'n Klassieke musiek-aanbieder van die BBC, Petroc Trelawny, is in Zimbabwe gearresteer omdat hy nie 'n werkspermit gehad het nie.
Sowat 60 mynwerkers is ondergrond vasgekeer in ‘n platinummyn in die suide van Zimbabwe ná ‘n brand uitgebreek het.
'n Zimbabwiese man is in hegtenis geneem nadat hy by 'n Ford-motorskou in 'n vertoonmodel geklim en weggery het, het beamptes gesê.
'n Heldhaftige Zimbabwiese man is dood toe hy sy vriend uit die kake van 'n krokodil in noordwestelike Zimbabwe wou red.
Die aanklagte teen drie Zimbabwiese vroue wat daarvan beskuldig is dat hulle manlike rylopers vir hulle semen geteister het, is laat vaar.
Twee mans is geskiet en beseer toe hulle probeer het om die grens onwettig oor te steek, het die polisie in Musina gesê.
Zimbabwe se president het gesê politieke geweld moet "begrawe word" sodat die land na 'n vry en ongehinderde verkiesing kan beweeg.
Zimbabwiërs in Suid-Afrika stuur jaarliks ongeveer R5 miljard huis toe, meestal deur informele kanale, het 'n opname bevind.
Pres. Robert Mugabe het die afgelope naweek ’n belangwekkende regeringsbesoek van die Chinese visepremier aan Zimbabwe misgeloop.
President Robert Mugabe se Zanu-PF party het berigte ontken dat hy "om sy lewe veg" en gesê hy geniet 'n Paasfees-vakansie met sy familie.
Die Zimbabwiese president Robert Mugabe is op 'n privaatbesoek in Singapoer om sy dogter se nagraadse studies uit te sorteer.
Suid-Afrikaanse sakemense moet die verbetering in die ekonomiese situasie in Zimbabwe sien as 'n geleentheid om in dié land te belê.
Minstens 15 mense is dood en 28 beseer toe ‘n bus in die oostelike Zimbabwiese dorp Nyanga omgeslaan het.
Aktiviste wat in Zimbabwe daaraan skuldig bevind is dat hulle saamgesweer het om openbare geweld te pleeg, het tronkstraf vrygespring.
Zimbabwe staar 'n groot tekort aan mielies in die gesig, nadat 'n derde van vanjaar se oes misluk het weens ernstige droogte.
Zimbabwe het 'n aanbod deur Impala Platinum aanvaar om 'n meerderheidsaandeel aan plaaslike swart beleggers oor te dra.
'n Zimbabwiese intelligensie-agent word daarvan verdink dat hy die hoof van die Zimbabwiese sokkervereniging (Zifa) afgepers het.
'n Wetmaker in Zimbabwe is in hegtenis geneem op aanklag dat hy geld wat vir ontwikkelingsprojekte in sy gebied opsygesit is, misbruik het.
Robert Mugabe, omstrede president van Zimbabwe, het sy land se jeug aangemoedig om Westerse waardes te verwerp.
Pres. Robert Mugabe het Afrika-leiers wat bereid is om hul lande vir finansiële hulp uit te verkoop, as lafaards uitgekryt.
Pres. Robert Mugabe gaan $1 miljoen op sy verjaardag se feesvieringe spandeer, ten spyte daarvan dat baie families brandarm is.
Twee Zimbabwiese boere gaan die Afrika-kommissie nader in hul stryd om pres. Robert Mugabe van Zimbabwe se menseregte-vergrype te stuit.
Die EU sal sy sanksies teen Zimbabwiese leiers hersien, maar die Britse minister van buitelandse sake het laat blyk die sanksies sal van krag bly
Pres. Robert Mugabe en Morgan Tsvangirai gaan glo vergader ná gerugte dat die premier woedend is oor vertroulike kommunikasie wat uitgelek het.
'n Biskop van die sentrale distrik van die Metodistekerk van Suider-Afrika het gesê Zimbabwe is nog nie gereed vir 'n verkiesing nie.
