‘n Saak van bedrog is teen die leier van die Congress of the People, Mosiuoa Lekota, geopen, het die Sunday Times berig.
Die IVP en Cope se poging om die regering se hantering van die Dalai Lama se visum-aansoek ongrondwetlik te laat verklaar, het misluk.
’n Forensiese ouditverslag wat grootskeepse korrupsie in die Nala-munisipaliteit uitwys, het gelei tot die skorsing van die munisipale bestuurder.
Die faksie in Cope wat lojaal is aan die partyleier, Mosiuoa Lekota, het twee interdikte teen die opponerende Shilowa-faksie verkry.
Mosiuoa Lekota het alle opposisiepartye genooi vir praatjies op 25 November om ‘n meer verenigde front teen die ANC te vorm.
Die Congress of the People het by monde van 'n senior lid ontken dat dié party planne het om met die Demokratiese Alliansie saam te smelt.
Phillip Dexter, woordvoerder van Cope, sê hy kan nie praat oor die redes vir sy bedanking totdat hy met Cope-amptenare vergader het nie.
Die balju van die hof het beslag gelê op die bates van die politikus Mbhazima Shilowa by sy huis in Roodepoort, het The Star berig.
Die Noord-Kaapse leiers van Cope en die DA is oortuig die fondamente word gelê om gesamentlik die ANC in 2014 ’n opstopper te gee.
Smuts Ngonyama, beleidshoof van die party Cope, het gesê hy sal dit “oorweeg” as hy formeel vir ’n leierskapspos benoem word.
Cope se leierskorps gaan waarskynlik vandag die veelbesproke besprekingsdokument oor die toekoms van dié party deurtrap.
Die Cope-lid Preddy Mothopeng het ‘n strafregtelike klag van intimidasie ingedien nadat hy glo deur “ANC-sluipmoordenaars” gedreig is.
Met 79% van die Vrystaat se uitslae Vrydagaand bekend, was die ANC beslis stewig in die saal. Die ANC het sover 18 uit die 20 munisipaliteite ingepalm.
Die DA se steun in Rustenburg het toegeneem, maar het ver kort geval van die ANC se oorheersende 70%, het die OVK bekend gemaak.
Die ANC het teen Donderdagmiddag 49,64% (89 392) van die stemme in die Mangaung-munisipaliteit gekry en die DA 44,61% (80 347).
Die ANC is volgens die jongste verkiesingsuitslae ver voor in die Moqhaka-munisipaliteit waar hy oop toilette gebou het.
Die Demokratiese Alliansie het teen 12:00 Donderdag 59,94% van die stemme teenoor die ANC se 30,04% gehad, het die OVK gesê.
Meer as die helfte van die uitslae van die 2011 plaaslike regeringsverkiesing was teen vroeg Donderdagoggend gefinaliseer.
Die ANC het teen Donderdagoggend 07:00 meer as 60% van die 10,9 miljoen van die stemme in die plaaslike regeringsverkiesing gekry.
Mosiuoa Lekota, leier van die beleërde Cope, het gesê sy party word in die meeste provinsies deur die publiek onderskat.
Die mede-stigter van Cope, Mbhazima Shilowa, het gerugte ontken dat hy beplan om die party te verlaat en weer by die ANC aan te sluit.
‘‘Skop die wolwe in skaapklere uit, moenie weer vir hulle stem nie..." het Mosiuoa Lekota, nasionale Cope-leier, gesê.
Mbhazima Shilowa, geskorste adjunkpresident van Cope, het gesê hy gaan nie in volgende week se plaaslike regeringverkiesing stem nie.
Mosiuoa Lekota, leier van Cope, sê die ANC versuim om oudpres. Nelson Mandela se belofte na te kom om ’n beter lewe vir almal te skep.
Die ANC se “tentakels van magsbeheptheid” veroorsaak dat net ’n paar individue in ’n gemeenskap bevoordeel word, het 'n Cope-LP gesê.
