WB gly

2011-10-14 12:04

Butch James sê hy lê nog elke nag wakker sedert die Springbokke hul Wêreldbeker-kwarteindstryd met teen Australië in Wellington verloor het.

De Villiers lei WP met WB-Bokke

2011-10-14 08:08

Die Pumas trek rustyd ’n ander stel rugby-truie aan om hul Curriebeker-teenstanders te ontsenu – die Westelike Provinsie stuur Bokke op.

Griekwas reg om Cheetahs aan te vat

2011-10-13 10:40

Of dit kopspeletjies of beserings is skeel Griekwas min in die aanloop tot sy Curriebeker-kragmeting met die Cheetahs in Bloemfontein.

WP gaan ál sy Bokke laat speel

2011-10-13 08:08

Die Westelike Provinsie se WB-Bokke was skaars terug in die land toe dié wou weet waar hulle vir hul Curriebeker-oefening moet aanmeld.

Juan praat oor rugby-toekoms, kapteinskap

2011-10-12 11:02

Om kaptein van die Springbok-span te wees, is ’n groot eer, maar Juan Smith wil eers terug op die rugbyveld kom en goeie rugby speel.

Luiperds word haaikos

2011-10-08 23:00

Die Haaie het die Luiperds oortuigend geklop in die twee spanne se Curriebeker-kragmeting by die Royal Bafokeng-stadion buite Rustenburg.

Griekwas wen drieëfees teen Bulle

2011-10-08 17:06

Die Bulle se kanse om die uitklopronde van vanjaar se Curriebeker te haal, lyk skraal nadat die Griekwas net-net in Kimberley geseëvier het.

Rekord wink vir Terblanche

2011-10-06 14:47

Die Haaie se afrigter, John Plumtree, het vier veranderinge gemaak aan sy span wat in die Curriebeker-wedstryd teen die Luiperds uitdraf.

Blou Bulle gee Bees trekpas

2011-10-06 09:16
105 menings

Die Blou Bulle het die stut Bees Roux die trekpas gegee. Hy is in ’n tugverhoor skuldig bevind dat hy sonder toestemming by die Pumas geoefen het.

Bulle verander drie vir stryd teen Griekwas

2011-10-05 13:34

Die Blou Bulle het drie veranderinge gemaak aan hul span wat in die Curriebeker-wedstryd met die Griekwas in Kimberley sal kragte meet.

Haaie-breier twyfel

2011-10-03 10:07

Hy is nie so seker of die WP se wendrie in hul Curriebeker-sege toegeken moes gewees het nie, het John Plumtree, die afrigter van die Haaie, gesê.

Griekwas draai krane oop in tweede helfte

2011-10-01 19:04

Griekwas het ná 'n moeilike eerste helfte teruggeveg en vyf drieë gedruk om uiteindelik met 38-23 oor die Luiperds te seëvier.

Cheetahs, Leeus gelykop in Bloem

2011-10-01 16:56

Ná hulle sege verlede week oor die Westelike Provinsie moes die Cheetahs met 'n gelykop-uitslag teen die Goue Leeus tevrede wees.

Leeus-breier kies drie Michaels

2011-09-29 09:38

Al drie die Goue Leeus se Michaels is reg om die Vrystaat-Cheetahs te pak en is in die beginspan gekies vir die Curriebeker-stryd in Bloemfontein.

WP-breier: ‘Dis ’n psigiese probleem’

2011-09-28 09:01

Allister Coetzee het grappenderwys, dog effens benoud, na die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan as “ons o.21A-span” verwys.

Bulle se Potgieter uit Curriebeker

2011-09-27 13:17

Dewald Potgieter, flank van die Blou Bulle, sal nie verder aan vanjaar se Curriebeker-seisoen deelneem nie nadat hy 'n enkelbesering opgedoen het.

Taai besluite wag op Allister

2011-09-26 08:02

Die Westelike Provinsie het vanjaar twee hoofdoelwitte: om diepte te skep vir 2012 se Super Rugby-reeks en tweedens om die Curriebeker te wen.

Bulle se verdediging hou vir wen teen Leeus

2011-09-24 18:03

Die Bulle kan steeds bly hoop op 'n plek in die Curriebeker-halfeindronde nadat hulle die Goue Leeus in 'n klipharde stryd in Johannesburg geklop het.

Haaie, Griekwas desperaat vir punte

2011-09-23 09:44

Ná hul besoeke die afgelope dekade aan Durban om die Haaie aan te durf, kan Griekwas dalk voel Durban is ’n plek waar hulle nie welkom is nie.

Vrystaat het ook sy eie baardman

2011-09-22 10:01

Frankryk het vir Sebastien Chabal en die Bokke vir Geo Cronjé gehad, maar nou het die Vrystaat ook sy eie baardman.

