ARTIKELS OOR bomaanvalle

Bali-bomaanvaller 'moet lewenslank sit'

2012-05-21 12:30

Staatsaanklaers in Indonesië het gevra dat die beweerde Bali-bomaanvaller Umar Patek lewenslange tronkstraf opgelê moet word.

Lockerbie-bomaanvaller sterf

2012-05-20 22:58

Die voormalige Libiese intelligensiebeampte wat skuldig bevind is aan die Lockerbie-bomaanval, Abdelbaset al Megrahi, het gesterf.

Vliegtuigbom: 'Aanvaller' was glo dubbele agent

2012-05-09 09:30

Die man wat deur Al-Kaïda se tak in Jemen beveel is om ‘n vliegtuig wat na Amerika op pad was op te blaas, was glo ‘n dubbele agent.

Bali-bommaker ignoreer 'waarskuwing van Allah'

2012-05-07 11:16

Die man wat daarvan beskuldig is dat hy bomme help maak het wat in die Bali-aanvalle gebruik is, het glo probeer om sy medepligtiges te ontmoedig.

11 dood in bomaanval in Pakistan

2012-05-04 07:05

Minstens 11 mense, insluitend vier polisiemanne, is dood in 'n bomaanval in Pakistan se noordwestelike distrik langs die Afgaanse grens.

Bom teiken polisiekonvooi in Nigerië

2012-04-30 13:56

Minstens vyf mense het in ‘n bomaanval op ‘n polisiekonvooi in die noordooste van Nigerië gesterf, het die polisie gesê.

Sewe beseer ná ontploffing by restaurant

2012-04-23 09:04

Sewe mense is beseer nadat 'n ontploffing, wat glo deur 'n bom veroorsaak is, by 'n restaurant in die hawestad Tyre voorgekom het.

Lockerbie-bommer kritiek in Libiese hospitaal

2012-04-14 14:55

Die familie van 'n voormalige intelligensiebeampte in 'n 2001 gevonnis is vir die Lockerbie-bomaanval van 1988, sê sy gesondheid verswak.

Bomaanval eis minstens 20 in Nigerië

2012-04-08 14:45

Minstens 20 mense is dood in 'n bomaanval buite 'n Nigeriese kerk op Paassondag, het 'n reddingsbeampte op voorwaarde van anonimiteit gesê.

Nairobi: 4 dood, 40 beseer in 'n granaataanval

2012-03-11 07:57

Vier mense is dood in 'n granaataanval op 'n busstasie in Nairobi, Kenia. Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar nie.

Motorbom in Jemen dood minstens 26

2012-02-25 14:45

Minstens 26 mense is dood en talle ander beseer nadat 'n motor met plofstowwe tydens 'n beweerde aanval op die presidensiële paleis ontplof het.

Okah-verhoor word uitgestel

2012-01-30 16:55

Die Nigeriese terreurverdagte Henry Okah het in die Hooggeregshof in Johannesburg verskyn, waar sy verhoor uitgestel is.

Kano-bomme: Sterftesyfer styg na 165

2012-01-22 10:09

Minstens 165 mense het gesterf toe bomme in Kano, in die noorde van Nigerië, ontplof het, het ooggetuies en hospitaalbronne gesê.

Bomaanval uitgevoer op Sjiïtiese optog

2012-01-15 19:57

Minstens 16 mense is dood en 20 gewond in Pakistan se Punjab-provinsie toe ‘n bomaanval op ‘n Sjiïtiese gelowige optog uitgevoer is.

Dodelikste aanval in maande ruk Pakistan

2012-01-10 20:59

Vyf-en-dertig mense is dood en meer as 60 is beseer in die dodelikste aanval in maande in die noordweste van Pakistan.

22 dood tydens ontploffings in Bagdad

2012-01-05 17:08

‘n Vlaag ontploffings het twee Sjiïet-streke in Bagdad getref, waartydens 22 mense dood en 60 mense beseer is, het beamptes gesê.

