Die probleem van jongmense wat werkloos is, is te groot om deur 'n loonsubsidie opgelos te word, het Cedric Gina, president van Numsa, gesê.
Die DA sal met die polisie in Gauteng vergader om die DA-optog na Cosatu se kantore, wat deur openbare geweld gekenmerk is, te bespreek.
Die president van die ANC-vroueliga, Angie Motshekga, het die “seksistiese en rassistiese” beledigings van Cosatu-lede gekritiseer.
Nehawu het ‘n beroep gedoen dat Helen Zille moet bedank as premier van die Wes-Kaap en leier van die Demokratiese Alliansie.
Die konflik tussen die DA en Cosatu tydens ‘n optog in Johannesburg was ‘n polities belangrike geleentheid, het Zwelinzima Vavi gesê.
Helen Zille, DA-leier, het in 'n televisie-onderhoud teen Cosatu uitgevaar oor gewelddadige botsings tussen groepe betogers in Johannesburg.
Die DA-leier, Helen Zille, is onderbreek toe sy gepraat het by ‘n betoging teen Cosatu oor die jeugsubsidie toe geweld uitgebreek het.
Die polisie het ‘n menslike skild gevorm deur hande te vat voor Cosatu-ondersteuners om te verhoed dat hulle by DA-betogers uitkom.
Die Demokratiese Alliansie het ooreengekom om sy optog na Cosatu sowat 50 m van die vakverbond se gebou in Braamfontein te eindig.
Zwelinzima Vavi, hoof van Cosatu, beweer dat die DA-leier Helen Zille hom "lastig geval het" om by haar party aan te sluit.
Pres. Jacob Zuma het by 'n Werkersdag-byeenkoms in die Vrystaat 'n beroep op eenheid binne die drieparty-alliansie gedoen.
Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, se onlangse opmerkings teen Cosatu is ‘n “teken van haar groeiende onstabiliteit", het Cosatu gesê.
Die Pretoriase hooggeregshof sal ‘n aansoek aanhoor wat daarop gemik is om Sanral met 'n interdik te verhoed om die e-tolstelsel in werking te stel.
Cosatu sê hy beplan ‘n reuse-optog teen die omstrede elektroniese tolstelsel wat binnekort in Gauteng in werking tree.
Die uitvoerende hoof van Cosatu se beleggingsarm Kopano Ke Matka het as nie-uitvoerende voorsitter van die padboumaatskappy Raubex bedank.
Die Congress of SA Trade Unions (Cosatu) het voordeel getrek uit planne om tolpaaie in Gauteng in te stel, het City Press berig.
Patrick Craven, woordvoerder van Cosatu, het op ’n konferensie oor regstellende aksie gesê dit is ’n goeie beleid as dit behoorlik toegepas word.
Jimmy Manyi, woordvoerder vir die regering, sê daar is géén planne om enigiets te verander oor die Gautengse e-tolstelsel nie.
’n Groep mense het ’n vrou tydens die Cosatu-betoging gewurg, aangerand, uit haar motor gesleep en die voertuig omgekeer.
Sommige regeringsleiers het hul wortels vergeet, het Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van Cosatu, aan betogers gesê.
Winkeleienaars in Johannesburg is bekommerd dat die betoging onder leiding van die vakverbond Cosatu gewelddadig kan word.
Anton Alberts, VF+ se parlementêre woordvoerder oor vervoer, sê die party wil sy eie protesaksie teen die beplande e-tolstelsel hou.
Die Lughawensmaatskappy (Acsa) het aangekondig plaaslike vlugte na en van die King Shaka-lughawe in Durban is meer as ‘n uur vertraag.
Honderde mense het by die Batho-saal in Bloemfontein saamgedrom voor die massa-optog wat deur Cosatu gelei word.
'n Ekonoom sê die invloed van Cosatu se optog teen die gebruik van arbeidsmakelaars en die beplande e-tolstelsel sal baie groot wees.
