Minstens 47 mense is dood nadat Siriese magte woonbuurte in die sentrale provinsie van Homs aangeval het, het aktiviste gesê.
'n Kragtige ontploffing gevolg deur 'n skietery het die polisiekantoor in Kano, in die noorde van Nigerië geruk, het die polisie gesê.
Agt buitelanders van Zimbabwe en Malawi is in Doornkuil in ‘n aanval beseer, het die nooddienste in Johannesburg gesê.
'n Swanger vrou en 'n 20-jarige man is deur 'n luiperd aangeval nadat die dier in een van Indië se woonbuurte rondgedwaal het.
Ses soldate van Pakistan en 17 Taliban-militante is dood in 'n aanval wat naby aan die grens met Afganistan gebeur het, het beamptes gesê.
'n Vierjarige meisie het ernstige kopbeserings opgedoen nadat die familiehond haar by hul huis in Melbourne aangeval het.
Die huise van twee Ngwathe-munisipale beamptes in Parys is in petrolbom-aanvalle beskadig, het die polisie gesê.
Minstens nege mense het gesterf toe gewapende mans ‘n dorp in die noorde van Nigerië aangeval het, het ‘n tradisionele leier gesê.
Die Nigeriese regering het 'n aandklokreël in Kano aangekondig ná 'n vlaag aanvalle deur die radikale Islamitiese sekte, Boko Haram.
’n Bejaarde vrou van Bronkhorstspruit wie se gesondheid erg versleg het nadat twee rowers haar in die gesig geslaan het, is oorlede.
Al-Shabaab, ‘n militante groep in Somalië, hou Keniane as gyselaars aan na ‘n aanval in die noorde van Kenia waartydens ses mense dood is.
Honderde Nigeriese soldate het op ‘n stad in die noorde van die land toegesak nadat ‘n groep jongmense in die stad amok gemaak het.
Boko Haram, ‘n militante Islamitiese groep, het verantwoordelikheid geneem vir ‘n aanval op ‘n kroeg in Potiskum in die noorde van Nigerië.
Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die VN, het ‘n vergadering met Olugbenga Ashiru, die Nigeriese minister van verdediging, gehad.
Aanvallers het ‘n gedeelte van ‘n moskee-kompleks in die suidelike Nigeriese stad Benin aan die brand gesteek en verwoesting gesaai.
Minstens 26 mense is dood tydens twee aanvalle deur Rwandese Hutu-rebelle in die ooste van die DRK, het ‘n beampte van die weermag gesê.
’n Prokureur het die naweek in die hospitaal deurgebring nadat hy vroegoggend by sy vrou se gastehuis in dié stad deur twee gaste aangeval is.
Minstens 50 mense is dood in gevegte tussen twee buurgemeenskappe in Nigerië se suidoostelike Ebonyi-staat, het ‘n woordvoerder gesê.
Drie rowers het hul moses teëgekom toe hulle hulle in ’n aanval op ’n hoewe in ’n muur van verset deur hul slagoffers vasgeloop het.
‘n Man word deur die polisie ondervra nadat ‘n vrou doodgebrand het in ‘n hysbak nadat sy in haar woonstelblok in New York aangeval is.
’n Vyfde persoon, wat in die België-aanval beseer is, is Donderdag in die hospitaal oorlede. Vier ander is nog in die intensiewe-eenheid.
Die polisie het gesê die aantal mense wat gewond is in die aanval in Liege het tot 123 gestyg, waarvan een 'n tweejarige seuntjie is.
Drie mans sal in die hof verskyn nadat hulle na bewering ‘n ander man aangeval het by die ANC-streekkantoor in Mafikeng.
'n Gewapende man het op 'n markplein in 'n stad in België losgebrand, waarna drie mense dood is en die man homself geskiet het.
'n Australiese toeris is op Borneo-eiland dood nadat 'n dwergolifant op haar afgestorm en haar deurboor het.
