ARTIKELS OOR all blacks

Slag vir All Blacks voor Ierland-toetsreeks

2012-05-15 07:30

Die All Blacks-vleuel Richard Kahui sal weens 'n skouerbesering aanstaande maand se toetsreeks teen Ierland misloop.

Jimmy Cowan klaar met toetsrugby

2012-04-17 11:29

Die All Black-skrumskakel, Jimmy Cowan, het aangekondig dat hy sy toetsstewels sal ophang om by die Engelse klub Gloucester aan te sluit.

Oud-All Black verloor kankerstryd

2012-03-13 12:03

Die voormalige All Black-kaptein en voorsitter van die Nieu-Seelandse rugbyunie, Jock Hobbs (52), het sy stryd teen leukemie verloor.

All Black in hof oor aanranding

2012-01-23 15:00

Rene Ranger, die veelsydige agterspeler van die Super Rugby-span die Blues, moet in die hof verskyn op 'n klag van beweerde aanranding.

Hansen klap straks sweep by All Blacks

2011-12-15 07:31

Steve Hansen sal na verwagting as die nuwe afrigter van die All Blacks in die plek van Graham Henry aangewys word.

Bryce is NS se blaser van die jaar

2011-12-01 13:59

Bryce Lawrence is as Nieu-Seeland se skeidsregter van die jaar aangewys terwyl Jerome Kaino met die speler van die jaar-toekenning vereer is.

Henry gaan Engelse nie help

2011-11-23 09:36

Die voormalige All Black-breier Graham Henry sê gerugte dat hy by Martin Johnson as Engeland se rugby-afrigter gaan oorneem, is “onrealisties”.

Graham Henry groet

2011-11-01 11:07

Slegs nege dae nadat hy die Webb Ellis-trofee gelig het, het Graham Henry aangekondig dat hy die leisels as breier van die All Blacks gaan neerlê.

Lomu se kans op normale lewe 'skraal'

2011-10-27 13:30

Die voormalige All Black-vleuel Jonah Lomu se gesondheidsprobleme is erger as voorheen gedink en sy kanse op ‘n normale lewe is "skraal".

Hane se senter van oogkrappery beskuldig

2011-10-26 13:17

Die Franse senter Aurelien Rougerie is van oogkrappery tydens die Hane se Wêreldbeker-eindstryd teen die All Blacks beskuldig.

Padda uit Kiwi-keel

2011-10-24 09:04

Vir so ’n halfuur kon jy ’n hele nasie na sy asem hoor snak toe die All Blacks diep moes delwe om die Franse eindelik in die WB-eindstryd te troef.

Ontspanne All Blacks gereed vir aksie

2011-10-22 10:21

Die All Blacks het in hulle laaste mediaverskyning voor hulle Rugbywêreldbeker-stryd teen Frankryk ontspanne gelyk.

Só lyk All Blacks vir WB-eindstryd

2011-10-21 12:43

Nieu-Seeland sal op dieselfde 15-tal staatmaak wat Australië geklop het, om hul wendroogte teen Frankryk in die WB-eindstryd op Eden Park te breek.

Hane onveranderd vir WB-eindstryd

2011-10-19 11:09

Onvoorspelbaar tot die einde. Die Franse breier Marc Lievremont het 'n onveranderde 15-tal vir die WB-eindstryd teen die All Blacks aangekondig.

Wallabies onder skoot in media

2011-10-18 08:01

Die Australiese media het ingeklim onder die Wallabies ná hul teleurstellende rugbyvertoning in hul WB-halfeindstryd teen die All Blacks.

Hane laat All Blacks truie kies

2011-10-17 12:08

Die All Blacks sal in hul bekende swart truie vir die WB-eindstryd uitdraf, alhoewel Frankryk die loot gewen het om eerste hul truie te kies.

Craig Joubert blaas WB-eindstryd

2011-10-17 08:31

Die Suid-Afrikaanse skeidsregter Craig Joubert is aangewys as blaser vir die Wêreldbeker-eindstryd tussen die All Blacks en Frankryk.

