Calvyn Gilfellan, uitvoerende hoof van Cape Town Routes Unlimited (CTRU), het ontken dat die Wes-Kaap se toerismebedryf in ‘n krisis is.
Die Protea-hotelgroep het 'n fonds gestig om hotelle in Suid-Afrika wat in finansiële moeilikheid is, oor te neem, het RSG berig.
Krisis, wat is ’n krisis? Dít was die woorde van Fifa se president, Sepp Blatter, nadat 'n topbeampte Blatter van grootskaalse korrupsie beskuldig het.
Volgens Fifa se jongste wêreldranglys het Bafana Bafana hul posisie die afgelope 12 maande met 52 plekke verbeter.
Die skeidsregter wat in die eindstryd van die 1958 Wêreldbeker-sokkertoernooi tussen Brasilië en Swede geblaas het, is in die ouderdom van 98 jaar oorlede.
Fifa-president Sepp Blatter het gesê die sokkerbeheerliggaam se finansies het 'n groot hupstoot gekry uit die Wêreldbeker-toernooi in SA.
Danny Jordaan en Sepp Blatter is aangewys as die nasionale persklub in Pretoria en Glenrand MIB se nuusmakers vir 2010.
Kaizer Chiefs se Siphiwe Tshabalala is deur die sokkerklub Nottingham Forest genooi om 'n spanoefening in Engeland by te woon.
Net meer as ses jaar nadat Sepp Blatter dáái koevert in Zürich oopgemaak het, het die eerste fluitjie van WB2010 geblaas.
Die Italiaanse sokkerspeler Marco Materazzi en die Fransman Zinedine Zidane het blad geskud oor die kopstamp-voorval tydens die 2006 Wêreldbeker.
Een van die grootste dryfvere agter die sukses van vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi, het weer ’n plek in Suid-Afrikaanse sokker.
Ajax Amsterdam is onder druk om hul Uruguaanse doelskieter Luis Suarez te skors nadat hy op TV gesien kon word hoe hy ’n speler byt.
Sokkerkaartjies vir die Nelson Mandela-uitdaagwedstryd tussen Bafana Bafana en Amerika by die Kaapstad-stadion, is reeds uitverkoop.
Die bekendheid van Siphiwe Tshabalala, Bafana Bafana se Wêreldbeker-doelskieter kon nie keer dat rowers hom, sy familie en sy vriende beroof nie.
Nuwe navorsing het getoon dat die 2010 Fifa Wêreldbeker-sokkertoernooi nie ‘n finansiële bloeityd vir sekswerkers was nie.
Volgens gasheerstede van die Wêreldbeker-sokkertoernooi, skuld Fifa hulle nog geld wat vanuit die inkomste van kaartjieverkope verdien is.
Bafana het hul stadige opgang op die ranglys van die internasionale sokkerliggaam Fifa voortgesit en hul hoogste posisie sedert 2007 behaal.
In die week ná WB 2010 het geweldmisdaad skerp toegeneem met onder meer ’n plaasaanval, huisrooftog en twee moorde.
Die laaste lewende sokkerspeler, wat aan die heel eerste Wêreldbeker in 1930 deelgeneem het, het op 100-jarige ouderdom gesterf.
Die regering moet die flink dienslewering tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi nou volhou, het pres. Jacob Zuma gemaan.
Matthew Booth en Benni McCarthy was die eerste slagoffers van Pitso Mosimane se Bafana-bewind, toe hy sy span aangekondig het vir die Ghana-wedstryd.
Bafana Bafana moet géén gunste verwag van Ghana nie wanneer dié spanne aanstaande week in ’n vriendskaplike sokkerwedstryd slaags is.
Nederland en Spanje is deur Fifa beboet vir spelers se swak dissipline tydens die Wêreldbeker-eindstryd in Soccer City, Johannesburg.
Daar gaan groot makietie gehou word by die Kaapstad-stadion in Groenpunt, het die stadion-operateur se voorsitter, Morné du Plessis, aangekondig.