'n Rits aanvalle in Irak het die lewens van vyf mense geëis, insluitend dié van 'n brigadier-generaal in die weermag.
Lindiwe Sisulu, die Suid-Afrikaanse minister van verdediging, se konvooi is in die Demokratiese Republiek van die Kongo met klippe bestook.
'n Bejaarde egpaar is in die vroeë oggendure beseer nadat drie Afrikaanssprekende mans hulle op hul plaas by Vredendal aangeval het.
‘n Bus vol Turkse pelgrims is naby die stad Homs in die noorde van Sirië aangeval, het die Turkse media en beamptes gesê.
‘n Militêre woordvoerder het gesê Kenia is nie verantwoordelik vir die ontploffings wat in ‘n Somaliese stad gehoor kan word nie.
Tot 70 Taliban-vegters is dood nadat hulle probeer het om ‘n buitelandse weermagbasis in die ooste van Afganistan aan te val.
Tientalle mense is dood en minstens 100 is beseer in bom- en skietaanvalle in Nigerië se noordoostelike stad Damaturu, het getuies gesê.
Soedannese regeringsmagte het ‘n grootskaalse rebelle-aanval in Suid-Kordoefan, ‘n staat digby die grens van Suid-Soedan, afgeweer.
‘n Aanval deur Amerika het vyf bevelvoerders van een van Pakistan se mees invloedryke Taliban-leiers, Maulvi Nazir, gedood.
'n Gesin het die naweek wéér die slagoffers van misdaad geword toe inbrekers by hul motorhuis ingebreek en duur gereedskap gesteel het.
‘n Swerwer se humeur het tot gevangenisstraf vir hom gelei nadat hy die bestuurder van ‘n skrootmetaalbesigheid met ‘n byl aangeval het.
Vyf mans is in die DRK in hegtenis geneem nadat hulle daarvan verdink word dat hulle gelyke aanvalle op ses dorpe in die DRK sou uitvoer.
Twee mense is deur onbekende aanvallers doodgeskiet in ‘n aanval in Nigerië se Plateau-staat, het ‘n regeringswoordvoerder gesê.
Die polisie het twee mans in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ‘n 15-jarige meisie aan die kus van KwaZulu-Natal.
Ten minste 19 mense is dood en ses beseer nadat bendelede ‘n Nigeriese dorp met gewere en pangas aangeval het, het die polisie gesê.
’n Vrou is in ’n wrede aanval pimpel en pers geslaan, waarna die rowers ook gedreig het om haar aan die brand te steek.
Ses mense is dood nadat ‘n groep rebelle ‘n mededingende groep in die Sentraal-Afrikaanse Republiek aangeval het, het ‘n beampte gesê.
Vyf mense is dood en sewe ander gewond toe ‘n handgranaat by ‘n besige karaoke-klub in die Filippyne ontplof het.
‘n Aanval op die Amerikaanse ambassade en Navo-sentrum in die Afgaanse hoofstad, Kaboel, het uiteindelik tot ‘n einde gekom.
‘n Boer het ses mense, waaronder twee kinders, in China met ‘n byl doodgemaak terwyl die groep na ‘n kleuterskool gestap het.
Sierra Leone se hoof-opposisiekandidaat in die stryd om die presidensie is voor 'n verkiesingsveldtog aangeval en gewond.
’n Boer sê hy is so getraumatiseer nadat polisielede hom met ’n mes gedreig het, hy wil nie eens meer alleen in sy huis slaap nie.
Twee meisies van Viëtnam is ernstig beseer en vier ander het ligte brandwonde opgedoen toe ‘n klasmaat hulle met ‘n petrolbom gegooi het.
Agt kinders is in Shanghai beseer toe ‘n werker by ‘n dagsorgsentrum hulle met 'n skerp voorwerp aangeval het.
'n Kaal man wat by mense in sy woonstelblok aangeklop het en dié wat oopgemaak het met ‘n mes gesteek het, is in hegtenis geneem.