Vyf dood toe bom Keniaanse dorpie ruk

2012-01-01 15:51

Vyf mense is dood in 'n bomaanvaal en skietery op Oujaarsaand in die oostelike Keniaanse dorpie Garissa naby die grens met Somalië.

Turkye veroordeel Damaskus-bomaanvalle

2011-12-25 09:30

Turkye het twee dodelike bomaanvalle in op Siriese sekerheidsmagte ten sterkste veroordeel en sê dié aanvalle word as "terrorisme" beskou.

Bagdad: 40 dood in reeks-bomaanvalle

2011-12-22 12:55

'n Reeks bomaanvalle in die Irakese hoofstad Bagdad het 57 mense gedood, het 'n woordvoerder vir die gesondheidsdepartement gesê.

Nigerië: Tien dood na bomontploffing

2011-12-14 11:30

Minstens tien mense is dood en 30 beseer na ‘n bomontploffing in Maiduguri in die noordooste van Nigerië, het ‘n hospitaalbeampte gesê.

Ses dood tydens aanval in Nigerië

2011-12-05 18:57

Ses mense, insluitende ‘n polisiebeampte en ‘n soldaat, is dood nadat polisiekantore en ‘n bank in die noordooste van Nigerië opgeblaas is.

Nóg bloedvergieting toe bomme Sentraal-Irak ruk

2011-11-26 14:05

Minstens 15 mense is dood en talle ander is beseer in 'n rits bomaanvalle in Sentraal-Irak, het veiligheidsbeamptes en 'n dokter gesê.

Bom ontplof buite meisieskool

2011-11-22 16:38

‘n Polisiebeambte is dood en agt ander mense beseer in ‘n bomaanval by ‘n meisieskool in die stad Mardan in die noordweste van Pakistan.

Kenia: Bom vernietig polisievoertuig

2011-11-16 15:02

‘n Polisievoertuig wat ‘n Verenigde Nasies-konvooi in Kenia se Dadaab-vlugtelingskamp naby die grens met Somalië vergesel het, het ontplof.

Verdagtes vas vir Nigeriese bomaanvalle

2011-11-09 14:19

Die Nigeriese polisie het gesê hulle het lede van ‘n Moslem-sekte in hegtenis geneem in verband met aanvalle wat 65 mense dood gelaat het.

Dodetal in Nigeriese aanvalle meer as 100

2011-11-07 11:05

‘n Beampte van die Nigeriese Rooikruis het gesê die dodetal van aanvalle deur ‘n ekstremistiese sekte in Nigerië staan op meer as 100.

Ses sterf in twee bomaanvalle in Irak

2011-11-03 16:48

Ses sekuriteitswagte wat in ‘n tou buite ‘n militêre basis in Irak gestaan het, is dood toe twee bomme kort na mekaar ontplof het.

Bom ruk koerant se kantore

2011-11-01 09:01

‘n Chileense koerant het gesê ‘n bom in 'n geldbussie het buite sy kantoorgebou in die hoofstad Santiago ontplof.

Kenia arresteer 2 vermeende Shabaab-lede

2011-10-28 14:40

Twee Keniaanse mans is daarvan beskuldig dat hulle deel is van die al-Shabaab-rebellegroep teen wie Kenia ‘n militêre sending begin het.

Sewe beseer in bomaanval in Pakistan

2011-10-27 10:08

Sewe mense is beseer toe ‘n bom Donderdag buite ‘n kruidenierswinkel in ‘n besige mark in Pesjawar, Pakistan, ontplof het.

Joernaliste wéér in Somalië geteiken

2011-10-20 15:54

Joernaliste is die vyfde keer in drie maande in die noorde van Somalië geteiken toe ‘n handgranaat by 'n radiostasie se gebou ontplof het.

Boko Haram val militêre patrollie aan

2011-10-10 13:14

‘n Bom wat vermoedelik deur die gewelddadige Boko Haram-sekte geplant is, het naby ‘n militêre voertuig in Nigerië ontplof.

Nigerië: Vier dood na aanval op polisiestasie

2011-09-13 11:06

Vier polisiebeamptes is dood nadat gewapende mans ‘n polisiestasie in die noorde van Nigerië aangeval het en gevangenes vrygelaat het.