Die stewels waarmee Bafana se Siphiwe Tshabalala die eerste doel in vanjaar se Wêreldbeker aangeteken het, gaan deel word van 'n 'historiese monument'.
Die Engelse sokkerklub, Tottenham Hotspurs, het die eerste klub in die Engelse Premierliga geword om vuvuzelas by hul tuisveld te verbied.
SAFA sal aan die parlement moet verduidelik hoe hulle beplan om die R1 miljard meevaller wat hulle van Fifa ontvang het gaan spandeer.
Die ikoniese stadion wat die gasheer was vir openingswedstryd en die eindstryd van die Wêreldbeker, se naam is nou weer die FNB-stadion.
Nege uit 10 buitelanders wat in SA was vir die Wêreldbeker, sal dié land aan vriende en familie aanbeveel as 'n ideale vakansiebestemming.
Twee oorsese toeriste se Wêreldbeker-toer het dramaties geëindig toe hul motor in die Krugerwildtuin uitgebrand het.
Die Wêreldbekerstadions sal in die toekoms vir sport, konserte en konferensies gebruik word, het die stad van Johannesburg gesê.
Bafana Bafana se hulpafrigter, Pitso Mosimane, sal die leisels oorvat by Carlos Alberto Parreira as Suid-Afrika se nasionale sokkerafrigter.
Net onder 1000 misdade is aangemeld rondom stadions op wedstryd-dae gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Die provinsiale regering in Gauteng het R4 miljoen op 4613 Wêreldbeker-kaartjies spandeer, het Nomvula Mokonyane, premier van die provinsie, gesê.
Amper alle Suid-Afrikaners het ‘n Fifa Wêrelbeker-sokkerwedstryd gekyk, het 'n meningspeiling wat deur Ipsos Markinor gedoen is bevind.
Twee Amerikaners, wat beseer is tydens die bomontploffings in Uganda is in ‘n kritieke toestand in ‘n privaat-hospitaal in Johannesburg.
’n Baie verligte Nederlandse toeris wat sowat R113 000 in ’n hotelkamer vergeet het, het dit alles danksy ’n eerlike skoonmaker teruggekry.
Die Nederlanders het ietwat suur gereageer op die doelpunt waarmee Spanje die Wêreldbeker-kampioene geword het.
Suid-Afrika word uitvoerig en eufories in die buitelandse media geprys en word as die ware wenner van die WB-toernooi beskou.
Die woord ‘vuvuzela’ is deur ‘n paneel van internasionale taalkundiges as die amptelike ‘woord’ van vanjaar se sokkertoernooi, aangewys.
Pres. Jacob Zuma het Suid-Afrikaners aangemoedig om die Springbokke in die Drienasies-reeks te ondersteun noudat die WB-sokkertoernooi verby is.
Sepp Blatter, Fifa-president, het Suid-Afrika geprys vir die wyse waarop die Wêreldbeker-sokkertoernooi georganiseer is.
Die bywoningsyfers gedurende die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi staan ná 64 wedstryde op 3,18 miljoen, die derdemeeste ooit.
Die Spaanse sokkergeesdriftige wat kort voor die eindstryd probeer het om die Wêreldbeker-trofee te gryp, sal in die hof verskyn.
Die kroonblare van 'n nuutgevonde blom het die Instituut vir Biodiversiteit so aan die vuvuzela herinner dat die plant na dié raasinstrument vernoem is.
Die Italiaanse media eis nou die siener-seekat op sedert sy afrigter in Duitsland onthul het dat hy in Italiaanse waters gevang is.
Sowat 74 mense wat die finaal van die Wêreldbeker-sokkertoernooi gekyk het is dood ná ontploffings in twee restaurante in Kampala.
Diego Forlan van Uruguay is as die speler van die Wêreldbeker-toernooi benoem nadat hy vyf doele in sewe wedstryde geskop het.
Voormalige president Nelson Mandela en sy vrou, Graca Machel, het 'n kort verskyning gemaak in 'n stampvol Soccer City-stadion.
