Die Cheetahs het die Waratahs van Nieu-Suid-Wallis tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd met 'n enkele punt in Bloemfontein geklop.
Die afrigter van die Cheetahs, Naka Drotské, het drie veranderings gemaak aan die span wat teen die Waratahs in Bloemfontein uitdraf.
Die Sharks het die Cheetahs tydens hul super-rugbywedstryd in Bloemfontein sommer vroeg al gewys hulle neem die wedstryd ernstig op.
Die Cheetahs het slegs een verandering gemaak aan die vyftiental wat in die Super-rugbywedstryd teen die Sharks in Bloemfontein uitdraf.
Die Cheetahs het met mening op Nuweland teruggeveg ná hulle teen halftyd geen punte gehad het nie, maar die Stormers was net té sterk.
Die afrigter van die Cheetahs, Naka Drotské, het sy span aangekondig wat in die Super-rugbywedstryd teen die Stormers op Nuweland uitdraf.
Die Cheetahs se baas, Harold Verster, sê dit sal baie moeilik wees om weer as die Cats te speel in aanstaande jaar se Super-reeks.
Die Cheetahs het voor 'n relatief klein tuisskare oor die Western Force geseëvier in dié twee spanne se Superrugby-kragmeting in Bloemfontein.
Johan Goosen, die Cheetahs se losskakel, is buite aksie gestel nadat hy die naweek sy skouer teen die Highlanders beseer het.
Die Highlanders het besluit om vir eers weg te bly van drank, in 'n poging om hul droom van Super-rugbyglorie 'n werklikheid te maak.
Cameron Jacobs sal op vleuel uitdraf in die plek van die beseerde Rayno Benjamin, vir die Cheetahs se Super-rugbystryd teen die Highlanders.
Die Cheetahs se vleuel, Rayno Benjamin, sal straks die res van die Super-reeks misloop nadat hy sy skouer beseer het in die wedstryd teen die Chiefs.
Sias Ebersohn sal Saterdag gebruik maak van die geleentheid om die bestuur van die Cheetahs te wys waartoe hy in staat is.
Dit klink dalk vreemd, maar as die Cheetahs hul grootste toets tot nog toe wil slaag, sal hulle uit hul puik eerste sege in Nieu-Seeland moet leer.
Volgens 'n koerant in Australië het die Cheetahs se baljagter, Heinrich Brüssow, sover die meeste duikslae in vanjaar se Super-reeks uitgevoer.
Die Cheetahs-kaptein, Adriaan Strauss, het sy spelers se vermoëns op die verdediging geprys nadat hulle die Lions maklik geklop het.
Die Cheetahs het op hulle tuisveld met die Lions afgereken in die twee spanne se Superrugby-kragmeting by die Bloemfontein-stadion.
Die Cheetahs se uitdaging in die Super-rugbykragmeting met die Lions in Bloemfontein is om net so giftig soos die afgelope paar weke aan te val.
Die Lions-breier, John Mitchell, het nege veranderinge gemaak aan sy beginspan vir die Super-rugbystryd teen die Cheetahs in Bloemfontein.
Die Cheetahs het met ’n reuse-huppel in hul stap op die vliegtuig Suid-Afrika toe geklim nadat hulle die Hurricanes in Wellington geskok het.
As Robert Ebersohn in Kiwi-land grootgeword het, sou hy waarskynlik sy buitesenter-held, Conrad Smith, as aanbieder op die kassie dopgehou het.
Die afrigter van die Cheetahs het sy span aangekondig wat in die Super-rugbywedstryd teen die Hurricanes in Wellington uitdraf.
Die magtige Crusaders het 'n moedige Cheetahs-span in hul Superrugby-stryd in Christchurch 28-21 geklop, berig Sport24.
Die afrigter van die Cheetahs, Naka Drotské, het sy span aangekondig wat die Crusaders in die Super-rugbystryd in Christchurch pak.
Die Cheetahs het groot karakter getoon en verdien hope lof vir die manier waarop hulle teen die Rebels koelkop gebly het.