Bomme het by twee groot militêre-basisse op die buitewyke van ‘n Sentraal-Nigeriese stad ontplof en ‘n onbekende getal mense is beseer.
Die polisie in Swede is op soek na ‘n man wat ‘n 10-jarige meisie buite ‘n skool in die suidweste van die land in die nek gesteek het.
Owerhede in China se Xinjiang-streek beplan om 8 000 ekstra polisiebeamptes te werf om sekuriteit in dié omgewing op te skerp.
Goodluck Jonathan van Nigerië het die hoof van sy polisie afgedank nadat die hoofverdagte in 'n Kersdag-bomaanval uit aanhouding ontsnap het.
Vyf polisiebeamptes is doodgeskiet toe hulle ‘n voertuig voorgekeer, 'n taxi afgetrek het en daar op hulle losgebrand is.
Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle ‘n 62-jarige vrou van ‘n onbekende hoeveelheid geld beroof en haar keelaf probeer sny het.
Pres. Goodluck Jonathan van Nigerië het sy meegevoel oorgedra aan die families van slagoffers in die jongste vlaag aanvalle in die land.
‘n Amptenaar by ‘n hospitaal in die noorde van Nigerië het gesê minstens 143 mense is in gekoördineerde aanvalle in Kano dood.
Onbekende aanvallers het vyf buitelandse toeriste, wie se nasionaliteite nie bekend is nie, in die Afar-streek in Ethiopië vermoor.
Altesaam 57 mense, meestal vroue en kinders, is dood in die jongste etniese gevegte in Suid-Soedan se Jonglei-staat, het die regering gesê.
Gewapende mans het ses Keniane, insluitend vier polisiebeamptes, doodgeskiet en drie ander ontvoer in 'n aanval naby die grens met Somalië.
‘n Verslaggewer van France-2TV, Gilles Jacquier, is in ‘n aanval dood terwyl hy die geweld in Homs, Sirië, gedek het.
Ongeïdentifiseerde mans het die hoofkompleks van die Verenigde Nasies in Mogadisjoe, die hoofstad van Somalië, aangeval.
Siriese sekuriteitsmagte het 10 burgerlikes doodgeskiet en 40 ander beseer terwyl hulle deelgeneem het aan ‘n vreedsame optog.
Minstens twee mense, onder wie een 'n polisieman is, is in ‘n noordoostelike Nigeriese dorp dood in ‘n aanval deur gewapende Islamiete.
‘n Tier wat deel was van ‘n rondreisende sirkus in Rusland het ‘n driejarige seun ernstig beseer toe hy hom in sy kloue gegryp het.
Gewapende Siriese rebelle het lede van die land se veiligheidsmagte gevange geneem nadat hulle twee militêre basisse in Idlib oorgeneem het.
Aanvalle deur Turkse vegvliegtuie het minstens 20 lewens op die grens van Irak geëis.
Die dodetal in die skietvoorval in Liege in België, het tot ses gestyg ná 'n 20-jarige student aan sy besering beswyk het.
Die direkteur van ‘n Somaliese nuusstasie sê ‘n joernalis is in Mogadisjoe doodgeskiet deur 'n man in 'n uniform van die regering.
‘n Vrou se lyk is gevind by die huis van Nordine Amran, die man wat op inkopiegangers in België losgebrand het, het polisie gesê.
'n Man het twee straatsmouse in Italië doodgeskiet en drie ander gewond in 'n klaarblyklike rasse-aanval voordat hy selfmoord gepleeg het.
Amptenare sê die man wat mense by 'n markplein in België met handgranate en 'n vuurwapen aangeval het, was al voorheen in die tronk.
Gewapende mans het probeer om die hoof van die Libiese weermag in 'n aanval helder oordag in die hoofstad dood te skiet.
Maoïstiese rebelle het 11 mense in aanvalle in Indië doodgemaak nadat hul leier in ‘n skietgeveg met veiligheidsmagte gesterf het.
