‘n Baba van slegs ‘n paar dae oud het in die Humansdorp-hospitaal aangesterk nadat die polisie haar uit ‘n put-toilet gered het.
Shilpa Shetty, wat bekendgeword het nadat rassistiese aanmerkings oor haar op Brittanje se Celebrity Big Brother gemaak is, is 'n seuntjie ryker.
Die aktrise en sangeres Jessica Simpson en haar verloofde, Eric Johnson, het haar eersteling in die wêreld verwelkom.
'n Ma van Khayelitsha is met haar drie week oue babaseun herenig ná hy deur 'n vrou ontvoer is wat 'n miskraam gehad het.
‘n Seun het aan ‘n hof in Pretoria gesê hoe hy gesien het dat die moordbeskuldigde Nolan Schoeman ‘n slapende baba op die kop geslaan het.
‘n Vrou van Texas wat aangekla word van die moord op ‘n jong ma en die ontvoering van haar drie dae oue baba, wou die kind glo aanneem.
‘n Premature baba wat dood verklaar is, is 12 ure later lewendig in die lykshuis gevind, het ‘n gesondheidsamptenaar in Argentinië gesê.
‘n Pasgebore baba is die naweek in ‘n vullisdrom in Tableview, Kaapstad, gevind, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.
‘n Vrou wat haar as 'n leerlingverpleegster voorgedoen het, het ‘n pasgebore baba uit die Dora Nzinga-hospitaal in die Oos-Kaap gesteel.
'n Pasgebore baba se lewe is gered toe sy slegs sowat 15 minute ná haar geboorte 'n pasaangeër ontvang het.
Minstens 26 babas het in die afgelope vyf dae in ‘n staatshospitaal in Malda, Indië, gesterf, het owerhede bevestig.
Vir ’n paar moeë, trotse ouers was Kersfees vanjaar ekstra spesiaal danksy die 86 pienkvoete wat oor die Wes-Kaap heen gebore is.
Die ma en stiefpa wat van die moord op ’n drie weke oue baba aangekla word, kan vandag sy begrafnis bywoon, berig Beeld.
Jy kan hulle een keer kul, maar babas sal oneerlikheid onthou en jou nie in die toekoms vertrou nie, het ‘n nuwe Kanadese studie bevind.
‘n Vrou is in King William’s Town in hegtenis geneem nadat sy na bewering ‘n ses maande oue baba verlate gelos het, het die polisie gesê.
'n Babameisie het in Oos-Londen in ‘n emmer wat gebruik is om reën op te vang verdrink, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
‘n Pasgebore babadogtertjie is lewendig in ‘n vlak graf by die stortingsterrein van die Embalenhle-woonbuurt naby Secunda gevind.
‘n Babatjie van een maand oud, wat glo ‘n diploma het, is op die Nigeriese regering se betaalstaat en het elke maand 'n salaris gekry.
Die borgaansoek van ‘n man wat daarvan beskuldig word dat hy sy sewe maande oue stiefdogter met ‘n bottel doodgesteek het, is uitgestel.
‘n Baba is in Port Elizabeth gebore met die hart buite die bors, het die departement van gesondheid in die Oos-Kaap gesê.
'n Ouer het ‘n video op YouTube gelaai wat wys hoe haar eenjarige baba maklik met ‘n iPad werk, maar met die eenvoud van ‘n tydskrif sukkel.
‘n Hospitaal in Spanje kon nie daarin slaag om ‘n babatjie wat 'n dag tevore uit sy dooie ma gered is aan die lewe te hou nie.
Mans wat pa word ervaar ‘n biologiese oorgang wat hulle minder macho en meer soos ‘n besorgde pa laat optree, het navorsers bevind.
‘n Babameisie wat deur haar ma in ‘n toilet gelos is onmiddellik ná haar geboorte, is deur paramedici in Pietermaritzburg gered.
Soos mammabere wat hul kleintjies met ‘n ysterhand verdedig kan ma’s wat borsvoed ook meer aggressief as ander optree, sê navorsers.
