Caster Semenya is nie ingesluit in die voorlopige Suid-Afrikaanse span wat in Julie aan die Afrika-byeenkoms in Nairobi gaan deelneem nie.
Caster Semenya se regsverteenwoordigers sê sy is nie van atletiekbyeenkomste gediskwalifiseer nie, en mag aan haar sport deelneem.
Volgens die minister van sport kan Caster Semenya weer aan atletiek deelneem en lê haar toekoms in haar eie hande.
Caster Semenya oorweeg regstappe teen 'n Britse dagblad nadat dit glo “onder valse voorwendsels” ’n onderhoud met haar gevoer het.
Julius Malema het gesê die ANC-jeugliga gaan 'n veldtog voer vir die 800m-atleet Caster Semenya om as "'n vrou deel te neem".
Lamine Diack, voorsitter van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies, het sy besoek aan Suid-Afrika afgelas.
Die ANC plaas druk op die IAAF om die resultate van Caster Semenya se geslagsevalueringstoetse ongeldig te verklaar.
Caster Semenya, Suid-Afrika se vroue-wêreldkampioen in die 800 m, is só getraumatiseer dat sy glad nie eksamen kan skryf nie.
Winnie Madikizela-Mandela en Manto Tshabalala-Msimang sal deel uitmaak van 'n taakspan om Caster Semenya by te staan.
Caster Semenya steur haar nie aan die donderstorm wat om haar losgebars het nie en probeer eerder net op haar studies fokus.
Wat is jou opinie oor die omstrede Teazers-advertensiebord wat die land vandag aan die gons het? Lees meer hier, en gee jou mening.
Leonard Chuene sê hy is steeds onseker oor presies wat hy verkeerd gedoen het toe hy gelieg het oor Caster Semenya se geslag.
Leonard Chuene, grootbaas van Atletiek SA, gaan aanbly in sy amp, al het hy onder kwaai druk verkeer om te bedank.
Die grootkoppe van Atletiek Suid-Afrika gaan vergader om die debakel rondom Caster Semenya en Leonard Chuene te bespreek.
Leonard Chuene wat die naweek erken het dat hy oor die Caster Semenya-saga gejok het, se lot sal binnekort bekend wees.
Dank Leonard Chuene af. Dit was gisteraand die ondubbelsinnige eis van mnr. Gert Oosthuizen, adjunk-minister van sport, aan Atletiek Suid-Afrika.
Sascoc het luidens 'n verklaring gesê hulle gaan die wyse waarop ASA die geslagstoetse van Caster Semenya hanteer het ondersoek.
Jacques Rogge het in die bresse getree vir die IAAF en gesê hul uurglas rondom die Caster Semenya-saga, het leeggeloop.
Caster Semenya, die 800 m wêreldkampioen, is “heeltemal verpletter” deur die vernederende gerugte dat sy tweeslagtig is.
'n Dokters- en verpleërvakbond het hul misnoeë uitgespreek oor die wyse waarop Caster Semenya se mediese inligting gelek is.
Leonard Chuene, die president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), gaan terugkeer na die internasionale atletiek-liggaam se raad.
Die president van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) wens die Caster Semenya-saak kon met meer diskresie hanteer word.
Die DA gaan ASA voor die parlementêre portfeuljekomitee oor sport daag omdat hy nie Caster Semenya se regte beskerm het nie.
Die IAAF sê vier ander atlete in soortgelyke situasies as dié van Caster Semenya, is gevra om hul loopbane te beëindig.
Caster Semenya, SA se nuwe ster-atleet, het haar voorkoms verdedig en aan 'n oormaaksessie van 'n tydskrif deelgeneem.
Vytjie Mentor wil die wet van geslagsgelykheid wysig om sodoende te vergoed vir die skade wat Caster Semenya en ander gelei het.
Caster Semenya is finansieel in die knyp omdat Atletiek Suid-Afrika nog nie sy gekontrakteerde atlete betaal het nie.
Afriforum het Leonard Chuene by die IAAF verkla omdat hy "rasseverdeeldheid" tydens die Caster Semenya-sage aangevuur het.
Oudpres. Nelson Mandela het sport gebruik om Suid-Afrikaners te versoen, nou gebruik die ANC dit om rassisme aan te blaas.
’n Australiese gesondheidsnavorser meen Caster Semenya is voortydig gekruisig oor haar abnormale testosteroonvlakke.
Caster Semenya was opgewonde toe sy vertel het hoe sy geweet het dat sy die 800m by die Wêreldkampioenskappe gaan wen.
Julius Malema sê die ANC-jeugliga gaan die 800 m-ster-atleet en goue medalje-wenner Caster Semenya R60 000 gee om te “ontspan”.
Die IVP het die behandeling van die 800m-ster-atleet Caster Semenya veroordeel en dit as “vernederend” bestempel.
Caster Semenya se gesin sê sy is definitief ‘n vrou, ten spyte van vrae oor haar geslag wat opspraak regoor die wêreld maak.
