Drie mense is dood en minstens 10 is beseer toe ‘n bom naby ‘n bus ontplof het wat Libanese pelgrims na ‘n Sunni-gebied vervoer het.
Meer as vyf-en-vyftig mense is in twee groot ontploffings in die Siriese hoofstad dood. Niemand het nog verantwoordelikheid aanvaar nie.
'n Bom het gedurende 'n seremonie, wat regeringsamptenare en afgevaardigdes bygewoon het, in Somalië se nasionale teater ontplof.
‘n Bomontploffing naby die kantoor van Turkye se eerste minister het een persoon beseer gelaat, het die polisie gesê.
Elf mense is dood nadat 'n selfmoordbomaanvaller 'n motor vol plofstof in Mogadisjoe laat ontplof het, het beamptes gesê.
Polisiebeamptes het aangekondig dat hulle twee mans in hegtenis geneem het in verband met verlede jaar se bomontploffings in Moembaai.
Minstens 14 mense is dood toe verskeie ontploffings ‘n polisiewa, wat gevangenes in die noordweste van Sirië vervoer het, geruk het.
Minstens agt mense is buite die noordelike stad Mosul in Irak dood toe ‘n motorbom ontplof het, het amptenare gesê.
Minstens 12 mense is Sondag dood toe 'n motor naby polisiekantor in die noorde van die Irakse hoofstad, Bagdad, ontplof het.
Altesaam 19 mense is dood toe ‘n bom langs ‘n pad in Afganistan se Helmand-provinsie ontplof het, het plaaslike beamptes gesê.
Minstens tien mense is dood toe ‘n motorbom by ‘n mark in die Irakse dorp Khalis – noord van Bagdad – ontplof het.
Tien mense is dood toe ‘n bom langs 'n pad naby 'n polisievoertuig in die noordweste van Afganistan afgegaan het.
Die dodetal van ‘n dubbele bomaanval by ‘n musiekwinkel in ‘n Shiite-woonbuurt in die Irakse hoofstad, Bagdad, het tot 32 gestyg.
Amptenare in Irak sê twee ontploffings in ‘n Sjiïtiese woonbuurt in die ooste van Bagdad het 15 lewens geëis en 48 mense beseer gelaat.
‘n Polisieman is dood toe 'n bom ontplof het kort ná hy sy huis in Afganistan se Uruzgan-provinsie verlaat het.
Sestien mense, insluitende 11 kinders, is dood toe ‘n bom onder 'n minibus ontplof het wat mense van 'n verlowingspartytjie vervoer het.
Minstens vier mense is dood en elf beseer toe ‘n reeks bomme gelyktydig in ‘n Sunni-woonbuurt in Bagdad, Irak ontplof het.
‘n Polisieman is dood en talle ander polisielede en burgers is beseer in ‘n dubbele ontploffing in die suide van Rusland.
Drie mense is beseer nadat 'n bom by 'n hospitaal in Agra, Indië ontplof het. Volgens berigte was dit glo 'n tuisgemaakte bom.
‘n Prominente terreurgroep het verantwoordelikheid vir die dodelike bomontploffing by die hooggeregshof in Nieu-Delhi, Indië, aanvaar.
Minstens nege mense is dood en 45 ander is gewond toe ‘n bom buite ‘n hek wat na die hooggeregshof in Nieu-Delhi lei, onplof het.
‘n Man het ernstige beserings opgedoen toe ‘n bom in ‘n park in Berlyn, Duitsland, ontplof het, het die polisie gesê.
’n Bom wat aan ’n tydhouer vas was, het ’n tweeverdiepinghotel in Dera Allah Yar in die suidweste van Pakistan in puin gelê.
Altesaam agt mense is dood toe ‘n bom in Maiduguri in die noord-ooste van Nigerië ontplof het, het ‘n ooggetuie gesê.
Talle ontploffings het Maiduguri in die noordooste van Nigerië geruk. Inligting oor moontlike beserings of sterftes is nog nie bekend nie.
Minstens drie mense is dood in bomontploffings in die noord-ooste van Nigerië wat vermoedelik deur 'n Islamitiese sekte uitgevoer is.
‘n Bejaarde dorpenaar wat ‘n bom langs ‘n pad gevind het en die polisiebeampte aan wie hy dit gewys het, is dood toe die bom ontplof het.
‘n Nigeriese terreurverdagte wat in Suid-Afrika gevange geneem is, vrees dat vuurwapens wat na Nigerië op pad is onrus kan bring.
Kenia het vier vermeende terroriste na Uganda gestuur ná die bomontploffings tydens die WB, wat Kenia se eie uitleweringswet oortree.
Ses mense is dood en nege ander is beseer nadat ‘n tuisgemaakte bom ‘n minibus getref het, het ‘n woordvoerder van Kandahar gesê.
Drie bomdeskundiges is dood en ses mense is beseer toe ‘n bom wat tydens die Tweede Wêreldoorlog geplant is, in Duitsland ontplof het.
‘n Terreurverdagte wat in Indië gesoek word weens bomontploffings van 17 jaar gelede, het in Engeland in die hof verskyn.
