Thailand het as ‘n vervulling van een van die regering se beloftes een miljoen tabletrekenaars vir sy laerskoolstudente gekoop .
Vyf mense is dood en talle mense beseer nadat 'n brand Saterdag by 'n hotel in Hat Yai, die grootste stad in suidelike Thailand, uitgebreek het.
'n Johannesburgse dwelmmuil kan ná tronkstraf van 18 jaar terugkeer na sy tuisland nadat hy deur Thailand se koning kwytgeskeld is.
Een toeris is dood en sowat 20 ander is beseer ná ‘n brand by ‘n groot hotel in Bangkok uitgebreek het.
Meer as 30 mense, heelwat van hulle toeriste, is na ‘n hospitaal in Phoeket geneem nadat daar ‘n chloorlekkasie by ‘n hotelswembad was.
Die vloede in Thailand wat eers teen Desember begin bedaar het, is vir versekeraars op een na die duurste versekerde natuurramp.
Een burgerlike is dood en agt ander is beseer toe ‘n bom buite ‘n gesondheidsentrum in Pattani, Thailand, ontplof het, het amptenare gesê.
Thaise regeringsagentskappe en omgewingsbeskermers het ‘n ooreenkoms bereik met die doel om konflik tussen mense en olifante te verminder.
Die vermeende dwelmmuil Nolubabalo Nobanda se ma het geweet haar dogter gaan na Brasilië maar het gedink dis vir 'n vakansie.
Douglas Gibson, die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Thailand, sê die vrou wat in Thailand in hegtenis geneem is in goeie gesondheid.
Die familie van die vermeende dwelmmuil wat in Thailand vasgetrek is, sê sy is 'n Wits-student ten spyte dat die universiteit geen rekord van haar het nie.
Suid-Afrika se ambassadeur in Thailand het gewaarsku dat dié Suidoos-Asiese land van die strengste wetgewing teen dwelms ter wêreld het.
Minstens vier mense in Thailand is beseer deur koeëls wat in die lug geskiet is deur bygelowige mense wat Rahu die demoon wou verjaag.
Die dodetal van Thailand se ergste vloede in meer as 50 jaar het tot 667 gestyg en drie mense word steeds vermis.
Toeroperateurs in Hongkong het goedkoop toere na Thailand bekendgestel in ‘n poging om toeriste terug te lok na die vloedgeteisterde land.
Die regering in Thailand sê voormalige premier Thaksin Shinawatra sal nié vir die jaarlikse koninklike kwytskelding in ag geneem word nie.
Die premier van Thailand, Yingluck Shinawatra, het te midde skerp kritiek gesê sy sal in haar pos aanbly en die land se vloedkrisis oplos.
Veeartse in Thailand is op soek na 15 giftige Afrika-mambas wat glo uit ‘n oorstroomde gebou in die Nonthaburi-provinsie ontsnap het.
Inwoners van Luangphukhao, ‘n noordelike voorstad van die Thaise hoofstad, Bangkok, is huiwerig om hul huise te verlaat.
Thailand se vloedkrisis is besig om sy tol te eis op die land se winsgewende toerismebedryf, met talle toeriste wat vakansies kanselleer.
Die dodetal weens vloede wat van die einde van Julie vanjaar in Thailand verwoesting gesaai het, het tot 366 gestyg.
Die Britse Buitelandse en Statebond Kantoor het reisigers as gevolg van vloede gewaarsku om versigtig te wees as hulle in Thailand reis.
Owerhede werk reeds aan ’n ontruimingsplan om mense uit die Thaise hoofstad, Bangkok, te verskuif indien dit deur ’n vloed getref word.
Swaar reënbuie het modderstortings, vloede en oorstroomde riviere in Thailand veroorsaak wat die lewe van minstens 112 mense geëis het.
Olifante en polo-spelers van oor die wêreld heen het die afgelope week saamgespan vir die 10de jaarlikse King’s-beker Olifant-polo-toernooi.
‘n Ondersoek na die vreemde sterftes van vyf toeriste in hotelle in Thailand dui op 'n moontlike verband met giftige blootstelling.
Thailand se opposisie het ’n politieke ommekeer bewerkstellig toe hy die naweek die land se algemene verkiesing gewen het.
Nie alle Thaise disse kom by die tafel aan met ‘n watertand-reuk en verleidelike voorkoms nie en heelwat mense sal nee sê vir rooimier-eiers.
Thailand se minister van kultuur gaan 'n versoek rig dat buitelandse toeriste verban moet word om tatoeëermerke te kry wat met Boeddhisme verband hou.
‘n Thaise wetgewer wat die opposisieparty Puea Thai ondersteun, is deur ‘n gewapende man op ‘n motorfiets in die rug geskiet.
Thailand en Kambodja het aangekondig dat hulle 'n ooreenkoms bereik het om gevegte op hul gedeelde grens te stop.
Altesaam 29 mense het in padongelukke gesterf met 400 mense wat beseer is op die eerste dag van Thailand se nuwejaar seisoen.