Drie mans ondervra oor Delhi-bom

2011-09-08 15:34

Polisiebeamptes het drie mans in aanhouding geplaas in verband met die bomaanval buite die hooggeregshof in Nieu-Delhi.

Man tronk toe wat sinagoges in NY wou bom

2011-09-08 09:06

‘n Man is 25 jaar tronkstraf opgelê nadat hy saamgesweer het om bomaanvalle op sinagoges in New York se Bronx-gebied uit te voer.

Ethiopië: 29 vas vir beplande bomaanvalle

2011-09-06 14:54

Altesaam 29 mense, insluitend nege lede van die opposisieparty, is in Ethiopië in hegtenis geneem omdat hulle glo bomaanvalle beplan het.

Soedannese weermag teiken burgerlikes, sê menseregtegroepe

2011-08-30 14:03

Die Soedannese weermag het glo dodelike lugaanvalle op burgerlikes in dié land se Nuba-gebergtes uitgevoer.

Selfmoordbomme dood 4 in Afghanistan

2011-08-27 16:57

Minstens vier mense is dood en talle beseer toe twee motorbomme in buurprovinsies in Afghanistan ontplof het, het amptenare gesê.

Bomaanval in Kiev gefnuik

2011-08-22 20:58

Oekraïniese veiligheidsdienste het drie mense in hegtenis geneem wat ‘n bomaanval tydens onafhanklikheidsvieringe in Kiev beplan het.

Bali-bomaanvaller aan Indonesië uitgelewer

2011-08-11 16:26

Die beweerde meesterbrein agter die bomaanvalle in Bali in 2002 is uit Pakistan aan Indonesië uitgelewer om op onder meer dié aanklag tereg te staan.

Bom ontplof by kerk, beseer 20

2011-08-02 23:06

‘n Motorbom het buite ‘n katolieke kerk in Kirkuk, Irak ontplof en ten minste 20 mense beseer, het amptenare in die land gesê.

2 Algerynse soldate dood in bomontploffing

2011-08-02 08:19

Twee Algerynse soldate is dood en agt ander is beseer tydens ‘n bomaanval op hulle konvooi sowat 370 km buite Algiers.

Terreuraanvalle in Indië wyd veroordeel

2011-07-15 08:04

Die Indiese polisie het deur forensiese getuienis en opnames van sekerheidskameras gesif vir leidrade oor die bomontploffings in Moembaai.

'Te vroeg vir bespiegelings oor Moembaai'

2011-07-14 09:06

Indië se minister van binnelandse sake sê dis te vroeg vir bespiegelings oor wie verantwoordelik is vir die reeks ontploffings in Moembaai.

Stormloop ná ontploffing in Nigeriese rooiligdistrik

2011-07-12 12:00

‘n Ploftoestel het in ‘n distrik in die noorde van Nigerië ontplof wat bekend is vir sy bordele en kroeë.

Twee Nigeriese polisiebeamptes doodgeskiet

2011-07-06 14:21

Twee polisiebeamptes is deur aanvallers doodgeskiet en ‘n militêre patrollievoertuig is opgeblaas in Maiduguri in Nigerië.

Elf familielede sterf in Afganistan-ontploffing

2011-07-02 14:46

Dertien mense, insluitende vroue en kinders, is dood toe ‘n bom langs ‘n pad in Afganistan ontplof het, het amptenare gesê.

Twee van SA ‘het Kaboel-aanval verwag’

2011-06-30 10:19

Suid-Afrikaners wat in die private veiligheidsbedryf in Afganistan werk was die aanval op die InterContinental-hotel in Kaboel te wagte.

Anargis verblind toe bom ontydig ontplof

2011-06-01 23:02

‘n Vermeende anargis in Chili is ernstig beseer toe ‘n bom wat hy in sy sak gehad het, buite ‘n bank in Santiago ontplof het.

Turkye: Ontploffing ruk winkelsentrum

2011-05-26 15:35

'n Ontploffing naby ‘n winkelsentrum in Istanboel het ‘n busstop geruk en die polisie sê minstens een mens is dood en verskeie ander is beseer.

