Die polisie in Spanje het twee Britse mans aangehou wat valslik beweer het dat hulle 'n bom op 'n vlug vanaf Manchester na Tenerife het.
Twee mense is dood toe 'n vliegtuig van die Spaanse lugmag op 'n opleidingsvlug in 'n veld noordoos van Madrid neergestort het.
Spanje het gesê een van sy burgers, wat glo ‘n dokter is, het in die suide van Nigerië vermis geraak en is vermoedelik ontvoer.
Brandbestryders in die droogtegeteisterde Spanje het vier veldbrande in die noordoostelike streek van Katalonië probeer bestry.
Spanje en Frankryk het daarin geslaag om geld teen verlaagde rentekoerse op finansiële markte te leen, het RSG berig.
Miljoene geldhonger Spanjaarde raap kaartjies op vir die wêreld se grootste loterytrekking wat pryse ter waarde van altesaam R38,8miljard bied.
Die Spaanse polisie het ‘n man wat duisende supermarktrollies gesteel het vasgetrek deur ‘n GPS-toestel aan een van die trollies vas te maak.
Twee Spaanse noodlenigingwerkers is in Kenia se Dadaab-vlugtelingskompleks deur gewapende mans ontvoer en is glo na Somalië geneem.
Geringe skuddings is op El Hierro gevoel, wat moontlik ‘n aanduiding is dat ‘n vulkaan binnekort op die Kanarie Eilande gaan uitbars.
‘n Spaanse dief het ‘n peperduur diamant wat hy by ‘n Britse toeris gesteel het, ingesluk toe die polisie hom vasgetrek het.
Bunol, 'n klein dorpie van minder as 10 000 inwoners, is vandag oorval deur duisende besoekers vir die jaarlikse tamatie-oorlog.
‘n Bul wat ‘n reputasie as ‘n genadelose gaffelaar het, het ‘n 29-jarige man tydens feesvieringe in Spanje doodgegaffel.
Die Spaanse restaurant elBulli, wat verskeie kere as die wêreld se beste aangewys is, sluit ná meer as twee dekades sy deure.
Britse gewapende magte het ‘n Baskiese separatis in hegtenis geneem in verband met 'n sluipmoordpoging op die Spaanse koning in 1997.
Die nuwe fliek The Smurfs 3D is binnekort op die groot skerm te sien en 'n Spaanse dorpie het ingestem om al sy geboue blou te laat verf as publisiteit.
Spanje het glo ‘n boodskap van die Libiese regering ontvang wat ‘n skietstilstand versoek, het ‘n regeringswoordvoerder gesê.
Die Red Bull-renjaer Mark Webber het tot dusver die vinnigste tyd in die oefenrondes vir die Spaanse Grand Prix in Barcelona opgestel.
Honderde mense het tougestaan vir kosbystand nadat ’n groot aardbewing die historiese Spaanse stad van Lorca geruk en agt lewens geëis het.
Talle mense is beseer en minstens 10 mense is dood toe twee aardbewings die dorp Lorca in die suidooste van Spanje geruk het.
Die polisie het ‘n tweejarige seuntjie bevry wat deur ‘n Nigeriese bende, wat sy ma gedwing het om as prostituut te werk, aangehou is.
Volgens die Spaanse polisie het diewe sowat R14.4 miljoen uit ‘n klooster gesteel nadat die nonne dit in plastieksakke weggesteek het.
‘n Polisiebeampte sê ‘n man wat met ‘n mes gewapen was, het blykbaar waansinnig geraak en tot 13 mense gesteek op die eiland Ibiza.
Ons is besig om ons planeet só erg te besoedel, dat daar kompleet 'n hotel uit 12 ton se rommel in Madrid, Spanje, opgerig is.
Sowat 3000 mense het ontruim nadat swaar reën tot vloede in suidelike Spanje gelei het, het plaaslike owerhede gesê.
'n 62-jarige Ecuadoriaanse man het die geraas in 'n besige winkelsentrum in Madrid geïgnoreer en Spanje se eerste siësta-kampioenskap gewen.
Die La Tomatina-fees in Spanje is een van die wêreld se eienaardigste feeste, maar dis nie die enigste vreemde fees nie.
Spaanse polisie het sewe vermeende lede van die gewapende Baskiese groep ETA in hegtenis geneem in 'n voortgesette poging om druk op die organisasie te plaas.
Suid-Afrika het nog nie 'n formele versoek van Spanje ontvang om Faustin Kayumba Nyamwasa weens aanklagte van volksmoord uit te lewer nie.
Die plaaslike parlement in Katalonië sal Woensdag stem oor die verbanning van bulgevegte in dié noord-oostelike streek van Spanje.
Spanje se parlement het ‘n voorstel van die opposisie party om vroue te verban om die burka in publieke plekke te dra verwerp.