Die ma van ‘n 10 maande oue babadogtertjie is in hegtenis geneem ná sy die kind probeer kalmeer het deur daggarook in haar mond te blaas.
Ouers van babas wat ondergewig gebore is moet ingelig word hoe om hul babas se kanse op 'n wiegdood te verklein, meen navorsers.
Almal het gedink dat ‘n pasgebore baba wat twee maande te vroeg gebore is dood is – tot sy by die begrafnisondernemer aan die huil gegaan het.
Die sangeres Lauryn Hill het geboorte geskenk aan haar sesde kind. Hill het reeds vyf kinders saam met haar lewensmaat, Rohan Marley.
Nóg ‘n stilgebore baba is in Tlhabane gevind, slegs twee dae nadat spelende kinders op ‘n baba in ‘n plastieksak in die gebied afgekom het.
Die lyk van ‘n stilgebore baba is deur spelende kinders in ‘n plastieksak in Tlhabane in Noordwes gevind, het die polisie gesê.
‘n Tienermeisie is in hegtenis geneem nadat haar baba dood in ‘n rivier in Mdantsane in die Oos-Kaap gesvind is, het die polisie gesê.
‘n Vrou (39) het 'n hospitaal in Longview, Texas, onkant gevang toe sy geboorte geskenk het aan ‘n baba wat meer as 7 kg weeg.
Die 32-jarige aktrise Kate Hudson en haar verloofde, Matt Bellamy, het die afgelope naweek die trotse ouers van 'n babaseun geword.
’n Soort formulemelk wat bemark word as “allergie-vriendelik” keer glo nie babas met ’n familiegeskiedenis van allergieë se simptome nie.
Victoria Beckham en haar man, David Beckham, moet nog ‘n "klein rukkie wag" voordat sy geboorte skenk, het haar woordvoerder gesê.
‘n Twee maande oue baba is na bewering deur haar pa doodgemaak by ‘n taxi-staanplek in Polokwane, het Eyewitness News berig.
‘n Vrou is in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar tweejarige dogter verwurg en in ‘n puttoilet in Levubu, Limpopo, gegooi het.
‘n Een-maand-oue baba is uit ‘n skuiling in Berea ontvoer nadat 'n vrou haar in 'n kombers toegewikkel het, het die polisie gesê.
Brandweermanne wat op 'n onverwante oproep gereageer het, het op die erg ontbinde lyk van 'n babatjie in ‘n tas afgekom.
‘n Vrou word daarvan beskuldig word dat sy vyf pasgebore babas doodgemaak en hul oorskot in ‘n koelkas toegesluit het.
’n Bewering dat ’n baba aan aanneemouers verkoop is, het die Pretoriase hoogeregshof genoop om ’n kurator vir ’n groep kinders aan te stel.
Die polisie in Nevada, Amerika, sê ‘n 26-jarige ma het die lyk van haar nuutgebore dogter verbrand en dit toe in ‘n veld gelos.
Die Kanadese rockster Bryan Adams gaan vir die eerste keer, op die ouderdom van 51, pa word, het sy woordvoerder gesê.
Minstens 81 babas het in Januarie en Februarie in twyfelagtige omstandighede in ’n hospitaalkompleks in Oos-Londen gesterf.
Sowat 17 260 swangerskappe is in 2010 in skole in KwaZulu-Natal aangemeld, het die provinsiale departement van onderwys gesê.
Die Afrikaanse hartebreker-sanger Bobby van Jaarsveld en sy vrou Annatjie verwag hul eersteling, het sy agent aan Nuus24 gesê.
Veertien Viëtnamese vroue, waarvan sewe swanger is, is gered uit ‘n “onwettige en onmenslike” sindikaat wat babas verwek in Thailand.
Munisipale werkers het ’n pasgebore babameisietjie, toegedraai in ’n plastieksak, in ’n stuk veld in Centurion gevind.
Drie babas en twee swanger buitelanders is gered toe polisie klopjagte op ‘n parkeerterrein, kliniek en huis in Maleisië uitgevoer het.