Sowat vyf mense is dood en 25 is Vrydag gewond nadat twee bomontploffings by ’n bushalte in Lahore plaasgevind het.
Vyf mense is dood nadat 'n bom in 'n restaurant in 'n mark naby Bagdad ontplof het, het mediese- en sekuriteitsbeamptes gesê.
Minstens 36 mense is dood en tientalle is beseer in ‘n motorbomontploffing oor die Paasnaweek in Nigerië, het mediaberigte gesê.
Agt burgerlikes is dood toe 'n bom wat langs 'n pad in die suide van Afganistan geplant was, afgegaan het.
Twaalf mense, insluitende twee kinders, is aan die buitewyke van Peshawar in Pakistan dood nadat ‘n motorbom by ‘n busstasie ontplof het.
Minstens 15 burgerlikes is dood in ’n bomontploffing by ’n begrafnis in die Sjiïtiese gebied van die Irakse hoofstad.
Minstens 165 mense het gesterf toe bomme in Kano, in die noorde van Nigerië, ontplof het, het ooggetuies en hospitaalbronne gesê.
Minstens sewe burgers het in ‘n selfmoordbomaanval by ‘n lughawe in die stad Kandahar, in die suide van Afganistan, gesterf.
‘n Man in Viëtnam het erken dat hy ‘n bom op ‘n motorfiets geplant het wat die lewens van sy skoonsuster en haar vierjarige dogter geëis het.
‘n Bom het by ‘n polisiestasie in die suide van Colombia ontplof en twee mense is glo in die ontploffing dood en verskeie is beseer.
Minstens 34 mense het op die heilige dag van Ashura gesterf toe twee ontploffings by Afgaanse tempels plaasgevind het.
Drie mense is dood en 28 ander beseer toe ‘n bom by ‘n klein hotel in die suide van die Filippyne ontplof het, het die polisie gesê.
Inwoners van noordoostelike Nigerië het hul lewe gewaag om geliefdes te begrawe nadat bomontploffings minstens 69 mense se lewe geëis het.
‘n Vrou is dood en twee mense beseer nadat ‘n bom langs ‘n pad oos van die Algerynse hoofstad ontplof het.
Twee bomme het by twee aparte olie-pyplyne in die suide van Irak ontplof, wat gelei het tot ‘n tydelike afname in produksie.
‘n Polisievrou en twee burgers het gesterf toe ‘n bom ‘n polisievoertuig in die weste van Afganistan getref het, het beamptes gesê.
Vier ontploffings het die Irakse stad Karbala, sowat 118 km suid van die hoofstad Bagdad, geruk en 'n onbekende hoeveelheid mense se is dood.
Die hoof-verdagte in ‘n bomaanval in Marokko waartydens 17 mense, meestal toeriste, dood is, het sy skulderkenning teruggetrek.
Minstens agt mense is dood toe ‘n bom die huis van ‘n senior polisiebeampte in Karachi – die grootste stad in Pakistan – geteiken het.
Goodluck Jonathan, die Nigeriese president, het sy weermag opdrag gegee om die geweld in die sentrale dele van die land stop te sit.
Altesaam 17 mense is dood toe twee selfmoordbomaanvallers die wonings van ‘n senior paramilitêre beamptes in Pakistan aanval het.
Minstens 43 mense is dood en meer as 100 ander is gewond in ‘n selfmoordbomaanval op ‘n moskee in Pakistan.
Altesaam 34 mense is dood en 68 ander is beseer in ‘n dubbele bomontploffing in ‘n besige straat in Kut, Irak, het CNN berig.
Ondersoekbeamptes in Noord-Ierland het vyf mans in hegtenis geneem in hul ondersoek na ‘n bom wat ‘n polisiebeampte geëis het.
Tien mense is dood en 30 ander is beseer toe ‘n vragmotor wat padwerkers vervoer het, teen ‘n bom in die suide van Afganistan vasgery het.
Vyf lede van die gemeenskapsburgermag is tydens ‘n Bomontploffing dood en vier ander beseer in Ain Defla in die noorde van Algerië.
Minstens elf mense is dood en talle ander is beseer nadat ‘n selfmoordbom in Khost, Afganistan, ontplof het, het polisie gesê.
Die man wat daarvan verdink word dat hy die bomaanvalle in Swede veroorsaak het, het glo ‘n dreigement deur Al-Kaïda in Irak vervul.
Volgens ‘n Somaliese sekuriteitsbeampte het ‘n motorbom voor die hek van die Mogadisjoe-lughawe ontplof, het AP berig.
‘n Selfoon wat langs ‘n selfmoordbaadjie gevind is het die polisie na drie Keniaanse mans gelei wat op 76 aanklagtes van moord tereg staan.
‘n Groot ontploffing is Saterdag in die Afgaanse hoofstad gehoor, te midde ‘n Amerikaanse militêre-amptenaar se besoek.
Vier-en-twintig mense, insluitend ‘n kind en polisiebeamptes, is in bomontploffings dood by ‘n hoërskool en ‘n stampvol mark.
Twee buitelandse soldate is dood in die suide van Afganistan nadat ‘n tuisgemaakte bom afgegaan het. Die dodetal staan nou op 125.