Die Verenigde Nasies (VN) sal tydens ‘n konferensie met 10 lande vra dat miljarde geskenk word om te help met die herbouing van Haïti.
Die akteur Sean Penn is tans in Haïti saam met ‘n liefdadigheidsorganisasie wat hy op die been gebring het om burgerlikes uit te help.
Die akteur Sean Penn het twee mense in Haïti gered nadat hulle in ‘n gebou vasgevang was weens ‘n naskok van die aardbewing.
‘n Aardbewing van 4.7 op die Richterskaal het Haïti na bewering getref, het die Amerikaanse regering bekendgemaak.
Haïti het die nagedagtenis van sowat 200 000 mense herdenk, nadat hulle hul lewens ‘n maand terug in die dodelike aardbewing verloor het.
Haïti se regering het gesê dat die dodetal van verlede maande se aardbewing na 217 000 gestyg het, met 1.2 miljoen mense wat haweloos gelaat is.
Aardbewingslagoffers het in die hoofstad betoog teen ‘n burgemeester wat glo kosvoorrade opgaarder in plaas van uitdeel aan burgerlikes.
Haïti se parlementêre verkiesing is uitgestel tot ‘n “latere en onbekende datum” as gevolg van die verwoestende aardbewing.
Vrese vir ‘n gesondheidsramp heers in Haïti nadat ‘n toename in siektes onder oorlewendes in tydelike kampe aangemeld is, sê die WGO.
Misdadigers in Haïti het begin toesak op die kwesbare slagoffers van die aardbewing en selfs vroue begin verkrag.
Suid-Afrikaners het sowat R 756 000 ingesamel om Haïti te help nadat ‘n verwoestende aardbewing dié land getref het.
Jessica Simpson en die organisasie Soles4Souls samel geld in om skoene na die slagoffers van die aardbewing in Haïti te stuur.
Twee nuwe naskokke het Haïti, slegs twee weke na ‘n verwoestende aardbewing, wéér tot stilstand geruk, het AFP berig.
Volgens 'n plaaslike noodlenigingsgroep word selfs die reddingshonde wat in Haïti gebruik word glo baie depressief.
‘n Franse reddingspan het ‘n man lewend uit die puin in Haïti gehaal, 11 dae nadat ‘n dodelike aardbewing die stad getref het.
Die plaaslike polisie het ‘n man doodgeskiet nadat hy glo rys het gesteel het in die verwoeste hoofstad van Haïti.
Die tweede noodleniging-span van Suid-Afrika het in die hoofstad van Haïti aangekom ná ’n reis van nagenoeg 25 uur.
Agt dae ná die aardbewing, wat Haïti in ’n menslike treurspel omskep het, raak die tyd vir wonderwerke nou baie min.
Suid-Afrikaanse nooddienswerkers het vyf mense, insluitend ‘n 60-jarige vrou, vanuit die puin in Port-au-Prince, Haïti gered.
‘n Sterk naskok het Haïti omstreeks 13:03 (SA-tyd) geruk en paniek in die strate van die hoofstad van dié land veroorsaak.
‘n CNN-korrespondent en neurochirurg, Sanjay Gupta, moes glo ‘n breinoperasie op ‘n 12-jarige meisie in Haïti doen.
Volgens die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis (IKRK) is die situasie in Haïti ná 'n verwoestende aardbewing “katastrofies”.
“Ek sou in die portaal of stort van ’n hotel – wat vandag nie meer bestaan nie – gewees het,” het Theo Joubert van Durbanville gesê.
Hillary Clinton het ontredderde inwoners van Haïti die naweek getroos en verseker dat die VSA hulle sal bystaan.
Vrese het aan die lig gekom dat die dodetal weens die verwoestende aardbewing in Haïti tot 200 000 mense kan groei.
Die hoofstad van Haïti is slegs vier dae ná 'n noodlottige aardbewing getref het deur ‘n sterk naskok van 4.5 op die Richterskaal, geruk.
Twee Pretorianers wat vir die Verenigde Nasies in Haïti werk het waarskynlik aan die dood ontkom omdat die een die ander op die lughawe gaan haal het.
Ongeveer 300 000 mense is haweloos gelaat na die verwoestende aardbewing in Haïti, het die Verenigde Nasies gesê.
Desperate Haïtiane gebruik nou lyke om padblokkades in Port-au-Prince op te stel in protes vir hulp met die situasie in dié stad.
Die televisie-evangelis Pat Robertson sê rampe tref Haïti omdat die land vervloek is ná dit met die duiwel saamgesweer het.
Dramatiese nuwe beeldmateriaal van die nadraai van die verwoestende aardbewing in Haïti is deur die nuuskanaal CNN gebeeldsend.
Voorlopige beramings dui daarop dat tot 30 000 mense reeds in Haïti gesterf het nadat ’n aardbewing die land getref het.
