SA het die Nigeriese regering om verskoning gevra nadat ’n diplomatieke storm oor die deportasie van 125 Nigeriërs losgebars het.
Morgan Tsvangirai, Zimbabwiese eerste minister, eis ‘n skeiding van president Robert Mugabe, sy kollega in die regering van nasionale eenheid.
Suid-Afrika se besluit om ’n vlootskip na die Ivoorkus te ontplooi bemoeilik pogings om die presidensiële magstryd op te los, meen Ecowas.
Omar al-Bashir, Soedan se president, het gesê dat Khartoem die uitslag van die referendum oor die suide se onafhanklikheid aanvaar het.
Die land se 6,7 miljoen stemmers sal Maandag ‘n burgerlike president aanwys en militêre mag beëindig te midde Al-Qaeda-dreigemente.
Egiptiese president Hosni Mubarak het in ‘n televisie-onderhoud die eise van Egiptiese betogers erken, maar onluste veroordeel.
Die geraas van vegvliegtuie het min gehelp om duisende Egiptiese betogers ná die aanvang van 'n klokreël in die middestad uiteen te jaag.
Tunisië se ministerie van justisie het ‘n internasionale lasbrief vir die uitgedrewe president van dié land se inhegtenisneming uitgereik.
Die VN bepaal Kongolese soldate het 67 vroue in twee voorvalle verkrag, waaronder twee swanger vroue en ‘n tienermeisie.
Die verslane Ivoorkus-leier Laurent Gbagbo se vondse in die Europese Unie is geblok en Switserland het nou ook sy se bates daar gevries.
Na die aankondiging van verbeterde sekuriteitstoestande kan Tunisiërs soggens vroeër hul huise verlaat na ‘n versagting van die klokreël tydens onluste.
Alassane Ouattara weier ‘n magsdelingsooreenkoms met die land se verslane leier Laurent Gbagbo, maar Gbagbo wil steeds nie as president bedank nie.
Die Tunisiese regering het ‘n klokreël ingestel tydens onluste wat so veel as 50 burgers in die hoofstad Tunis dood gelaat het.
Jean-Bédel Bokassa se luukse Franse chateau is in Versailles opgeveil. Die wins gaan aan meer as 50 van die oorlede diktator se erfgename.
Hernude geweld het in ‘n voorstad van die Tunisiese hoofstad, Tunis, uitgebreek en polisie moes glo skote in die lug vuur om betogers uiteen te jaag.
Die ure waartydens Suid-Soedannese burgers sal kan stem in 'n referendum wat die area die land se jongste nasie sal maak, is verleng.
Drie Afrika-leiers het die voormalige president van die Ivoorkus, Laurent Gbagbo, met geweld gedreig as hy nie uittree nie.
Groter streeksintegrasie deur Suid-Afrika en Namibië was hoog op die agenda van die elfde jaarlikse wedersydse ekonomiese beraad.
Die VN het ‘n beroep op Kenia gedoen om nie sowat 8 000 vlugteling op die grens met Somalië terug te pos na hierdie land nie.
President Jacob Zuma het teruggekeer van ‘n staatsbesoek aan Egipte met sewe bilaterale ooreenkomste wat in Kaïro geteken is.
Pres. Jacob Zuma het vir die tweede keer in twee dae hier gepleit vir die opheffing van die sanksies teen Zimbabwiese leiers, maar sonder sukses.
Namibiërs se lang wag om uit te vind of die parlementêre verkiesings inderdaad van ernstige ongerymdhede deurspek was, is hervat.
Goodluck Jonathan, Nigerië se president, het amptelik aangekondig dat hy aan dié land se verkiesing in 2011 sal deelneem.
‘n Ontploffing het glo die hoofstad van Rwanda geruk slegs twee dae nadat pres. Paul Kagame weer as leier van die land ingestem is.
Die stembusse in Rwanda het gesluit en President Paul Kagame sal glo na verwagting 'n oorweldigende meerderheid behaal.
Zanu-PF sê daar is geen rede vir Zimbabwe om nie in 2011 te stem nie, maar die aanvraag vir regverdige verkiesings kan glo dié proses hinder.
Pres. Joseph Kabila het ‘n beroep gedoen op burgerlikes vir ‘n “morele revolusie” in die Demokratiese Republiek van die Kongo.
Raila Odinga (65), Kenia se eerste minister, is in die hospitaal opgeneem en sterk aan vanweë uitputting, sê ‘n woordvoerder.
Frankryk sal hul militêre teenwoordigheid in Afrika-lande wat dit só verlang, behou, het Brice Hortefeux gesê.
SA kan ‘n tweede Zimbabwe word, met omstrede uitsprake en 'n regering wat homself nie daarteen uitspreek nie, sê Zimbabwe se boerevereniging, CFU.
President Umaru Yar’Adua, wat drie maande in Saudi Arabië vir mediese behandeling spandeer het, is weer terug by die huis.
Een van twee Switserse sakemanne wat te midde ‘n diplomatieke twis by die Switserse ambassade geskuil het, is na ‘n tronk verplaas.
Die Ivoorkus se president Laurent Gbagbo het sy hele kabinet ontbind en sy verkiesingskomitee afgedank as gevolg van beweerde bedrog.
Mosambiek se president, Armando Guebuza, sal in sy amp bly ná 'n oortuigende oorwinning in die land se verkiesing.
Malam Bacai Sanha is as die nuwe president van Guinee-Bissau ingesweer, ses maande ná die vorige president doodgemaak is.