Die Zimbabwiese sokkervereniging het 80 spelers geskors oor 'n wedstrydknoeiery-skandaal waarby sindikate in Asië betrokke is.
Rekspronge by die Victoria-waterval sal glo binnekort weer hervat word ná 'n ongeluk waartydens ’n toeris in die Zambezirivier geval het.
Vakbondleiers in Zimbabwe het die staking wat veral skole erg raak tydelik opgeskort. Staatsdienswerkers eis dat salarisse verdubbel word.
’n Zimbabwiese toerismemaatskappy het rekspronge by die Victoria-waterval opgeskort terwyl hy ’n ongeluk ondersoek.
'n Zimbabwiese parlementslid is sewe dae aangehou nadat sy gesê het pres. Robert Mugabe het gay seks met 'n ander politikus gehad.
Die party van Zimbabwe se premier het gesê een van sy wetmakers sal tronk toe gaan op aanklagte dat sy die president beledig het.
Air Zimbabwe het alle vlugte na Suid-Afrika gestaak uit vrees dat daar weens agterstallige skuld, beslag gelê kan word op sy vliegtuie.
Nadat daar op een van Air Zimbabwe se vliegtuie Londen beslag gelê is weens agterstallige skuld, het die regering ingestem om te help.
‘n Stamhoof het Morgan Tsvangiari, die Zimbabwiese premier, ‘n boete van twee koeie en twee skape opgelê omdat hy in November getrou het.
Zimbabwe se Zanu PF-party oorweeg dit om die oorblywende plase in wit besit ook oor te neem om grondlose Zimbabwiërs daarop te hervestig.
Die ANC sal pres. Robert Mugabe se Zanu-PF-party volgens berigte help om volgende jaar se beplande Zimbabwiese verkiesing te wen.
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het gesê dat Muammar Gaddafi van Libië op naïewe wyse probeer het om vriende met die Weste te wees.
Ondanks duisende wat swoeg onder die juk van armoede, het Robert Mugabe 'n toespraak gewy aan die onreg wat die Britte Zimbabwe aangedoen het.
Rose Androliakos (79) moes toekyk hoe die laaste stukkie van haar plaas van 10 000 ha deur oorlogsveterane oorgeneem word.
Air Zimbabwe sal moontlik nie meer na Suid-Afrika kan vlieg nie, aangesien dié staatsbeheerde lugredery Suid-Afrika geld skuld.
Zimbabwe het sowat 700 renosters oor, waarvan 23 hierdie jaar die slagoffers van stropers geword het.
Morgan Tsvangirai, die premier van Zimbabwe, gaan van sy vrou van 12 dae skei weens “’n groter en dikker komplot” deur die media.
Die Zimbabwiese minister van finansies het gesê die land sal weens verslapte kontrole R5.1 miljard na verwagting se wins van diamante maak.
Die VN-voedselagentskap het gesê dat meer as ‘n miljoen Zimbabwiërs voedselhulp nodig het en dat voedselproduksie die seisoen baie swak is.
‘n Zimbabwiese landdroshof het drie sakemanne vrygelaat wat glo staatsgeheime aan Amerika en Kanada verkoop het.
Robert Mugabe, president van Zimbabwe, het Hong Kong besoek vir die gradeplegtigheid van sy dogter en het die owerhede bedank.
Kimberley Process, die internasionale reguleerder van diamanthandel, het toestemming gegee dat diamanthandel by twee Zim-myne mag voortgaan.
Drie Zimbabwiese sakemanne wat daarvan beskuldig word dat hulle staatsgeheime aan die VSA en Afganistan verkoop het, is op borgtog vrygelaat.
Die drie Zimbabwiese vroue wat manlike rylopers geteister het vir hulle semen en van seksuele teistering aangekla is, is op borgtog vrygelaat.
Ropbert Mugabe van Zimbabwe het 'n besoek aan Genève vir 'n VN-vergadering gekanselleer nadat sy vrou en senior beamptes visums geweier is.
