Die Mosambiekse regering het Suid-Afrikaanse boere genader om ook moontlik in die Zambezia-provinsie te boer, sê AgriSAmos.
Boere sal in die toekoms baie van hul boerderybedrywighede direk uit die kantoor met rekenaars kan bestuur.
Mynboubedrywighede op sy voorstoep het ’n voorste mielieboer van Mpumalanga van sy grond in dié provinsie verdryf.
Die Europese Parlement het die plaasmoorde in SA veroordeel. Drie regse lede van die parlement het die voortou vir die verklaring geneem.
Twee voornemende kabeldiewe het naby Marble Hall in Limpopo verdrink nadat ‘n boer hulle geskiet het, het die polisie gesê.
Boere wat arbeidswetgewing verontagsaam, kan binnekort strafregtelike vervolg word as die regerende party sy sin kry.
Die splinternuwe grensheining wat Vrystaatse boere aan die grens met Lesotho oprig, word feitlik oornag deur stropers vernietig.
'n Boer van Limpopo wat van moord verdink word het in die landdroshof verskyn op aanklag daarvan dat hy twee van sy werkers aangerand het.
Verskeie organisasies gaan by die Verenigde Nasies se konferensie oor klimaatsverandering vir die landbou en boere se belange veg.
Whiskey Kgabo het die afgelope week ’n skamele aanbod van R765 000 vir sy mangoplaas van 65 ha in die Trichardsdal-omgewing ontvang.
Die regering moet kan nie boer nie en moet dit vir die kenners los, het Tina Joemat-Pettersson, die minister van landbou, gesê.
’n Moratorium op alle plaasbesettings in Zimbabwe en die vervolging van boere word dringend deur die Commercial Farmers’ Union aangevra.
Suid-Afrika het tans sowat 40 000 kommersiële boere wat 95% van die land se voedsel vervaardig, het Ebrahim Patel gesê.
‘n Boer is deur drie mans beroof van onder meer 'n skootrekenaar op sy Clairmont-plaas in Nelspruit, het die polisie in Mpumalanga gesê.
Boere in Brittanje wend hulle na sosiale media om hul besighede te bemark en winste op te stoot, het ‘n onlangse opname bevind.
Melkboere het nog nie veel hoop op ’n verhoging in die melkprys nie, selfs ná ’n vergadering tussen die Overberg Suiwel-Aksiegroep en Parmalat
Te min ondersteuning aan boere van regeringskant af is een van die redes dat talle eens produktiewe kommersiële plase nou bar lê.
Terwyl ’n boer van Zimbabwe in die polisieselle in dié land aangehou is, moes sy gesin ná ’n skietery met plaasbesetters vlug.
Drie mans het in die Tzaneen landroshof verskyn in verband met die moord van ‘n boer in Letsitele, het die Limpopo polisie gesê.
Sowat 50% van die vis wat deur mense verbruik word, sal teen die einde van volgende jaar van akwakultuur-plase afkomstig wees.
Vrystaatse boere is in Suid-Afrika om te bly en om ‘n positiewe bydrae tot die land te maak, het die Vrystaat Landbou-vereniging gesê.
Twee boereverenigings van Limpopo en die Noord-Kaap het onlangs radiotoerusting ontvang om veiligheid in dié provinsies op te skerp.
Agri SA sê geen wit kommersiële boer sal vloedhulp ontvang nie, volgens Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye.
Afrika se sukses in die groen ekonomie is gesetel in sy kleinboere, sê Jerry Steiner, uitvoerende ondervoorsitter van Monsanto in Amerika.
Kenners voorspel al hoe meer wynplase, veral by Stellenbosch en die Paarl, gaan in die mark beland weens die geweldige styging in produksiekoste.
Die behoefte om boerderye na die Kongo uit te brei is só groot dat nóg grond vir SA boere daar geïdentifiseer word, aldus Agri Kongo.
Weens die groot aantal boere wat Suid-Afrika verlaat, word die land nou genoop om kos wat in die verlede hier vervaardig is, in te voer.
Die regering hê die land se wit en swart boere moet planne maak om hom te help om nuwe werkgeleenthede te skep, het Ebrahim Patel gesê.
Talle bejaarde SA-boere in Zimbabwe het so verarm dat die Suid-Afrikaanse ouderdomspensioen van R1 080 dié mense baie sal help, meen AfriForum.
Tensy die rand weer versterk gaan kos baie duur word, het die uitvoerende hoof van die Meulenaarskamer en aangewese uitvoerende hoof van Graan SA gesê.
Boere verlaat nie die land nie, hulle vlúg. So het Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, gesê.
’n Munisipale verkeersbeampte van KwaMahlanga, Mpumalanga, is gearresteer nadat hy glo boere se vee gesteel het.
Günther Kotze, die “Boere- Viking”, het skuld beken op aanklag van opsetlike saakbeskadiging nadat hy ’n gedenknaald afgebreek het.
Suid-Afrikaanse boere is welkom om 'n nuwe toekoms in Mosambiek na te jaag, het owerhede in dié land gesê.
