Die deodorant-maatskappy wat engele gebruik het om hul produk te adverteer, het tong-in-die-kies om verskoning gevra hiervoor.
James Evans, Atletiek Suid-Afrika (ASA) se voorsitter, het drie doelwitte gestel wat hy voor die verkiesing einde April 2012 wil bereik.
Die bestuur van Atletiek Suid-Afrika is in die verleentheid nadat daar op die ASA se webtuiste na Caster Semenya as ’n man verwys is.
James Evans het gesê dat ASA sal uitvind waarom Khotso Mokoena nie opgedaag het om vir die Statebondspele te vertrek nie.
Leonard Chuene en ander lede van Atletiek Suid-Afrika (ASA) se vorige bestuur gaan strafregtelik vervolg word.
Atletiek Suid-Afrika (ASA) het taakspanne opgestel om maniere te vind om die sportliggaam se kommunikasie te verbeter.
Die voormalige hoof van Atletiek Suid-Afrika, Leonard Chuene, het 'n Mercedes-Benz vir R1 by dié omstrede organisasie gekoop.
Ray Mali, administrateur van Atletiek Suid-Afrika (ASA) en Saskok-raadslid, het erken dat ASA nie meer geld het nie.
'n Chaos het losgebars ná die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee 'n tussentydse raad vir ASA aangekondig het.
Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het teësinnige ondersteuning uit ’n onverwagse oord gekry.
Saskok het aangekondig dat Ray Mali beheer van Atletiek Suid-Afrika (ASA) sal oorneem ná Leonard Chuene in die pad gesteek is.
ASA sal vir tyd en wyl aan internasionale byeenkomste van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) kan deelneem.
Leonard Chuene, uitvoerende hoof van ASA, en sy raad staar aanklagte van bedrog in die gesig as hulle nie teen Woensdag bedank nie.
’n Dag nadat die raad en talle werknemers van Atletiek Suid-Afrika geskors is, het Sascoc vir ASA as lid geskors.
Sascoc wou ASA-president Leonard Chuene vernietig en sy pogings tot transformasie verhoed, meen ‘n ASA-raadslid.
’n Webwerf vir hardlopers moedig alle padatlete aan om deel te neem aan ’n stille protes van twee minute lank teen ASA.
Die ANC plaas druk op die IAAF om die resultate van Caster Semenya se geslagsevalueringstoetse ongeldig te verklaar.
Talle atlete is erg bekommerd dat Hendrik Mokganyetsi as hoofafrigter van Atletiek Suid-Afrika aangestel gaan word.
Atletiek Suid-Afrika is steeds besig met onderhandelings met padwedloop-borge in 'n poging om borgskappe vir volgende seisoen te behou.
Suid-Afrikaanse atlete is moeg vir politiek in hul sport, het dit op die spesiale atletevergadering baie duidelik opgeklink.
‘n Groep “dronk” individue is glo te blameer vir die feit dat die atlete se vergadering in Pretoria skielik afgestel moes word.
Atletiek Suid-Afrika (ASA) is verder in die moeilikheid gedompel nadat die padwedloop-borg, Nedbank hulle onttrek het.
Die ANC eis ’n ondersoek van Atletiek Suid-Afrika (ASA) se base ná hul hantering van die Semenya-saak.
Die DA sê dit is uiters teleurstellend dat ASA nie sy omstrede baas, Leonard Chuene, by 'n raadsvergadering afgedank het nie.
Die vakerbond Cosatu het by hul tiende nasionale konferensie in Midrand gesê die ASA-hoof Leonard Chuene moet bedank.
Die atletiekbaas, Leonard Chuene, klou ondanks sy leuens aangaande Caster Semenya verbete aan sy pos as president van ASA.
Leonard Chuene wat die naweek erken het dat hy oor die Caster Semenya-saga gejok het, se lot sal binnekort bekend wees.
Dank Leonard Chuene af. Dit was gisteraand die ondubbelsinnige eis van mnr. Gert Oosthuizen, adjunk-minister van sport, aan Atletiek Suid-Afrika.
Sascoc het luidens 'n verklaring gesê hulle gaan die wyse waarop ASA die geslagstoetse van Caster Semenya hanteer het ondersoek.
Nòg verdoemende bewyse dat die organisasie meer oor die Caster Semenya-sage weet as wat hy tot nou toe voorgegee het.
Die afgetrede Amerikaanse atleet Carl Lewis blameer Atletiek Suid-Afrika vir die penarie waarin Semenya haarself bevind.
Die president van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) wens die Caster Semenya-saak kon met meer diskresie hanteer word.
Die DA gaan ASA voor die parlementêre portfeuljekomitee oor sport daag omdat hy nie Caster Semenya se regte beskerm het nie.
ASA ontken gerugte dat die gouemedaljewenner Caster Semenya en ander gekontrakteerde atlete nie hul toelae ontvang het nie.
Die debakel oor Suid-Afrika se wêreldkampioen in die 800 m, Caster Semenya, het sy eerste grootkop in Suid-Afrikaanse atletiek geëis.
Die voorsitter van die IAAF erken die ondersoek om vas te stel of Caster Semenya ’n vrou is, is heeltemal verkeerd hanteer.
Leonard Chuene, die president van ASA, blameer rassistiese Suid-Afrikaners vir die bohaai aangaande Caster Semenya se geslag.
Sekere raadslede is ontevrede met James Evans as voorsitter van Atletiek Suid-Afrika en het glo besluit om dinge vir hom moeilik te maak.
