President Jacob Zuma het ‘n uitnodiging deur die president van Burundi, Pierre Nkurunziza, om dié land te besoek, aanvaar.
Anti-korrupsie-beamptes het een van Nigerië se magtigste politici, Dimeji Bankole, in hegtenis geneem vir beweerde verduistering van miljoene dollars.
Morgan Tsvangirai, Zimbabwe se eerste minister, het ‘n vergadering met Armando Guebuza, Mosambiek se president, gehad om Zimbabwe te bespreek.
Zimbabwe se Zanu-PF het bewerings dat pres. Robert Mugabe siek is en na 'n operasie in Maleisië aansterk as bespiegeling afgemaak.
Nigeriëse owerhede sê 'n voorval het plaasgevind by hul ambassade in die Ivoorkus, maar dis onseker of dit 'n doelgerigte aanval was.
Minstens vier mense is in die Ivoorkus se hoofstad dood toe troepe lojaal aan pres. Laurent Gbagbo losgebrand het op ’n optog.
Oudpres. Thabo Mbeki het daarin gefaal om die verkiesing-situasie tussen Laurent Gbagbo en die opposisieleier Alassane Ouattara te red.
'n Amptenaar van die Ivoorkus sê twee mense is dood te midde 'n vlaag van geweld wat kort na dié land se verkiesing uitgebreek het.
Vier uit die ses opposisiekandidate wat aan Burkina Faso se verkiesings deelgeneem het, sê hulle sal die uitslae verwerp.
Die VN het Nigerië se voormalige minister van gesondheid aangestel as die hoof van die organisasie se bevolkingsfonds.
Die Verenigde Nasies sê meer as 700 mans, vrouens en kinders is verkrag nadat Angola duisende mense na die DRK teruggestuur het.
Regslui van die ses amptenare van diamantmyne wat in Zimbabwe aangehou word weens 'n bedrogklag, meen hulle is verkeerdelik onder arres.
Die vermeende Nigeriese rebelleleier Henry Okah het in die Johannesburgse landroshof verskyn vir sy borgtogverhoor.
Lande noord van die Saharawoestyn het aangekondig hulle gaan smokkelaars inspan om op die spoor te klim van Al-Kaïda lede.
Botswana se minister van verdediging en neef van pres. Ian Khama, Ramadeluka Seretse, het bedank ná hy van korrupsie verdink is.
Seini Oumarou, voormalige premier van Nigerië en drie ander gewese beamptes wat van geldverduistering verdink word, is op borgtog vrygelaat
Die seuns van die die gewese Kongolese leier Patrice Lumumba het aangekondig dat hulle 12 Belge van oorlogmisdade gaan aankla.
Die president van Soedan sê hy sal ‘n goeie verhouding met die Weste hê ten spyte van die aanklagte wat teen hom gemaak is.
'n Voormalige militaris van die Niger-delta meen Goodluck Jonathan is die beste persoon om die krisis in Nigerië op te los.
Pres. Umaru Yar’Adua van Nigerië is skaars dood of twee voormalige presidente is kandidate vir die volgende presidentsverkiesing in 2011.
Frankryk sal ‘n ‘vernuwingsberaad’ vir sy voormalige kolonies in Afrika hou om sy verhouding met hierdie lande te verbeter.
Twee Christen-plaaswerkers is vermoor en twee ander is vermis, in die mees onlangse aanvalle - vermoedelik deur die Moslem Fulani-stam.
Burundi se weermag is in ‘n krisis wat daartoe kan lei dat dié land in die duister gedompel word, slegs twee maande voor die verkiesing.
Pres. Jacob Zuma se eerste dag van gesprekke met Zimbabwe se mededingende leiers was ‘bemoedigend’, het sy woordvoerder gesê.
Sierra Leone het sy minister van vissery geskors - die derde minister in vier maande wat in die pad gesteek word in ‘n teen-korrupsieveldtog.
Pres. Hosni Mubarak van Egipte, wat tien dae gelede ‘n operasie ondergaan het, herstel goed en kan al loop en eet, het ‘n woordvoerder gesê.
Honderde vroue het hulself na Nigerië se hoofstad, Abuja se strate gewend uit protes teen die afgelope week se bloedbad naby die stad Jos.
Opposisiepartye in Togo, wat vandeesweek stembus toe is, beweer daar was onreëlmatighede in die presidensiële verkiesing.
Desmond Tutu en ander prominente vredemakers het ‘n beroep op die voorsitter van die Afrika-vredesforum gedoen om te bedank.
Een van Liberië se mees berugte krygshere, Prince Johnson, sê hy is van plan om deel te neem aan die komende verkiesing.
‘n Paar dae nadat vier militante vegters uit die tronk bevry is, het Al-Kaïda se Noord-Afrika-vleuel in Mali ‘n Franse gyselaar laat gaan.
Nicolas Sarkozy is van plan om die week ‘n diplomatieke besoek aan Rwanda af te lê in ‘n poging om Frankryk se verhouding met dié land te herstel.
President Robert Mugabe het ‘n wet dat net swart mense besighede in Zimbabwe mag beheer verdedig en gesê besighede is geregtelik hulle s’n.