Die sangeres Shakira was een van 'n rits kunstenaars wat opgetree het tydens die afsluitingseremonie van die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Suid-Afrikaanse sokker het ’n nuwe grootbaas nadat Robin Petersen aangewys is as die uitvoerende hoof van die SA Sokkervereniging (Safa).
Julius Malema sê hy wil volgende jaar meer kwaito op radio hoor om 2010-toeriste "’n ding of twee" oor plaaslike musiek te leer.
Die nuutste beweerde omkoopskandaal wat dreig om wêreldsokker uitmekaar te skeur, is niks meer nie as ’n heksejag deur die Fifa-president, Sepp Blatter.
'n Skaatspark gaan in Kimberley gebou word nadat Suid-Afrika gekies is om 'n been van die wêreld se rykste skaatsplank-kompetisie aan te bied.
Meer as agt miljoen buitelandse toeriste het Suid-Afrika verlede jaar besoek, wat 'n rekord 15% styging in die bedryf is.
Die uitwerking van die Wêreldbeker-sokkertoernooi verlede jaar in Suid-Afrika word steeds op Knysna in die Suid-Kaap gevoel.
Die FW de Klerk Stigting gaan 'n toekenning aan Danny Jordaan oorhandig vir die bydrae wat hy tot die sukses van die Wêreldbeker in SA gemaak het.
'n Afrika-elftal sokkerspan gaan binnekort teen 2010 se Wêreldbeker-kampioene Spanje, in Suid-Afrika speel, berig die Sowetan.
Fifa het 'n bonus van R685 miljoen aan Suid-Afrika toegeken omdat hy die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi aangebied het.
Die gholfspeler Louis Oosthuizen is die enigste Suid-Afrikaner wat vir die prestigeryke Laureus-sporttoekennings genomineer is.
Volgens die Internet-soekenjin, yahoo.com, was die Fifa-Wêreldbeker vanjaar die tweede gewildste soek-onderwerp op die Internet.
Bafana-ster Siphiwe Tshabalala se doel in die Wêreldbeker-openingswedstryd tussen SA en Mexiko, het Fifa se kortlys vir beste doele in 2010 gehaal.
Nederland se held in vanjaar se Wêreldbeker, Wesley Sneijder, ly aan bloedarmoede nadat hy sy bewussyn tydens 'n sokkerwedstryd verloor het.
Bafana Bafana het weliswaar met weinig meer as trots uit die onlangse Wêreldbeker getree, en tog is twee van hul helde in die toernooi beloon.
Terwyl die bodresies vir 2018 en 2022 se Wêreldbeker-toernooie tot ’n einde kom, begin Fifa se etiese komitee met ’n ondersoek rondom omkopery.
Suid-Afrika gaan 'n bod maak om Fifa se Wêreldbeker-sokkertoernooi vir vroue in 2013 aan te bied, het Safa aangekondig.
Nóg ’n staatsdepartement het duisende rande van belastingbetalersgeld aan vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi bestee.
Volgens Louis de Villiers het die Hollander Simon Kuper bewys hy is 'n bielie van 'n sportskrywer met sy jongste sokkerboek.
WP Rugby het aangekondig dat hulle dalk tog, ten spyte van ontkennings deur rugbybase, die Kaapstad-stadion hul nuwe tuiste gaan maak.
Nie rugby óf krieket sal vir eers in Kaapstad en Durban se nuwe sokkerstadions gespeel word nie, is in 'n parlementêre sessie besluit.
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Ook Transnet het die sokker-soustrein flou gery en meer as R13 miljoen bestee aan kaartjies vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi om kliënte te bederf.
Noord-Korea se sokkerspan en die afrigter is tydens 'n openbare ondersoek na hul vertoning tydens die 2010-wêreldbeker verneder.
Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) wil hê meer wit Suid-Afrikaners moet sokker speel, wat dié sport “interessanter en lewendig” sal maak.
Die staat het sy saak teen ‘n man wat na bewering ‘n bomdreigement by ‘n Kaapse jolkol gemaak het, teruggetrek.