Die pa van ’n jong Bloemfonteiner, wat vermoedelik in die stad aangerand en bebloed agtergelaat is, is op soek na sy seun se aanvallers.
Ten minste vier mense is dood in ‘n aanval op ‘n Nigeriese stad waartydens kerke en geboue afgebrand is, het ooggetuies en owerhede gesê.
Minstens tien mense is in Senegal dood in ‘n aanval wat op separatiste rebelle blameer word wat al vir dekades in die omgewing aktief is.
‘n Vrou het ernstige beserings opgedoen nadat sy deur ‘n hond in die Strand, Kaapstad aangeval is, het paramedici gesê.
Ten minste drie mense is in Taraz, ‘n stad in die suide van Kazakstan, dood toe 'n aanvaller 'n wapenwinkel beroof het en talle geskiet het.
‘n Vyftienjarige seun is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy klasmaat in Lefiswane naby Hammanskraal in sy rug gesteek het.
Vyftien lede van die Siriese sekuriteitsmag is dood toe drosters van dié mag twee aparte aanvalle in die Hama-provinsie geloods het.
Die slagoffers van die wrede aanval was baie emosioneel toe hulle van die verdagtes weer op ’n uitkenningsparade gesien het.
Die polisie vermoed dat Shebab-rebelle verantwoordelik is vir twee handgranaat-aanvalle in minder as een dag in sentraal-Nairobi.
‘n Sesjarige meisie het ernstige kopbeserings opgedoen toe sy deur ‘n Amerikaanse veghond aangeval is by haar huis in Kempton Park.
Nege soldate is dood toe 'n groep militante Pakistani’s troepe in die Khyber-distrik naby die grens van Afganistan aangeval het.
Tien mense is dood in verskillende aanvalle op dieselfde dag in die Suidelike Kivu-provinsie in die DRK, het die plaaslike regering gesê.
‘n Polisieman is dood toe 'n bom ontplof het kort ná hy sy huis in Afganistan se Uruzgan-provinsie verlaat het.
Negentien mense is dood toe 'n gewapende roofbende op 'n plaasgemeenskap in Lingyado toegeslaan het, het die Nigeriese goewerneur gesê.
Brittanje se kantoor van buitelandse sake het sy reiswaarskuwing aan toeriste wat Kenia wil besoek opgeskerp ná twee onlangse aanvalle.
‘n Boer het ‘n man doodgeskiet wat probeer het om hom van koperkabels te beroof in Trichardtsdal in die Maake-gebied, het die polisie gesê.
’n Ma en haar dogter het ternouernood aan die dood ontkom toe hulle na bewering deur die vrou se man met ’n skroewedraaier aangeval is.
Twee 18-jarige broers van die Noord-Kaap verskyn op 21 September in die Postmasburg-landdroshof op ’n aanklag van moord.
‘n Jong vrou het ernstige brandwonde opgedoen nadat haar Nieu-Seelandse kêrel haar na bewering aan die brand gesteek het.
Drie kinders, ‘n onderwyser en ‘n busbestuurder het gesterf nadat gewapende mans ‘n skoolbus in Pakistan aangeval het.
‘n Israelse amptenaar het gesê die aanvalle op sy land se ambassade in Egipte is ‘n “terugslag vir vreedsame verhoudinge” tussen die lande.
Die polisie in San Diego in die VSA sê ‘n tienerseun wat ‘n sportnutsvoertuig met klippe gegooi het, is deur ‘n kruisboogpyl gewond.
Die polisie het ‘n 16-jarige tiener in hegtenis geneem in verband met ‘n mesaanval by die Notting Hill-karnaval in Londen.
‘n Israelse lugaanval het twee mansin Gaza gedood en ‘n mortieraanval het op die grens 'n kragonderbreking veroorsaak, het amptenare gesê.
‘n Sewentigjarige vrou is vermoor toe sy brandhout versamel het in die bosse naby Siyabuswa, het die polisie in Mpumalanga gesê.