Kiwi’s juig oor kaptein McCaw

2011-10-14 09:10

Die All Black-kaptein, Richie McCaw, wat met ’n voetbesering sukkel, is in die span ingesluit is vir die WB-halfeindstryd teen Australië.

‘McCaw sal teen Wallabies speel’

2011-10-13 11:50

Die All Blacks se assistentafrigter het gesê die kaptein, Richie McCaw, sal met sy seer voet teen Australië in die WB-halfeindronde uitdraf.

Sonny Bill skuif vriendskap opsy in halfeind

2011-10-12 14:30

Die Nieu-Seelandse ster-agterspeler Sonny Bill Williams het gesê hy is gereeld in kontak met sy vriend, die Wallaby-losskakel Quade Cooper.

Slegte nuus vir All Blacks

2011-10-11 10:03

Die All Blacks se beseringskrisis het verdiep noudat heelagter Mils Muliaina en losskakel Colin Slade ook die res van die WB gaan misloop.

All Blacks stuur Argentyne huis toe

2011-10-09 11:24

Die Nieu-Seelandse rugbyspan het hul kragmeting teen Argentinië op die Eden Park-stadion in Auckland, Nieu-Seeland, gewen.

Mank McCaw draf voor teen Poemas

2011-10-06 12:36

Die All Black-kaptein Richie McCaw sal met 'n pynlike voetbesering in die Wêreldbeker-wedstryd teen Argentinië in Auckland uitdraf.

Tragedie tref All Blacks

2011-10-03 08:57

Piri Weepu is straks nou ’n sleutelspeler vir die All Blacks nadat bevestig is dat Dan Carter die res van die toernooi weens ’n besering gaan misloop.

McCaw, Carter op krukkelys

2011-10-01 13:00

Richie McCaw, kaptein van die All Blacks, het hom weens 'n voetbesering aan die span se laaste groepwedstryd teen Kanada onttrek.

Aussies mor ook

2011-09-30 07:52

Die Australiese rugbyunie stem saam met Nieu-Seelandse rugbybase dat groot lande weens finansiële beperkings in Wêreldbeker-jare aan bande gelê word.

‘Kiwi’s oefen dit elke dag’

2011-09-27 08:59

Die All Blacks het uit bitter ondervinding geleer en is gereed om self met ’n paar skepskoppe in die Wêreldbeker los te trek, het die Kiwi’s gesê.

Frankryk het selde B-span...

2011-09-24 07:06

Daar was omtrent ’n geweeklaag toe die Franse rugby-afrigter sy span aankondig vir vandag se Wêreldbeker-toets teen die All Blacks.

Kiwi's boos oor Hane se 'B-span'

2011-09-21 12:21

Nieu-Seeland se media het uitgevaar teen die Franse oor hul 15-tal vir die Wêreldbeker-stryd teen die All Blacks op Eden Park en dit 'n 'klug' genoem.

Vra jy of ons aspris gaan verloor? – Lievremont

2011-09-20 09:00

Die Franse rugbyspan het bewerings verwerp dat hy nié gaan probeer om sy Wêreldbeker-groepwedstryd teen Nieu-Seeland te wen nie.

All Black-vleuel bieg oor drankprobleem

2011-09-19 10:59

Die All Black-vleuel Zac Guildford het tydens 'n perskonferensie onthul dat hy 'n drankprobleem het en gesê hy neem stappe om dit onder beheer te kry.

All Blacks pak Japan sonder seer McCaw

2011-09-16 08:32

Die All Blacks se kaptein, Richie McCaw, en die heelagter Mils Muliaina sal die Wêreldbeker-rugbywedstryd teen Japan weens beserings misloop.

5 uit 10 vir All Blacks, brom NS-breier

2011-09-11 08:05

Spankeuses sou altyd die All Black-afrigter, Graham Henry, se grootste uitdaging in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi wees.

