Die Italiaanse regering het ‘n noodtoestand verklaar in die noordelike streek van Emilia Romagna, wat deur ‘n aardbewing getref is.
Naskokke het die noordelike Italiaanse streek van Emilia Romagna getref met die twee grootstes wat 3.7 en 3.6 gemeet het.
Drie mense het gesterf en minstens 50 is beseer toe ‘n sterk aardbewing die noorde van Italië geskud het, het reddingswerkers gesê.
'n Sterk aardbewing van 6,2 het Chili se suidelike kus getref maar volgens owerhede was dit nie op land gevoel nie.
Twee aardbewings van 5,9 het langs die grens van Peru en Chili voorgekom, het die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) berig.
‘n Aardbewing wat 5,1 gemeet het, het die weste van Turkye geruk, maar daar was geen onmiddellike nuus oor sterftes of beserings nie.
'n Aardbewing van 5,0 het Algerië se Chlef-streek, sowat 200 km wes van Algiers, getref. Geen beserings of skade is sover aangemeld nie.
'n Aardbewing van 7,0 het die noordooste van Papoea-Nieu-Guinee getref, het die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) gesê.
'n Tydelike katedraal van karton sal in Christchurch gebou word om die gebou wat in verlede jaar se aardbewings vernietig is, te vervang.
‘n Matige aardbewing wat 5.9 gemeet het, het in die vroeë oggendure die Sunda-seestraat in Indonesië geruk, het die USGS gesê.
Indonesiese amptenare het gevangenes wat tydens ‘n reuse-aardbewing ontsnap het gewaarsku dat hulle nie hul inhegtenisname moet weerstaan nie.
Vyf mense is dood en minstens sewe beseer nadat reuse aardbewings op Indonesië se Sumatra-eiland voorgekom het, het beamptes gesê.
Amerikaanse seismoloë het die omgewings wat moontlik deur 'n tsoenami geraak kan word verminder nadat 'n aardbewing Indonesië getref het.
'n Kragtige naskok van 8,2 het Aceh, 'n streek van Indonesië op die noordelike punt van die eiland Sumatra, getref.
'n Tsoenami-waarskuwing is in 28 lande uitgereik nadat 'n aardbewing van 8,7 Aceh, 'n streek van Indonesië, getref het.
Twee jaar nadat Port-au-Prince deur ’n massiewe aardbewing geskud is, woon meer as ’n halfmiljoen inwoners steeds in tydelike skuilings.
Die grootste aardbewing in 15 jaar het Australië getref, maar geen skade is aangemeld nie, het seismoloë hier gesê.
'n Aardbewing van 5.9 het die suidelike deel van die Filippyne getref en 'n stormloop veroorsaak waarin 23 mense beseer is.
'n Kragtige aardbewing het die noorde van Japan geruk en 'n tsoenami-waarskuwing is vir die streek uitgereik.
Minstens agt mense is beseer toe ‘n aardbewing wat 5.2 gemeet het provinsies in die sentrale streek en die ooste van die Filippyne geruk het.
Net minder as 500 000 Haïtiane, ‘n derde van die bevolking wat na die 2010-aardbewing in Haïti haweloos gelaat is, woon steeds in kampe.
‘n Aardbewing wat 5.9 gemeet het, het paniekbevange mense in die strate van Taiwan se tweede grootse stad, Kaohsiung, laat invaar/
'n Aardbewing van 5.8 het die sentrale sowel as die suidelike deel van Costa Rica getref. Geen skade is sover aangemeld nie.
Reddingswerkers in die Filippyne het na minstens 71 mense gesoek wat moontlik in grondverskuiwings ná 'n aardbewing omgekom het.
Minstens 43 mense is dood nadat 'n sterk aardbewing in sentraal-Filippyne getref het. Altesaam 29 mense is weens grondverksuiwings dood.
‘n Aardbewing wat 6.9 gemeet het, het naby die kus van die eiland Vanuatu plaasgevind, het die Amerikaanse geologiese opname gesê.