Tientalle mynwerkers wat ná ‘n brand ondergrond in ‘n platinummyn in die suide van Zimbabwe vasgekeer was, is almal veilig.
Die Verenigde Nasies se kommissaris vir Menseregte, Navi Pillay, het in Zimbabwe aangekom op uitnodiging van pres. Robert Mugabe.
Suid-Afrika en Zimbabwe het 'n memorandum van verstandhouding geteken om saam te werk om dié twee lande se toerisme-bedrywe te bevorder.
Veldwagters het twee olifante van kant gemaak ná 'n man in 'n afgeleë deel van die noord-ooste van Zimbabwe vertrap is.
Zimbabwe se minister van arbeid sê die regering ondersoek bewerings dat werkers deur Chinese werkgewers mishandel word.
'n Joernalis van Nieu-Seeland is in Zimbabwe gearresteer nadat hy sonder die nodige akkreditasie uit die land verslaggewing gedoen het.
Zimbabwe, eens 'n netto uitvoerder van mielies, het vandag 'n mielietekort van sowat 'n miljoen ton wat deur invoere aangevul moet word.
Zimbabwe se president, Robert Mugabe, is terug in sy tuisland en het bespiegelings dat hy in 'n hospitaal om sy lewe veg, beëindig.
Zimbabwe het gerugte ontken dat president Robert Mugabe om sy lewe veg nadat die kabinet gedwing is om 'n vergadering uit te stel.
Zimbabwe se president, Robert Mugabe, veg glo om sy lewe in ‘n hospitaal in Singapoer, waar hy op besoek is, berig The Australian.
'n Geregtelike doodsondersoek het getoon daar was geen gemene spel betrokke by die dood van 'n invloedryke Zimbabwiese generaal nie.
Die dodetal van die busongeluk in die oostelike Zimbabwiese dorp Nyanga het tot 18 gestyg, het die staatsradio berig.
Zimbabwe se minister van buitelandse sake en twee ander regeringsamptenare is weens 'n staatsgreep in Mali, in dié land gestrand
Die ses Zimbabwiërs wat skuldig bevind is vir die sameswering om publieke geweld te pleeg, sal binnekort gevonnis word.
Mosambiek het bevestig dat die kragtoevoer na Zimbabwe afgesny is, weens agterstallige skuld van $40 miljoen (sowat R306 miljoen).
Sowat 3 000 gevalle van tifuskoors is al in Harare aangemeld sedert die eerste geval in Januarie in ’n werkersklas-voorstad gediagnoseer is.
‘n Alliansie van Zimbabwiese menseregtegroepe vrees dat ‘n veteraan-aktivis ontvoer is nadat hy weke terug vir die laaste keer gesien is.
Derduisende mense het byeengekom in Mutare, ’n grensdorp in die ooste van Zimbabwe, om pres. Robert Mugabe se 88ste verjaardag te vier.
Zimbabwe se lugdiens het al sy vlugte onbepaald opgeskort nadat die jongste pogings om die lugdiens uit sy finansiële krisis te kry, misluk het.
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het op sy 88ste verjaardag grappies gemaak oor vrese oor sy gesondheid en gesê hy is "perdfris".
President Robert Mugabe het gesê hy sal “beslis” vanjaar verkiesings afkondig en ’n einde bring aan Zimbabwe se drie jaar oue koalisie.
Morgan Tsvangirai is oor die kole gehaal nadat hy aan 'n gehoor gesê het hy en pres. Robert Mugabe is deur God gekies om die land te lei.
Bewaringsgesindes in Zimbabwe pogings om ‘n babaolifant, wat op ‘n besige hoofpad van sy ma geskei is, se lewe te red, was onsuksesvol.
Zimbabwe het bevestig dat alle ongeregistreerde buitelandse koerante verban sal word omdat hulle nie by die owerhede geregistreer het nie.
Minstens 50 gevalle van ingewandskoors word daagliks in Zimbabwe aangemeld en meer as 1 500 mense is reeds vir die siekte behandel.
