Die Wallabies se veelsydige James O'Connor het bevestig dat hy Australië se toetse teen Skotland en Wallis weens 'n besering sal misloop.
Die Blues is bekommerd oor Benson Stanley se gesondheid nadat die senter vir die soveelste keer vanjaar 'n ernstige stamp teen die kop gekry het.
Wynand Olivier, Dewald Potgieter en Dean Greyling is terug vir die Bulls se Super-rugbywedstryd teen die Highlanders in Dunedin.
Die Bulls se Deon Stegmann is op pad terug na Suid-Afrika nadat hy sy arm in die kragmeting teen die Waratahs in Sydney gebreek het.
Die Bulls se baljagter, Deon Stegmann, is gekies om in die Super-rugbywedstryd teen die Waratahs in Sydney uit te draf.
Die losskakel van die Brumbies, Christian Lealiifano, sal vir ses maande op die kantlyn wees ná 'n operasie aan sy regterenkel.
Die stut van die Bulls, Dean Greyling, sal die Super-rugbykragmeting met die Waratahs misloop nadat hy vroeër reeds na SA teruggekeer het.
Die Crusaders hou asem op dat die vleuel Sean Maitland 'n fiksheidstoets slaag sodat hy teen die Reds in Christchurch kan uitdraf.
Johan Goosen, die Cheetahs se losskakel, is buite aksie gestel nadat hy die naweek sy skouer teen die Highlanders beseer het.
Cameron Jacobs sal op vleuel uitdraf in die plek van die beseerde Rayno Benjamin, vir die Cheetahs se Super-rugbystryd teen die Highlanders.
Die Stormers se kaptein en flank, Schalk Burger, kan straks tot Julie buite aksie wees en dus die Springbokke se toetse teen Engeland misloop.
Die flank van die WP, Don Armand, en die senter, Berton Klaasen, gaan na Perth vlieg om by die beseringsgeteisterde Stormers aan te sluit.
Gio Aplon en Duane Vermeulen sal weens beserings nie in die Stormers se laaste toerwedstryd teen die Western Force in Perth speel nie.
Die All Black-losvoorspeler Victor Vito, maak 'n welkome terugkeer vir die Hurricanes se Super-rugbykragmeting met die Crusaders in Wellington.
Die Cheetahs se vleuel, Rayno Benjamin, sal straks die res van die Super-reeks misloop nadat hy sy skouer beseer het in die wedstryd teen die Chiefs.
Die Blues-kaptein, Keven Mealamu, se kuitbesering sal hom op die kantlyn hou vir sy sukkelende span se Super-wedstryd teen die Highlanders.
Die slot van die Stormers, Andries Bekker, sal weens 'n laerug-besering nie in die Super-rugbywedstryd teen die Reds in Brisbane speel nie.
Odwa Ndungane sal nie verder deel wees van die Sharks se oorsese Super-rugbyveldtog nie, nadat hy 'n besering opgedoen het tydens 'n spanoefening.
Die ervare Paul Delport kon nie 'n laat fiksheidstoets slaag nie en sal dus nie vir die Blitsbokke in die Japanse sewestoernooi in Tokio uitdraf nie.
Die Fransman Frederic Michalak speel die eerste keer hierdie seisoen losskakel vir die Sharks n in hul Super-wedstryd teen die Brumbies.
Wat veronderstel was om vanjaar die Lions se groot ommeswaai in Super-rugby te wees, is besig om onder ’n ongekende beseringsvloek te steier.
Die Highlanders se losskakel, Colin Slade, sal geen rugby verder in 2012 kan speel nie, nadat hy 'n operasie aan sy gebreekte been moes ondergaan.
Die Lions vermis sowat 10 sleutelspelers en daarom het John Mitchell agterna lof vir sy jongelinge gehad, ondanks die nederlaag teen die Stormers.
Die terugkeer van Pat Cilliers in die Lions se voorry sal ’n inspuiting vir die span voor die Super-rugbywedstryd teen die Stormers wees.
Die Sharks het met net 23 spelers na Australië vertrek. Die span se voorspeler-krisis het verder verdiep met die slot Steven Sykes.