Die ANC-Jeugliga sal deelneem aan die landwye staking wat deur die vakverbond Cosatu gelei word, het Zwelinzima Vavi gesê.
Die Demokratiese Alliansie het ‘n uitnodiging om aan die beplande landswye staking deel te neem, van die hand gewys.
Skole, hospitale en die hele staatsdiens gaan Woensdag landwyd verlam word deur die vakverbond Cosatu se “grootste massa-protesoptogte” in jare.
Suid-Afrikaners moet weier om vir die e-tolstelsel te betaal omdat die land se paaie aan almal behoort, het Zwelinzima Vavi gesê.
Zwelinzima Vavi en ander burgerregte-organisasies is vasbeslote om voort te gaan met 'n veldtog van openbare verset teen die e-tolstelsel.
Die afskaffing van provinsies sal nie dienslewering verbeter nie, het Helen Zille gereageer op Cosatu se eis dat al die provinsies afgeskaf moet word.
Alle groepe binne Cosatu staan bankvas agter pres. Jacob Zuma tot verdere kennisgewing, sê dié vakverbond se president, Sidumo Dlamini.
Cosatu sal hom tot die konstitusionele hof wend indien pogings om die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting te wysig, misluk.
Zwelinzima Vava, Cosato se hoorsekretaris, hy by 'n werksberaad in Johannesburg gewaarsku dat Suid-Afrika in die moeilikheid is.
Die vakverbond Cosatu sal met niks minder as ’n “drastiese herskrywing” van die omstrede inligtingswet tevrede wees nie.
'n Nuwe plan om antiretrovirale middels aan alle MIV-pasiënte met 'n CD4-telling van 350 of laer te gee, dra ook Cosatu se goedkeuring weg.
Die ANC en die vakverbond Cosatu meen arbeidswetgewing moet strenger toegepas word omdat die private sektor nie wil transformeer nie.
Cosatu het ‘n dringende beroep op owerhede gedoen om wat hy as ‘n krisis in die toerismebedryf beskryf het, aan te spreek.
Die nasionale gesondheidsversekeringplan (NHI) moet so gou moontlik in werking gestel word, het Cosatu se sentrale komitee gesê.
Die beweging wat Suid-Afrika lei beleef 'n krisis, het pres. Jacob Zuma gesê, en uitgevaar teen swak dissipline en magsmisbruik.
Die vakverbond Cosatu dreig met grootskaalse betogings nadat aangekondig is dat die kleinhandelaar Walmart na Suid-Afrika kom.
Zwelinzima Vavi waarsku dat daar nog 'n 1976-opstand kan wees, tensy drastiese stappe gedoen word om werkloosheid onder die jeug te verminder.
Cosatu in die Wes-Kaap het gedreig om die persele rondom die Kaapstad-stadion “binne te val” vir hul saamtrek op Werkersdag op 1 Mei.
Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, beskerm die belange van die 'wit elite' ten koste van armes, het Cosatu gesê.
Cosatu het Vrydag in kwalik bedekte klappe na die ANC in die Wes-Kaap gevra vir ’n algehele ommekeer in leierskap hier.
Cosatu se twee grootste geaffilieerde vakbonde het ’n integrale voorstel van die regering se nuwe ekonomiese groeiplan verwerp.
’n Woedende ANC het Cosatu gewaarsku teen enige planne deur vakbondleiers en die burgerlike samelewing om ’n opposisieparty te stig.
Die ANC benodig deurslaggewende leierskap om onenigheid in die party te voorkom, het Zwelinzima Vavi, Cosatu se hoofsekretaris, gesê.
Die ANC se eie interne bestuursprobleme is dié komende week hoog op die nasionale algemene raad (NAR) in Durban se agenda.
Cosatu het ’n verdoemende evaluering van die ANC-leierskap bekendgemaak in die aanloop tot die regerende party se nasionale algemene raad.