In voorbereiding van die land se verkiesings in Augustus het Gaboen se premier sy nuwe kabinet aangekondig.
Morgan Tsvangirai, eerste minister van Zimbabwe, staar arrestasie in die gesig oor minagting van die hof na hy 'n beslissing veroordeel het.
Ondersteuners van Alassane Ouattara van die Ivoorkus het op pres. Jacob Zuma toegesak tydens sy besoek aan die beleerde land.
Zimbabwe se eerste minister, Arthur Mutambara, sê hy weier om uit sy pos te bedank al is dit wat sy eie party wil hê.
Die getal vlugtelinge mag dramaties groei te midde van die uitbreek van cholera en die magstryd tussen Laurent Gbagbo en Alassane Ouattara.
Pres. Hosni Mubarak het ‘n nuwe spioenhoof aangestel na Omar Suleiman se aanstelling as eerste adjunkpresident in Mubarak se 30 jaar bewind.
Die Wes-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (Ecowas) weier om die Ivoorkus se verslane leier, Laurent Gbagbo, te erken en sal weer probeer om hom vreedsaam te verwyder.
Betogers in Tunisië het vir die vyfde agtereenvolgende dag buite die kantoor van die premier betoog om op ‘n nuwe regering aan te dring.
Voorlopige resultate toon sowat 99% van kiesers in dié land het gestem vir onafhanklikheid en hulle sal nie oor afskeiding rou nie.
Stemmers in een van die armste lande ter wêreld het in 'n presidensiële verkiesing gestem in 'n proses wat meestal vreedsaam verloop het.
Keniaanse premier Raila Odinga arriveer binnekort namens die Afrika-unie vir ‘n nuwe ronde van bemiddeling tydens die Ivoorkus-krisis.
Optogte dreig nou ook in Senegal waar hoë lewenskostes landsburgers se kwaad stook. Onluste om dieselfde rede duur voort.
Zine al-Abidine Ben Ali het na onluste in die land aangekondig hy sal nie nog ‘n termyn as president in 2014 soek nie.
Die hoë opkoms van die sowat vier miljoen Suid-Soedannese kiesers beteken die resultaat van die stemming sal geldig verklaar word.
Switserse polisie soek getuies na ‘n poging om die Tunisiese ambassade in Bern vroegoggend aan die brand te steek.
Alle skole en universiteite in Tunisiëis gesluit na studentebetogings in die hoofstad, Tunis, word berig.
Pres. Bingu wa Mutharika van Malawi het die land se omstrede minister van verdediging afgedank, en sal nou self dié portefeulte behartig.
Raila Odinga, Kenia se premier, het tydens ‘n samekoms gesê homoseksuele mense hier kan in hegtenis geneem word.
Die Ivoorkus sal weer stem nadat geen presidensiële kandidaat in die eerste verkiesing 'n beslissende meerderheid kon kry nie.
Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die VN, het ‘n beroep gedoen op presidensiële kandidate in die Ivoorkus om vrede te handhaaf.
Niger se voormalige intelligensiehoof, Seini Chekaraou, is in hegtenis geneem oor 'n beweerde "poging om die regime te destabiliseer."
Sowat 500 ekstra internasionale troepe sal na die Ivoorkus gestuur word vir die eerste verkiesings sedert die onrus hier.
Die kongres van die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) het die deur vir sy sekretaris-generaal, Bro Joseph Hengari, gewys.
Nigerië sal glo drie nuwe straalvliegtuie vir pres. Goodluck Jonathan koop alhoewel daar miljarde gevra word om voldoende elektrisiteit te verskaf.
Die datum vir die presidensiële verkiesing in die DRK is vasgestel maar opposisie partye het dit as ongrondwetlik bestempel.
Chad het gesê hy sal pres. Omar Al-Bashir van Soedan nie in hegtenis neem nie, al het die internasionale strafhof dit versoek.
Pres. Jacob Zuma het sy ampsbesoek aan Libië afgesluit nadat hy met die Libiese leier, Moeammar Ghadaffi, vergader het.
Kenneth Kaunda, Zambië se eerste president, hou vol dat hy nie ‘n diktator was nie, selfs al vas hy vir 27 jaar lank aan bewind.
Pres. Robert Mugabe het 'n beroep teen geweld in Zimbabwe gedoen, die eerste sedert die begin van die land se stormagtige politieke situasie.
Die grootste politieke party in Soedan het aangekondig dat hulle nié van plan is om deel te neem aan die komende verkiesing nie.
‘n “Noemenswaardige aantal” Nigeriese polisiebeamptes is in hegtenis geneem vir die wederregtelike teregstelling van lede van 'n sekte.
Uganda het nog nie genoeg gedoen om te verseker dat hul 2011 verkiesing vry en regverdig sal wees nie, het die ambassadeur van die EU gesê.
Die Ivoorkus sal na verwagting dié week ‘n nuwe regering aankondig wat hopelik geweldadige protesoptogte tot ‘n einde sal bring.
Zimbabwe se president en leier van Zanu-PF, Robert Mugabe, sê interne skeidings het dié party sy parlementêre meerderheid gekos.
Sewentien mense is dood en 58 beseer tydens verskeie skietgevegte tussen rebelle en Afrika-vredestroepe in Mogadisjoe.
Suid-Afrika sal nie huiwer om wetik op te tree teenoor die president van Soedan wat 'n internasionale inhegtenisname in die gesig staar nie.
Vir die eerste keer in meer as 10 jaar het dié twee buurlande bande gesmee toe Rwanda die nuwe ambassadeur vir die DRK in Kigali verwelkom het.