Die Waratahs se vleuel, Drew Mitchell, sal die res van vanjaar se Super-rugbyseisoen misloop weens 'n langdurige enkelbesering.
Die All Black-ster Jerome Kaino se Super-rugbyseisoen is verby nadat hy aangesê is om 'n operasie aan sy linkerskouer te ondergaan.
Sowat drie maande langs die kantlyn lê vir die Lions se staatmaker-stut JC Janse van Rensburg voor nadat hy toonligamente geskeur het.
Die teleurstelling wat die Lions met die nederlaag teen die Hurricanes beleef het, is vererger met beserings wat tot ’n stutslagting gelei het.
Die boorvat waarvoor die Cheetahs-senter Andries Strauss teen die Lions geskors is, gaan die Gautengers van hul mees ervare speler ontneem.
Die Bulls-senter Johann Sadie, sal vir twee tot drie weke op die krukkelys wees nadat hy sy skouer in die Super-wedstryd teen die Sharks beseer het.
Frans Ludeke, Johann Sadie en Wynand Olivier sal almal by die Bulls-spandokter, Org Strauss, se kantoor rondstaan, elkeen met sy redes.
Die Cheetahs wou seker maak die jong losskakel Johan Goosen word deur ervaring omring in die Vrystaters se eerste Super-rugbywedstryd van 2012.
Die rugbyspan van die Oostelike Provinsie-Kings sal in sy aanslag op die Vodacombeker-reeks sonder hul losvoorspeler Luke Watson wees.
Die flank van die Bulls, Dewald Potgieter, het homself sodanig in 'n fratsongeluk beseer dat hy minstens ses weke nie sal kan rugby speel nie.
Die Belgiese tennisspeler Kim Clijsters moes haar weens 'n enkelbesering aan die Indian Wells-toernooi in Kalifornië onttrek.
Die All Black- en Crusaders-kaptein, Richie McCaw, kan straks eers oor sowat twee maande in die Super-rugbyreeks in aksie wees.
Die Stormers se haker, Deon Fourie, kan tot ses weke buite aksie wees nadat hy sy hand in die opwarmstryd teen die Kings in PE gebreek het.
Vaskopstutte, veral dié wat goed genoeg is om die uitmergelende Super-rugbyreeks te oorleef en selfs te oorheers, is so skaars soos hoendertande.
Die Bulls-flank en voormalige OP Kings-speler, Jacques Potgieter, sal vir ten minste 'n maand buite aksie wees weens 'n rugbesering.
Die Cheetahs het as voorsorgmaatreël sonder hul een Springbok-flank, Juan Smith, vir hul weeklange oefenkamp na Jeffreysbaai vertrek.
Andy Roddick het ná drie stelle van sy tweede ronde kragmeting met Lleyton Hewitt by die Australiese Ope, weens 'n besering onttrek.
Kommer oor die voorkoms en behandeling van harsingskudding was van die hoofbesprekingspunte op die IRR se mediese beraad in Londen.
Ant Stott sal nie Hank McGregor se K2-spanmaat in aanstaande jaar se Dusi wees nie. Stott het bekendgemaak dat hy steeds las van ’n hakskeenbesering het.
Toulouse se internasionale stut Gurthrö Steenkamp, wat sover nog net 40 minute vir sy nuwe klub gespeel het, het 'n heupbesering opgedoen.
Krieket Australië het bevestig dat Mitchell Johnson tot ses maande langs die grenstou kan sit nadat hy 'n operasie aan sy toon ondergaan het.
'n Terugslag het die Blitsbokke getref nadat een van hul sterspelers, Cecil Afrika, 'n besering tydens die span se wedstryd teen Japan opgedoen het.
Mediese personeel moes vinniger opgetree het toe ’n rugbyspeler van Mamre ’n rugmurgbesering in ’n vaste skrum opgedoen het.
Die All Black-kaptein Richie McCaw gaan 'n operasie aan sy beseerde voet ondergaan en sal dus die eerste rondes van die Super Rugby-reeks misloop.
Vroue is meer geneig om in motorongelukke beserings op te doen omdat veiligheidstoestelle hoofsaaklik vir mans se liggame ontwerp word.