 

Lockerbie se begrafnis in Tripoli gehou

2012-05-21 10:30

Die begrafnis van die Lockerbie-bomaanvaller Abdelbaset al-Megrahi sal in die Libiese hoofstad, Tripoli, gehou word, het die BBC berig.

Vyf dood in bomaanvalle by troeteldiermark

2012-05-18 20:00

Drie bomontploffings by ‘n troeteldiermark in die ooste van Bagdad wat byna gelyktydig plaasgevind het, het die lewens van vyf mense geëis.

Al-Kaïda-bomkomplot deur VSA afgeweer

2012-05-08 08:30

Die Verenigde State van Amerika het 'n terreur-komplot, om 'n vliegtuig op te blaas, afgeweer, het 'n beampte gesê.

Bali-bommaker 'spyt' oor aanval

2012-05-07 07:15

Die man wat verantwoordelik is vir die bomaanvalle wat Bali in 2002 geruk en die lewe van 202 mense geëis het, sê hy is spyt oor die voorval.

Ses dood in bomaanval in Afganistan

2012-05-02 07:20

Minstens ses mense is dood in 'n selfmoordbomaanval in die Afgaanse hoofstad, Kaboel, het die minister van binnelandse sake gesê.

Talle sterf in aanval op Nigeriese kerkdiens

2012-04-29 14:22

Omtrent 20 mense het gesterf toe gewapende mans by ‘n buitelug-kerkdiens by ‘n Nigeriese universiteit op gelowiges losgebrand het.

Dodelike dag in Irak eis minstens 30

2012-04-19 10:00

‘n Rits bomaanvalle in vier verskillende provinsies in Irak het die lewe van minstens 30 mense geëis, het sekuriteitsbeamptes gesê.

Woedende Afgane sny man se ore af

2012-04-12 16:01

Woedende inwoners in die suidelike Afgaanse provinsie Helmand het die ore van ‘n man wat glo ‘n bom geplant het, afgekap.

Thailand: Motorbomme eis 14, meer as 500 beseer

2012-04-01 12:23

‘n Reeks motorbomme het die lewens van 14 mense geëis en meer as 500 beseer in dodelike aanvalle in die suide van Thailand.

Bomaanval ruk busstasie in Nairobi

2012-03-10 20:59

Minstens drie mense het gesterf en meer as 20 ander is beseer in ‘n bomaanval in ‘n busstasie in die Keniaanse hoofstad.

Mans erken skuld ná terreurkomplot in Londen

2012-02-01 20:55

Minstens vier mans het erken dat hulle ‘n bomaanval op die Londense effektebeurs wou uitvoer, het die Britse owerhede gesê.

Kano-aanvallers was selfmoordbomdraers

2012-01-24 10:00

Die Nigeriese polisie het bekendgemaak dat vyf van die aanvallers in Kano, in die noorde van die land selfmoordbomdraers van Boko Haram was.

Nigerië: Verdagte bomaanvaller ontsnap

2012-01-18 11:00

Die vermeende baasbrein agter 'n bomaanval wat 'n Katolieke kerk op Kersdag geruk het, het tydens 'n skietgeveg ontsnap.

VSA 'weet niks' van moord op Iranse beampte

2012-01-13 08:45

Die VSA het ontken dat hy betrokke was by die moord op Mostafa Ahmadi Roshan, ’n Iranse kernwetenskaplike, en sy bestuurder, in Teheran

20 dood in bomaanval in Pakistan

2012-01-10 12:16

Altesaam 20 mense is dood in een van die dodelikste ontploffings in Pakistan, het 'n regeringsamptenaar in die land gesê.

Nigerië: Boko Haram wil soldate teiken

2012-01-02 22:19

Boko Haram het gedreig dat dié groep soldate in Nigerië sal aanval nadat pres. Goodluck Jonathan ‘n noodtoestand aangekondig het.

Zuma veroordeel aanvalle in Nigerië

2011-12-27 12:35

Pres. Jacob Zuma het 'n onlangse rits bomaanvalle in Nigerië deur die Islamitiese ekstremistegroep Boko Haram skerp veroordeel.