Leeus verander twee vir stryd teen Bulle

2011-09-21 15:26

Die Goue Leeus het twee veranderinge en een posisionele skuif gemaak vir hul Curriebeker-kragmeting met die Blou Bulle in Johannesburg.

Rayno Benjamin terug vir Cheetahs

2011-09-21 08:41

Goeie spel deur Izak van der Westhuizen het daartoe gelei dat Wilhelm Steenkamp in Kaapstad op nr. 4 in die lynstane vir die Vrystaat sal spring.

Bulle ook mank na hul WP-wen

2011-09-19 14:09

Slegte nuus vir die Bulle is dat hul vleuel Akona Ndungane die Ligbloues se volgende twee Curriebeker-wedstryde weens beseerde ribbes sal misloop.

Pumas juig in Kimberley

2011-09-19 07:29

Iewers moes die gety draai en dit is presies wat op GWK-park vir die Pumas gebeur het in hul Curriebeker-oorwinning oor Griekwas.

Cheetahs sink die Haaie

2011-09-17 17:15

Die Vrystaat-Cheetahs het die Haaie in hul Curriebeker-kragmeting by die Vrystaat-stadion in Bloemfontein met 53-32 geklop.

Twee Potties teen WP ingespan

2011-09-15 09:12

Twee Potgieters, die een so aggressief en toegewyd op die rugbyveld soos die ander, draf op Loftus Versfeld vir die Blou Bulle teen die WP uit.

Leeus verander drie vir katgeveg teen Luiperds

2011-09-13 14:28

Die Goue Leeus het drie veranderinge gemaak aan hul span wat in die Curriebeker-kragmeting teen die Luiperds in Potchefstroom uitdraf.

Skeate breek sy neus

2011-09-13 07:03

Ross Skeate het sy neus gebreek in Saterdag se wedstryd in Durban en sal volgens die spandokter ’n paar weke lank uit aksie wees.

 

Tertius wil loopbaan op koers kry by Griffons

2011-11-02 10:07

Die skrumskakel Tertius Carse kan weer sy loopbaan op koers kry. Ná byna ’n jaar langs die kantlyn sal hy hom in 2012 by die Griffons aansluit.

Kaapse senter na die Haaie

2011-11-01 10:04

Die 23-jarige senter van die Westelike Provinsie Tim Whitehead word nou nadergetrek om die Haaie se probleme in die middelveld op te los.

Die Leeu-brekers!

2011-10-31 08:01

Vir al die jare wat Doppies la Grange en Cobus Grobbelaar alles in rugby ingeploeg het. Daarvoor vergoed die soet smaak van Curriebeker-vonkelwyn.

Goue Leeus laat Haaie spartel

2011-10-29 19:26
77 menings

Die manne in die Rooibont-truie het oor die Haaie geseëvier in die Curriebeker-eindstryd op Coca-Colapark in Johannesburg.

Sege 'weeg swaarder as Stefan-swanesang'

2011-10-29 08:05

Geen ophef sal daaroor gemaak word dat die Curriebeker-eindstryd dalk Stefan Terblanche se laaste wedstryd vir die Haaie kan wees nie.

Rooibontes nou groot, sê Wikus

2011-10-28 09:30

'n Curriebeker-eindstryd mag wel iets vreemds vir die Leeus wees, maar Wikus van Heerden glo nie dit is ’n “jong” span wat die Haaie pak nie.

Pote, Abré kou naels oor Griekwas-pos

2011-10-27 11:13

Griekwaland-Wes se Rugbyunie sal eers op 7 November aankondig wie sy Vodacombeker- en Curriebeker-spanne aanstaande seisoen gaan afrig.

D-dag vir Doppies-hulle in stampvol stadion

2011-10-27 07:00

Die senter Gideon la Grange is reeds sedert 2003 deur dik en dun as ’t ware die hartklop van die Goue Leeus se agterlyn.

Curriebeker-eindstryd uitverkoop

2011-10-26 12:06

Kaartjies vir die Curriebeker-eindstryd tussen die Goue Leeus en Haaie op Coca-Colapark in Johannesburg, is uitverkoop.

Die Prins gee Leeus rigting met spel

2011-10-25 10:10

Toe Elton Jantjies met ’n harde slag in die Super Rugby-reeks aarde toe gebring is, was daar diegene wat vertroue in dié losskakel verloor het.

Seer lywe sal Leeus nie keer

2011-10-24 09:34

Terwyl Josh Strauss sy “silwer”-verjaardag gevier het, sal die partytjie nie vir hom begin voordat die Goue Beker in die Leeus se trofeekas staan nie.