Die gebruik van doellyn-videotegnologie bly op Fifa se agenda vir Oktober en sal nie by ‘n vergadering hierdie week bespreek word nie.
Volgens die Inspekteur-generaal van die Ugandese polisie is 20 verdagtes in hegtenis geneem in verband met die bomaanval in Kampala.
‘n Priester is geskors nadat hy ‘n oranje kerkdiens gehad het om vir die Nederlandse span in die Wêreldbeker-eindstryd teen Spanje te bid.
‘n Bieëry het rondom die wêreld se gunsteling seekat, Paul, losgebars, met Spanje voor in die koor om dié sokker-ster se aftrede te akkommodeer.
Die kort, oranje rokkies waarmee ’n groep vroue by 'n WB-wedstryd by Soccer City in die sop beland het, gaan in 'n museum uitgestal word.
Bykans die helfte van die toeskouers wat die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Johannesburg bygewoon het, het openbare vervoer gebruik.
Argentinië se sokkervereniging het bekend gemaak dat ‘n nuwe kontrak van vier jaar aan die afrigter, Diego Maradona, aangebied sal word.
Die sexy Spaanse sanger Enrique Iglesias het gesê hy sal sy belofte om kaal te gaan waterski nakom, ná Spanje die Wêreldbeker gewen het.
Hy het nie getwyfel dat Suid-Afrika die Wêreldbeker-sokkertoernooi suksesvol sou aanbied nie, het pres. Barack Obama van die VSA gesê.
Jeff Radebe, minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling het gesê die spesiale Wêreldbeker-howe kan moontlik 'n permanente instelling word.
Bafana Bafana het 17 plekke op Fifa se wêreldranglys geklim ten spyte daarvan dat hul in die eerste ronde van die WB-toernooi uitgeval het.
Geïrriteerd? Hartseer? Voel jy leeg en alleen? Wil jy uitbars in trane? Jy mag dalk Wêreldbeker-onttrekkingsimptome hê.
Uganda het verdagtes in hegtenis geneem in verband met die bomaanvalle in Uganda, en 'n derde ploftoestel is ontdek.
Die Spaanse sokkergeesdriftige wat kort voor die Wêreldbeker-eindstryd die Wêreldbeker-trofee probeer gryp het, is beboet.
VSA minister Hillary Clinton sê haar land sal saam met die Ugandese regering werk om bomaanvallers in Kampala aan die pen te laat ry.
‘n Ontmoeting met die koning en ‘n busrit deur die stad wag op Spanje se Wêreldbeker-kampioene as hulle in hul tuisland aankom.
Vodacom se netwerkverkeer het met 40% gestyg sedert die begin van die Wêreldbeker-sokkertoernooi, met sowat 600 miljoen sms'e gestuur.
Duitsland se Wêreldbeker-sokkerspan het ongesiens hulle terugkeer na hul tuisland gemaak nadat hulle met ‘n derde plek tevrede moes wees.
Spanje se WB-held, Andres Iniesta, het eer aan 'n oorlede spanmaat betoon nadat hy die beslissende doel teen Holland in die aangeteken het.
Die lugruim in en om Johannesburg het gewemel van vliegtuie vol toeskouers vir die eindstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Suid-Afrika het ongetwyfeld die skouspelagtigste sportoomblik in sy geskiedenis beleef toe Spanje die Wêreldbeker-sokkertoernooi verower het.
Twaalf mense in Parys het ligte beserings opgedoen toe sokker-aanhangers ander met bottels, blikkies en rookbomme gegooi het.
Spanje het hul eerste Wêreldbeker-trofee gewen toe hulle in ekstra tyd die eindstryd teen Nederland op die Soccer City-stadion in Johannesburg geklop het.
Genl. Bheki Cele het veiligheidsmagte geprys vir die manier waarop die veiligheid van besoekers tydens die WB-toernooi verseker is.
'n See van oranje was by die Soccer City-stadion sigbaar terwyl die son gesak het oor duisende sokkerondersteuners voor die WB-eindstryd.