Bomaanvalle in Sirië veroordeel

2011-12-24 17:31

Die Veiligheidsraad van die VN het die selfmoordbomaanvalle veroordeel wat meer as 40 lewens in die Siriese hoofstad, Damaskus, geëis het.

Vier beseer in twee bomaanvalle in Kenia

2011-12-16 16:24

Vier mense is beseer tydens twee bomaanvalle in die noorde van Kenia wat op 'n rebellegroep van Somalië blameer word, het 'n beampte gesê.

Drie bomme, een dood, 11 beseer – Nigerië

2011-12-12 13:39

Een persoon is dood en elf beseer tydens drie bomaanvalle in Nigerië wat op ‘n radikale sekte blameer word, het ‘n polisiewoordvoerder gesê.

Rits aanvalle eis nóg lewens in Irak

2011-12-03 23:05

'n Rits aanvalle in Irak het die lewens van vyf mense geëis, insluitend dié van 'n brigadier-generaal in die weermag.

'Orals bloed' ná bom in Mogadisjoe

2011-11-23 10:12

Altesaam 10 mense is dood in ‘n bomontploffing langs ‘n besige straat in Mogadisjoe, die Somaliese hoofstad.

NY se bomverdagte twee jaar gemonitor

2011-11-21 12:15

New York se polisiedepartement sê beamptes het omtrent twee jaar gelede bewus geraak van Jose Pimentel se aktiwiteite.

Nigeriese stad weer teiken van bomaanvalle

2011-11-15 09:22

Drie bomme het in ‘n stad in die noord-ooste van Nigerië ontplof in ‘n vlaag van geweld deur ‘n radikale Moslem-sekte, het owerhede gesê.

Bom langs pad dood 10

2011-11-08 12:07

Tien mense is dood toe ‘n bom langs 'n pad naby 'n polisievoertuig in die noordweste van Afganistan afgegaan het.

Slagoffers begrawe ná Moslem-sekte 69 in Nigerië eis

2011-11-07 09:07

Inwoners van noordoostelike Nigerië het hul lewe gewaag om geliefdes te begrawe nadat bomontploffings minstens 69 mense se lewe geëis het.

Nigerië: Huis tot huis om wapens in te samel

2011-11-03 11:35

Nigeriese veiligheidsmagte het begin om huise in Borno te deursoek vir wapens nadat ‘n wapenamnestie vir militante Islamiete verstryk het.

Talle dood ná ontploffings in suide van Somalië

2011-10-31 16:44

Talle burgerlikes is dood in ‘n lugaanval op ‘n voedselverspreidingssentrum in die suide van Somalië nadat ‘n sending deur Kenia begin is.

Vier dood in Kenia-aanval

2011-10-28 11:02

Vier Keniane is dood nadat die voertuig waarin hulle gery het naby die grens met Somalië deur 'n vuurpylaangedrewe granaat getref is.

Keniaanse man met handgranate, gewere betrap

2011-10-26 13:16

Die Keniaanse polisie het ‘n man met handgranate en gewere in sy besit in hegtenis geneem, ná twee bomontploffings die vorige dag in Nairobi.

Beskerm burgerlikes, vra rebelleleier

2011-10-10 15:20

‘n Soedannese rebelleleier het ‘n beroep op die regering gedoen om bomaavalle op sy burgers te stop en veilige sones vir burgerlikes te skep.

Somalië rou ná bomaanval

2011-10-05 17:03

Die Somaliese president het hospitale en oorlewendes van 'n bomaanval deur militante groepe waartydens meer as 70 mense dood is, besoek.

Dodetal ná Delhi-bom styg

2011-09-09 11:11

Die dodetal van die bomontploffing by die hooggeregshof in Nieu-Delhi het na 13 gestyg nadat ‘n man aan sy beserings beswyk het.

Twee mans vas oor beplande bom in Berlyn

2011-09-08 12:18

Polisiebeamptes in Berlyn, Duitsland, het twee mans in hegtenis geneem wat vermoedelik ‘n bomaanval beplan het.