Soedan se vorige leier het pres. Omar al-Bashir daarvan aangekla dat hy Islam besmet en hy glo dat daar nou geweld kan uitbreek.
Zimbabwe se staatsamptenare beplan ‘n staking en gaan hul protes verskerp as die regering nie aan hul versoeke gehoor gee nie.
Die adjunk-president van Nigerië, Goodluck Jonathan gaan die land se leisels oorneem en hopelik Nigerië se krisis oplos.
Botswana het ’n ultimatum aan Zimbabwe gestel om sy verdedigings- en intelligensie-attachés aan die land binne die volgende 24 dae te onttrek.
Angola se pres. Dos Santos het sy nuwe kabinet aangekondig, en sal tot 2012 dié posisie beklee ná die land se grondwet onlangs verander is.
Die internasionale strafhof het beslis dat volksmoord by die lys beweerde oorlogsmisdade van Soedan se pres. Omar al-Bashir gevoeg sal word.
Familie van die vorige Rwandese president Juvenal Habyarimana sê sy sluipmoord is nie deeglik ondersoek nie, en blameer steeds Tutsi-rebelle.
Die Suid-Afrikaanse en Australiese ministers van buitelandse sake het gesê hulle wil graag saam werk aan projekte om Zimbabwe te herbou.
Owerhede sê inwoners van Jos en ander dorpe in die Plateau-staat van Nigerië se lewens is stelselmatig besig om na normaal terug te keer.
’n Getuie in die verhoor van Roy Bennett, die Zimbabwiër wat van terrorisme aangekla word, is besig om ’n kopseer vir die staat te word.
Nestlé het besluit om sy sake in Zim op te skort ná dreigemente omdat hy nie meer melk van ’n plaas van die Mugabe-familie gebruik nie.
Bingu wa Mutharika, die president van Malawi, het sy besoek aan die Statebond se spitsberaad gekanselleer om geld te spaar.
Die VSA is “erg bekommerd” oor berigte dat soldate in Guinee wat deur die junta-regering ondersteun word, deur SA opgelei word.
Die terrorisme-saak van Roy Bennett, ‘n top assistent van Zimbabwe se eerste minister Morgan Tsvangirai, is uitgestel.
Roy Bennett se verhoor, wat aanleiding gegee het tot Morgan Tsvangirai se besluit om van Zim se regering te onttrek, word hervat.
Die appèlhof in Niger het ‘n verklaring uitgestuur waarin hulle aangedring het dat 'n joernalis dadelik vrygelaat moet word.
Botswana gaan vandag stembusse toe waar president Ian Hama se regerende party na verwagting herverkies sal word.
Die adjunk-president van Botswana het laat blyk dat hy en sy regering keelvol raak vir die eindelose politieke krisis in Zimbabwe.
Nigerië se twee vernaamste opposisiepartye probeer 'n alliansie stig om pres. Goodluck Jonathan te ontsetel tydens die verkiesing.
Pres. Goodluck Jonathan van Nigerië het belowe hy sal ‘n land regeer wat nie teen enige individueel of groep sal diskrimineer nie.
Frankryk het gister sy burgers in die Ivoorkus aangeraai om dié land te verlaat te midde van vrese dat ’n burgeroorlog kan uitbreek.
Robert Mugabe se vrou eis sowat R105 miljoen van ’n koerant oor ’n WikiLeaks-berig dat sy geld uit onwettige diamante gemaak het.
Die MDC het laat weet die party is teleurgesteld deur die Zimbabwiese regering omdat hulle nie hul vlugtelinge help nie.
Ondersteuners van die Muslim Brotherhood, wat kla oor bedrog tydens die afgelope verkiesings in Egipte, is steeds aan 't betoog.
Die Verenigde Nasies gaan hul vredesmagte in die Ivoorkus uitbrei voor die land se komende verkiesings.
Duisende verkiesings- en polisiebeamptes gaan by 112 spesiale stempunte in die land hul kruisies vir nuwe streek- en plaaslike owerhede trek.
Nigerië se weermag het gesorg vir die vrylating van 19 gyselaars wat deur militante in die Niger Delta gevangene gehou is.
Namibiese nooddienswerkers is aangerand om te verhoed dat 'n regeringbeampte, Andrew Ndishishi, se bloedalkoholvlakke getoets word.
Die hoogste hof in Frankryk het 'n ondersoek goedgekeur wat gemik is op drie Afrika-leiers wat belange in dié Europese land het.
Gewapende mans op motorfietse het ‘n polisiebeampte doodgeskiet waar hy by ‘n kommissaris se huis in die noorde van Nigerië wag gehou het.
Muammar Gaddafi, leier van Liberië, se seun het uitgevaar teen hierdie land se regering tydens 'n besoek aan China.
Rebelle het minstens 32 mense, waarvan sowat 6 parlementslede, in ‘n hotel in Mogadisjoe doodgeskiet voordat hulle hulself opgeblaas het.
Die omstrede leier van Ekwatoriaal-Guinee, pres. Teodoro Obiang Nguema, het aantygings van brutaliteit ontken en hom verbind tot veranderings in sy land.