Die Suid-Afrikaanse regstelsel is steeds ten gunste van die ryk- en wit minderheid, het die vakverbond Cosatu in die Noordwes gesê.
Die jeugsubsidie word tans deur die nasionale ekonomiese, ontwikkelings- en arbeidsraad (Nedlac) hersien, het pres. Jacob Zuma gesê.
Die Congress of the People het die geweld wat uitgebreek het tydens ‘n betoging van die DA na Cosatu Huis in Johannesburg veroordeel.
Die DA se nasionale woordvoerder, Mmusi Maimane, het klagte teen Cosatu ingedien ná ‘n betoging deur die party gewelddadig geraak het.
Cosatu-lede se optrede buite dié vakverbond se hoofkantoor tydens 'n DA-optog is "nie akkuraat deur die media uitgebeeld nie".
Die vyandigheid wat deur lede van Cosatu getoon is tydens ‘n DA-optog in Johannesburg “is geregverdig”, het die vakbond gesê.
‘n Jeugsubsidie sal werkers se belastinggeld gebruik om maatskappy-base verder te verryk en moet teengestaan word, het Zwelinzima Vavi gesê.
'n Vrou is beseer nadat ‘n lid van Cosatu tydens 'n optog in Johannesburg 'n klip na DA-lede gegooi het, berig eNews.
Die DA beplan om ‘n betoging na Cosatu-huis in Johannesburg te lei, alhoewel die metropolisie gesê het dit sal nie toegelaat word nie.
Cosatu en die SAKP span nie saam teen sy alliansie-vennoot die ANC nie, het Sdumo Dlamini, president van Cosatu, gesê.
Verteenwoordigers van die regering en Cosatu vergader in Johannesburg om Gauteng se omstrede e-tolstelsel te bespreek.
Die beplande massa-optrede deur Cosatu teen die omstrede Gautengse e-tolstelsel is uitgestel tot die tweede week van Mei.
Cosatu is gereed om vandeesweek met sy massa-protesoptrede te begin teen die omstrede e-tolstelsel wat oor 'n week in werking tree.
Die vakverbond Cosatu dreig met nóg ‘n massa-optog indien die omstrede elektroniese tolstelsel in Gauteng voortgaan.
Zwelinzima Vavi het berigte dat Cosatu voordeel getrek het uit ‘n kontrak wat verband hou met die e-tolstelsel gekritiseer.
Cosatu is ontstoke oor 'n hofbevinding dat dokumentasie rakende 'n besluit in 2009 om pres. Zuma nie te vervolg nie, vrygestel moet word.
Pres. Jacob Zuma het gesê Cosatu het die reg om te betoog oor die e-tolstelsel, maar dat die stelsel nodig is vir ekonomiese ontwikkeling.
Die vakverbond Cosatu se betoging teen die e-tolstelsel en arbeidsmakelaars het die ekonomie moontlik tot R12 miljard gekos.
Woensdag se landwye optogte teen arbeidsmakelaars en die Gautengse e-tolstelsel was ‘n “dawerende sukses”, het Cosatu gesê.
Die ANC moet na die massas luister, het Julius Malema, omstrede leier van die ANCYL, aan stakers wat teen die e-tolstelsel betoog, gesê.
Stakers wat aan Cosatu se betoging deelneem, het geweier dat 'n verteenwoordiger van die ANC hulle in Polokwane toespreek.
Julius Malema, leier van die ANC se jeugliga, het by stakers wat teen arbeidsmakelaars en die e-tolstelsel betoog, in Johannesburg aangesluit.
Onlustepolisiebeamptes is ontplooi nadat ‘n groep betogers probeer het om skoolkinders te keer om in taxi’s te klim om skool toe te gaan.
Daar is tans swaar polisie-teenwoordigheid in Beyers Naudé-plein in die Goudstad se middestad voor die landwye Cosatu-betoging.
Ekonome meen verbruikers het moontlik breekpunt bereik en daarom staan almal nou saam teen die Gautengse tolpadstelsel.