Wetenskaplikes het gewaarsku dat Haïti gereed moet wees vir nog aardbewings soortgelyk aan die een wat die land in 2010 in puin gelê het.
‘n Klein aardbewing het die Reggio Emilia-provinsie in Italië geruk en kon in Milan en Turin, in die noorde van Italië, gevoel word.
‘n Aardbewing wat 6.1 op die Richterskaal meet, het teen 'n diepte van 18 m die weskus van Nieu-Seeland se Suid-Eiland getref, het geoloë gesê.
Angsbevange mense in Indonesië het oornag die strate ingevaar nadat ’n aardbewing van 7,3-sterkte die weskus van Noord-Soematra geruk het.
Die nuutste aardbewings wat die stad Christchurch getref het, is “skrikwekkend en ontmoedigend” vir die inwoners, het John Key gesê.
‘n Aardbewing wat 7,3 op die Richterskaal geregistreer het, het Papoea-Nieu-Guinee getref, het die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) gesê.
Honderde huise is verwoes het talle ander beskadig toe ‘n matige aardbewing die noordweste van China getref het, het die regering gesê.
‘n Aardbewing wat 5.0 gemeet het, het die reeds geteisterde Van-provinsie in die ooste van Turkye getref. Niemand is beseer nie.
‘n Aardbewing het die eilandgroep Papoea-Nieu-Guinee in die Stille Oseaan getref, maar geen tsoenami-waarskuwing is uitgereik nie.
'n Aardbewing van 6.2 het die Boliviese binneland 60 km buite Trinidad getref. Geen skade of beserings is tot dusver geraporteer nie.
‘n Skudding wat 5.2 gemeet het, het die ooste van Japan getref, maar die Fukushima-kernaanleg wat in Maart beskadig is, is stabiel.
‘n Aardbewing wat 5.2 gemeet het, het die provinsie Van in Turkye getref, waar mense steeds in tente woon ná 'n vorige skudding.
Minstens 27 mense, insluitend twee Turkse joernaliste, is dood in 'n 5.6-sterkte aardbewing wat oostelike Turkye getref het.
Geboue het ineengestort toe Turkye vir die tweede keer in minder as 'n maand deur 'n aardbewing van 5.7 op die Richterskaal getref is.
‘n 5.2-sterkte-aardbewing het 16 mense beseer en talle geboue in die suide van die Filippyne beskadig, het amptenare in die land gesê.
‘n Matige 5.4-sterkte-aardbewing in China het verskeie huise beskadig of vernietig, maar geen beserings is tot dusver aangemeld nie.
Amptenare in Peru het gesê 134 huise is verwoes en 103 mense is by hospitale behandel vir beserings ná ‘n aardbewing wat die kus geruk het.
‘n Kragtige 6.9-aardbewing het langs die kus van Peru sowat 288 km buite Lima getref, het die Amerikaanse geologiese opname (USGS) gesê.
Turkye se ramp- en noodbestuurder sê die dodetal van verlede week se aardbewing in die provinsie Van het tot 570 gestyg.
Israel, wat 'n gespanne verhouding met Turkye het, het onmiddellik begin om noodvoorrade en opslaanhuise na die rampgebied te stuur.
Twee dae ná die aardbewing in Turkye was daar ’n sprankie hoop nadat ’n twee weke oue baba lewend uit die arms van haar ma gered is.
‘n Gebou van sewe verdiepings het in die stad Van in Turkye inmekaargetuimel twee dae na ‘n aardbewing die ooste van die land getref het.
Drie oorlewendes van die aardbewing in Turkye is onder ‘n hoop puin uitgehaal, een danksy ‘n noodoproep wat hy met sy selfoon gemaak het.
Pres. Jacob Zuma het sy meegevoel met Turkye uitgespreek nadat ‘n massiewe aardbewing die ooste van die land getref het.