Die twee gewese Amerikaanse press. Bill Clinton en George W. Bush het Haïti besoek om die land te verseker dat die wêreld nie van hulle vergeet het nie.
Twee maande ná die reuse-aarbewing in Haïti, staar inwoners wat in tentedorpe bly die risiko van vloede in die gesig.
Haïti het R38 miljoen op 50 000 tente uit China spandeer, maar benodig nog 150 000 om skuiling vir die bevolking te bied.
Haïti se president het gesê dit sal hulle drie jaar neem om die puin in al die strate van die hoofstad Port-Au-Prince op te tel.
Bejaardes in Haïti wat in tente kamp, lewe slegs op een maaltyd per dag wat bestaan uit rys en gedroogde boontjies.
Nóg ‘n man is lewendig in die puin van 'n mark in Haïti gevind, nadat 'n dodelike aardbewing op 12 Januarie dié stad getref het.
Leiers van die G7-lande het beloof om Haïti se skuld af te skryf nadat ’n verwoestende aardbewing dié land in puin gelaat het.
‘n Groep Amerikaners is deur polisie vasgekeer nadat hulle glo 30 kinders na Dominica probeer neem het om daar in ‘n weeshuis te plaas.
Kyk hier na 'n video van 'n reddingswerker van 'n Suid-Afrikaanse noodreddingspan wat vertel van sy ervaring in Haïti.
Bill Clinton het 'n versoek gerig om die ramp in Haïti te gebruik as ‘n geleentheid om die nasie van jare se armoede te verlig.
Franse reddingswerkers het 15 dae nadat ‘n aardbewing die hoofstad van Haïti getref het ‘n tienermeisie onder die puin uitgehaal.
Die Amerikaanse weermag het ‘n man van Haïti twee weke na die verwoestende aardbewing onder die puin uitgehaal.
‘n Telefoon-maraton wat as fondsinsameling vir die slagoffers van die aardbewing in Haïti gehou is, het miljoene ingebring.
Japan het Maandag omtrent R526 miljoen in bystand aan Japan beloof en beoog om 300 vredebewaarders na die VN in Haïti te stuur.
Die mees bevredigende oomblik in ’n leeftyd, is hoe 'n groep soek-en-reddingswerkers van SA in Haïiti die gevoel beskryf het om ’n persoon te red.
Die sewejarige seuntjie en sy suster wat ná sowat sewe dae onder die puin van hulle huis in Haïti gered is, lewe nou in armoede.
Werkers is besig om massagrafte teen ‘n heuwel noord van die hoofstad van Haïti te grawe vir duisende slagoffers van die aardbewing.
Reddingswerkers het na bewering ‘n drie weke oue baba meisie uit die puin van ‘n huis in Haïti gered, het ‘n Franse radiostasie berig.
In dié video vertel 'n CNN-verslaggewer hoe 'n naskok van 6.1 Haïti getref het terwyl hy besig was om gereed te maak vir 'n nuusuitsending.
‘n Bejaarde vrou is sowat ‘n week nadat ‘n verwoestende aardbewing Haïti getref het, lewend onder die puin van 'n kerk gevind.
Die situasie in Haïti na die verwoestende aardbewing is katastrofaal, het die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis gesê.
Die hartverskeurende gille van ‘n jong meisie het deur ‘n tydelike hospitaal in Haïti weergalm toe haar hand sonder verdowing geamputeer is.
Die Hope for Haiti-konsert, wat fondsinsameling vir dié rampgeteisterde eiland, gaan optredes deur Bono en Sting insluit.
Met temperature van 30°C bedags terwyl vasgekeerdes nie water het om te drink nie, taan die hoop dat nog lewendes gevind sal word.
Meer as 25 000 liggame van slagoffers wat in die dodelike aardbewing in Haïti gesterf het, is reeds bymekaargemaak en begrawe.
Die Verenigde Nasie sê die aardbewing wat vroeër dié week Haiti geruk het is een van die ergste rampe wat dié organisasie nog gesien het.
’n Sportmotor wat ’n geheimsinnige weldoener aan motorwagte geskenk het, word nou gebruik om geld in te samel vir slagoffers in Haïti.
Die Verenigde Nasies (VN) se stoorkamer vir voedselvoorrade in Haïti is beroof het die wêreldvoedselprogram (WVP) gesê.
Oorlewendes van die verwoestende aardbewing in Haïti moes gisternag saam met die lyke in die hoofstad se strate geslaap.
Oprah Winfrey, Brad Pitt en Angelina Jolie is van die bekendes wat hul steun aan die oorlewendes van die aardbewing in Haïti gegee het.
Hartverskeurende foto’s van die dodelike aardbewing wat Haïti getref het, is vinnig deur die mikroblog Twitter versprei.
Haïti is in chaos gedompel nadat ’n verwoestende aardbewing, wat 7 op die Richterskaal gemeet het, die land getref het.