'n Bejaarde wewenaar is in Krugersdorp deur 'n bende rowers oorval en erg verniel voordat hulle met slegs sy horlosie en kleingeld gevlug het.
'n Hospitaalwerker is vir drie jaar tronk toe gestuur nadat sy bejaarde pasiënte wat aan demensie ly se toonnaels afgeskeur het.
Bejaardes se seksuele verhoudings het ‘n merkbare invloed op hul geluk in die lewe en die huwelik, het ‘n nuwe studie bevind.
‘n Sewentigjarige vrou het gesterf in ‘n kop-aan-kop-botsing in Hillcrest buite Durban, terwyl 'n man en sy twee kinders ongedeerd is.
Wetenskaplikes het in ‘n poging om ‘n kuur vir ‘n dodelike kindersiekte te vind, ‘n manier ontdek om die proses van veroudering te vertraag.
‘n Bejaarde paartjie wat hulself per ongeluk opneem terwyl hulle leer hoe om hul webkamera te gebruik, raak uiters gewild op YouTube.
‘n Sewentigjarige vrou is vermoor toe sy brandhout versamel het in die bosse naby Siyabuswa, het die polisie in Mpumalanga gesê.
‘n Vrou en haar man is in hegtenis geneem ná hulle die vrou se bejaarde pa vir vier dae in hul agtertuin vasgeketting het.
As jy gedink het die gebyt van naels oor duur paaiemente en agterstallige rekeninge gee jou plooie en grys hare, was jy ongelukkig reg.
‘n Vier-en-sewentigjarige Hongaarse man is aangeval en vermoor op sy kleinhoewe in Zuurbekom, Westonaria, het die polisie gesê.
‘n Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n 93-jarige vrou van die Paarl, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.
‘n Vyf-en-tagtig-jarige man in Duitsland het sy vrou ernstig beseer deur twee keer met hul motor oor haar te ry, het die polisie gesê.
’n 80-jarige vrou is tot twee jaar tronkstraf gevonnis nadat sy vir haar seun dwelms uit Nederland na Oostenryk gesmokkel het.
’n Bejaarde vrou in ’n rolstoel wat na Michigan gevlieg het om daar te sterf is op ’n lughawe gedwing om haar doek te verwyder.
Daar word dringend gesoek na donasies vir die oorlewendes van ‘n brand waarin 12 mense in die Struisbult-sorgsentrum in Springs dood is.
‘n Vrou van Switserland het vir sewe dae lank buite gelê nadat sy op pad na die kerk geval het en nie weer kon opstaan nie.
'n Tipe medisyne wat ir bloeddruk voorgeskryf word, voorkom moontlik die spierverlies en immobiliteit wat met ouderdom gepaard gaan.
‘n Taiwanese opname het bevind dat ouer vrouens wat gereeld groentee drink, minder geneig is om osteoporose te ontwikkel.
n Bejaarde man is dood en talle mense is beseer toe ‘n skare wat gratis mediese ondersoeke wou kry in Sierra Leone buite beheer geraak het.
Talle bejaarde SA-boere in Zimbabwe het so verarm dat die Suid-Afrikaanse ouderdomspensioen van R1 080 dié mense baie sal help, meen AfriForum.
Bejaardes met geheueverlies het ‘n groter kans om dementia te onwikkel, het ‘n onlangse verslag verklaar.
Sowat 75 bejaardes is sonder ‘n heenkome nadat die dak van ‘n ouetehuis ineengestort het, het paramedici gesê.
‘n Bejaarde paartjie is by hul huis deur hul bure, wat onraad vermoed het, in Kwazulu-Natal aangetref waar hulle doodgeskiet is.
‘n Bejaarde man is dood met verskeie steekwonde aan sy liggaam in sy huis in Port Alfred in die Oos-Kaap gevind.
Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n 84-jarige vrou in Durbanville verkrag en vermoor het, het die polisie gesê.
