China sê sy weermag het ‘n militêre oefening in die Suid-Chinese See gehad, in 'n hulpbronryke gebied waaroor talle lande toutrek.
‘n Massiewe verkeersknoop in die noorde van China, wat al tien dae aanhou vanweë padwerke in Beijing, kan nog weke lank aanhou.
Meer as 250 000 mense moes noodgedwonge uit die noorde van China ontruim word en vier mense is luidens berigte in die vloede dood.
Meer as 60 persone is vermis in die nuutste modderstorting wat deur swaar reën in suidwes China veroorsaak is, het ‘n beampte gesê.
Elf persone is vermis nadat swaar reënval grondstortings in die suidweste van China veroorsaak het, het die staatsmedia berig.
Ongeveer vyf of ses mans, gewapen met messe en vleisbyle, het by ‘n kollege in die suide van China ingestorm en nege studente gewond.
‘n Chinese man wat glo tydens ‘n bakleiery doodgeslaan is, het ná tien jaar weer in sy tuisdorp verskyn.
Ontwikkelende nasies sal voortaan meer sê hê oor die bestuur van die Wêreldbank, het die VSA se minister van finansies gesê.
Thailand het sowat 33 000 ekstra polisielede en soldate ontplooi om sekuriteit op te skerp te midde van massa anti-regering betogings.
Beijing het na bewering ’n einde gebring aan die gebruik van Engelse afkortings op Chinese televisiestasies, omdat dit glo hul taal besoedel.
China het besluit om problematiese verslaggewers vas te vat deur Marxistiese en kommunistiese teorieë op hulle af te dwing.
’n Chinese student wat glo nie meer sy kamermaat se snorkery kon hanteer nie, het hom in die middel van die nag doodgesteek.
Enkellopendes in China huur maats onder valse voorwendsels om hul ouers gelukkig te maak tydens hul Lunar-Nuwejaarsvakansie.
Google behoort die wette van China te respekteer en gehoorsaam, het die ministerie van buitelandse sake in Beijing gesê.
Net sewe keer se spoeg op straat kan inwoners van ’n lae-inkomste-behuisingsprojek in die suide van China sonder heenkome laat.
China het sy besluit verdedig om ‘n Britse man die doodstraf toe te dien nadat hy glo dwelms die land ingesmokkel het.
President Barack Obama se half-broer van China het ’n aanbod om in die film, "Let the Bullets Fly" te speel, geweier.
Minstens drie kinders het gesterf en sowat 28 is beseer toe die dak van ‘n laerskool meegegee het weens swaar sneeuval.
Reddingswerkers het Sondag drie mynwerkers in die noorde van China uit 'n steenkoolmyn gered nadat hulle agt dae lank daar vasgekeer was.
China het bewerings ontken dat hulle miljarde dollars in Guinee gaan inploeg om te help met die befondsing van projekte.
'n Chinese hof hersien die doodsvonnis van 'n Britse man nadat daar pogings aangewend word om die vonnis terug te trek.
'n Groep Tibettane wat in Indië teen die kommunistiese regering in China betoog het, is deur polisie in hegtenis geneem.
China is glad nie gelukkig met die VSA nie ná drie top amptenare die Dalai Lama in die noorde van Indië besoek het.
Die departement van gesondheid in China sê miljoene mense in dié land kan die H1N1-virus opdoen en sterftes weens dié virus is onafwendbaar.
’n Chinese afvaardiging woon die wêreld se grootste wapenskou by, ten spyte van ’n embargo op wapentransaksies met Beijing.
China se reusepanda kan binne twee tot drie generasies heeltemal uitgewis wees, meen 'n kenner van die Wêreldnatuurfonds (WWF).
Chinese-bloggers is vasgetrek na 'n foppery wat beweer dat kannibale verantwoordelik is vir die afgelope verdwyning van mense.
Die voormalige hoof van Beijing se lughawemaatskappy, Li Peiying, het die doodstraf gekry weens korrupsie en geldwassery.
Chinese sê hulle vertrou eerder prostitute as wat hulle die polisie vertrou, toon 'n nuwe studie deur wetenskaplikes.
Beperkte foon en internettoegang is nou in China se Xinjiang-provinsie beskikbaar na sowat drie weke sonder enige kommunikasiemiddele.
