'n Australiese vrou is in 'n hof in Sydney van ernstige aanranding aangekla nadat sy glo amper haar kêrel se tong afgebyt het.
Twee mense is in hegtenis geneem in verband met die aanranding van ‘n bejaarde vrou in haar huis in Birmingham, Engeland.
‘n ANC-raadslid in Sharpeville, Gauteng, is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n vroulike lid van die tak aangerand het.
Vier hoërskoolseuns van KwaZulu-Natal beweer senior polisiebeamptes het hulle met knuppels aangerand, lui ‘n berig.
'n Polisiebeampte is in Uganda geskors nadat hy daarvan beskuldig is dat hy 'n vroulike opposisie-aktivis aangerand het.
Drie polisiebeamptes van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hulle glo 'n man aangerand het, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat gesê.
'n Polisiebeampte, wat op video vasgevang is toe hy 'n tiener in Vaalwater aanrand, is geskors, het die polisie in Limpopo bevestig.
‘n Leerder se skrotum is oopgesny nadat hy glo deur ‘n onderwyser met 'n sambok geslaan is omdat hy nie sy tuiswerk gedoen het nie.
‘n Lid van die ANC-jeugliga wat ‘n joernalis glo met ‘n baksteen oor die kop geslaan het, sal in die Polokwane-landdroshof verskyn.
‘n Karate-instrukteur verskyn weer in die hof verskyn op aanklagte dat hy sy studente tydens hul klasse aangerand het.
‘n Landdros is in hegtenis geneem nadat hy sy vrou glo in Rustenburg geslaan het, het die polisie in Noordwes gesê.
Twee polisiemanne wat Pretoria News se hooffotograaf na bewering verlede jaar aangerand het, is summier afgedank.
'n Pakistanse man het sy tienervrou se neus en lippe afgesny omdat sy glo te veel tyd saam met haar ouers deurbring, het beamptes gesê.
‘n Man en vrou wie se baba oorlede is, is op 'n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer skuldig bevind.
Verkeersmanne van Mpumalanga het glo onder mekaar gespog nadat hulle ’n 42-jarige boer van Grootvlei na bewering ernstig aangerand het.
Dominique Strauss-Kahn sal Donderdag van aangesig tot aangesig met sy mees onlangse aanklaer in ‘n verkragtingsaak te staan kom.
Twee boere wat na bewering vier mense aangerand en daarvan beskuldig het dat hulle ‘n brand in Amalia gestig het, het in die hof verskyn.
’n Een-en-dertig-jarige man het dele van sy gesig verloor toe dit in ’n grusame aanval buite ’n nagklub in Liverpool afgebyt is.
‘n Professor van die US het ernstige kneusings aan sy gesig opgedoen en sy bril is gebreek nadat hy in sy kantoor aangerand is.
‘n Onderwyser van Noordwes is van aanranding aangekla nadat ‘n negejarige leerling wat met ‘n DA-plakkaat gespeel het, geslaan is.
Geen saak is by die polisie aangemeld nadat die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik die afgelope naweek glo ‘n man aangerand het nie.
Die speurder wat aangerand is op ’n kleinhoewe, se familie is ontsteld nadat polisiebeamptes glo nie ’n klag van aanranding wou aanhoor nie.
’n Man wat twee vroue se goedheid uitgebuit het deur die een te verkrag nadat sy vir hom kos gegee het, is swaar gestraf.
'n Prominente Chinese aktivis en sy vrou is glo deur polisiebeamptes geslaan nadat ‘n geheime video van hul huisarres vrygestel is.
'n Polisiebeampte is in hegtenis geneem na hy na bewering ’n man se kop in die polisie se kliëntedienssentrum teen ’n muur gestamp het.
Twaalf mense is in hegtenis geneem by 'n gay- en lesbiër-party nadat hulle na bewering 'n polisiebeampte toegetakel het.
Die “diere-slagplaas”. Dís hoe werkers dié plaas noem wat glo ’n sentrale punt is in die saak teen ’n beweerde renosterhoring-sindikaat.
‘n Polisieman wat op ‘n sekuriteitskamera betrap is waar hy ‘n vrou hardhandig hanteer, is vir ses maande tronk toe gestuur.
Daar is nog baie onbeantwoorde vrae rondom die voorval toe Bees Roux na bewering 'n lid van die Tshwane-metropolisie doodgeslaan het.
In Suid-Afrika sterf 1400 vroue jaarliks weens mishandeling. Dit gebeur dikwels nie in die geheim nie, maar word nietemin telkens geïgnoreer.
‘n Tagtigjarige man is in ‘n toestand van skok in die hospitaal nadat hy sowat ‘n jaar lank in ‘n wasgoedkamer toegesluit was.