‘n Verslaggewer sê hy moes in die gange van ASA rondsluip om te probeer vasstel wie Leonard Chuene as amptelike ASA-president gaan opvolg.
Die ANC is skynbaar vasbeslote om die geskorste voorsitter van Atletiek Suid-Afrika, Leonard Chuene, uit die pekel te probeer help.
Suid-Afrika se Olimpiese Komitee, Saskok, sê Atletiek Suid-Afrika gaan binnekort weer beheer oorneem van die land se atletiek.
ANC-LP’s was woedend omdat die geskorste president van Atletiek Suid-Afrika, Leonard Chuene, moontlik siviel én strafregtelik aangekla kan word.
Caster Semenya is nie ingesluit in die voorlopige Suid-Afrikaanse span wat in Julie aan die Afrika-byeenkoms in Nairobi gaan deelneem nie.
Die omstredenheid rondom Caster Semenya het daartoe gelei dat daar nie ’n vroue-atleet van die jaar in Suid-Afrika gekies is nie.
Die voorsitter en uitvoerende hoof van Saskok het 'n positiewe vergadering oor die stand van atletiek in SA met die IAAF in Monaco gehad.
Atlete gaan aandring op minstens 50%-verteenwoordiging in die tussentydse raad van ASA wat vandag in Johannesburg verkies word.
Dié atletiekliggaam van ASA se uitvoerende hoof het geweier het om sy pos te ontruim en die polisie is gevra om in te gryp.
Die ster-atleet Caster Semenya wat in omstredenheid oor haar geslag gehul is, sê sy is 'n vegter wat nooit tou opgooi nie.
Individue by ASA moet hulle betrokkenheid in die Caster Semenya saga erken, het die kommissie vir gendergelykheid gesê.
Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het Atletiek Suid-Afrika (ASA) gister in sy geheel geskors.
Top Suid-Afrikaanse atlete en 'n nasionale afrigter het opgeruk teen Atletiek Suid-Afrika (ASA) oor beweerde onbevoegdheid.
Die SA-spandokter, Harold Adams betrek Butana Khompela, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee by die Semenya-debakel.
Leonard Chuene sê nou hy het nóóit erken dat hy gejok het oor sy kennis van geslagtoetse op die atleet Caster Semenya nie.
Julius Malema, die ANC-jeugleier, het Nedbank weer aangeval. Die keer vir die wyse waarop hulle swart ekonomiese bemagtiging hanteer.
Makhenkesi Stofile ontken dat die regering beoog om by ASA in te gryp, selfs al maak die Sportwet daarvoor voorsiening.
Hendrick Mokganyetsi, hoof van ASA se atletekommissie, ondersteun Leonard Chuene en sê hy was nie dronk by ’n vergadering nie.
Vuur word agter die skerms gestook om van Leonard Chuene, president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), ontslae te raak.
Dis tyd dat almal wat vir atletiek in Suid-Afrika omgee, saamstaan, het Jean Verster oor 'n atlete-vergadering in Pretoria gesê.
Atlete en atletiekklubs maak hul stemme dik oor Atletiek Suid-Afrika en Leonard Chuene se hantering van die Caster Semenya-sage.
Leonard Chuene sê hy is steeds onseker oor presies wat hy verkeerd gedoen het toe hy gelieg het oor Caster Semenya se geslag.
Leonard Chuene, grootbaas van Atletiek SA, gaan aanbly in sy amp, al het hy onder kwaai druk verkeer om te bedank.
Die grootkoppe van Atletiek Suid-Afrika gaan vergader om die debakel rondom Caster Semenya en Leonard Chuene te bespreek.
Drie ander ASA-lede het ook die mag gehad om Caster Semenya uit die wêreldkampioenskappe te onttrek, maar het daarteen besluit.
Verskeie politieke partye het uitgevaar teen atletiekbaas Leonard Chuene oor sy leuens tydens die Semenya-debakel.
ASA moet sy president, Leonard Chuene, “afdank” omdat hy gejok het oor geslagstoetse wat op Caster Semenya gedoen is.
ASA se president vra om verskoning dat hy Suid-Afrika mislei het, maar het dit gedoen om die atleet se privaatheid te beskerm.
Caster Semenya, die 800 m wêreldkampioen, is “heeltemal verpletter” deur die vernederende gerugte dat sy tweeslagtig is.
ASA het vóór die Wêreld-atletiekbyeenkoms geweet Caster Semenya het ’n mediese toestand wat haar prestasie in gedrang kon bring.
SA se sportminister, Makhenkesi Stofile, het gesê hy verklaar oorlog teen IAAF as Caster Semenya uitgesluit word oor haar geslag.
Die IAAF wil dringend met Caster Semenya praat oor die resultaat van haar geslagstoets maar word glo deur ASA verhinder.
Caster Semenya is finansieel in die knyp omdat Atletiek Suid-Afrika nog nie sy gekontrakteerde atlete betaal het nie.
Afriforum het Leonard Chuene by die IAAF verkla omdat hy "rasseverdeeldheid" tydens die Caster Semenya-sage aangevuur het.
Geslagstoetse op Caster Semenya is rassisties, want lelike, wit vroueatlete word nie getoets nie, sê Julius Malema.
Atletiek Suid-Afrika het die finale span vir die IAAF-wêreldkampioenskappe wat in Berlyn gehou word, aangekondig