'n Raadslid se huis is tydens 'n betoging oor dienslewering in Ekangala naby Bronkhorstspruit beskadig, het die polisie gesê.
‘n Kollege aan die KwaZulu-Natalse suidkus is gesluit nadat ‘n brand ‘n gebou verwoes het ná betogings deur studente.
Talle strate rondom die Johannesburgse hooggeregshof sal gesluit wees sodat ANC-lede kan betoog, het die stad se metro-polisie gesê.
Die polisie het steeds die situasie by Phoenix, noord van Durban, dopgehou waar sowat 50 betogers amok gemaak het.
'n Soldaat is dood nadat 'n bom in die noordelike Siriese provinsie Aleppo ontplof het, het die Siriese Waarnemers vir Menseregte gesê.
Die provinsiale polisie in Mpumalanga monitor ‘n gewelddadige betoging in Selobelo naby Carolina, het ‘n woordvoerder gesê.
Vyf-en-twintig mense is in hegtenis geneem toe ‘n betoging gewelddadig geraak het in die Selobelo-township naby Carolina.
Betogende lede van die Kommunikasiewerkersvakbond het 'n Poskantoor-bussie in sentraal-Johannesburg met klippe bestook.
Helen Zille, DA-leier, het in 'n televisie-onderhoud teen Cosatu uitgevaar oor gewelddadige botsings tussen groepe betogers in Johannesburg.
'n Vrou is beseer nadat ‘n lid van Cosatu tydens 'n optog in Johannesburg 'n klip na DA-lede gegooi het, berig eNews.
Die DA beplan om ‘n betoging na Cosatu-huis in Johannesburg te lei, alhoewel die metropolisie gesê het dit sal nie toegelaat word nie.
Die sewe mense wat in hegtenis geneem is tydens betogings by die Sir Lowry's-pas Village in die Wes-Kaap het in die hof verskyn.
Sewe mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ‘n satelliet-polisiekantoor in Sir Lowry’s Pass Village aan die brand gesteek het.
Nege betogers het in die Bushbuckridge-landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld en brandstigting, het die polisie gesê.
Die Sir Lowry’s-pas buite Somerset-Wes in die Wes-Kaap is toegemaak aangesien sowat 200 betogers die pad versper, het die polisie gesê.
Die polisie monitor Metsimaholo by Oranjeville in die Vrystaat ná botsings tussen twee ANC-groepe, het die polisie gesê.
Betogings het buite die Musina-landdroshof plaasgevind nadat nege mense in hegtenis geneem is ná betogings teen swak dienslewering.
Inwoners van Delft in die Moederstad het ‘n pad met brandende buitebande versper, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
Altesaam 53 mense sal in die Reddersburg-landdroshof verskyn ná 'n gewelddadige betoging deur inwoners van die Matoporong-township.
Nigerië se oudste universiteit is Dinsdag gesluit nadat studente vir 'n tweede agtereenvolgende dag oor swak infrastruktuur betoog het.
'n Span joernaliste van Brittanje se Channel 4 News wat die Grand Prix in Bahrein moes dek, is in dié land in hegtenis geneem.
Die polisie in Noordwes het 31 mense in hegtenis geneem nadat ‘n betoging gewelddadig geraak het in die Sunrise Park-informele nedersetting.
‘n Gemeenskapleier in Grabouw dreig met betogings as die Wes-Kaapse onderwysdepartement mobiele klaskamers op ‘n betwiste terrein gaan oprig.
Die beplande betoging deur die Vryheidsfront Plus oor die e-tolstelsel is onwettig verklaar omdat hulle nie toestemming gevra het nie.
Twee mense is tydens ‘n diensleweringsbetoging in Loraine in Ga-Sekororo naby Tzaneen, Limpopo, geskiet, het die SABC berig.
'n Petrolbom is tydens 'n diensleweringsbetoging op Loraine buite Tzaneen in Limpopo na 'n senior lid van die plaaslike ANC-tak gegooi.
Nege mense is in die Thaala-informele nedersetting, sowat 85 km van Groblersdal in Limpopo, in hegtenis geneem, het die polisie gesê.
Sewentig mense is in Sharpeville in die suide van Gauteng in hegtenis geneem tydens betogings, het die polisie in Gauteng gesê.
‘n Akteur wat in die Harry Potter-films gespeel het, is tot twee jaar tronkstraf gevonnis vir sy rol in die gewelddadige betogings verlede jaar in Londen.
Elf mense wat van openbare geweld aangekla word, is Dinsdag in die Grabouw-landdroshof op waarskuwing vrygelaat, het die polisie gesê.
Honderde inwoners van Ratanda in Heidelberg het ná 'n nag van plundery in strate saamgedrom om te betoog oor 'n gebrek aan dienslewering.
Ontstoke inwoners van die informele nedersetting Ratanda naby Heidelberg het winkels wat aan buitelanders behoort geplunder.
Vyf mense is in hegtenis geneem nadat twee huise en ‘n munisipale kantoor aan die brand gesteek is tydens ‘n betoging naby Heidelberg.