’n Inwoner van ’n tehuis vir bejaardes in Durbanville is verwurg in haar woonplek aangetref en mede-inwoners moes berading ontvang.
Tien bejaardes is dood en 17 is beseer nadat ‘n brand in ‘n ouetehuis in Suid-Korea uitgebreek het, het polisie gesê.
‘n 72-jarige vrou is ernstig beseer toe ‘n reuse-hek in Troyeville bo-op haar geval het, het paramedici in Johannesburg bekend gemaak.
‘n Amerikaanse burger wat na bewering die wêreld se oudste man is, het sy 114de verjaarsdag by ‘n ouetehuis in Great Falls, Montana, gevier.
'n Vuur wat nege lewens in 'n ouetehuis in Rusland geëis het, is waarskynlik begin deur 'n inwoner wat homself aan die brand gesteek het.
Nie-gelowige dokters sal glo makliker besluite maak wat ‘n terminaal siek pasiënt se lewe kan beëindig as dokters wat baie gelowig is.
’n Vrou wat 101 jaar oud is en by die wetgewer van Nebraska werk, is as Amerika se beste oudste werker vir 2010 aangewys.
Chrissie Harmzen (70) is dood nadat sy helder oordag buite haar huis net buite Burgersfort in Mpumalanga aangeval is.
Sommige slagoffers van die Pieter Wessels-tehuisbrand is steeds onbekend omdat familielede nog nie bevestig het of hul geliefdes veilig is nie.
Die dodetal van die brand by ‘n tehuis in Nigel het gestyg tot 22 nadat nóg vier bejaardes in die hospitaal oorlede is.
Veertien bejaardes is nog nie opgespoor nie, nadat 'n brand by 'n tehuis in Nigel uitgebreek het waartydens 18 mense dood is.
‘n 86-jarige vrou is in haar tuin in Kulogongotha, naby Willowvale verkrag, nadat die verdagte aan haar deur kom klop het.
Anna de Jager (92) van Bloemfontein het pas gehoor sy het haar doktorsgraad aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf.
‘n 72-jarige man van Port Elizabeth is dood nadat sy plakkershut aan die brand geslaan het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Toe 500 studente by Mills Kollege, Oakland, hulle diplomas ontvang, het een sonder twyfel uitgestaan: 'n 94-jarige ouma.
‘n 78-jarige vrou is deur ‘n onbekende man verkrag terwyl haar kleinseun in die kamer langsaan gesit en studeer het.
'n 18-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy glo 'n 74-jarige vrou, 'n vriend van hom se ouma, verkrag en aangerand het.
‘n 68-jarige man is op sy kleinhoewe in Mullerstuine naby Barrage gedurende ‘n gewapende rooftog vermoor.
‘n 76-jarige man se lyk is in 'n poel bloed in sy huis in Edenvale gevind waar hy doodgesteek is, het paramedici gesê.
’n 97-jarige man van Viëtnam het sowat R3 miljoen in ’‘n lotery gewen en familielede was glo gretig om elkeen ’n deel te kry.
’n 77-jarige vrou het wonderbaarlik oorleef nadat ’n rower haar aangerand en sy ses dae lank alleen vasgebind in haar huis gelê het.
“Mamma, gaan hulle my vanaand kom haal?” So wou ’n meisie (5) weet wat helder oordag byna ’n ontvoeringslagoffer was.
‘n Afgetrede onderwyser, wat vroeër die maand 100 jaar oud geword het, het die dag voor haar dood haar baccalaureus graad verwerf.
Die gemeenskap in die Vaalharts-distrik is verbyster ná die aanval op ’n bejaarde egpaar by hul plaashuis naby Magogong.
‘n Oppasser by ‘n tehuis vir bejaardes het op die vlug geslaan nadat sy een van die tehuis se inwoners aangeval het, het polisie gesê.