Kiwi-bloed vloei ook in ander WB-spanne

2011-09-09 11:15

Meer as 40 gebore Nieu-Seelanders sal vir spanne buiten die All Blacks in vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi uitdraf.

WB: Nou vir 64 uur voor die kassie

2011-09-09 09:53

Rugbyliefhebbers wat besluit om al die wedstryde van die Wêreldbeker te kyk, gaan minstens 64 uur op hul agterstewes voor die kassie deurbring.

Sonny Bill gekies vir Tonga-stryd

2011-09-07 11:10

Die insluiting van Sonny Bill Williams vir die Wêreldbeker-openingswedstryd teen Tonga is een van nege veranderinge aan die All Blacks se beginspan.

All Black Jane sukkel om vingers tuis te hou

2011-09-05 12:24

Die All Black-vleuel Cory Jane sukkel glo omdat die spanbestuur die gebruik van Twitter tot die einde van die WB-toernooi verbied het.

Kiwi's: 'Solank die Aussies net nie wen'

2011-08-31 11:12

As die All Blacks nie vanjaar die Webb Ellis-trofee kan lig nie, is die land wat Nieu-Seelanders die minste van alle spanne wil sien wen – Australië.

All Black-ysters uit vir stryd teen Tonga

2011-08-30 10:59

Die losvoorspelers Kieran Read en Adam Thomson sal Nieu-Seeland se Wêreldbeker-openingswedstryd teen Tonga weens beserings misloop.

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

2011-08-30 07:11

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Wallabies is Drienasies-kampioene

2011-08-27 14:30

Australië het die All Blacks in die beslissende Drienasies-toets in Brisbane geklop om vir die eerste keer in 10 jaar die wentrofee omhoog te hou.

Sonny Bill speel tweede viool vir Nonu

2011-08-25 11:03

Sonny Bill Williams ding mee met die wêreld se beste senter, Ma’a Nonu, en is nie verseker van sy plek in die All Blacks se beginspan nie.

All Blacks kies mees ervare WB-groep

2011-08-23 11:43

Die All Blacks het hul mees ervare WB-groep gekies in ’n poging om die gesogte Webb Ellis-trofee weer ná 24 jaar hul eie te maak.

Kiwi’s mag weer kafoefel ná mislukte veldtog

2011-08-19 10:01

Die veldtog wat Nieu-Seelanders versoek om hulle tydens die Wêreldbeker van seks te weerhou ter ondersteuning van hul span, is laat vaar.

Henry laai nog druk op Bokke

2011-08-19 07:01

Nieu-Seeland se afrigter, Graham Henry, het die druk op Suid-Afrika gelaai voor die Drienasies-rugbytoets in die Nelson Mandelabaai-stadion.

Hansen smeer heuningkwas

2011-08-18 10:09

Krisis? Watter krisis? Sover dit die All Blacks se voorspeler-afrigter, Steve Hansen, aangaan, verloop alles klopdisselboom met Springbok-rugby.

Jean reg vir gróót stryd teen Kiwi’s

2011-08-17 07:02

Sonny Bill Williams is beslis nie die enigste All Black-senter wat eur die Springbokke dopgehou sal moet word nie, sê Jean de Villiers.

Bokke ‘verloor net op telbord’

2011-08-15 10:01

Die Bokke sal beter vertoon in die toets teen die All Blacks in Port Elizabeth het die afrigter, Peter de Villiers, rugby-ondersteuners verseker.

Kiwi’s wil SA sielkundig knou

2011-08-15 07:03

Die kans om ’n reuse- sielkundige slag te slaan en plekke in Nieu-Seeland se groep vir die Wêreldbeker-toernooi is wat die All Blacks aanspoor.

Oud-Wallaby: 'Weg met die haka'

2011-08-12 13:10

'n Voormalige heelagter van die Wallabies meen die haka moet verban word omdat die All Blacks onregverdig voordeel uit dié oorlogskreet trek.