Italiaanse dokters het die lewe van ‘n 16 maande oue seun gered deur die wêreld se kleinste kunsmatige hart vir hom in te plant.
‘n Pasgebore babameisie wat in ‘n kombers toegebind was, is verlate by ‘n stortingsterrein in Mahikeng gevind, het die polisie gesê.
Staatsaanklaers in Duitsland is besig met 'n ondersoek nadat die lyke van drie babas in 'n woonstelblok en motorhuis gevind is.
‘n Vrou wat beweer het sy is ‘n maatskaplike werker het ‘n twee weke oue babaseun in Lingelethu Wes ontvoer, het die polisie gesê.
Dokters in Pakistan het 'n suksesvolle operasie op 'n baba wat met ses bene gebore is uitgevoer, het hospitaalbeamptes gesê.
Die drie dae oue seuntjie wat ontvoer is nadat sy ma buite ‘n pediatriese sentrum in Texas doodgeskiet is, is sowat ses ure later veilig gevind.
Minstens een uit elke 30 babas wat deesdae in die VSA gebore word, is een van ’n tweeling – hoofsaaklik omdat vroue later swanger word.
Die geboortes van ’n derde van babas wat jaarliks wêreldwyd gebore word, word nie geregistreer nie, het die WGO gesê.
Wanvoeding by kinders kan met 25% afneem indien babas in die eerste ses maande net borsmelk gegee word, het 'n voedingkundige gesê.
Agttien vroeggebore babas het in 'n hospitaal in die Siriese stad Homs gesterf nadat elektriese kortsluitings hul broeikaste geaffekteer het.
‘n Pasgebore babaseuntjie is in ‘n puttoilet buite ‘n kroeg naby Rustenburg in Noordwes gevind, het die polisie gesê.
‘n Vrou is in hegtenis geneem vir die moord op haar eenjarige kind in Mqanduli, suid van Mthatha, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Drie dae lank het sy getraumatiseer en sonder kos of water gewag dat hulle haar baba noodgedwonge moet aborteer, het 'n vrou gesê.
‘n Ma is in hegtenis geneem nadat haar pasgebore baba gevind is onder ‘n wasbak by haar huis in Springbokpan naby Itsoseng.
’n Jong verwagtende vrou lê al sewe weke lank in ’n koma, maar haar ongebore baba is gesond en ontwikkel normaal.
‘n Vrou wat erken het dat sy ‘n babaseuntjie uit ‘n hospitaal gesteel het, het aan die polisie gesê dat sy dit gedoen het om haar man te paai.
Die saak teen ‘n vrou wat daarvan aangekla word dat sy haar baba vermoor het, is in die landdroshof uitgestel, het die polisie gesê.
‘n Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar pasgebore baba in ‘n drein gelaat het, het Woensdag in die landdroshof verskyn.
‘n Crèche in Centurion Park in Tshwane word fyn dopgehou nadat twee babas wens meningokokkale breinvliesontsteking oorlede is.
‘n Vrou van Oklahoma wat chemoterapie geweier het sodat haar ongebore kind kan leef, is drie dae ná die kind se geboorte oorlede.
Babas so jonk as 15 maande verstaan ingewikkelde sosiale konsepte soos mededeelsaamheid en regverdigheid, het ‘n nuwe studie bevind.
‘n Vrou is in hegtenis geneem nadat haar babaseuntjie in ‘n vullisblik in Alberton aan die Oos-Rand gevind is, het die polisie gesê.
‘n Nuwe Britse studie het bevind babas verstaan vroeg die verskil tussen aanraak en seermaak en hulle voel pyn weke voor hul geboorte.
Navorsers wat by babas bloed trek, het bevind babas ervaar minder pyn as hul ma’s hulle vashou teenoor wanneer pa die drukkies uitdeel.
‘n Vrou en haar kêrel is naby Welkom in hegtenis geneem in verband met die moord op hul pasgebore tweeling, het die polisie gesê.