Die polisie in Thailand sê klopjagte is uitgevoer op geheime werkswinkels in dié land waar onwettige ivoor na bewering gekerf is.
‘n MIV-positiewe voormalige folkmusiekster is nege jaar tronkstraf opgelê in verband met die mishandeling van honderde minderjarige meisies.
Veertien Viëtnamese vroue, waarvan sewe swanger is, is gered uit ‘n “onwettige en onmenslike” sindikaat wat babas verwek in Thailand.
‘n Nuwe Thaise lugredery huur nou transseksuele “meisie-mans” as bemanningslede, in ‘n poging om ‘n unieke identiteit te skep.
Thailand het talle gewilde duik-bestemmings onbepaald vir toeriste gesluit sodat koraalriwwe kan herstel van wydverspreide verbleiking.
Thaise polisie het honderde menslike fetusse in plastiek sakke gevind wat by ‘n Boeddhistiese tempel se lykshuis weggegooi is.
Hier is ‘n paar vreemde eksotiese disse vir toeriste met ‘n avontuurlustige eetlus soos Ysland se Hakarl, stukkies gegiste haai vleis.
Die Spaanse tennisspeler Rafael Nadal het ‘n verwelkoming geskik vir koninklikes eerder as 'n tennisspeler ontvang met sy aankoms in Thailand.
‘n Vrou wat 274kg weeg en moontlik die swaarste persoon in Thailand is, het haar huis vir die eerste keer in drie jaar verlaat.
Thailand het aangekondig dat die noodtoestand in drie noordelike provinsies van die land gelig sal word, maar nie in Bangkok nie.
Thailand, wat nege weke lank anti-regeringsbetogings gehad het en met erge geweld gesukkel het, kan so vroeg as November ’n verkiesing hou.
Lede van die sogenaamde "Rooi Hemp"-betogers het ‘n bus aan die brand gesteek in Bangkok ná die polisie hulle met traangas gespuit het.
Thailand se “Rooi-hemp”-betogers het ooreengekom om te probeer om hul verskille met die regering uit te werk en sterftes te voorkom.
Thailand het weereens ‘n dooiepunt bereik nadat die eerste minister geweier het om nuwe verkiesings in die volgende 30 dae te reël.
Die Thaise weermag het inbeweeg om Bangkok se hoof besigheidsdistrik af te baken van duisende betogers.
Meer as 30 mense is beseer nadat die weermag onderneem het om 'n betoging van die rooi-hemde in Thailand op te breek.
Vier handgranate het by Bangkok se hoof-weermagbasis ontplof terwyl duisende politieke opstanders in die strate betoog het.
‘n Reeks motorbomme het die lewens van 14 mense geëis en meer as 500 beseer in dodelike aanvalle in die suide van Thailand.
'n Bejaarde Britse man en sy Thaise vrou is in 'n beweerde rooftog by 'n strandoord in Thailand doodgeslaan, het die polisie gesê.
Minstens 40 mense is beseer, waarvan drie ernstig, toe 'n trein in die suide van Thailand in 'n vragmotor ingeploeg het, het die polisie gesê.
Honderde huise is vernietig nadat ‘n brand deur ‘n Thaise grenskamp, wat die tuiste van duisende vlugtelinge van Mianmar is, gewoed het.
Meer as 45 000 mense het hul werk weens verlede jaar se vloede in sentraal Thailand verloor, het die koerant Nation berig.
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking kon nie bevestig of ‘n Suid-Afrikaner, wat in Thailand vermis word, dood is nie.
Die polisie het beslag gelê op 3,8 miljoen metamfetamien-tablette wat meer as R251,8 miljoen werd is in Thailand se grootste vonds in jare.
Amptenare in Thailand het gesê dat hulle ‘n Libanese man met moontlike bande met die Hezbollah-militantegroep in hegtenis geneem het.
Die vermeende dwelmmuil Nolubabalo Nobanda het kort voor haar vertrek na Brasilië baie geld gehad, het 'n vriendin gesê.
Een-en-veertig vroue is by 'n bordeel in Thailand gered nadat hulle gedwing was om as prostitute te werk, het die polisie gesê.
'n Vrou wat in hegtenis geneem is ná kokaïne in haar rastalokke gevind is, is nié 'n student aan die Universiteit van die Witwatersrand nie.
Die ambassadeur in Thailand het gesê Nolubabalo Nobanda is die twaalfde Suid-Afrikaner wat in dié land weens dwelms gearresteer is.
Thailand het ‘n Amerikaanse burger tot twee en ‘n half jaar tronkstraf gevonnis nadat hy die land se koning beledig het.
Ape in Sentraal-Thailand is bederf met ‘n fees van vrugte en groente in ‘n jaarlikse tradisie wat daarop gemik is om toeriste te lok.
‘n Hof het ‘n man tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy “beledigende” teksboodskappe aan Thailand se koningin gestuur het.
Die dodetal van Thailand se ergste oorstromings in meer as ‘n halwe eeu het 600 verbygesteek, het die land se regering gesê.