Die beseerde losvoorspelers CJ Stander en Dewald Potgieter kan straks gekies word vir die Bulls se Super-stryd teen die Chiefs in Hamilton.
Saracens se agsteman Ernst Joubert gaan straks binnekort sy tasse vir Kaapstad pak om die Stormers se losvoorspeler-krisis te help verlig.
Allister Coetzee meen Sanzar moet 'n reël verander sodat afrigters hul sterkste moontlike spanne vir die Super-reeks se uitspeelrondes kan kies.
Die Sharks se afrigter, John Plumtree, kon vir die eerste keer vanjaar dieselfde 22-tal vir twee agtereenvolgende Super-wedstryde aankondig.
Die Stormers is steeds op soek na 'n ervare losvoorspeler nadat onderhandelinge met die baljagter Francois Louw onsuksesvol was.
'n Dubbele slag het die Bulls-kamp getref met die nuus dat twee van hul voorspelers op pad terug is huis toe, weens beserings.
‘n Elfjarige seun is per helikopter na ‘n hospitaal geneem ná ‘n rugbyvoorval by 'n skool in Vanderbijlpark, het paramedici gesê.
Die slot Flip van der Merwe is een van twee veranderinge vir die Bulls se Super-rugbykragmeting met die Rebels in Melbourne.
Die Bulls het die beseerde Deon Stegmann en Willie Wepener in hul toergroep vir die vier Super-rugbywedstryde in Australië en Nieu-Seeland verwelkom.
Beast Mtawarira en Ryan Kankowski sal na verwagting beskikbaar wees vir die Sharks se Super-rugbykragmeting met die Highlanders.
James O'Connor gaan waarskynlik die Wallabies se eerste toetse vanjaar misloop nadat hy in die hospitaal opgeneem is vir 'n skeurwond aan sy lewer.
Digby Ione is terug vir die Reds ná sy skorsing van vier weke, maar sal waarskynlik op senter eerder as sy gewone vleuel-posisie uitdraf.
Die Queensland Reds het bevestig dat die Wallaby-losskakel, Quade Cooper, se jongste besering nie sy tyd op die krukkelys sal verleng nie.
Die Blues se flank, Luke Braid, sal die kapteinsarmband teen die Highlanders dra nadat Keven Mealamu weens 'n kuitbesering moes onttrek.
Die Stormers-kamp het nóg 'n terugslag beleef met die nuus dat die kaptein, Jean de Villiers, ligamente in sy hand beseer het.
Dewald Potgieter sal straks die Bulls se Super-kragmeting met die Brumbies en die Pretorianers se oorsese toer misloop weens 'n dyspierbesering.
Die skrumskakel van die Hurricanes, TJ Perenara, het sy enkel in 'n basketbalwedstryd beseer en kan straks die Super-stryd teen die Crusaders misloop.
Die Lions soek na antwoorde op verskeie strikvrae wat flitsend in rooi ná hul tuisnederlaag teen die Crusaders begin flits het.
Die voormalige Bulls-plettervatter JP Nel kan ’n terugkeer tot Super-rugby maak as die Lions hom vra om hulle as senter uit ’n beseringskrisis te help.
Die Engelse losskakel Danny Cipiriani sal straks die Melbourne Rebels se volgende drie Super-rugbywedstryde weens 'n besering misloop.
Die Queensland Reds het Sam Lane, 'n oud-leerder van Bishops Kollege in Kaapstad, nadergetrek ná die span se vyfde losskakel beseer is.
Die losvoorspeler Jean Deysel sal in Australië by sy spanmaats aansluit vir die Sharks se Super-rugbywedstryd teen die Brumbies in Canberra.
Die Bulls het aangekondig dat die ervare baljagter Deon Stegmann, nie betyds sal herstel vir die Super-rugbykragmeting met die Reds in Pretoria nie.
Die voorspeler Steven Sykes, wat beseer is in die Sharks se Super-rugbystryd teen die Reds, sal wel by sy spanmaats in Sydney aansluit.