Klipgooiende betogers van 'n informele nedersetting naby Grabouw het 'n buite-uitsendingvoertuig van die SABC beskadig.
‘n Groot groep betogers het die N2 inkomend tussen Somerset-Wes en Kaapstad met brandende bande besaai en klippe na motors gegooi.
‘n Betoging deur inwoners van Villiersdorp was ‘n poging om die distriksmunisipaliteit te destabiliseer, het die burgemeester gesê.
Woensdag se landwye optogte teen arbeidsmakelaars en die Gautengse e-tolstelsel was ‘n “dawerende sukses”, het Cosatu gesê.
Altesaam 12 mense, onder wie kinders, is volgens berigte beseer toe die polisie met rubberkoeëls op 'n groep betogers geskiet het.
‘n Twintigjarige student het hom doodgeval by die Walter Sisulu Universiteit in Mthatha nadat geweld op die kampus uitgebreek het.
Vier mense is in die suide van Tanzanië dood in gevegte tussen die polisie en duisende betogers wat woedend is oor ‘n vlaag van moorde.
Die polisie in die Noordwes sê inwoners van Bapong het tydens ‘n betoging ‘n vragmotor aan die brand gesteek. Niemand is beseer nie.
Bahrein het ses Amerikaners gedeporteer en talle ander is in hegtenis geneem nadat hulle aan betogings deelgeneem het.
Die polisie in Mpumalanga het 51 mense wat in Masoyi, suid van Hazyview, oor dienslewering betoog het in hegtenis geneem.
Die Griekse volk en regering het hul wonde gelek ná die ergste openbare geweldpleging nadat 100 000 inwoners in verskeie stede amok gemaak het.
Griekeland het uiters ongewilde inkortingsmaatreëls goedgekeur om nasionale bankrotskap te midde van massa-betogings en onluste te keer.
Soldate en tenks word in Egipte ontplooi voor 'n staking wat beplan word vir die herdenking van die omverwerping van pres. Hosni Mubarak.
Meer as 'n honderd winkels, wat hoofsaaklik aan buitelanders behoort, is in Thabong in Welkom in die Noord-Vrystaat geplunder.
Drie mense is beseer en 10 is in hegtenis geneem tydens ‘n betoging oor dienslewering in Ngcobo, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Ses-en-dertig mense is in hegtenis geneem na 'n onwettige betoging deur 'n groep agterplaasbewoners in die Kaapse Skiereiland om huise te eis.
Onderhandelinge tussen unieleiers en pres. Goodluck Jonathan van Nigerië het vordering gemaak maar die staking is steeds nie verby nie.
Die situasie op Steynsrus in die Oos-Vrystaat is kalm maar gespanne nadat 18 betogers weens openbare geweld in hegtenis geneem is.
Duisende mynwerkers van Impala Platinum het betoog oor die inhegtenisneming van twee van hul kollegas, het die polisie in Noordwes gesê.
‘n Betoging in Rustenburg het gewelddadig geraak toe die polisie met klippe bestook is en geboue aan die brand gesteek is.
Betogende inwoners in die Noordwes het omkoopgeld van bestuurders gevra en motors met klippe bestook, het die polisie gesê.
Sewe-en-twintig mense het in die Makgobistad-periodieke hof verskyn ná ‘n betoging in Logagane buite Mahikeng, het die polisie gesê.
Twaalf mense is vir openbare geweld in hegtenis geneem ná ‘n betoging deur minibus-taxibestuurders, het die polisie gesê.
Die konflik tussen die DA en Cosatu tydens ‘n optog in Johannesburg was ‘n polities belangrike geleentheid, het Zwelinzima Vavi gesê.
Cosatu-lede se optrede buite dié vakverbond se hoofkantoor tydens 'n DA-optog is "nie akkuraat deur die media uitgebeeld nie".
Die polisie het ‘n menslike skild gevorm deur hande te vat voor Cosatu-ondersteuners om te verhoed dat hulle by DA-betogers uitkom.
Die Demokratiese Alliansie het ooreengekom om sy optog na Cosatu sowat 50 m van die vakverbond se gebou in Braamfontein te eindig.
Duisende pendelaars is gestrand gelaat toe taxi-operateurs in Johannesburg oor die e-tolstelsel en die petrolprys betoog het.
Betogings teen swak dienslewering in Noordwes het tot nege dorpe in die Ganyesa-streek versprei, het die provinsiale polisie gesê.
Altesaam 58 mense is in hegtenis geneem tydens die gewelddadige betogings oor paaie in dorpe in Noordwes, het die polisie gesê.
Die polisie het nog nie stappe teen betogers by die Sir Lowry’s-pas geneem nie, aansien die betogings glo vreedsaam is.
Vyftien mense is vir openbare geweld in hegtenis geneem in Lomanyaneng in Noordwes ná gewelddadige betogings, het die polisie gesê.
Die polisie het by monde van 'n woordvoerder gesê hulle monitor betogings teen swak dienslewering in Southey en Molopo in Noordwes.