 

Hansen noem All Black-oefengroep

2012-05-14 08:45

Die All Black-breier, Steve Hansen, het lojaal gebly aan verskeie spelers wat tans met hul spelpeil sukkel toe hy sy oefengroep aangekondig het.

Cory Jane bly 'n All Black tot 2014

2012-03-15 12:01

Die veelsydige agterspeler Cory Jane, het 'n nuwe kontrak met die Nieu-Seelandse rugbyunie gesluit wat hom tot 2014 by die All Blacks sal hou.

All Blacks sal oefen tydens Super-rugby

2012-02-16 11:03

Die All Blacks beplan twee oefenkampe tydens vanjaar se Super-rugbyreeks ter voorbereiding vir die Kiwi's se toetswedstryde teen Ierland.

Hansen aangewys as nuwe All Blacks-breier

2011-12-16 11:30

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZRU) het aangekondig dat Steve Hansen as die nuwe afrigter van die All Blacks aangestel is.

All Black-vleuel vier wedstryde geskors

2011-12-14 11:30

Die All Blacks en Crusaders se vleuel Zac Guildford is vir vier wedstryde geskors nadat hy aan dronkgedrag skuldig bevind is.

'King Carlos' wil nie terug na Kiwi-land

2011-11-30 12:15

Die voormalige All Black-losskakel Carlos Spencer het onthul dat hy nie gou weer na sy geboorteland sal terugkeer nie.

Zac erken probleem ná hy nakend amok maak

2011-11-15 09:10

Die All Black-vleuel Zac Guildford het om verskoning gevra vir ’n hewige gedrinkery waartydens hy ’n kroeg naak ingestrompel het.

Sonny Bill speel vir Chiefs

2011-10-31 11:10

Die All Black-senter Sonny Bill Williams het bespiegelings oor sy toekoms beëindig toe hy 'n Super Rugby-kontrak met die Chiefs gesluit het.

Kiwi’s begin soektog na nuwe afrigter

2011-10-27 13:01

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie het uitnodigings begin stuur aan individue wat die unie vir die pos van All Black-hoofafrigter sal oorweeg.

Dusautoir wen IRR-speler van die jaar

2011-10-24 12:09

Die kaptein van die Franse rugbyspan, Thierry Dusautoir, is deur die Internasionale rugbyraad as speler van die jaar aangewys.

All Blacks hou Webb Ellis-trofee omhoog

2011-10-23 11:50

Die Nieu-Seelandse rugbyspan het oor Frankryk geseëvier in die Wêreldbeker-eindstryd op Eden Park in Auckland, Nieu-Seeland.

Franse kap terug oor 'vuilspel'-berigte

2011-10-21 13:22

Frankryk se rugbyspan het uitgevaar teen aantygings dat hulle gaan vuilspeel in die Wêreldbeker-eindstryd teen die All Blacks op Eden Park.

Dis ons teen res van wêreld, mor Franse

2011-10-21 08:00

Frankryk het laer getrek voor die Wêreldbeker-eindstryd teen Nieu-Seeland en dit duidelik gestel dit is hy teen die res van die wêreld.

Cruden leer by die ou hande

2011-10-19 09:58

Slim, nederig, taai.” Hiermee het die All Black-hulpafrigter Wayne Smith niks kwytgeraak wat nog nie vantevore oor Richie McCaw gesê is nie.

Hoskins, Watson loof Joubert

2011-10-17 14:30

Die president van Saru het Craig Joubert gelukgewens met sy aanstelling as blaser vir die WB-eindstryd tussen die All Blacks en Frankryk.

Hane ‘klakouse en bedorwe brokkies’

2011-10-17 09:33

Die Hane se afrigter, Marc Lievremont, het van sy spelers as “bedorwe brokkies” bestempel nadat hulle sy opdragte verontagsaam het.

Beker wink vir Kiwi’s

2011-10-17 07:05

Kalm bly, almal.” Dít is die vermaning van die All Black-afrigter, Graham Henry, nadat die Kiwi’s die Wallabies met 20-6 geklop het.