Minstens ses mense is dood in gevegte tussen motorfiets-taxibestuurders en die polisie in Jos, Nigerië te midde geloofsgevegte.
Stemlokale in Ethiopië het gesluit nadat die land se mense vir die eerste keer sedert 2005 aan 'n verkiesing deelgeneem het.
Islamitiese rebelle het Somalië se parlement aangeval nadat die land se regeerders vir die eerste keer bymekaargekom het.
Goodluck Jonathan, Nigerië se waarnemende president, is amptelik as die land se president ingesweer nadat pres. Umaru Yar'Adua oorlede is.
Die Suid-Afrikaners wat in Soedan gyselaar gehou word sal glo vrygelaat word sodra die uitslae van die verkiesings bekend is.
Die Kongolese regering en VN-vredestroepe het beheer van die lughawe by Mbandaka teruggeneem ná plaaslike militia dié lughawe oorgeneem het.
‘n Rwandese opposisieleier staar ‘n polisie-ondersoek in die gesig nadat sy kommentaar gelewer het oor die 1994-volksmoord.
Elf mense is in ‘n aanval dood in ‘n vallei naby die sentrale stad van Jos, ‘n streek waar honderde mense reeds vanjaar gesterf het.
Daar is niks wat die geweld in Nigerië sal kan stop nie, tensy die bevolking in Christen- en Moslemstate verdeel word, meen Libië se leier.
Charles Taylor, gewese president van Liberië wat in Den Haag verhoor word vir oorlogsmisdade, se vrou het aan 'n babameisie geboorte geskenk.
Een van Rwanda se top-diplomate het gesê hulle het druk op Suid-Afrika geplaas om ‘n generaal uit te lewer wat glo in die land skuil.
Die Demokratiese Republiek van die Kongo en die Verenigde Nasies het begin om die onttrekking van die VN se vredesmag te bespreek.
Nicolas Sarkozy het erken dat Frankryk en ander lede van die internasionale gemeenskap “foute” begaan het tydens die volksmoord in Rwanda.
Nigerië se adjunk-president, Goodluck Jonathan, sal aanhou om as president op te tree terwyl die land se president sy gesondheid herwin.
China het Zimbabwe ingelig dat hy nie enige verdere lenings uit Beijing moet verwag totdat hy nie sy bestaande skuld betaal het nie.
President Omar al-Bashir van Soedan is veronderstel om dié week ‘n voorlopige skietstilstand-ooreenkoms met rebelle in Darfoer te onderteken.
Soldate het pres. Mamadou Tandja van Niger na 'n onbekende bestemming weggeneem en verskeie amptenare verkeer dalk in aanhouding.
Die Ivoorkus se regering het 'n wetvoorstel geskrap wat daarop gemik was om sekere buitelandse kiesers van die stemrol te verwyder.
Volgens die VN word daar ongeveer 160 vroue elke week in die Kongo se onstabiele Noord- en Suid-Kivu provinsies verkrag.
Volgens die MDC is ‘n nuwe verkiesing die enigste oplossing vir Zimbabwe, maar Zanu-PF vertraag glo die nodige prosedures.
'n Rwandese amptenaar wat onlangs 'n debat ontketen het met haar omstrede kommentaar oor die 1994-volksmoorde in dié land, is aangeval.
Nigeriese ministers is besig om onrustig te raak nadat hul president nou al twee maande lank gehospitaaliseer is vir 'n hartkwaal.
Samewerking teen Al-Kaïda en die bevordering van eenheid in Soedan is beide kwessies wat by die 14de Afrika-unie sametrek bespreek is.
Die VSA sê die Keniaanse koalisie-regering moet gou optree, of voorberei vir meer geweld teen die volgende presidensiële verkiesing in 2012.
Nigeriese polisie sê die dodetal ná Moslem-Christen geweld in die sentrale dele van die land is nader aan 300, en nie soveel as 500 nie.
Belgiese wetenskaplikes sê die meerderheid sterftes in die Darfur-distrik in Soedan, is as gevolg van siektes, nie voortdurende konflik nie.
Robert Mugabe meen Zimbabwe sien "vreeslik baie vordering" onder die nuwe regering, al het Nestlé hul bedrywighede in die land gestaak.
Die president van die Ivoorkus het gesê Frankryk sit agter die gepoogde staatsgreep van 2002 wat die land verdeel het.
Frankryk het joernaliste geprys vir hul moed om te veg teen ‘n Soedanese wet wat vrouens verbied om broeke te dra.
Rwandanese Hutu-rebelle het uitgevaar teen die ingehtenisnemings van hul twee leiers, en gesê hulle is glo onredelik behandel.
Verskeie ministers van buitelandse sake van Afrika het China se belofte om amper R80 miljard aan Afrika te leen, verwelkom.
‘n Hof het die seun van wyle Jacques Mitterand én ‘n eks-minister skuldig bevind aan grootskaalse wapensmokkelary.
Die Franse regering het sy land se inwoners wat tans in Guinee bly of besoek, versoek om die land weens geweld te verlaat.
China het bewerings ontken dat hulle miljarde dollars in Guinee gaan inploeg om te help met die befondsing van projekte.