Volgens beamptes is nog drie persone beseer in die Spaanse bulstormloop wat jaarliks tydens die San Fermin-fees in Pamplona plaasvind.
'n See van oranje was by die Soccer City-stadion sigbaar terwyl die son gesak het oor duisende sokkerondersteuners voor die WB-eindstryd.
Die eerste skote in die WB-oorlog tussen Nederland en Spanje het geklap, skaars ’n dag nadat ’n ontmoeting in die eindstryd vir dié spanne 'n werklikheid geword het.
Nederland het plek by die Sunnyside Park hotel in Johannesburg gekry nadat 'n onverwagse sege oor Brasilië dié span sonder verblyf gelaat het.
Spanje het met Duitsland op die Moses Mahbida-stadion in Durban afgereken vir 'n welverdiende plek in die Wêreldbeker-eindstryd.
Die hegte Duitse sokkerkamp het die eerste keer begin krake toon en dit op die vooraand van dié span se Wêreldbeker-halfeindstryd teen Spanje.
Nog 'n Suid-Amerikaanse land moet hul tasse pak nadat Spanje vir Paraguay in die WB-kwarteindronde op Ellis Park in Johannesburg geklop het.
'n Dominerende Spaanse Armada het Cristiano Ronaldo en sy Portugese span se Wêreldbeker-drome tot 'n einde gebring.
Spanje se gesukkel in die Wêreldbeker maak ’n amperse dobbelspel van die kragmeting tussen Portugal en die kolonie wat hom reeds ontgroei het, Brasilië.
Die beeldskone joernalis Sara Carbonero, vriendin van die sterdoelwagter Iker Casillas, word blameer vir Spanje se nederlaag teen Switserland.
Spanje, een van die wêreld se sokkerreuse, het hul eerste WB-groepwedstryd op die Moses Mabhida-stadion in Durban teen Switserland verloor.
Duisende vakansiegangers was op die Kanariese Eilande gestrand nadat swaar wind en reën daartoe gelei het dat lughawens moes sluit.
Motorverkope in Spanje het vir die derde agtereenvolgende maand gestyg, met ‘n totaal van 86 639 motors wat geregistreer is.
Altesaam 36 bemanningslede wat vir ses weke as gyselaars aangehou was, is vrygelaat ná ‘n losprys van R25 miljoen betaal is.
‘n Bankrower is fort met net omtrent R130 nadat sy senuwees hom in die steek gelaat het, het Spaanse media berig.
Bykans 4 000 mense is uit die Kanariese Eiland van La Palma ontruim nadat 'n woeste bosbrand uitgebreek het.
'n Aanlyn kinderpornografie-sindikaat wat "uiters eksplisiete" video's versprei het, is deur die Spaanse polisie oopgevlek.
‘n Spaanse dorpie wat oorweeg het om marijuana te groei om sodoende skuld af te betaal, mag voorlopig voortgaan daarmee.
Vier mense is dood nadat ‘n tydelike hut wat hulle in Barcelona in die noordooste van Spanje gehuisves het afgebrand het.
Spaanse gesondheisbeamptes het gesê 'n derde Britse burger, wat in Spanje vakansie gehou het, het weens Legioen-siekte gesterf.
Die aantal mense in Spanje wat om werkloosheidsvoordele aansoek gedoen het, het in Januarie met meer as 177 000 toegeneem.
Spanje is aangewys as Fifa se span van die jaar, nadat hy vir die vierde agtereenvolgende jaar bo aan die Fifa-punteleer geëindig het.
Kritici het hom as vervelig beskryf, maar Mariano Rajoy was nie te vervelig om oorwinning te behaal in Spanje se algemene verkiesing nie.
'n Spaanse stiervegter se gesigspiere is waarskynlik verlam en hy is blind in een oog nadat hy op afgryslike wyse deur 'n bul deurboor is.
Die Oscar-bekroonde aktrise Halle Berry het haar voet gebreek terwyl sy aan haar nuwe film Clous Atlas in Spanje gewerk het.
Die Spaanse Koning Juan Carlos is uit ‘n kliniek in Madrid ontslaan nadat hy oornag ‘n Achilles-operasie aan sy linkervoet ondergaan het.
Die Marokkaanse vloot het 44 mense van sub-Sahara Afrika wat in ‘n opblaasbootjie op pad na Spanje was, onderskep, het owerhede gesê.
'n Amptenaar in Spanje het bevestig dat drie mense in 'n pretrit-ongeluk in die sentrale deel van die land dood is.
Die hof in Spanje het ‘n kliniek beveel om €1, 075 miljoen te betaal aan die familie van ‘n man wat 22 jaar gelede in ‘n koma gegaan het.
Meer as een miljoen mense sal na verwagting die strate van Pamplona vol pak vir Spanje se gewildste fees, die San Fermin bul-stormloop.
Spanje het €33 miljoen (R321 miljoen) van een van Hosni Mubarak se vennote, wat tans in aanhouding is, gevries.