'n Sterk aardbewing van 5.8 het die suidweste van Bulgarye se hoofstad Sofia getref. Geen sterftes is sover aangemeld nie.
Tot 3 000 mense is uit hul huise ontruim in die Emilia Romagna-streek in die noordooste van Italië, waar ‘n aardbewing van 6.0 getref het.
Drie mense het gesterf en minstens twee is beseer toe ‘n sterk aardbewing die noorde van Italië geskud het, het reddingswerkers gesê.
'n Aardbewing van 6.0 het Papoea Nieu-Guinee Woensdag getref, het die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) gesê.
'n Matige aardbewing het in die noordoostelike deel van Indië voorgekom maar daar was geen onmiddellike berigte van skade of sterftes nie.
'n Matige aardbewing het Suid-Kalifornië geruk, en selfs sommige geboue in die middestad van Los Angeles laat wieg.
Die Australiese hoofstad, Canberra, is Vrydagoggend geruk deur 'n klein aardbewing wat veroorsaak het dat vensters en eetgerei skud.
'n Kragtige aardbewing van 6,5 het sowat 116 km noordwes van die Chileense hoofstad, Santiago, plaasgevind, sê die USGS.
‘n Skudding wat 6.5 gemeet het, het langs die kus van die eiland Vanuatu in die Stille Oseaan voorgekom, het die USGS gesê.
Tien mense het in die reuse-aardbewing gesterf wat Indonesië se Sumatra-eiland getref het, het amptelike bronne gesê.
KFC in Thailand het om verskoning gevra nadat inwoners die maatskappy gekritiseer het oor 'n Facebook-boodskap tydens 'n tsoenami-waarskuwing.
Twee groot aardbewings het die westelike deel van Mexiko getref en geboue tot in die hoofstad geskud en mense uit hul kantore laat vlug het.
Die tsoenami-waarskuwing, wat vroeër uitgereik is, is vir meeste van die Indiese Oseaan opgehef, het die nuusagentskap APberig.
Verkeersopeenhopings, kragonderbrekings en wydverspreide paniek het gevolg op 'n tsoenami-waarskuwing ná 'n aardbewing in Indonesië.
'n Sterk aardbewing van 8,9 het Aceh, 'n streek van Indonesië op die noordelike punt van die eiland Sumatra, getref.
‘n Aardbewing wat 6.0 gemeet het, het die noordooste van Japan geskud, het die Amerikaanse Geologiese Opname gesê.
Pres. Barack Obama van die VSA se 13-jarige dogter, Malia, is nie beseer in ’n aardbewing in Mexiko nie, het die Withuis gesê.
'n Tweede aardbewing van 6.1 het die ooste van Tokio getref, maar geen tsoenami-waarskuwing is sover uitgereik nie, het beamptes gesê.
Wetenskaplikes het met ’n ondersoek begin om ’n eerste blik te kry van die kromgetrekte Japanse seebodem waar ’n reuse-aardbewing begin het.
‘n Sterk aardbewing, wat 6.1 gemeet het, het die noorde van Argentinië geruk, het Amerikaanse navorsers gesê.
’n Kragtige aardbewing met 'n sterkte van 6.8 het die suidweste van Siberië vir 'n tweede keer in twee maande getref.
'n Sterk aardbewing van 6.5 het die Solomon-eilande getref, maar daar was geen bedreiging van 'n wydverspreide skadelike tsoenami nie.
Oorlewendes van die aardbewing in sentraal-Fillipyne begin hoop verloor dat hul vermiste familielede lewend gevind sal word.
Reddingswerkers spook om vermistes op te spoor ná die sterk aardbewing wat die sentrale deel van die Filippyne getref het.
'n Kind is dood en 'n tsoenami-waarskuwing is uitgereik nadat 'n aardbewing en twee naskokke die Filippynse eiland Negros geruk het.