Die dodetal van die vloede in Thailand het verby 500 gestyg met water wat steeds deur sommige dele van die kapitaal versprei.
Thaise burgers beskuldig die regering daarvan dat hulle woongebiede opoffer in ‘n poging om vloedwaters uit die middestad te hou.
Mense in die noorde van Bangkok ontruim hul huise aangesien vloedwater die middestad van die Thaise hoofstad bedreig.
Volgens die Thaise weermag is twee mense dood en talle beseer toe 'n aantal gekoördineerde bomontploffings dié land geruk het.
Thailand se toerismebedryf is sover gespaar van die ergste vloede in meer as ‘n halwe eeu en kan help om die land se ekonomie te ondersteun.
Terwyl die dodetal in Suidoos-Asië gestyg het, het beamptes voorsorg getref om Bangkok te beskerm teen moontlike oorstromings.
Thailand het sowat 10 000 soldate ontplooi om slagoffers van die vloede, wat groot dele van die land onder water gelaat het, te help.
Die eienaars van ‘n toeristeparkin Thailand is desperaat op soek na krokodille wat die afgelope naweek in vloede meegesleur is.
Thailand se nuwe brandstofplan – om sy pryse te verlaag om armes te help – gaan die omgewing skaad en klimaatsverandering aanhelp.
Thaise wetgewers het Yingluck Shinawatra as die land se eerste vroulike eerste minister verkies ná haar party se wegholoorwinning in die verkiesing.
Ban Ki-moon, hoof van die Verenigde Nasies, het gevra dat die algemene verkiesing in Thailand vreedsaam, onpartydig en deursigtig moet wees.
Thaise gesondheidsbeamptes wil pamflette oor E.coli aan passasiers van Europa uitdeel om die verspreiding van die bakterieë te keer.
Thailand se ministerie van kultuur is van mening dat toeriste nie toegelaat moet word om tatoeëermerke van die Boeddha te kry nie.
‘n Britse paartjie was onder sewe toeriste wie se dood in Thailand verbind word met giftige pesdoders wat teen bedgoggas gebruik word.
Na drie dae van erge gewelddadige gevegte tussen Thailand en Kambodja op hul omstrede oerwoudgrens is elf mense dood, het beamptes gesê.
Die dodetal weens die vloede in die suide van Thailand het tot 40 gestyg terwyl duisende mense skuiling by noodkampe gaan soek het.
Elf mense is dood in vloede in die suide van Thailand en duisende ander is op vakansie-eilande gestrand, het amptenare gesê.
‘n Woedende olifant het ‘n 63-jarige Switserse toeris op die grond neergegooi en haar doodgetrap tydens ‘n eko-toer in Thailand.
Dertien mense is dood en 16 ander passasiers is beseer toe die bus waarin hulle in die noorde van Thailand gery het, van ‘n rif afgery het.
Thaise en Kambodjaanse soldate het naby ‘n tempel op die twee lande se grens gebots, het beamptes van beide nasies gesê.
Drie Moslem-burgers, insluitende ‘n getroude paartjie, is deur gewapende mans by ‘n nagmark in Thailand doodgeskiet.
Kitsvloede het deur ‘n groot aantal stede in die suide van Thailand gespoel en sowat 100 000 mense gestrand gelaat.
Vermeende Islamitiese separatiste het vyf burgerlikes doodgeskiet in die suide van Thailand, het polisie gesê.
Thaksin Shinawatra, Thailand se voortvlugtige eks-premier, is blykbaar in Afrika, waar hy vir Mandela gekuier het en met diamante wil smous.
Facebook en Twitter word deur Thailand se minister van kultuur geblameer vir die swak taalvaardighede van Thaise studente.
Linping, Thailand se enigste baba panda, het haar eerste verjaarsdag op 'n gewig van 36-kilogram saam met talle aanhangers gevier.
Thaise owerhede sal 'n klokreël vir nog drie aande in Bangkok en 23 ander provinsies handhaaf om konflik onder bedwang te kry.
Die hoof militêre adviseur van Thailand se sogenaamde “Rooi Hemp”-betogers is ernstig beseer nadat hy glo in die kop geskiet is.
Waarkuwings is uitgereik oor die onstabiele en gespanne politieke situasie in Thaliand en reisigers word afgeraai om daarheen te toer.
Onrus wat gepaard gaan met politieke onstabiliteit in Thailand het van Bangkok na die noord-ooste van die land versprei.
Die “Rooi Hemde”, ‘n anti-regegeringsgroep in Thailand, het die lyke van dooie betogers op ‘n mars deur die hoofstad Bangkok gedra.
Betogers in Thailand het begin om hul eie bloed te skenk in ‘n plan om die Thailandse regering se hoofkwartiere daarmee te bevlek.
Vermeende Moslem opstandelinge het ‘n man in die suide van Thailand doodgeskiet en dit hou verband met opstand wat die laaste vyf jaar hier aangaan.