SA skeidsregter 'moet streng blaas' in WB-halfeind

2011-10-13 13:01

Die All Blacks se assistentafrigter het druk op Craig Joubert gesit om streng te blaas tydens die WB-halfeindronde teen die Wallabies.

Kiwi’s se vyand teen nuwe hoop

2011-10-13 11:18

Die Wallaby-losskakel Quade Cooper se astrantheid teenoor die All Black-kaptein Richie McCaw maak hom Nieu-Seeland se vyand nommer een.

Twyfel knaag, druk nou op All Blacks

2011-10-12 09:05

Die werklikheid van ’n WB-halfeindstryd begin aan die gunsteling vir die wêreldkroon, Nieu-Seeland, byt en dit is nie wat hy nou wou hê nie.

Geen bohaai oor halfeind, vra NS se breier

2011-10-10 15:02

Die All Black-breier Graham Henry het gesê 'n bohaai oor sy span se WB-halfeindronde teen Australië kan hul kanse op 'n oorwinning verminder.

Twee All Blacks in sop oor drinksessie

2011-10-08 23:00

Die All Black-sterre Cory Jane en Israel Dagg het, minder as 72 uur voor hul WB-kwarteindstryd teen Argentinië, 'n kwaai drinksessie in Takapuna gehad.

Poemas: 'Die wedstryd van ons lewe'

2011-10-04 13:12

Argentinië se rugbyspan besef dat hulle die 'wedstryd van hul lewe' moet speel as hulle die All Blacks wil wen in die WB-kwarteindstryd op Eden Park

WB verby vir Dan Carter

2011-10-01 23:23

Die All Blacks se WB-veldtog het 'n reuse-knou gekry met die nuus dat hulle sterspeler, Dan Carter, die res van die toernooi sal misloop.

Dit gaan nie goed met Lomu

2011-09-30 12:59

Die All Black-legende Jonah Lomu, wat tans in die hospitaal vir 'n nierkwaal behandel word, "is glad nie in 'n goeie toestand nie".

All Blacks wens Lomu sterkte toe

2011-09-29 08:26

Die All Blacks het die legendariese Kiwi-vleuel Jonah Lomu alle sterkte toegewens terwyl hy in ’n hospitaal in Auckland vir ’n nierkwaal behandel word.

All Blacks laat Hane bloos

2011-09-24 12:28

Die All Blacks het hul kragmeting teen Frankryk by die Edenpark-stadion in Auckland, Nieu-Seeland, met 37-17 gewen.

Groot kanonne pak Franse

2011-09-23 10:01

Die All Blacks sal hul swaargewigte, Richie McCaw en Dan Carter, in die Wêreldbeker-groepwedstryd teen Frankryk in Auckland inspan.

Nr. 9 in 10-trui teen Carter

2011-09-21 08:59

Die Fransman Morgan Parra is in ’n verrassing in die losskakel-posisie bo Francois Trinh-Duc vir die WB-kragmeting met die All Blacks gekies.

Haka ‘raak afgesaag’ – Div

2011-09-20 08:02

Die All Blacks se gevreesde haka is vinnig besig om by vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi sy impak en glans te verloor.

All Blacks verneder Japan

2011-09-16 13:45

Die All Blacks het dertien drieë teen Japan ingeryg in 'n eensydige Wêreldbeker-groepwedstryd by die Waikato-stadion in Hamilton.

WB: Rug kan Carter langs kantlyn hou

2011-09-14 09:24

Die All Black-losskakel Dan Carter gaan dalk Nieu-Seeland se Wêreldbeker-kragmeting met Japan weens ’n rugbesering misloop.

All Blacks wen, maar dis nie stormloop

2011-09-09 12:46

Die All Blacks het hul WB-openingswedstryd teen Tonga gewen, maar nie met 70 punte soos wat die beroepswedders gereken het nie.