’n Katgeveg het tussen die Noord-Kaapse ANC en Cope uitgebreek oor ’n luukse motor van R590 000 vir die Noord-Kaapse ANC-sekretaris.
Cope se twee medestigters, Mosiuoa Lekota en Mbhazima Shilowa, het huiwerig langs mekaar in die parlement gesit tydens die staatsrede.
Interne twiste in Cope het daartoe gelei dat likwidasie-stappe teen die party gebring word vir miljoene rande wat hy 'n sakeman skuld.
Drie Vrystaatse wetgewerlede van Cope is voorwaardelik geskors weens beweerde versuim met hul finansiële verslagdoening.
Mosiuoa Lekota, leier van een van Cope se twee strydende faksies, vra dié party se kiesers nou om verskoning.
’n Terminaal verdeelde Cope sal nou in sy volgende ronde hofsake verstrengel raak om te bepaal watter faksie die Cope-naam behou.
Ondanks ’n tugverhoor wat oor sy kop hang is Mbhazima Shilowa vol vertroue oor sy kanse om die leierskap van Cope oor te neem.
Mbhazima Shilowa, onderleier van Cope, sal nou miljoene rande se regskostes in die gesig staar nadat sy aansoek om appèl verwerp is.
Die leierskap-oorlog in Cope behoort ’n nuwe laagtepunt te bereik wanneer die party se onderleier deur sy teenstanders geskors word.
Cope se jeugliga het ’n saak van korrupsie en bedrog teen onder meer Mosiuoa Lekota, dié party se waarnemende president, aanhangig gemaak.
Kort op die hakke van Mbhazima Shilowa se skorsing as hoofsweep het die party Mluleki George gister van faksionalisme beskuldig.
Cope het ‘n beroep op die polisie gedoen om James Nkambule se dood deeglik te ondersoek om vas te stel of hy vermoor is.
Charlotte Lobe, sekretaris-generaal van Cope, is deur die party geskors nadat sy versuim het om haar pligte uit te voer, het die party gesê.
Die inhuldiging van Cope se president, Mosiuoa Lekota, as ‘n lid van parlement is uitgestel terwyl hy en Mbhazima Shilowa dit in die hof uitbaklei.
Cope se adjunk-president, Mbhazima Shilowa, het gedreig dat hy die party se leier, Mosiuoa Lekota, wéér hof toe sal sleep.
Die sekretaris van die parlement gaan ’n brief van Cope ontvang waarin Mosiuoa Lekota in die plek van Mvume Dandala as LP voorgehou word.
Mbhazima Shilowa, Cope se adjunkleier, het belowe sy party sal sy agterstallige hotelrekeninge van meer as R1,2 miljoen betaal.
Shilowa se planne om Cope te kaap lê aan skerwe nadat die Suid-Gautengse hooggeregshof wéér gelas het Le- kota is die enigste regmatige partyleier.
Mbhazima Shilow, Cope se adjunk-president, het gesê dat hy weier om te aanvaar dat Mosiuoa Lekota dié party se president is.
Cope se leierstryd word môre op die spits gedryf wanneer die hooggeregshof in moet beslis wie die party se regmatige president is.
Cope se leierstryd gaan vandeesweek in die howe voortwoed ná ’n chaotiese nasionale kongres wat die kanse op versoening tussen die strydende faksies verydel het.
Mbhazima Shilowa, Cope se adjunk-president, is benoem as die party se nuwe leier terwyl 'n interdik teen dié verkiesingskonferensie goedgekeur is.
‘n Plan van aksie vir die slegste moontlike scenario wat deur Cope se Tshwane-voorsitter uiteengesit is, mag dalk net die werklikheid word.
Cope se nasionale leierskongres gaan voort – kom wat wil. Só het die party se sekretaris-generaal, Charlotte Lobe, in ’n sterk bewoorde brief aan partylede gesê.