Suid-Afrika kan eersdaags 'n ooreenkoms met die Republiek van die Kongo bereik om Suid-Afrikaanse boere in die land te vestig.
Sukkelende opkomende boere wat plase en landbouprojekte as deel van die grondherstelbeleid gekry het, gaan nou geldelik uitgehelp word.
Die Oskar-bekroonde Charlize Theron gaan blykbaar uit met Eric Thal, 'n boer/akteur wat ‘n plaas in New York-staat besit.
’n Boer van Witbank laat elke tweede dag sowat 3000 liter melk op die grond uitloop omdat hy dit nie verkoop kan kry nie.
Nes die minister van arbeid, “siek en sat is vir konferensies,”, is hy “siek en sat vir vae beskuldigings en veralgemenings teenoor boere”.
Dit was eers toe hy noodgedwonge sy 15 voerkalwers van die hand moes sit dat ’n deurwinterde boer van Koppies “behoorlik” gehuil het.
Die groenskrif vir die nuwe beleid oor grondeienaarskap stel voor dat boere wat “te veel” grond het, dit met swart Suid-Afrikaners deel.
Hernude spanning dreig tussen die regering en kommersiële boere nadat Agri SA uit die nasionale beraad vir kwesbare werkers geloop het.
Een Suid-Afrikaanse boer “onderhou” sowat 24 gesinne, of 118 mense, en dus is die landbousektor uiters waardevol, sê die TLU SA Noord.
Die elf ander respondente in die boer van Rustenburg se saak teen die ANC Jeugliga-leier, Julius Malema, is bekendgemaak.
Verskeie landbouers deel hul mening met Landbou.com oor opmerkings dat boere vir hul eie veiligheid verantwoordelik is.
’n Vrystaatse boer het die dood rakelings vrygespring toe ’n aankomende trein by ’n spooroorgang teen sy bakkie gebots het.
Die ANC het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle die kwessie rondom Dinsdagaand se vergadering opgeklaar het.
Niemand weet hoeveel landbougrond in SA oorgedra is nie, maar prof. Johann Kirsten van die Universiteit van Pretoria meen dis dalk al 45%.
Die regering wil die hoeveelheid grond wat eienaars besit verander, nie die grondwet nie, sê die minister vir landelike ontwikkeling.
Plaasmoorde neem nou epidemiese afmetings aan, met boere wat hulself in ‘n lae intensiteit oorlog bevind, sê die VF+.
President Jacob Zuma het tot die regsgeding oor die Lesotho-grens toegetree om vir ’n skikking buite die hof te vra, het Vrystaat Landbou gesê.
Boere wat op die Hoëveld van Mpumalanga wil oorleef, sal moet leer om aan te pas by uitdagings soos besoedeling.
Suid-Afrika se eerste gekontroleerde numeriese windatlas is amptelik aan die publiek en media in Kaapstad bekendgestel.
Wie was die miljoenêr-kruieman Matthys Kellerman Hoffman en hoe het hy dit reggekry om ’n boedel van miljoene rande na te laat?
Twee Zimbabwiese boere gaan die Afrika-kommissie nader in hul stryd om pres. Robert Mugabe van Zimbabwe se menseregte-vergrype te stuit.
Die rektor van die Universiteit van die Noordwes se Potchefstroomkampus meen SA belê te min in landbounavorsing en -ontwikkeling.
’n Boer van KwaZulu-Natal moes vir langer as ’n uur sy kar met sy bene na veiligheid bestuur omdat rowers sy arms met pangas gebreek het.
'n Groep Suid-Afrikaanse boere is met ‘n trek plaasimplemente na die Republiek van die Kongo onderweg om kommersieel daar te gaan boer.
Die eienaar van die vulstasie by die Tom's Place-oord en boer buite Bloemfontein is in 'n vermoedelike plaasaanval doodgeskiet.
‘n Veertienjarige seun, wat na bewering deur ‘n boer naby Groblersdal geskiet is, is by Nel se Boerdery begrawe, het die SABC berig.
Suid-Afrikaanse boere moet waak teen “onverantwoordelike” landboubeleggings in sekere Afrika-lande, het Tina Joemat-Pettersson gesê.
Altesaam 13 000 ha weiveld is verlede week in ’n verwoestende veldbrand in die Edenburg-distrik afgebrand. ’n Verdere 303 ooie is dood.
Die regering gaan tydens besprekingsessies bepaal hoe groot ’n plaas moet wees vir ’n spesifieke soort boerdery om volhoubaar te wees.
Een kommersiële boer in SA voed tans sowat 1 100 mense in die land, het die adjunkminister van landbou, bosbou en visserye gesê.
Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming het twee en ’n half uur laat opgedaag vir ’n byeenkoms waar hy die hoofspreker was.
Cosatu se erkenning dat 'n ANC-taakspan 'n nasionaliseringsplan bestudeer het, bewys dat hulle blatant lieg, het die TLU-SA gesê.
’n Ramp dreig in die Oos-Kaapse landboubedryf nadat honderde skape vandeesweek verkluim het in die bibberweer wat die streek getref het.