Minstens 60 mense het beserings opgedoen nadat 'n sterk aardbewing 'n gedeelte van die land naby die kus getref het, het beamptes gesê.
‘n Aardbewing wat 5.3 op die Richterskaal registreer het die suidelike Egeïese See-eilande geruk, maar het geen skade veroorsaak nie.
Japannese navorsers het gewaarsku daar is 'n 70% kans dat 'n aardbewing wat 7.0 op die Richterskaal weeg, Tokio kan tref.
‘n Matige aardbewing wat 5.9 gemeet het, het in die Molucca-see naby die ooste van Indonesië ontstaan, het geoloë gesê.
Altesaam 41 aardbewings is binne 24 uur in Nieu-Seeland se Canterbury-streek aangeteken, het ‘n plaaslike nuusbron berig.
Twee sterk aardbewings het Puerto Rico enkele minute na mekaar getref. Daar was geen onmiddellike berigte van skade nie.
'n Aardbewing wat 6,7 registreer, het Mexiko getref en skuddings is tot in Mexiko-stad gevoel, het die Amerikaanse Geologiese Opname gesê.
Navorsers in Brittanje het bevind diere het 'n manier om aardbewings vroegtydig aan te voel en dit kan die mens ook van die rampe help red.
Seismoloë sê ‘n aardbewing wat 6,0 gemeet het, het die Filippynse hoofeiland, Luzon, getref. Geen beserings is aangemeld nie.
Twee sterk aardbewings het Japan geskud. Geen skade is onmiddellik aangemeld nie en 'n tsoenami-waarskuwing is nie uitgereik nie.
Klein krake het in geboue ontstaan toe ‘n aardbewing wat 5.9 gemeet het, die grens tussen Mianmar en Indië getref het.
Die Moederstad lê op ’n verskuiwingslyn wat in 1908 ’n aardbewing veroorsaak het wat soortgelyk was aan die een wat Christchurch beleef het.
Talle paniekbevange mense het hul wonings ontruim ná ‘n sterk aardbewing onder die see naby die ooste van Indonesië.
Minstens sewe mense is dood en tientalle is steeds vasgekeer nadat ‘n aardbewing wat 5.7 gemeet het die ooste van Turkye geruk het.
‘n Aardbewing met ‘n voorlopige 6.8-sterkte-lesing het langs die kus van Japan se suidelike Okinawa-eiland getref, het amptenare gesê.
Vier mynwerkers is dood en 50 vasgekeer ná 'n rotsbank by 'n steenkoolmyn in China gebars het toe 'n aardbewing die gebied getref het.
Die Christchurch-katedraal gaan gedeeltelik afgebreek word in ‘n poging om die struktuur, wat deur ‘n kragtige aardbewing beskadig is, te versterk.
Reddingswerkers in die ooste van Turkye sal hul soektog na oorlewendes van die aardbewing aflas, het Besir Atalay, adjunk-premier, gesê.
'n Paar uur voor die verhoogde dodetal in Turkye aangekondig is, het reddingswerkers 'n seun vyf dae ná die aardbewing uit die puin gered.
Reddingswerkers het ‘n tiener lewendig onder die puin van ‘n gebou gered, vier dae nadat ‘n kragtige aardbewing Turkye geruk het.
Turkse reddingswerkers het ‘n universiteitstudent 61 uur ná ‘n verwoestende aardbewing uit die puin van ‘n woonstelblok bevry.
Twee dae ná die aardbewing is 'n baba onder 'n hoop puin uitgehaal, maar reddingswerkers sukkel nog om die kind se ma te red.
Honderde mense het omgekom en talle is beseer in die 7,2-sterkte-aardbewing wat die suidooste van Turkye geruk het.
Die dodetal ná 'n verwoestende aardbewing in die ooste van Turkye wat 7.3 gemeet het, staan nou op 217.
Die slagoffers van ’n kragtige aardbewing in Turkye het vanuit die puin van ineengestorte geboue opgeklink, het oorlewendes vertel.