Nóg 'n naam is by die Blues se lang beseringslys gevoeg. Die vleuel David Raikuna moes hom weens 'n dyspierbesering aan die Nuweland-stryd onttrek.
Die Sharks se reeds uitgedunde slotgeledere is verder uitgedun. Ross Skeate sal waarskynlik nie in die Super-stryd teen die Reds kan speel nie.
Die span van die Lions het vier veranderinge gemaak aan hul beginspan vir die Super-rugbykragmeting teen die Sharks in Durban.
'n Hele paar Bulls-spelers is vol blou kolle met Flip van der Merwe se seer enkelligamente die langdurigste gevolg van die Slag van Bloemfontein.
Die Bulls se aanwins van die Stormers, Lionel Cronjé, sal weens 'n ernstige borsspierbesering nie in die res van die Super-reeks speel nie.
Die Sharks se beseringslys is besig om so lank te word soos die lys strafskoppe wat hulle per wedstryd afstaan met hul ongedissiplineerde spel.
Die kaptein van die Melbourne Rebels, Stirling Mortlock, sal nie vir sy nuwe Super-rugbyspan in hul openingswedstryd teen die Waratahs uitdraf nie.
Vir die tweede keer in twee jaar is die kaptein van die Stormers, Schalk Burger, uit aksie as gevolg van ‘n kniebesering.
Die afrigter van die Lions, John Mitchell, het sy sterkste beskikbare span gekies vir die Super-rugbystryd teen die Cheetahs in Johannesburg.
Die Sharks se stut-probleem neem nou krisis-afmetings aan nadat Julian Redelinghuys sy enkel teen die Southern Kings gebreek het.
Die Wallaby-heelagter Kurtley Beale sal die Melbourne Rebels se opwarmwedstryd teen die Crusaders weens 'n dyspierbesering misloop.
Allister Coetzee het ontspanne gelyk vir ’n breier wat straks sonder vier van sy top-spelers vir die eerste naweek van die Super-reeks gaan wees.
Die Waratahs se vleuel, Lachie Turner, sal die Super-rugbyreeks misloop nadat vasgestel is dat hy 'n operasie moet ondergaan vir 'n beseerde dyspier.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Die Pumas-skrumskakel Tian Meyer oefen nou ook saam met die Lions met twee van dié streekspan se skrumskakels wat mank langs die kantlyn sit.
Dit woel dalk ágter die skerms op Loftus, maar vir Frans Ludeke is die fokus op die veld steeds op die groot taak wat voorlê – Super-rugby.
Teëspoed het die Pumas voor die aanvang van die seisoen getref met die nuus dat die kaptein Corné Steenkamp glad nie vanjaar sal kan speel nie.
Die slot Paul O'Connell sal die beseerde senter Brian O'Driscoll as Ierland se kaptein vir die Sesnasies-reeks vervang.
Drie mense is dood en een se toestand is kritiek ná twee voertuie reg van voor teen mekaar gebots het op die N1.
Die Cheetahs se fiksheidsafrigter, Niel du Plessis, het onlangs by ’n Amerikaanse kondisioneringskenner kers opgesteek oor nuwe tegnieke.
Gebruikers van slimfone en tabletrekenaars begin hoë-tegnologie pyn te voel soos meer gebruikers met “SMS-nek” en “SMS-duimbesering” sukkel.
Een van die eerste take wat Mickey Arthur, Australië se nuwe afrigter, moet doen, is om ’n boulaanval bymekaar te skraap vir die toets teen Nieu-Seeland.
Die jong snelbouler Pat Cummins het onthul dat hy sy hak beseer het in die tweede toets teen SA toe hy die wenlopies vir Australië aangeteken het.
Die Springbok Wynand Olivier het ‘n operasie ondergaan wat hom tydens die Bulls se voorbereiding vir die nuwe seisoen op die kantlyn sal hou.
Die Franse klub Brive het die voormalige senter van die Haaie Riaan Swanepoel, genader om dié beseringsgeteisterde span uit help.
Nooddienswerkers het did moeilik gevind om te sien wie werklik bloei toe 16 akteurs wat zombies in 'n fliek speel op die stel seergekry het.