Nege mense is Maandag in hegtenis geneem tydens ‘n betoging teen swak dienslewering in Lilydale in die Bushbuckridge-munisipaliteit.
Vyf mense het in die Vredefort-landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld ná betogings in dié dorp, het die polisie gesê.
Inwoners van die Matoporong-township naby Reddersburg het dié dorp se munisipale gebou aan die brand gesteek.
Die span joernaliste van Brittanje se Channel 4 News wat vroeër in Bahrein gearresteer is terwyl hulle die Grand Prix moes dek, is vrygelaat.
Agt polisiebeamptes sal in die streekhof op Ficksburg weens die moord op die gemeenskapslid Andries Tatane verskyn.
'n Groep inwoners van Heinz Park op die Kaapse Vlakte betoog buite die Athlone-landdroshof teen die moord op ‘n 17 maande oue meisie.
Duisende mense het voor die Poolse parlement aan betogings deelgeneem om protes aan te teken teen planne om die aftree-ouderdom te verhoog.
Die presidensie is besig om die rassekonflik in Grabouw oor die oorvol Umyezo Wama Apile-skool te probeer oplos, het die Cape Times berig.
Die verkeer in Malibongwe-rylaan tot en met Witkoppenweg is erg ontwrig nadat betogers paaie na en van Kya Sands versper het.
Altesaam 110 betogers is in gewelddadige betogings in Ratanda, Evaton en Sharpeville in hegtenis geneem, het die polisie in Gauteng gesê.
Die Wes-Kaapse dorp Grabouw was stil nadat gewelddadige betogings vroeër vandeesweek hier uitgebreek het, het die polisie gesê.
‘n Polisiebeampte moes na ‘n hospitaal geneem word tydens ‘n betoging in Hangberg, terwyl verskeie ander beamptes beserings opgedoen het.
Vyftien mense is beseer toe honderde Koerdiese betogers in minstens twee Turkse dorpe met sekuriteitsmagte gebots het.
Inwoners van Sharpeville in die suide van Gauteng het bande gebrand en betoog omdat die vieringe vir Menseregtedag in Kliptown plaasvind.
Altesaam 21 mense sal in die Grabouw-landdroshof verskyn ná 'n dag van chaos en geweldpleging in dié dorp.
Die polisie sal aanhou om Grabouw te monitor nadat diensleweringsbetogings wat verband hou met opvoeding vroeër die dag uitgebreek het.
Die gewelddadige protesoptrede naby Grabouw in die Wes-Kaap duur voort nadat betogers weer byeengekom het.
Die N2-snelweg naby Grabouw in die Wes-Kaap was gesluit nadat onrus in gemeenskappe in die gebied uitgebreek het, het die polisie gesê.
Stakende mynwerkers het paaie wat na die Modikwa Platinummyn naby Burgersfort lei versper, het die polisie in Limpopo gesê.
Inwoners van Villiersdorp het ‘n gemeenskapsaal afgebrand en openbare eiendom verwoes in ‘n betoging, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.
Die Russiese opposisie het onderneem om voort te gaan met betogings nadat die polisie honderde mense in hegtenis geneem het.
Altesaam 20 studente is by die Walter Sisulu-universiteit in Mthatha in hegtenis geneem, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Betogings oor die verbranding van Korans by 'n Amerikaanse weermagbasis in Afganistan het 'n vierde dag betree, het beamptes in die land gesê.
Terwyl oproerige skoolkinders en jong mense Petrusburg soos ’n slagveld laat lyk het, kon die polisie min doen om hulle te keer.
Bykomende polisie is in die Masoyi-gebied tussen Witrivier en Hazyview in Mpumalanga ontplooi weens betogings oor dienslewering.
Drie studente is in hegtenis geneem tydens ‘n betoging by die Universiteit van Durban-Westville, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Die polisie in Mpumalanga het motoriste gewaarsku om die pad van Masoyi na Hazyview te vermy nadat dit deur betogers versper is.
Een persoon het gesterf en tien is beseer tydens diensleweringsbetogings in Mahushu naby Hazyview in Mpumalanga.
Die Egiptiese polisie het 'n Australiese vryskutjoernalis en die vertaler wat saam met hom werk in die stad Mahalla in hegtenis geneem.
Betogers wat 'n vroeër presidensiële verkiesing eis sowel as 'n vroeër oorhandiging van mag deur die weermag, het die polisie met klippe bestook.
Die sekuriteitspolisie in Algerië het waterkanonne en traangas gebruik om inwoners wat in 'n woonbuurt betoog het uiteen te jaag.
Studente van die Universiteit van Swaziland beplan om 'n optog na die regeringskantore te hou nadat die begin van die semester uitgestel is.
‘n Man het gesterf en ‘n ander een is beseer in twee botsings tydens ‘n protesoptog in Bapong, in die Noordwes, het polisie gesê.
Nigerië is die vyfde grootste olie-uitvoerder na die VSA en as olieproduksie in die land gestaak word, kan dit die VSA drasties raak.