Haaie lag laaste

2011-10-23 08:05

Die Haaie se agttal het beheer geneem in die tweede helfte en die lewe uit die Bloemfonteiners gewurg deur hulle met 20-13 te klop.

Dis Haaie teen Leeus in CB-eindstryd

2011-10-22 23:00

Die Leeus gaan vir die eerste keer sedert 2002 op hul tuisveld in 'n Curriebeker-finaal uitdraf nadat hulle die WP in die halfeindstryd geklop het.

Vrystaat wil Haai-ysters met flair troef

2011-10-22 09:16

As daar nie onverwags water in die Haaitenk beland nie, sal die Cheetahs, soos op die Vrystaatse vlaktes, voet in die hoek sit.

Bismarck breëbors in VS se pad

2011-10-22 07:16

Twee Curriebeker-rillers – een in Johannesburg en die ander in Durban – is op die Suid-Afrikaanse rugby-spyskaart.

Hollenbach glo Butch-er as wat mens dink

2011-10-21 10:00

'n Mens sou beswaarlik verwag om ’n hol kol op die maag te kry as die binnesenter van die Goue Leeus, Alwyn Hollenbach, op jou afstorm.

‘Geen gunsies vir Stefan’

2011-10-20 09:57

Hoewel hulle spanmaats was, sal Andries Strauss nie enigsins sy vriend Stefan Terblanche in waarskynlik sy Curriebeker-swanesang goedgesind wees nie.

Elton voor Butch ingesluit

2011-10-20 07:00

Elton Jantjies, en nie Butch James nie, gaan met die losskakel-mantel vir die Goue Leeus in hul Curriebeker-halfeindstryd vertrou word.

Drotské kies versoolde slot

2011-10-19 08:31

Vyf losvoorspelers is in die 22-tal van die Vrystaat-Cheetahs ingesluit vir die Curriebeker-halfeindstryd teen die Haaie in Durban.

Leeus nie na FNB-stadion

2011-10-18 07:00

Dit is bevestig dat Ellispark, oftewel Coca-Colapark, voorlopig die tuiste van die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) bly.

Bokbelaaide WP kan Leeus op tuisveld klop

2011-10-17 10:04

Die o.19-, o.21- en Curriebeker-rugbyspanne van die Westelike Provinsie speel in die halfeindronde van hul onderskeie reekse.

Haai-ysters kan Leeus se sterte knoop

2011-10-15 07:15

Die Leeus is op Kingspark in Durban in die laaste Curriebeker-ligawedstryd van die seisoen, teen die Haaie, in ’n interessante posisie.

Dit moet punte reën...

2011-10-14 11:30

Die Blou Bulle moet die Luiperds met sowat 60 of 80 punte klop as hulle die halfeindronde van die Curriebekerpunteverskil wil haal.

Ramkat kan Cheetahs stootkrag gee

2011-10-13 12:57

Die Aussies moes met 16 manne (die skeidsregter ingesluit) die Springbokke klop en die Cheetahs kry nouhorings om die Griekwas te klop.

Plum kan vurige pak kies

2011-10-13 09:30

John Plumtree, afrigter van die Haaie, sal met sy WB-Bokke vergader om te hoor wie die laaste ligawedstryd van die Curriebeker sal speel.

Burger dalk WP-kaptein

2011-10-12 12:01

Die Springbok-flank Schalk Burger gaan dalk as die WP se kaptein uitdraf in hul Curriebeker-kragmeting teen die Pumas op Nuweland.

Perses-kaptein kan VS uithelp

2011-10-12 10:07

Met die Cheetahs se oefenveld wat soos ’n hospitaalsaal lyk het, was die Vrystaters genoodsaak om by die Griffons om hulp te gaan aanklop.

Leeus brul hard teen Streeptruie

2011-10-08 23:00

Die Goue Leeus het met 'n welverdiende oorwinning oor die Westelike Provinsie in Johannesburg, gewys hoekom hulle bo-aan die Curriebeker-punteleer lê.

Leeus moet hul ‘koppe regkry’

2011-10-07 10:01

Die Leeus probeer dit vermy om te fokus op die feit dat hulle teen die WP die eerste plek op die Curriebeker-puntelys kan bespreek.

Namibiese vleuel draf uit vir Luiperds

2011-10-06 13:39

Die vleuel Danie Dames, wat Namibië by vanjaar se Wêreldbeker verteenwoordig het, sal vir die Luiperds uitdraf in hul Curriebeker-stryd teen die Haaie.

Jantjes terug vir WP

2011-10-05 15:23

Die WP se breier, Allister Coetzee, het sy span aangekondig wat op Coca Cola-park in die Curriebeker-wedstryd teen die Goue Leeus uitdraf.