‘n Nuwe Suid-Afrikaanse studie het bevind ma’s wat kos kou voor hulle dit aan hul kleuters voer, kan die MIV-virus aan die kind oordra.
‘n Pasgebore babameisie is deur 'n verbyganger gevind in ‘n sloot in Springs en na 'n hospitaal geneem, het paramedici in Gauteng gesê.
Andre Venter, een van die lede van die Suid-Afrikaanse groep Romanz, het op sy Facebook- en Twitter-blad aangekondig dat sy vrou swanger is.
Die 30-jarige aktrise Jessica Alba en haar man, Cash Warren, wat reeds ‘n driejarige dogtertjie het, verwag glo nog 'n dogtertjie.
‘n Man het in die Polokwane-landdroshof verskyn in verband met die moord op sy twee maande oue babadogtertjie, het die SABC berig.
‘n Week oue baba is verlate in ‘n plastieksak op ‘n hoop vullis deur kinders in Pietermaritzburg gevind, het paramedici gevind.
Die aktrise Kate Hudson en haar verloofde, Matt Bellamy, het hul babaseun Bingham Hawn genoem. Bingham is op 9 Julie gebore.
‘n Pasgebore babameisie is in ‘n oop veld tussen huise in Protea-Suid in Soweto gevind, het die polisie in Johannesburg gesê.
David Beckham en sy vrou, Victoria, die gewese Spice Girls-sangeres, het 'n ongewone naam vir hulle eerste dogtertjie gekies.
‘n Lotery wat toekomstige ouers die kans sal gee om ‘n “baba te wen” sal vandeesmaand in Brittanje bekendgestel word.
Victoria Beckham, vrou van David Beckham, is in ‘n hospitaal in Kalifornië opgeneem vir die geboorte van hul babadogtertjie.
Die aktrise Natalie Portman se babaseun saam met haar verloofde Benjamin Millepied, die choreograaf van Black Swan, is gebore.
'n Groep swanger Nigeriese meisies word daarvan verdink dat hulle probeer het om hulle babas aan ‘n kinderhandelskema te verkoop.
Die Nigeriese polisie het ‘n klopjag op ‘n huis wat swanger tienermeisies huisves, wie se babas op die swartmark verkoop word, uitgevoer.
Tygerberg-hospitaal in Kaapstad sal die openbare sektor se eerste wees om elektroniese plakkers op babas te plak om te keer dat hulle gesteel word.
‘n Franse man wat in die Oekraïne aangehou word nadat hy sy tweelingdogters na Hongarye wou smokkel, kan dalk ‘n boete opgelê word.
‘n Video van twee babas in doeke wat lyk of hulle in ‘n gesprek in ‘n kombuis betrokke is, is ‘n reuse-YouTube-sensasie.
'n Video op YouTube van 'n baba wat hom boeglam skrik as sy ma haar neus blaas, is besig om soos 'n veldbrand op die internet te versprei.
’n Pa oorweeg regstappe nadat sy babaseuntjie van nege maande in die Universitas-staatshospitaal se crèche in Bloemfontein dood is.
‘n Vrou is in hegtenis geneem op aanklagte van moord nadat die lyk van haar onthoofde baba onder die opwasbak in haar huis gevind is.
Johan Vorster van die gewilde sang-groep Eden en sy vrou, Rencha, het Maandag nog 'n babaseun, Raphael, ryker geword.
‘n Stilgebore baba, wat deur dokters weer aan die lewe gekry is, sterk aan ná sy vir drie dae ‘gevries’ is om breinskade te voorkom.
Hulp stroom in vir baba Hope, die pasgebore meisietjie wat in plastiek toegedraai in ’n stuk veld in Centurion gevind is.
‘n Vrou het onskuldig gepleit op aanklagte van onwillekeurige manslag ná haar baba dood is weens die metamfetamien in haar borsmelk.
‘n Skare het Denemarke se kroonprins Frederik en sy vrou, die kroonprinses Mary, toegejuig toe hulle, elk met ‘n babatjie in hul arms, die hospitaal verlaat.