Mbhazima Shilowa, Cope-adjunkleier, het Sondag met sy veldtog begin om tot nuwe leier van dié politieke party verkies te word.
'n Vyfde man wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die Cope-LP Jack Tolo sal in die Sekhukhune-landdroshof verskyn.
Die balju van die hof het ‘n klopjag uitgevoer by Cope se kantore in Johannesburg om beslag te lê op goedere ter waarde van R82 500.
Die voormalige Cope-woordvoerder en LP Phillip Dexter het weer by die ANC aangesluit ná hy laasgenoemde party vroeër skerp gekritiseer het.
Cope se jeug-beweging in KwaZulu-Natal het 'n beroep gedoen vir die ontbinding van die party se nasionale leierskap.
’n DA-Cope-samesmelting sal goed wees omdat dit onsinnig is dat opposisiepartye onder mekaar baklei, sê Lindiwe Mazibuko.
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Cope LP Jack Tolo in Augustus vermoor het, het in die Sekhukhune landroshof verskyn.
Agt ampsdraers van Cope, onder wie Lindeka Liwani, adjunkleier van dié party in die Oos-Kaap, het uit die party bedank.
Cope gaan weer hof toe omdat dit uit ’n forensiese oudit blyk dat die toekenning van parlementêre huise die ANC wel bevoordeel.
Mbhazima Shilowa, voormalige leier van Cope, ontken dat sy huis opgeveil gaan word indien hy nie Mosiuoa Lekota se regskostes betaal nie.
Die munisipale bestuurder van die Nama-Khoi-munisipaliteit op Springbok het bedank, maar sal drie maande se salaris en 21 verlofkrediete ontvang.
Die kommunikasiehoof van Cope, Phillip Dexter, het sy besprekingsdokument, waarin hy glo gesê het dié party is dood, verdedig.
Onderhandelings sal op nasionale vlak tussen die DA en Cope gevoer word oor die vorming van koalisies in die Noord-Kaap en elders.
Die ANC het as wenner uit die verkiesingstryd getree in die Noord-Kaap en 63,75% van die stemme in die provinsie ingepalm.
Die ANC het met meer as 1,2 miljoen stemme beheer oor die Johannesburg-metro gewen, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gesê.
Die ANC het teen 12:00 Donderdag 1,8 miljoen stemme in Gauteng gehad, met die Demokratiese Alliansie op 950 801 stemme.
Die ANC het mag in die Nelson Mandelabaai-metro behou met 51,5% van die stemme, met die DA in die tweede plek met 40,24% van die stemme.
Die African National Congress het teen 10:00 Donderdagoggend met sowat 10 miljoen stemme, 62,52% van die stemme regoor die land, voorgeloop.
Die ANC is knap voor die DA in Nelson Mandelabaai met 59% van die stemme wat reeds getel is, berig Herald Online.
Die African National Congress (ANC) het met 58% van die stemme vroeg die voortou geneem in die Ekurhuleni Metro, berig die SABC.
Die leierskap van Cope is vas oortuig dat oudpres. Nelson Mandela vir dié party gestem het in die plaaslike verkiesings.
Die voorvaders sal ontsteld wees as die ANC beheer oor die Nelson Mandelabaai-metropool verloor, het pres. Jacob Zuma gesê.
'n ANC-ondersteuner in die Oos-Kaap het sy jonger broer onterf en uit die huis geskop omdat hy Cope steun, berig The Times.
Die uitlatings van Julius Malema dat wit mense misdadigers is, het hom geskok, het Mosiuoa Lekota, nasionale Cope-leier, gesê.
Verskeie Cope-hoës het hul aandeel erken “aan die mislukking van Cope wat miljoene Suid-Afrikaners teleurgestel het”.
Cope-lede in Bloemfontein het vergeefs gewag op die party se president, Mosiuoa Lekota, om 'n verkiesingsmanifes bekend te stel.
Mosiuoa Lekota het ’n interdik in die Johannesburgse hooggeregshof teen sy politieke vyand Mbhazima Shilowa bekom.