'n Studie wat deur die Landbank gedoen is, toon dat opkomende boere hoofsaaklik faal weens gebrekkige landboubeleid.
Vrystaat Landbou het onder striemende aanvalle van ANC-lede deurgeloop op ’n vergadering van die wetgewer se portefeuljekomitee oor landbou.
Boere in die Wes-Vrystaat word op hul knieë gedwing weens die swak toestand van die R59-pad tussen Dealesville en Hertzogville.
Die regering het aksie geneem teen Suid-Afrika se roofdierprobleem en R140 miljoen bewillig vir ’n ondersoek na en bestryding van roofdiere.
'n Woordvoerder van die landbouministerie sê die ministerie sal slegs bystand gee aan boere en plaaswerkers wat daarvoor kwalifiseer.
Boere is glo die grootste kragdiewe in die land en verantwoordelik vir meer as die helfte van die elektrisiteit wat by Eskom gesteel word.
Grondhervorming is nie suksesvol as nuwe plaaseienaars hul grond verlaat om weer in townships gaan bly nie, sê Gugile Nkwinti.
Sowat 800 boere maak planne om hul bedrywighede na die Kongo (Brazzaville) en Mosambiek uit te brei, sê Agri SA.
Die appèlhof het beslis dat die Suid-Afrikaanse regering nie verantwoordelik gehou kan word vir 'n boer se verlies in Zimbabwe nie.
Die konsepwet op verblyfreg gaan tot konflik tussen eienaars en plaasbewoners op plase lei, het Vrystaat Landbou gesê.
Die skade wat die onlangse vloede aan boerderybedrywighede landwyd aangerig het, beloop sowat R2,8 miljard, sê Agri SA.
Vrystaat Landbou en boere is ontsteld oor die voorgestelde wysigings aan die wet oor verblyfregsekerheid van plaaswerkers en -bewoners.
'n Boer van die Vrystaat wat glo 'n man geskiet het tydens 'n argument oor vee wat onwettig op sy plaas wei, sal aangekla word van moord.
‘n Aantal Suid-Afrikaanse boere oorweeg dit glo sterk om hul tasse te pak en om in Georgië te gaan boer, het die landbou-unie TLU gesê.
Die meeste van die 85 trekkers wat Jacob Zuma in Junie aan opkomende boere in Mpumalanga geskenk het, staan ongebruik in wind en weer.
Boere is woedend omdat minerale regte op hul plase gegee is aan Chancellor House Mineral Resources sonder dat hulle glo gekonsulteer is.
Frans Marx, ’n boer naby Wolmaransstad, is onskuldig bevind op aanklagte van onder meer poging tot moord, 13 jaar ná die voorval.
Boere in Namakwaland het President Jacob Zuma gevra om te help met die gebrek aan hulpbronne vir droogteverligting in dié gebied.
Pres. Bingu wa Mutharika van Malawi sê Afrika behoort te veg vir subsidies vir sy arm boere sodat hy voedselsekuriteit op die vasteland kan bewerkstellig.
Tom Engelbrecht, die melkboer wat elke dag 3000 liter melk in die grond stort, is oorval met oproepe van mense en maatskappye wat hom wil help.
'n Man het in die landdroshof op Groblersdal verskyn nadat hy na bewering ‘n plaaswerker doodgemaak het omdat dié harde musiek gespeel het.
Die Tshwane-metroraad sê hy weet nie daarvan dat rioolwater by die Rooiwal-rioolwerke, noord van Pretoria, in die Apiesrivier vloei nie.
’n Plaag van nagmuise, veldmuise en springhaasrotte is besig om boere se winste in die Bethlehem-, Reitz-, Tweeling- en Frankfort-distrik op te vreet.
’n Pa van vier dogters en suksesvolle boer in die Kestell-distrik het na bewering eers sy vrou en toe homself doodgeskiet.
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het bepaal dat twee wit, Zimbabwiese boere mag voortgaan met hul boerdery in dié land.
’n Boer van Parys het as ’n vry man uit die distrikshof gestap toe ’n aanklag van poging tot moord teen hom teruggetrek is.
Die aanrandingsaak teen Johannes van Rensburg, ‘n boer van Noordwes, is in die landdroshof in Lichtenburg uitgestel.
AgriSA het erken kommersiële boere se betrokkenheid by die polisie se landelike beveiligingsplan skiet ver te kort.
Patrick Chauke, ANC-LP, meen na bewering dat boere plaaswerkers mishandel en onwettige immigrante “gevange hou”.
Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het boere gewaarsku om “saam te werk” om ’n krisis “erger as (in) Zimbabwe” te verhoed.
SA kan ‘n tweede Zimbabwe word, met omstrede uitsprake en 'n regering wat homself nie daarteen uitspreek nie, sê Zimbabwe se boerevereniging, CFU.
“Ons het hom reguit in die oë gekyk en direk gevra: ‘Is die nasionalisering van landbougrond te wagte?’ en hy’t ‘nee’ geantwoord.”
‘n Afvaardiging van die Angolese departement van landbou het Suid-Afrika besoek om boere te nooi om in dié land te belê.