Stewart Robinson, die man van ’n DA-LP van Durbanville, Denise Robinson, is Maandag na bewering deur polisiebeamptes aangerand.
'n Destydse inspekteur van die Ekurhuleni-metropolisie is skuldig bevind op aanklag van die aanranding van ’n man.
'n 23-Jarige man is glo deur twee van sy medewerkers doodgeslaan nadat hulle 'n onderonsie gehad het, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
‘n 77-Jarige vrou wat deur vier mans met grawe aangeval was, is steeds in ‘n kritieke toestand, het ‘n gesondheidsbeampte gesê.
Klag van aanranding is teen twee polisiebeamptes gemaak nadat hulle glo met ’n knuppel sewe jong seuns se boude pimpel en pers geslaan het.
‘n Amerikaanse man het aan die polisie erken dat hy sy drie maande oue baba by ‘n brug in New Jersey afgegooi het.
‘n Vrou in 'n plattelandse dorpie was na bewering vir twee dae deur haar buurmense gemartel en geforseer om menslike afval te eet.
‘n Man van Mitchells Plein is in hegtenis geneem nadat hy ‘n 28-jarige man doodgeskiet het, wat glo sy tienerseun aangerand het.
‘n 21-Jarige Malawiese man is op aanklagte van moord in Joubert Park in hegtenis geneem, het die Gauteng polisie gesê.
Twee verkeersbeamptes is deur 'n dronk bestuurder en sy passasiers aangerand nadat hulle van die pad afgetrek is.
’n Vlieënier het glo gedreig om polisiebeamptes met sy vliegtuig by 'n klein lughawe in Georgië te stamp, het die polisie gesê.
’n Uitsmyter by die Risqué-nagklub in Fourways, Johannesburg, het glo eergister in die vroeë oggendure ’n vrou daar aangerand.
Die voormalige verloofde van die bekende sjef, Todd English, is vir aanranding aangekla nadat sy hom glo met ‘n horlosie geslaan het.
Nege polisiemanne is vasgetrek nadat hulle glo 'n tiener met 'n tuinslang aangerand en hy aan sy beserings beswyk het.
Die paralimpiese ster Oscar Pistorius moes ’n aand in die tjoekie slaap nadat hy glo 'n meisie by sy huis aangerand het.
‘n Man erken hy het verlede jaar ‘n vrou verkrag en ‘n ander vrou seksueel aangerand in die middestad van Glasgow, Skotland.
'n Nieu-Seelandse vrou het 'n gedeelte van 'n man se oorlob afgeruk omdat die skottelgoed nie ná 'n Sondagdiens gewas is nie.
Twee onderwysers wat daarvan beskuldig word dat hulle sewe seuns geskop en geslaan het, het in die Christiana-landdroshof verskyn.
'n Video wys hoe vier Johannesburgse metro-polisiebeamptes onlangs ‘n smous aangerand het, het die Sunday Times berig.
‘n Vrou is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy ‘n knopkierie gebruik het om haar sewejarige neef dood te slaan, het Cape Argus berig.
Australië se mees gesoekte man, wat die polisie vir sewe jaar ontduik het deur in 'n woud weg te kruip, is in hegtenis geneem.
‘n Onderwyser het tydens ‘n interne verhoor van die departement van onderwys skuldig gepleit dat hy ‘n leerling in graad een aangerand het.
Die 14-jarige meisie wat daarvan aangekla is dat sy twee studente met 'n hamer aangeval het, het die hamer moontlik op die skoolgronde gevind.
Die saak van ‘n 68-jarige karate-instrukteur wat tereg staan op aanklagte dat hy sy studente aangerand het, is uitgestel.
'n Amerikaanse vrou (69), wat glo probeer het om haar man se penis met 'n skêr af te knip, het onskuldig gepleit.
‘n Saak van aanranding teen ‘n groep leerders van Parktown Boys’ High is vir die tweede keer van die hofrol geskrap.
‘n Twintigjarige man is dood nadat hy deur ‘n groep mense, wat hom van diefstal by ‘n winkel beskuldig het, geslaan en aangeval is.
Aanklaers oorweeg dit nog om 'n saak van aanranding teen 'n 62-jarige vrou wat haar man se penis probeer afknip het, aanhangig te maak.
’n Ouma lê in die waakeenheid van die St. Helena-private hospitaal in Welkom nadat sy na bewering deur haar kleinseun aangerand is.
‘n Bejaarde paartjie het in die hof op Thaba Nchu verskyn ná die moord op hul negejarige kleunseun en die poging tot moord op sy suster.
Die verloofde van die advokaat wat honderde meters ver onder ’n taxi gesleep is, gaan dalk ook binnekort in hegtenis geneem word.