Hou die bal weg van die Rebels se giftige agterlyn. Dis waarskynlik ’n benadering wat die meeste spanne in die Super-reeks teen dié span sal volg.
Die vermoë van Suid-Afrikaanse spanne om met die rolmaal veld te wen, word duidelik uitgewys in statistiek van week drie se Super-wedstryde.
Die skeidsregter moenie alleen die blaam dra vir die Cheetahs se nederlaag verlede naweek in hul Super-rugbystryd teen die Brumbies nie.
Met selfs net sy teenwoordigheid op die veld kan Coenie Oosthuizen met die intrapslag ’n yslike verskil aan die spelpeil van die Cheetahs maak.
Die Brumbies se afrigter, Jake White, het sy span aangekondig wat in die Super-rugbykragmeting teen die Cheetahs in Canberra uitdraf.
George Earle sal teen die Brumbies sy Super-buiging op slot vir die Cheetahs maak en is een van vier veranderinge aan die beginspan.
Wat ’n strafskop aan die Cheetahs moes wees, het weens ’n rigiede protokol in ’n drie vir die Bulls ontaard tydens die Super-stryd in Bloemfontein.
Die Cheetahs moes op hul tuisveld die knie buig voor die Bulls toe dié twee spanne in Bloemfontein kragte gemeet het.
Ondersteuners landwyd het gebrom oor fluitjieblasers in die meeste Super-wedstryde die kollig met die strenger toepassing van reëls gesteel het.
Die verwoestende lakwerk van Andries Strauss was een van die hoogtepunte vir die Cheetahs in hul pynlike nederlaag teen die Lions.
Die Cheetahs se slot Andries Ferreira moes selfs langer as sy spanmaats vir sy eerste amptelike rugbywedstryd wag.
Anneri Ebersohn het rede om op die eerste Geelbladsye-byeenkoms vanjaar, in Germiston, die 400-hekkies in ’n haastige tyd af te nael.
Tewis de Bruyn se oorsese uitstappie was die moeite werd. Dié skrumskakel sal in die Cheetahs se eerste Super-stryd van 2012 die nr. 9-trui dra.
Sy begeerte om eendag internasionale rugby te speel was die grootste dryfveer waarom die Cheetahs se WP Nel ’n Skotse rokkie sal dra.
Die Cheetahs se opwindende skrumskakel Pieter van Zyl sê hy is nie die nuwe Super-Sarel nie en wil op sy eie manier naam maak.
Die Springbok-kragman Coenie Oosthuizen sal straks sy spiere in die Cheetahs se eerste Super-rugbytoerwedstryd, teen die Brumbies, bult.
Die Bulls, onder leiding van Chiliboy Ralepelle, het in hulle opwarmwedstryd teen die Cheetahs in Polokwane koning gekraai.
Die Springbok-haker Chiliboy Ralepelle sal die Bulls aanvoer in hul opwarmwedstryd teen die Cheetahs in Polokwane.
Die Cheetahs se wen oor die Stormers in die opwarmwedstryd op Nuweland was grootliks te danke aan hul losskakel, Johan Goosen, se skopvoet.
Die Stormers se breier, Allister Coetzee, het heelwat veranderinge gemaak aan die span wat in 'n opwarmstryd teen die Cheetahs op Nuweland uitdraf.
Die Cheetahs se Waltie Vermeulen is op sy beste een van die voorste rankers in die land en sal dit in die oefenwedstryd teen die Griffons wil wys.
Terwyl die sentrale streekspan vertoningslys in Super-reeks nie te waffers is nie, sal hy nou straks ook vir oorlewing speel.
Die Stormers se breier, Allister Coetzee, het sy span aangekondig wat teen die Lions in 'n opwarmwedstryd op Nuweland in Kaapstad uitdraf.
Spelpeil en nie reputasies nie sal bepaal wie in die Cheetahs se eerste Super-rugbywedstryd van 2012 uitdraf.
Hoewel hulle nog uitspan, sal die Cheetahs reeds aan die einde van die maand voor hul eerste ware toets van 2012 te staan kom.