Troppe bobbejane wat handsakke steel en vragmotors stroop is besig om verwoesting te saai by die grensposte van Zimbabwe en Zambië.
Die Zimbabwiese president Robert Mugabe beplan glo om ná die volgende verkiesing uit te tree om plek te maak vir sy uitgesoekte opvolger.
Groot ontwrigting word in Zimbabwe verwag wanneer staatsdienswerkers oor swak werksomstandighede in dié land sal staak.
'n Vermeende Zimbabwiese mensehandelaar is in aanhouding by die landdroshof op Mafikeng nadat hy deur die polisie vasgetrek is.
‘n Ontploffing het by die provinsiale kantoor van die Zimbabwiese president Robert Mugabe se Zanu-PF-party in Gweru plaasgevind.
'n Man is in hegtenis geneem vir mensehandel nadat hy 16 kinders uit Zimbabwe na Suid-Afrika wou smokkel, het polisie in Noordwes gesê.
Morgan Tsvangirai waarsku dat belangrike hervormings nodig is voordat geloofwaardige verkiesings in die land gehou kan word.
'n Vliegtuig van Air Zimbabwe is in Londen, Engeland op beslag gelê vir onbetaalde skuld in die tweede soortgelyke voorval in ‘n week.
Lede van Zimbabwe se Zanu-PF-party het die afgelope naweek introspeksie gedoen op hul jaarvergadering, waar die party se swakhede erken is.
Pres. Robert Mugabe staan volgende jaar weer as Zanu-PF se presidentskandidaat in Zimbabwe se verkiesing, is aangekondig.
Zimbabwe se 87-jarige president sê dit sal 'n "daad van lafhartigheid" wees om die tuig neer te lê voor volgende jaar se verkiesing.
‘n Boom in Zimbabwe waaraan ‘n bekende spiritistiese medium en stryder teen kolonialisme destyds gehang is, is deur ‘n vragmotor omgery.
Zanu-PF kort nog nagenoeg $400 000 (meer as R3 miljoen) om die onkoste vir sy jaarlikse partykonferensie te dek.
‘n Onafhanklike mediakontrolegroep sê die polisie het drie van hul amptenare in hegtenis geneem ná ‘n "onwettige" vergadering.
Nandos' se komediefees in Zimbabwe is gekanselleer weens die “laaste staande diktator”-advertensie wat dié land in rep en roer gehad het.
Die “laaste staande diktator” TV-advertensie wat tans in Suid-Afrika op televisie te sien is, gaan gekanselleer word, sê Nando's.
‘n Militante groep in Zimbabwe sê Nando’s restaurante moet geboikot word ná advertensies wat die spot met Robert Mugabe dryf.
Morgan Tsvangirai, die Zimbabwiese premier, het met ‘n sakevrou van Harare wie se suster ‘n wetgewer vir Robert Mugabe se party is, getrou.
Morgan Tsvangirai, premier van Zimbabwe, het gesê die uitkoms van die verkiesing in 2012 moet die gevoelens van die bevolking weerspieël.
China wil sy boerdery-, mynbou- en infrastruktuur-projekte in Zimbabwe uitbrei ondanks beperkinge op buitelandse eienaarskap in Zimbabwe.
Bafana Bafana sal Zimbabwe in Harare met ’n relatief onervare groep spelers pak in ’n vriendskaplike wedstryd.
Morgan Tsvangirai van Zimbabwe se MDC-party se kantore is deur die polisie afgesper en traangas is in die gebou en op omstanders gebruik.
Zimbabwe het met die hulp van die EU en Unicef ‘n fonds bekendgestel wat kinders en swanger vroue van gratis mediese behandeling sal voorsien.
Robert Mugabe van Zimbabwe het vir die agtste keer hierdie jaar vir mediese behandeling na Singapoer gevlieg, het ‘n regeringsbeampte gesê.
Zimbabwe se eerste groen kragaanleg wat etanol van suikerriet vervaardig, kan die land energie-onafhanklik maak, maar het baie boere ontwortel.