Spanjaarde het hul kruisies getrek in hul verkiesings wat na verwagting swaar verliese vir die heersende Sosialiste gaan beteken.
Die wêreld- en Europese kampioen Spanje is steeds bo-aan Fifa se lys van die wêreld se tien beste sokkerlande.
Talle inwoners van Rome het nie vir werk opgedaag nie omdat daar jare gelede voorspel is dié stad sou deur ’n aardbewing verwoes word.
Brandbestryders, vrywilligers en soldate het bontgestaan om 'n brand in 'n boomryke gebied in Valencia, Spanje te blus.
Spaanse vakansiegangers kan talle vertragings op lughawens verwag terwyl werkers dreig om tydens besige vakansie-periodes te staak.
Die Spaanse polisie het 10 mense, waarvan een glo sy minderjarige skoonsuster afgeneem het, in hegtenis geneem oor kinderpornografie.
Twee mense is dood en een is ernstig beseer in ‘n skietery waarin ‘n skerpskutter op die straat geskiet het in Cartagena in Spanje.
Barcelona is een van Europa se mees verleidelike stede. Besoekers kom vir sy kuns en argitektuur, 24-uur straatkultuur en uitstekende kos.
Of jy lief is vir museums, of 'n naguil is wat die partytjielewe geniet, Spanje se hoofstad, Madrid, bied deesdae iets vir jou.
Vier Kapenaars het pas teruggekeer van ’n swemtog waartydens hulle sowat 18 km oor die Straat van Gibraltar geswem het.
Spaanse polisie het 57 mense in hegtenis geneem en 47 ander aangekla in ‘n veldtog teen kinderpornografie oor die land.
Die klein, stil dorpie Alcaniz in Spanje is reeds sedert 1928 die tuiste van twee- sowel as vierwiel-renaksie.
Spanje se tweede grootste stad, Katalonië, se parlement het Woensdag gestem om bulgevegte vanaf 1 Januarie 2012 te verban.
Die lyk van ‘n kind wat glo ooreenkomste het met ‘n vyfjarige Duite seun wat in die suide van Spanje vermis geraak het, is gevind.
Volgens beamptes is nog vyf persone beseer in die laaste Spaanse bulstormloop wat jaarliks tydens die San Fermin-fees plaasvind.
Spanje het hul eerste Wêreldbeker-trofee gewen toe hulle in ekstra tyd die eindstryd teen Nederland op die Soccer City-stadion in Johannesburg geklop het.
Sokkerkoors loop hoog in beide Spanje en Nederland voor die groot Wêreldbekereindstryd by Soccer City in Johannesburg.
Geen kaartjies is meer vir die Wêreldbeker-eindstryd op Soccer City in Johannesburg beskikbaar nie, het Fifa aangekondig.
Die Pamplona-bulstormloop het nog beserings veroorsaak toe twee mense deur ‘n bul deurboor is en vier ander ernstig seergekry het.
Die Pamplona-bulstormloop het sy eerste bloed getrek toe ‘n Australiër en ‘n Spanjaard by die jaarlikse fees in Spanje beseer is.
Spanje se afrigter sê die doelskieter Fernando Torres mag dalk nie in die beginspan wees vir die Wêreldbeker-halfeindstryd teen Duitsland nie.
Spanje bereik sy beste spelpeil op presies die regte tyd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi, glo sy middelveldspeler Xavi.
Spanje het teen 'n taai Chileense sokkerspan op Loftus Versfeld in Pretoria geseëvier om ook deur te dring na die volgende ronde van die Wêreldbeker.
Chili se sokkerkaptein Claudio Bravo het gesê dat ‘n geskeurde vlag, wat gered is uit die puin van dié land se onlangse aardbewing, die span inspireer.
Die oud-afrigter van Spanje se sokkerspan, Luis Aragones, het dié span se speltaktiek gekritiseer na hul WB-groepwedstryd nederlaag teen Switserland.
Swede het Donderdag om middernag die presidentskap van die Europese Unie vir die volgende ses maande aan Spanje oorhandig.
Spanje het beskerming gebied aan ‘n albino van Afrika nadat hy beweer het dat hy deur toordokter-ontvoerders vervolg is.
Spanje is oortuig daarvan dat hulle die Wêreldbeker hierdie keer kan wen en is saam met Brasilië die gunstelinge in die toernooi.
‘n Voetganger is oorlede toe ‘n vrou wat selfmoord gepleeg het deur van haar balkon op die agste vloer te spring, bo-op hom geval het.
Die uitslae van die tweede been van die Tour of Burgos fietstoer is bekend, met Joaquin Rodriguez in die eerste plek.
Die 50ste herdenking van die Baskiese separatistebeweging (ETA), is ‘n top prioriteit vir Spanje se weermag sodat verdere bomaanvalle voorkom kan word.