Yslike terugslag tref Cheetahs

2011-10-04 07:59

'n Yslike terugslag het die Vrystaat-Cheetahs getref met die nuus dat die bul-stut Coenie Oosthuizen nie weer in 2011 in aksie sal wees nie.

WP verplaas druk effe na Blou Bulle

2011-10-03 08:00

Die WP het die druk om die laaste plek in die Curriebeker-halfeindronde effens na die Blou Bulle verskuif deur die Haaie in Durban te klop.

WP wen met drie in doodsnikke

2011-10-01 18:53

'n Drie deur Dewaldt Duvenhage in die doodsnikke van die wedstryd het verseker dat die Westelike Provinsie oor die Haaie seëvier in Durban.

Bulle sonder Greyling na ongeluk met mes

2011-09-30 14:27

Die Blou Bul Dean Greyling moes hom aan die span onttrek wat in die Curriebeker-stryd teen die Pumas uitdraf nadat hy sy hand met 'n mes gesny het.

Mank WP noem span vir stryd in Haaitenk

2011-09-28 14:32

Die WP se breier, Allister Coetzee, het sy span aangekondig wat in die Curriebeker-wedstryd teen die Natalse Haaie in Durban uitdraf.

Philip terug, Boom op bank

2011-09-28 08:06

Mededinging in die lynstane het die deurslag gegee toe Naka Drotské sy flanke vir die Curriebeker-stryd met die Leeus moes kies.

Ludik se seisoen verby en ...

2011-09-27 10:00

Louis Ludik se seisoen is iets van die verlede. Dié heelagter van die Haaie het in die Curriebeker-stryd teen Griekwas ’n beentjie in sy voet gebreek

Cheetahs grom op Nuweland

2011-09-24 23:00

Die Vrystaat-Cheetahs is steeds op die Curriebeker-wenpad na 'n oorwinning oor die Westelike Provinsie op Nuweland in Kaapstad.

Leeus eindelik uit Bulle se skadu?

2011-09-24 09:01

Daar is diegene wat vandeesweek gesê het vandag is die dag dat die Goue Leeus die Blou Bulle moet terugbetaal.

WP se Lionel draf uit teen Vrystaat

2011-09-22 15:17

Die Westelike Provinsie het Lionel Cronjé op losskakel gekies vir die Curriebeker-kragmeting met die Vrystaat-Cheetahs op Nuweland in Kaapstad.

Ross, Kyle kry kans teen Griekwas

2011-09-22 08:00

Daar is net twee veranderings aan die Haaie se rugbyspan vir die Curriebeker-wedstryd op Kingspark in Durban teen Griekwas.

Van den Heever terug vir Bulle

2011-09-21 14:34

Die vleuel Gerhard van Heever is in die Blou Bulle se span vir hul Curriebeker-kragmeting met die Goue Leeus in Johannesburg ingesluit.

Slot-terugslag vir GW

2011-09-20 08:32

Griekwas sal die res van die Curriebeker-reeks sonder sy besluitnemer in die lynstane en staatmaker-slot Martin Muller oor die weg moet kom.

Beseringspook ry WP bloots

2011-09-19 09:34

Terwyl die Streeptruie terugkyk na ’n teleurstellende middag op Loftus, is die twee nuutste beserings waarskynlik ’n nog groter kopseer vir die WP.

Blou Bulle vertrap WP op Loftus

2011-09-17 19:08

Die Blou Bulle het hul aartsvyande die Westelike Provinsie in hul Curriebeker-kragmeting op Loftus Versfeld met 28-20 geklop.

Kan dié Leeus gestuit word?

2011-09-17 08:19

Selfs wanneer die Leeus se enjin nie goed geolie is nie, is daar genoeg vuurkrag. Dit was die geval in hul Curriebeker-sege oor die Luiperds.

Flou Bulle ‘gevaarliker as hul voorgangers’

2011-09-14 08:02

Curriebeker-ligaposisies raak irrelevant wanneer die Westelike Provinsie en Blou Bulle teen mekaar rugby speel.

Wicus Blaauw uit vir res van CB-reeks

2011-09-13 10:00

Allister Coetzee, breier van die WP, voel al “knorrig” oor hy sy weke deesdae moet begin met die woorde “hy sal eers weer volgende jaar kan speel ...”

‘Keegan was verskil tussen spanne’

2011-09-12 09:01

As die Haaie speel soos in die sege oor die Pumas, is daar geen kans dat hy weer die Curriebeker-kampioen sal word nie, het die span se breier erken.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra 1.4T Enjoy Plus 5-dr MY10
2011
R 219,995.00

CITROEN

Berlingo 1.6 HDi 90 L2 Dsl P-Van
2011
R 157,990.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2009
R 70,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.