Die vrou van die aktivis Liu Xiaobo, wat die 2010-Nobelprys vir Vrede gewen het, word aangehou in haar huis in Beijing, sê ‘n belangegroep.
Jacob Zuma het sy Chinese eweknie, Hu Jintao, ontmoet vir ‘n praatjie om die verhouding tussen Beijing en Suid-Afrika te verbreed.
‘n Ontploffing in China se Xinjiang-streek het die lewe van sewe persone geëis, het die staatsmedia berig.
‘n 22-jarige vroulike werker by 'n Chinese fabriek is dood nadat sy van ‘n hoë gebou af geval het, ná ‘n reeks selfmoorde by dié fabriek.
'n Trein het in die ooste van China ontspoor toe 'n grondverskuiwing van die treintrokke getref het. Tien mense is dood en talle beseer.
‘n Man het twee tienermeisies vir amper 'n jaar in ‘n geheime ondergrondse kamer aangehou. Dit is nog nie bekend of hy die meisies verkrag het nie.
'n Boer is dood nadat hy vyf kleuterskoolkinders met 'n hamer by hul skool aangeval het en homself daarna aan die brand gesteek het.
‘n Bejaarde vrou en ‘n vierjarige meisie is vyf dae ná die verwoestende aardbewing in China uit die puin gered.
China het nóg drie Japanse dwelmhandelaars tereggestel, slegs vier dae nadat die 1ste Japanse burger sedert 1972 daar tereggestel het.
Byna 30 mense het gesterf en sowat 200 is glo vermis ná vyf afsonderlike myn-ongelukke in China in slegs vyf dae.
China het vir die heel eerste keer twee vrouens tot hulle span van ruimtevaarders verkies wat op toekomstige ruimtereisie sal dien.
China se eerste 'besoedlingsensus' het bevind dat boerdery meer skade aan die omgewing aanrig as die land se vervaardigingsektor.
Wetenskaplikes het die fossiel van 'n voorheen onbekende dinosourus-spesie onthul, moontlik die oudste voorsaat van hedendaagse voëlspesies.
Kommunikasiedienste soos die stuur van teksboodskappe, is met groot verligting weer in die stad Urumqi in China herstel.
‘n Werker by ‘n dieretuin is deur ‘n leeu verslind toe hy probeer het om die dier se hok skoon te maak, het die media berig.
China het te midde van wêreldwye afkeer ‘n Britse man tereggestel nadat hy daarvan aangekla is dat hy dwelms gesmokkel het.
8 studente is dood en 26 ander beseer na ‘n stormloop by ‘n privaatskool in China. Die studente het 'n aandklas bygewoon.
‘n Chinese man is tot agt jaar tronkstraf gevonnis nadat hy menseskedels vanuit China na Amerika gesmokkel het, sê polisie.
Taiwan het aangekondig dat China steeds voortgaan met sy millitêre versterking en dat hul nog nie ontplooiing verminder het nie.
Paleontoloë in China het oorblyfsels wat dalk ’n nuwe dinosourus-spesie kan wees ondek, het die plaaslike media berig.
China het 'n veldtog geloods om "onwettige en ongesonde" aanlyn-speletjies van die land se internet-netwerk te verwyder.
Die dak van ‘n restaurant in Beijing het inmekaar gestort en mense is onder puin begrawe toe ‘n ontploffing dié gebou geruk het.
Chen Shui-bian, die voormalige president van Taiwan, en sy vrou lewenslank tronk toe gestuur weens bedrog en geldwassery.
Vyf kleuters is dood en drie ander ernstig beseer nadat die bus waarin 11 kinders gereis het, in 'n rivier gestort het.
'n Appèlhof in China se beslissing dat 'n dronkbestuurder die doodstraf opgelê word, is na lewenslange tronkstraf verander.
Troeteldierwinkels in China beoog om tatoeëermerke op hulle visse aan te bring wat geluk en voorspoed aan hul eienaars sal bring.
‘n Vlieënde padda, die kleinste takbok en 'n nuwe aapspesie kan onder die 350 nuwe spesies in die Himalajas gevind word.
Kang Rixin, China se top kernwapenamptenaar word vir die beweerde wanbesteding van openbare fondse en omkopery ondersoek.
Jong vroue se onkunde oor voorbehoedmiddels is die oorsaak van sowat 13 miljoen aborsies wat jaarliks in China gedoen word.