Militante groep agter Delhi-bom

2011-09-07 15:28

‘n Prominente terreurgroep het verantwoordelikheid vir die dodelike bomontploffing by die hooggeregshof in Nieu-Delhi, Indië, aanvaar.

Nigerië: Sekerheidsmaatreëls verskerp ná bomaanval

2011-08-31 12:41

Pres. Goodluck Jonathan van Nigerië het beloof om sekerheidsmaatreëls op te skerp om verdere bomaanvalle in sy land te verhoed.

Selfmoordbomme dood 18 in Algerië

2011-08-27 19:58

Minstens 18 mense is dood en 26 beseer toe twee selfmoordbomaanvalle ‘n militêre akademie in Algerië geruk het, het amptenare gesê.

Boko Haram aanvaar verantwoordelikheid vir bomaanval in Abuja

2011-08-26 19:07

‘n Woordvoerder van ’n radikale Islamitiese sekte het verantwoordelikheid vir die bomaanval by die VN-kantore in Abuja, Nigerië, aanvaar.

Vrou van SA ontkom dood in Afganistan

2011-08-22 09:00

’n Suid-Afrikaanse onderwyseres wat op die oomblik in Afganistan werk, was onder diegene wat ’n bomaanval deur die Taliban oorleef het.

Navo-aanval dood glo Gaddafi se seun

2011-08-05 09:43

Libiese rebelle beweer dat Muammar Gaddafi se seun, Khamis, tydens ‘n Navo-aanval op ‘n beheerpunt in Zliten gedood is.

Noorweë herroep vegvliegtuie uit Libië

2011-08-02 22:04

Noorweë het sy laaste vier F-16 vegvliegtuie onttrek wat sedert Maart deel van Navo se sending oor Libië was, het die Noorse weermag gesê.

Motorbom eis Britse lewe in Jemen

2011-07-20 22:27

‘n Motorbom het die lewe van ‘n Britse burger, wat by ‘n verskepingsfirma gewerk het, in die hawestad Aden in Jemen geëis.

EU 'geskok' oor Moembaai-aanvalle

2011-07-14 12:18

Die Europese Unie (EU) se hoof van buitelandse sake is met afgryse vervul oor die dodelike bomaanvalle in Moembaai, Indië.

Bom tref Afgaanse goewerneur se konvooi

2011-07-13 10:57

‘n Bom het die konvooi van ‘n Afgaanse goewerneur getref terwyl hy op pad was na die begrafnis van pres. Hamid Karzai se broer.

Gaddafi nie deel van onderhandelinge met rebelle

2011-07-12 09:29

Muammar Gaddafi sal nie deelneem aan 'n voorgestelde vergadering tussen sy regime en die rebelle nie, sê die Libiese premier.

Bom ruk bussie, 13 dood

2011-07-02 19:49

'n Bom wat langs 'n pad in die suide van Afganistan ontplof het, het die lewe van 'n hele familie in 'n bussie geëis.

Bom langs pad dood 13 op bus

2011-07-01 13:14

'n Bomontploffing langs 'n pad het 13 mense – insluitend kinders – wat op ‘n passasiersbus in die weste van Afganistan gereis het, gedood.

Sewe gewond in bomaanval in Irak

2011-06-20 11:25

Vier Irakse wagte en drie verbygangers is gewond toe ‘n bom, wat 'n Franse ambassade-konvooi geteiken het, in Suid-Bagdad afgegaan het.

Bom eis 26 in Pakistan

2011-05-26 21:46

Ses-en-twintig mense is dood toe ‘n bombelaaide motor naby verskeie regeringsgeboue in Hanhu in die noordweste van Pakistan ontplof het.

Selfmoordbommer blaas Pakistan-polisiestasie op

2011-05-26 14:28

‘n Man in ‘n bombelaaide bakkie het in ‘n polisiestasie in Peshawar, Pakistan ingejaag en sewe polisielede gedood. Die Taliban aanvaar verantwoordelikheid.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY04
2007
R 195,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 172,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.