Die Walliese klubspan Cardiff Blues gaan na Suid-Afrika reis om 'n wedstryd teen die Vrystaatse Cheetahs in Bloemfontein te speel.
Die slot van die Cheetahs, Izak van der Westhuizen, het 'n tweejaar-kontrak met die Skotse klubspan Edinburg gesluit.
Die Sharks-afrigter, John Plumtree, het besluit om sover moontlik te bly by die span wat die Force in Durban geklop het.
Die Stormers-haker Deon Fourie en die Cheetahs-losvoorspeler Ashley Johnson is uitgewys vir vuilspel in die wedstryd op Nuweland.
Die Springbok-senter Jean de Villiers is fiks verklaar om die Stormers in die Super-rugbywedstryd teen die Cheetahs in Kaapstad te lei.
Die Cheetahs het die dienste van die Boland Kavaliers se Elgar Watts bekom om 'n moontlike losskakel-krisis te vermy.
Die Cheetahs se plaasvervanger-slot, Andries Ferreira, sal voor Sanzar se tugkomitee verskyn nadat hy vir beweerde vuilspel uitgewys is.
'n Langtermyn-besering aan die losskakel Johan Goosen het aan Sias Ebersohn 'n plek in die beginspan besorg vir die Cheetahs se stryd teen die Force.
Die Highlanders het as wenners uit die stryd getree in hulle wedstryd teen die Cheetahs ná die besoekers teen halftyd met 9-23 agter was.
Die Super-rugbyreeks se voorste puntemaker, Johan Goosen, is terug in die nr.10-trui vir die Cheetahs se kragmeting met die Highlanders.
Die Vrystaaste losskakel Johan Goosen, wat tans skitterspel lewer in die Super-rugbyreeks, het sy kontrak met die Cheetahs hernu.
Die Waikato Chiefs het hul oorsese toer met 'n oorwinning afgeskop toe hulle die Cheetahs in 'n taai Super-stryd in Bloemfontein geklop het.
Die Waikato Chiefs het drie veranderings aan hul beginspan gemaak vir die Super-rugbykragmeting met die Cheetahs in Bloemfontein.
Die 40 min waarin Sias Ebersohn teen die Lions vir Johan Goosen moes instaan was dalk net die regte doepa vir die Cheetahs voor hul stryd teen die Chiefs.
Die Cheetahs-speler Andries Strauss word as die grootste plettervatter van die Suid-Afrikaanse binnesenters beskou.
As rugby-ondersteuners die klipharde Coenie Oosthuizen met ’n voertuig moes vergelyk, sal dit waarskynlik sy geborgde Isuzu-bakkie wees.
Die Cheetahs-losskakel Johan Goosen kan Saterdag die eerste speler in 2012 word om by 100 Super Rugby-punte uit te kom.
Die Cheetahs-afrigter, Naka Drotské, het een verandering gemaak aan sy beginspan vir hul wedstryd teen die Lions in Bloemfontein.
Dis onderlinge mededinging tussen Coenie Oosthuizen en Heinrich Brüssow wat dié stut aanspoor om lastiger as ’n baljagter op die grond te wees.
Die Cheetahs het 'n agterstand van 21 punte omgekeer en uiteindelik as wenners uit die stryd getree in hul stryd teen die Hurricanes.
Die Super-rugbywedstryd tussen die Cheetahs en die Lions, wat in Welkom sou plaasvind, is na die Vrystaat-stadion in Bloemfontein geskuif.
“Enigiemand wat iets van rugby weet, sal weet dat die Cheetahs ’n baie goed afgerigte span is en nie tradisionele Suid-Afrikaanse rugby speel nie.”
Keith Brown sal Saterdag die tweede keer in drie weke met ’n Cheetahs-voorry te doen kry, maar dié keer twee ander stutte se skrumwerk monitor.
Die All Black-losskakel Dan Carter sal straks Saterdag, nes in 2011, die eerste keer ná ’n besering teen die Cheetahs uitdraf.
Die afrigter van die Rebels, Damien Hill, het sy span aangekondig wat in die Super-rugbywedstryd teen die Cheetahs in Melbourne uitdraf.