Die sekretaris van die ANCYL in Limpopo sal vervolg word nadat hy na bewering ‘n politieke teenstander met bakstene en bottels gegooi het.
'n Sakeman wat daarvan beskuldig word dat hy prof. Anton van Niekerk aangeval het, is in die Stellenbosch-landdroshof op borgtog vrygelaat.
'n Klag van aanranding word deur die polisie ondersoek nadat die gewilde Suid-Afrikaanse musiekduo Locnville glo deur polisiebeamptes aangerand is.
Twee ANC-lede het ’n klag van aanranding ingedien nadat die Vrystaatse premier, Ace Magashule, hulle glo “rondgeskud en gewurg” het.
Die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik het ‘n Durbanse moskee in rep en roer gehad nadat hy glo ‘n man aangerand het.
’n Inspekteur van die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) in Kimberley is glo deur ’n inwoner van die stad aangerand.
’n Pa wat sy “ouerlike plig” uitgevoer het deur sy ongehoorsame dogtertjie te slaan, is ’n boete van R1 000 of 12 maande tronkstraf opgelê.
Ouers van eerstejaars in Heimat Mannerheim, die “nuwe” Reitz-kamerwonings, beweer erge aanranding van hul kinders.
'n 16-jarige seun is deur 'n woedende gemeenskap aangerand nadat hy na bewering 'n vrou in Moloto Village, in Mpumalanga besteel het.
Die borgtogaansoek deur ’n voormalige uitsmyter wat die seun van sy voormalige vriendin glo byna doodgeslaan het, is geweier.
Twee mans wat geweier het om as onwettige mynwerkers te werk, is kaal uitgetrek en grusaam met sambokke en knopkieries aangerand.
’n Man wat jaloers was oor ’n boodskap op sy vriendin se Facebook-profiel het haar vier dae lank aangehou en gemartel.
“Toemaar, jy is sterk, jy sal nou-nou weer opstaan,” het 'n Bloubul-stut gesê nadat hy glo 'n metropolisieman só geslaan het dat hy dood is.
‘n Polisieman is in hegtenis geneem nadat hy glo deel van ‘n groep was wat ‘n vermeende inbreker doodgemaak en verbrand het.
’n Klag van aanranding is teen lede van die Paarl-polisie ingedien nadat polisiebeamptes glo ’n vrou en haar broer geskop en geslaan het.
’n Vlootadmiraal is van aanranding aangekla nadat hy glo ’n Chinese winkeleienaar geklap en haar seun glo met ’n verwarmer gemoker het.
'n Man genaamd Seamands word van aanranding beskuldig ná hy sy kinders met die letters SK (wat staan vir Seamands' Kids) gebrandmerk het.
‘n Verslag wat fokus op verkragtings in die Demokratiese Republiek van die Kongo, het bekendgemaak dat die meeste slagoffers deur gewapende mans verkrag was.
’n Vrou wat sagte speelgoed in die Centurion-winkelsentrum verkoop, is voor ’n skare mense na bewering deur ’n groep veiligheidswagte aangerand.
‘n Lid van die Amerikaanse Winter Olimpiese span is in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie aangerand het. Die polisie wou nie sy naam bekend maak nie.
‘n 14-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy glo drie van sy klasmaats by ‘n hoërskool in Australië met ‘n mes gedreig het.
‘n Vrou is van ernstige aanranding aangekla nadat sy ‘n man met haar stiletto in sy oog gesteek het. Die man is tans in 'n kritieke toestand.
Twee mans is in hegtenis geneem nadat die liggaam van ‘n erg aangerande 18-jarige seun in ‘n straat in Lentegeur gevind was.
‘n Vrou is dood nadat sy vir agt ure lank deur haar vriend aangerand is omdat sy glo voorbehoedmiddels gebruik het, sê die polisie.
Nege regters van die konstitusionele hof het eenparig die Matie-student se klagtes van onophoudelike teistering verwerp.
Rihanna het haar afgryse tydens die aanranding deur haar voormalige kêrel, Chris Brown beskryf en gesê sy “oë was leeg, sonder siel”.
Linda Ngcauzele beweer die metropolisie het haar onregmatig op aanklag van dronkbestuur in hegtenis geneem en aangerand.
'n Oudsoldaat het met die poot van 'n stoel terugbaklei terwyl 'n bendelid sy bene met ’n graaf probeer afkap het.
Oscar Pistorius erken 'n tienermeisie is by 'n partytjie by sy huis beseer, maar ontken egter dat hy haar aangerand het.
Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle ‘n 55-jarige vrou glo aangerand en geroof het, berig die polisie in Pretoria.