Die internasionale atletiekbeheerliggaam het gevra dat Caster Semenya, Suid-Afrika se nuwe 800m-ster, ’n geslagstoets ondergaan.
Suid-Afrika se 800 meter wêreldkampioen, Caster Semenya, sal nie aan vanjaar se Geelbladsye-atletiekreeks deelneem nie.
Caster Semenya is deur Atletiek SA verbied om te kompeteer tot die uitslae van haar geslagstoetse bekend is, en Saskok stem saam.
Die resultate van die geslagstoetse op Caster Semenya is vetroulik én sy behou haar gouemedalje, sê die departement van sport.
Die ster-atleet Caster Semenya wat in omstredenheid oor haar geslag gehul is, sê sy is 'n vegter wat nooit tou opgooi nie.
Die SA-spandokter, Harold Adams betrek Butana Khompela, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee by die Semenya-debakel.
Leonard Chuene sê nou hy het nóóit erken dat hy gejok het oor sy kennis van geslagtoetse op die atleet Caster Semenya nie.
Caster Semenya is gereed om haar universiteitseksamens af te lê, ten spyte van die debakel rondom haar geslag.
Die Gesagsowerheid vir Reklamestandaarde (GRS) het Teazers-ontkleeklubs se omstrede geslagstoets-advertensie afgekeur.
Vuur word agter die skerms gestook om van Leonard Chuene, president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), ontslae te raak.
Lolly Jackson, eienaar van die Teazers-ontkleedansklubs, het teruggekap ná klagtes oor dié klub se omstrede advertensiebord.
Die ANC eis ’n ondersoek van Atletiek Suid-Afrika (ASA) se base ná hul hantering van die Semenya-saak.
Caster Semenya wat in omstredenheid oor haar geslag gehul is, het 'n stryd begin om haar waardigheid in ere te herstel.
Die vakerbond Cosatu het by hul tiende nasionale konferensie in Midrand gesê die ASA-hoof Leonard Chuene moet bedank.
Drie ander ASA-lede het ook die mag gehad om Caster Semenya uit die wêreldkampioenskappe te onttrek, maar het daarteen besluit.
Verskeie politieke partye het uitgevaar teen atletiekbaas Leonard Chuene oor sy leuens tydens die Semenya-debakel.
ASA moet sy president, Leonard Chuene, “afdank” omdat hy gejok het oor geslagstoetse wat op Caster Semenya gedoen is.
ASA se president vra om verskoning dat hy Suid-Afrika mislei het, maar het dit gedoen om die atleet se privaatheid te beskerm.
Caster Semenya se afrigter sê sy verdien nie om so verneder te word nie en die herrie rondom die atleet begin hom nou ook vang.
Die afgetrede Amerikaanse atleet Carl Lewis blameer Atletiek Suid-Afrika vir die penarie waarin Semenya haarself bevind.
SA se minister van vroue, kinders en gestremdes het die VN genader oor die wyse waarop die Semenya-saga hanteer word.
ASA het vóór die Wêreld-atletiekbyeenkoms geweet Caster Semenya het ’n mediese toestand wat haar prestasie in gedrang kon bring.
SA se sportminister, Makhenkesi Stofile, het gesê hy verklaar oorlog teen IAAF as Caster Semenya uitgesluit word oor haar geslag.
Die IAAF kon nie die bewerings dat Caster Semenya glo beide vroulike én manlike geslagsorgane besit, bevestig nie.
Die IAAF wil dringend met Caster Semenya praat oor die resultaat van haar geslagstoets maar word glo deur ASA verhinder.
Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) sal eersdaags die uitslae van geslagstoetse op Caster Semenya reg hê.
ASA ontken gerugte dat die gouemedaljewenner Caster Semenya en ander gekontrakteerde atlete nie hul toelae ontvang het nie.
Die debakel oor Suid-Afrika se wêreldkampioen in die 800 m, Caster Semenya, het sy eerste grootkop in Suid-Afrikaanse atletiek geëis.
Die Limpopo regering en Bitline eiendomsontwikkelaars gaan vir Caster Semenya en haar familie ‘n nuwe huis gee.
Die IAAF sal nie toelaat dat sy geslagsondersoek na Caster Semenya, die 800 m-wêreldkampioen, ’n politieke speelbal word nie.
Caster Semenya kan duisende rande aan inkomste verloor as ASA weier om met die IAAF saam te werk om duidelikheid oor haar geslag te kry.
Die ster-atleet Caster Semenya se spanbestuurder sê sy het tyd nodig om te rus en om van al media-aandag weg te kom.
Die voorsitter van die IAAF erken die ondersoek om vas te stel of Caster Semenya ’n vrou is, is heeltemal verkeerd hanteer.
Sport- en mediese kenners meen geslagsbepaling is heelwat meer kompleks as om bloot “broek af te trek en te wys”.
Die 800m-ster-atleet Caster Semenya sê alles het volgens plan verloop in haar goue medalje-vertoning by die Wêreldkampioenskappe.