Die Cheetahs het versterking in die middelveld gekry met die insluiting van Andries Strauss vir hul Super-rugbystryd teen die Rebels in Melbourne.
Moenie jou teenstander toelaat om weer ’n voet in die deur te kry as jy in beheer van sake is nie, is die les wat die Cheetahs geleer het.
Christian Lealiifano se strafdoel nadat die sirene reeds geloei het, het die Brumbies met 'n enkele punt oor die Cheetahs in Canberra laat seëvier.
Naka Drotské het gesê hul eerste twee toerwedstryde – teen Australiese spanne – sal van uiterste belang in hul Super Rugby-seisoen wees.
Andy Ellis, die Crusaders-skrumskakel, beweer die Lions is een van die spanne teen wie die ander SA spanne dit rustig kan vat en steeds wen.
Naka Drotské het die jong stut Coenie Oosthuizen in die beginspan gekies vir die Cheetahs se Super-rugbystryd teen die Brumbies.
Nadat hulle teen die Bulls verloor het, sal die Cheetahs op die vliegtuig klim met die wete dat hulle ‘n kopskuif sal moet maak.
Die Cheetahs se jong losskakel Johan Goosen moet die voorbeeld van die Springbok-legende Naas Botha volg en meer uit die hitte van die stryd bly.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het sy span bekendgemaak wat die Bulls in hul Super-rugbykragmeting in Bloemfontein pak.
Die Lions het in Johannesburg met 'n skrale twee punte oor die Cheetahs geseëvier in dié twee spanne se Superrugby-kragmeting.
Die Cheetahs wou seker maak die jong losskakel Johan Goosen word deur ervaring omring in die Vrystaters se eerste Super-rugbywedstryd van 2012.
Die afrigter van die Lions, John Mitchell, het sy sterkste beskikbare span gekies vir die Super-rugbystryd teen die Cheetahs in Johannesburg.
Terwyl die Lions met ’n byna ongekende hoeveelheid selfvertroue hul eerste salvo vir 2012 sal vuur, het hulle ook ’n groot hupstoot gekry.
Rocco Jansen het vir homself spesifieke doelwitte gestel. Dis hoe hy van byna nêrens af sy pad in die Cheetahs se beginspan oopgespeel het.
Die Cheetahs se verdedigingsafrigter Michael Horak meen die Vrystaters se lakwerk is op die regte koers om ’n hoeksteen van hul spel te word.
Hoewel Frans Ludeke baie tevrede is met die manier waarop die Bulls die Cheetahs afgestof het, lê daar nog baie werk voor in die volgende twee weke.
Dusty Noble het die jaar as die gunsteling begin om Rocco Jansen se vleuelmaat vir die Cheetahs in 2012 se Super-reeks te vorm.
Daar is ’n opgewondenheid en ’n doelgerigtheid in die Bulls-kamp en volgens Pierre Spies is die stryd teen die Cheetahs een van die redes daarvoor.
Die afrigter van die Cheetahs, Naka Drotské, het sy span bekendgemaak wat teen die Stormers in 'n opwarmwedstryd op Nuweland uitdraf.
Diepte, veral in die Cheetahs se agterlyn, is daar beslis. Dit was waarskynlik die waardevolste openbaring ná die oefenstryd teen die Griffons.
Slegs 'n handjievol ondersteuners het vir die opwarmwedstryd tussen die Southern Kings en die Cheetahs in Oos-Londen opgedaag.
Die Cheetahs veg vir die behoud van hul Superrugby-bedryfsreg wat in 2006 aan die unies van die Vrystaat, Griekwas en die Griffons toegeken is.
Naka Drotské, die Cheetahs se afrigter, het bevestig dat Neo-Africa hom as borg van die Super Rugby-reeks se opwarmwedstryde onttrek het.
’n Goeie Super-rugbyreeks is al wat tussen Johan Goosen en ’n Springbok-trui staan. Só meen Hawies Fourie, agterlyn-afrigter van die Cheetahs.
Die Cheetahs-spanbestuur het in die Versoeningsdag-feesstryd Saterdag teen die Griffons antwoorde oor sy diepte gekry.