‘n Vyf-en-sewentig-jarige man en sy vrou is vermoor by hul huis in Masibekela in Tonga, het die polisie in Mpumalanga gesê.
Aanklaers oorweeg dit nog om 'n saak van aanranding teen 'n 62-jarige vrou wat haar man se penis probeer afknip het, aanhangig te maak.
Drie bejaarde mense is dood en agt ander het kritieke beserings opgedoen toe twee brande in ‘n tehuis uitgebreek het.
‘n Man in Frankryk het aan ‘n hartaanval gesterf toe hy nooddienste gebel het om hulle in kennis te stel dat sy buurman dieselfde lot gely het.
Oostenrykse polisiebeamptes het ‘n 89-jarige vrou se lyk in ‘n vrieskas gevind en sê haar neef erken hy het haar daar gesit.
‘n Oostenrykse pa word daarvan verdink dat hy sy dogters vir 40 jaar seksueel mishandel en feitlik nooit uit die huis laat gaan het nie.
Vandag se jeug sal waarskynlik dubbel die kans van hul ouers hê om tot die ouderdom van 100 te leef, het ‘n Britse staatsdepartement gesê.
Twee 17-jarige seuns is in hegtenis geneem vir die dubbele moord op ‘n bejaarde paartjie in Alice naby Fort Beaufort, het die polisie gesê.
Die lyk van ‘n 79-jarige vrou, wat onlangs as vermis aangemeld is, is in ‘n dennehout-plantasie gevind, het die polisie gesê.
‘n Man van Mpumalanga wat ‘n 95-jarige vrou gewurg en verkrag het, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis, het die polisie gesê.
Kinders mag dalk veiliger in die motor wees wanneer ouma of oupa in plaas van mamma of pappa bestuur, het navorsers tot hul eie skok bevind.
'n Bejaarde paartjie se seun moes 'n wrede toneel aanskou toe hy op hul lyke, wat vol steekwonde was, op hul plaas afgekom het.
‘n Bejaarde vrou het twee rowers se wegkom-motor met haar kierie geslaan en sodoende die polisie gehelp om die skuldiges uit te ken.
‘n Bejaarde vrou (95) met leukemie wat van Florida na Michigan gevlieg het, is deur sekuriteitsbeamptes gedwing om haar doek te verwyder.
’n Mens is nooit te oud om te leer nie. So het Andrew Kiewiets (91) gesê toe hy sy sertifikaat in rekenaargeletterdheid ontvang het.
Die moordenaar van ‘n pensionaris wat in 2007 in haar huis in Lyttleton verkrag en doodgeslaan is, het lewenslange tronkstraf gekry.
Claude Stanley Choules, die wêreld se laaste veteraan van die Eerste Wêreldoorlog, is in die ouderdom van 110 oorlede.
‘n Vrou in haar 70’s is in Umgenistraat, Durban, doodgery toe sy die pad voor aankomende verkeer probeer oorsteek het.
Japan se top-telekommaatskappy het 'n eenvoudige toestel ontwikkel om die welsyn van bejaardes te monitor.
Mickey Rooney is ‘n interdik teen sy stiefseun toegestaan wat stipuleer dat hy nie meer naby hom mag kom nie, het Huffington Post berig.
Die Duitse polisie was verstom om ‘n arsenaal, wat masjiengewere insluit, van 362 wapens by die huis van ‘n 83-jarige man te vind.
‘n 98-jarige man is daaraan skuldig bevind dat hy probeer het om sy vrou met ‘n geweer, ‘n bofbalkolf en ‘n mes dood te maak.
’n Egpaar van Parow is helder oordag deur twee mans, wat in volle polisie-uniform geklee was, in hul huis vasgebind en beroof.
Douglas Kamudzi (28) is in die streekhof in Somerset-Wes skuldig bevind van moord ná ’n aanval op ’n bejaarde egpaar van dié dorp.