WB open met Maori-skouspel

2011-09-09 10:21

Rugby se grootste skouspel is amptelik geopen verklaar met die Wêreldbeker-openingseremonie wat by Eden Park in Auckland plaasgevind het.

Snaakse gevoel voor 1ste stryd

2011-09-09 08:31

Die beroepswedders sien al hul eerste pak slae kom – en die Wêreldbeker-rugbytoernooi skop eers vandag in Auckland af.

Kiwi’s pak bul by horings voor WB

2011-09-06 08:43

Waar die Proteas die media vir die gebruik van die chokers-etiket verpes het, het die All Blacks erken hulle moes dieselfde spook begrawe.

Corey Jane bly by Hurricanes

2011-09-02 12:27

Die All Black-vleuel Corey Jane het bevestig dat hy sy kontrak met die Hurricanes hernu het vir aanstaande jaar se Super Rugby-seisoen.

Goeie én slegte nuus vir Kiwi’s

2011-08-31 07:02

Dit was ’n geval van soet én suur vir die All Blacks toe hul dokter die tyding oor hul twee beseerde losvoorspelers gebring het.

All Blacks swyg oor krankes

2011-08-30 08:32

Die All Black-groep vir die Wêreldbeker-toernooi is aan die buitewyke by die Ponsonby-rugbyklub amptelik in Auckland bekend gestel.

Sonny Bill sê eers ná WB oor nuwe kontrak

2011-08-29 11:07

Die All Black-ster Sonny Bill Williams het onthul dat hy eers ná die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland ‘n besluit oor sy rugby-toekoms gaan maak.

‘Het hulle dan al trofee gelig?’

2011-08-26 08:54

Die All Black-afrigter, Graham Henry, het die Wallabies ekstra motivering gegee voor die beslissende kragmeting in die Drienasies-rugbyreeks.

All Blacks kies 10 van wenspan

2011-08-25 09:27

Tien spelers wat deel was van die All Blacks wat die Wallabies in Auckland geklop het, begin ook in die beslissende toets in die Drienasies-reeks.

Bokke wys hulle kan teen All Blacks

2011-08-20 23:00
118 menings

'n Eerste wen in Port Elizabeth is die All Blacks steeds nie beskore nadat die Springbokke hulle in die Nelson Mandelabaai-stadion geklop het.

Fourie wil beter skop teen All Blacks

2011-08-19 09:19

Fourie du Preez het toegegee die Wallabies het sy geduld in verlede week se toets in Durban by die afbreekpunte beproef.

Só lyk All Blacks vir stryd in PE

2011-08-18 10:35

Die All Blacks het hul span aangekondig wat in die Drienasies-toets teen die Springbokke in Port Elizabeth uitdraf.

Kiwi's sê nee vir 'geen seks'-veldtog

2011-08-17 13:07

Die All Blacks bevind hulle midde 'n omstrede bemarkingsveldtog wat ondersteuners aanmoedig om 'nee te sê vir seks' tydens die Wêreldbeker.

WB: Dieregroep wil 'skaapstormloop' verban

2011-08-15 12:25

'n Diereregtegroep in Nieu-Seeland dring aan dat organiseerders van die Wêreldbeker-toernooi hul planne vir 'n 'skaapstormloop' laat vaar.

G’n verskoning, sê Butch

2011-08-15 09:27

Dit was moeilike omstandighede om in te skop, maar Butch James het geen verskonings omdat hy met ’n belangrike strafdoelpoging misluk het nie.

‘B’-Blacks op pad na die Baai

2011-08-13 09:38

Die Kiwi’s het bekend gemaak hulle sal volgende week sonder verskeie strydrosse teen die Bokke in Port Elizabeth speel.

All Black-toergroep: McCaw bly ook tuis

2011-08-12 11:10

Die breier van die All Blacks, Graham Henry, het sy toergroep vir die Drienasies-toets teen die Springbokke in Port Elizabeth bekendgemaak.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.