Die skorsing van Mbhazima Shilowa het geen effek op die medestigter van Cope gehad nie, aangesien dit nie amptelik bekragtig is nie.
Oud-President, Thabo Mbeki se woordvoerder het berigte verwerp dat die voormalige leier direk betrokke was by die stigting van Cope.
'n Berig dat oudpres. Thabo Mbeki direk betrokke was by die vorming van Cope is 'n "waninterpretasie", het prof. Dirk Kotze gesê.
Mosiuoa Lekota en Mbhazima Shilowa, het “albei yslike ego’s” en “wil niks eerder hê as om president van Suid-Afrika te wees nie”.
Cope se jeugliga eis dat hul leier, Mosiuoa 'Terror' Lekota, uit die party geskors word en eerder sy eie party gaan stig.
Cope moet ophou voorgee om ’n enkele politieke party te wees – dit funksioneer reeds ’n geruime tyd as twee afsonderlike eenhede.
Die Cope-leierskapstryd raak venynig kort voor die nasionale kongres begin, en daar is moontlik reeds 'n slagoffer van politieke geweld.
Mbhazima Shilowa, onderleier van Cope, sal waarskynlik sy pos as parlementslid kwyt wees. Tugstappe word boonop ook teen hom voorberei.
Mbhazima Shilowa het Cope se leier, Mosioua Lekota, daarvan beskuldig dat hy die party probeer kaap en dit as ‘n diktatorskap wil bestuur.
Die leiers van die Congress of the People (Cope) het hul parlementêre sweep, Mbhazima Shilowa, afgedank.
Die pad na die “ware” nasionale verkiesingskongres gaan moeisaam wees as Cope se nasionale komitee se vergaderings so uitrafel soos Vrydag s’n.
Mosiuoa Lekota, die president van Cope, sal as ‘n LP ingesweer word ná ‘n beslissing deur die hof wat die pad vir hom gelykgemaak het.
Cope se adjunk-president, Mbhazima Shilowa, het gedreig dat hy die party se leier, Mosiuoa Lekota, wéér hof toe sal sleep.
Die verskaffing van parlementêre geld aan Cope is gestaak. Die parlement het duidelikheid gevra oor uitgawes in sy geldstate vir 2009-’10.
Cope se Gauteng-tak dreig om stappe te neem teen die party se president, Mosiuoa Lekota, weens ‘n vergadering wat hy beplan om te hou.
Mbhazima Shilowa se haas om as Cope-leier gekroon te word het hom nie net sy posisie gekos nie, maar hom ook met 'n enorme skuldlas gelaat.
Mbhazima Shilowa weier om die strydbyl te begrawe en sê hy is steeds die waarnemende leier van Cope.
Mosiuoa Lekota het beloof om enigheid te bewerkstellig in sy party ná 'n hofuitspraak wat hom as leier van die party bevestig het.
Die hooggeregshof sal Lekota se aansoek om ’n dringende hofbevel om die besluite van die naweek se nasionale kongres tersyde te stel, vandag aanhoor.
Die hare kan vanoggend waai by Cope se hoofkwartier in Braamfontein wanneer beide Mosiuoa Lekota én Mbhazima Shilowa as partyleier gaan aanmeld.
Die oorhandiging van ‘n kennisgewing dat Cope se leier, Mosiuoa Lekota, vir ‘n interdik aansoek gedoen het, het tot geweld by hul konferensie gelei.
Mosiuoa Lekota, die leier van Cope, sal ‘n hofinterdik aanvra om te keer dat die party se verkiesingskonferensie Saterdagoggend voortgaan.
Die polisie is nie bewus van die klag van poging tot omkopery wat na bewering teen Lorraine Mashiane, Cope-LP ingedien is, nie.
Daar is geen tweespalt in Cope nie. Mense sal altyd een leier bo ’n ander verkies, maar dis 'n gesonde dinamiek, meen dié party.