Die PSA sal Cosatu vergesel in die vakverbond se landwye betoging teen arbeidsmakelaars en die instelling van die beplande e-tolpadstelsel.
Die landwye massa-optrede oormôre onder aanvoering van Cosatu kan Suid-Afrika tot R8,2 miljard kos. Landwyd sal 32 optogte gehou word.
Die regering moet die stelsel van arbeidsmakelary in Suid-Afrika heeltemal afskaf, eis Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van Cosatu.
Die vakverbond Cosatu het R50 miljoen bestee aan sy nuwe hoofkantoor in Braamfontein, Johannesburg, wat ook die SAKP sal huisves.
Cosatu dreig om sy belegging by 'n aandeelhouer van TopTV te onttrek tensy die maatskappy eis dat TopTV sy beplande pornografie kanale skrap.
Cosatu wil Helen Zille by die Openbare Beskermer verkla oor haar regering se besluit om die Provinsiale Ontwikkelingsraad te sluit.
Cosatu het die Openbare Beskermer gevra om die manier hoe die Stad Kaapstad die Kaapstad-stadion bestuur te ondersoek.
Blade Nzimande het die regerende drieparty-alliansie daarvan beskulding dat hulle "bloedgeld" gebruik om stemme in leierskapverkiesings te koop.
Cosatu het sy stem gevoeg by die skerp kritiek oor die regering se "lompe hantering" van die Dalai Lama se visum-aansoek.
Die vakverbond Cosatu het sy ontevredenheid uitgespreek oor die benoeming van regter Mogoeng Mogoeng as die land se nuwe hoofregter.
Nasionalisering is die enigste manier om Suid-Afrika van 'n "korrupte" kapitalistiese ekonomie te red, het Cosatu gesê.
Die ANC het blatant gelieg oor sy versekering dat nasionalisering nie oorweeg word nie, het die landbou-organisasie TLU SA gesê.
Pres. Jacob Zuma moet vrese besweer dat die land besig is om 'n "korrupte piesangrepubliek" te word, het die vakverbond Cosatu gesê.
Dit is goeie nuus, het boere gesê oor nuwe planne wat pres. Jacob Zuma aangekondig het om grondhervorming gladder te laat verloop.
Cosatu staan ’n goeie kans as hy die ANC wil oortuig om die omstrede inligtingswetsontwerp aan te pas voordat dit in die grondwethof draai.
Cosatu het die ANC met die konstitusionele hof gedreig indien daar nie aanpassings aan die omstrede inligtingswet gemaak word nie.
Die ANC sal ’n dringende poging moet aanwend om ’n verhouding met minderheidsgroepe op te bou, het sy alliansievennote erken.
Ongelykheid in Suid-Afrika het vererger tot by die punt waar dit nou die grootste in die wêreld is, het die hoofsekretaris van Cosatu gesê.
Soos verwag het werkskepping ’n belangrike deel van pres. Zuma se staatsrede uitgemaak – maar nie alle partye is beïndruk met sy planne nie.
Cosatu het versoek dat dr. Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP, heeltyds na dié pos moet terugkeer.
Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, wat uitgevaar het oor mense wat fortuine deur politieke bande maak, verdien R500 000 per jaar.
Zwelinzima Vavi, die algemene sekretaris van Cosatu, is ontsteld oor die beëindiging van die ondersoek na die regering se omstrede wapentransaksie.
Suid-Afrika se huidige ekonomiese beleid móét verander sodat die werkersklas en armes ook voordeel kan trek, het Zwelinzima Vavi gesê.
Parool mag nie aan die moordenaars van die SAKP se voormalige hoofsekretaris, Chris Hani, toegestaan word nie, het Cosatu gesê.
Duduzane Zuma, die president se seun, gaan aandele van R1 miljard, wat hy deur ’n omstrede bemagtigingstransaksie gekry het, aan armes gee.