Cornelia Kilian, 84, ’n inwoner van Huis Aristea in Durbanville wat vermoor is, was terminaal siek en het 'n loopraam gebruik.
Foute en onvermydelike komplikasies eis maandeliks die lewe van sowat 15 000 bejaardes in Amerikaanse hospitale, sê ondersoekbeamptes.
‘n Bejaarde paartjie is ernstig beseer toe inbrekers hulle in hul huis in Durban aangeval het, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
‘n 81-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy verdink word van die moord op sy 94-jarige kamermaat by ‘n ouetehuis in Orange County.
‘n 81-jarige man het gesterf in ‘n ontploffing wat hy met opset veroorsaak het in sy kamer op die derde vloer van ‘n ouetehuis.
‘n Bejaarde vrou is dood nadat sy in Kimberley deur ‘n goederetrein wat nie betyds kon stop nie omgery is, het ER24 gesê.
‘n Bejaarde man is dood en sy vrou is ernstig beseer nadat ‘n brand by hul huis uitgebreek het, het paramedici in Durban gesê.
Die brand in die Pieter Wessels-tehuis vir bejaardes in Dunotter het weer die kollig op bejaardesorg geplaas, iets wat al duurder raak.
’n Weeskind het drie mans wat haar ouma en oupa aangeval het, met ’n kombuismes toegetakel en ’n verkragter van haar tannie af probeer trek.
Die lyke van sewe van die slagoffers van die brand by die Pieter Wessels-tehuis in Nigel is uitgeken, het owerhede gesê.
'n Werker by die tehuis waar 18 mense dood is meen ‘n inwoner wat aan die slaap geraak het met ‘n sigaret het die brand veroorsaak.
Veertig persone het brandwonde opgedoen en verskeie is moontlik dood nadat ‘n brand uitgebreek het by ‘n huis vir bejaardes in Nigel.
‘n 83-jarige vrou is by haar huis in Fort Malan, naby Willowvale doodgevind. Die polisie vermoed dat sy verwurg is.
‘n Tagtigjarige man is op straat in Esinqumeni doodgesteek. Dis nie bekend wat aanleiding gegee het tot die moord nie.
‘n 90-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sowat R10 000 se dagga in haar huis gevind is, het die Ekurhuleni-metropolisie gesê.
'n 63-jarige vrou het 27 marathonne in 27 dae gehardloop vir 'n fondsinsameling en haarself skoon in die rekordboeke ingehardloop.
n Tuinier is in hegtenis geneem vir die moord op sy tagtigjarige werkgewer vroeër in die week, maar die motief is nog onbekend.
'n Bejaarde vrou is gedurende 'n middagslapie verkrag deur 'n 25-jarige man wat glo voor haar oë grootgeword het.
‘n Bejaarde vrou van Limpopo wat van toordery beskuldig word, se huis is in Magaung deur ander inwoners afgebrand.
‘n 83-jarige man, sy familie en ‘n plaaswerker is in die Welkom-omgewing deur agt mans wat gemaak het of hulle beeste koop aangeval.
Twee versorgers van ’n 84-jarige vrou wat aan Alzheimer se siekte ly is skuldig bevind dat hulle die bejaarde mishandel het.
Die ontdekking van twee lyke in Pretoria het die dodetal weens moorde op bejaardes in dié gebied die afgelope ses weke tot ses gelig.
‘n Bejaarde vrou (70) is glo deur haar 26-jarige neef verkrag in Butterworth in die Oos-Kaap, het die polisie Sondag gesê.
Bejaarde bestuurders moet van snelweë en tweerigting paaie verban word om ongelukke te vermy, het ‘n motorgroep in Engeland gesê.
‘n Bejaarde vrou is wreed in haar huis in Lyttelton aangeval en vermoor, voordat die misdadigers haar woning aan die brand gesteek het.
Brasilië se mees bekende argitek het sy 102de verjaardag soos meeste voriges spandeer: aan die werskaf aan sy projekte.