Nie een van die 29 Chinese werkers wat ontvoer is tydens 'n aanval in Soedan is nog bevry nie, het die Chinese staatsmedia berig.
Suid-Soedan se minister van olie het vir Soedan daarvan beskuldig dat dié land 120 000 vatte per dag van Suid-Soedan se olie steel.
Drie mense is dood en talle beseer tydens ‘n stormloop nadat die polisie traangas by ‘n Soedannese Onafhanklikheidsdag-viering afgevuur het.
Die Soedannese weermag het die leier van die grootste rebellegroep in Darfoer in gevegte vroeër die week gedood.
Die ISH het gesê hy verwys Malawi na die VN-Veiligheidsraad nadat dié land geweier het om pres. Omar al-Bashir van Soedan in hegtenis geneem.
'n Keniaanse minister is na Soedan om ‘n diplomatieke geskil te ontlont ná ‘n hof die inhegtenisname van die Soedannese president beveel het.
Talle Soedannese burgers word geraak deur die konflik tussen die weermag en die rebelle in 'n staat naby die grens met Suid-Soedan.
Ten minste 12 mense is dood en 20 is beseer toe die Soedannese weermag hul nuutgevormde buurland, Suid-Soedan, gebombardeer het.
Soedannese regeringsmagte het ‘n grootskaalse rebelle-aanval in Suid-Kordoefan, ‘n staat digby die grens van Suid-Soedan, afgeweer.
Veiligheidsmagte in Soedan het ‘n prominente opposisieleier by sy woonstel in Kartoem in hegtenis geneem en na ‘n onbekende plek geneem.
Soedan gaan voortgaan met sy planne om ‘n volledig Islamitiese grondwet aan te neem en om Islamitiese wetgewing in dié land te versterk.
‘n Soedannese rebelleleier het ‘n beroep op die regering gedoen om bomaavalle op sy burgers te stop en veilige sones vir burgerlikes te skep.
Bykans 25 000 mense het die afgelope drie weke uit Soedan na Etiopië gevlug terwyl gevegte tussen die Soedannese weermag en rebelle voortduur.
Twee betogers is dood ná botsings met die polisie in Gedaref, Soedan, nadat owerhede koeistalle in 'n dorp wou afbreek.
Sowat 13 Soedannese polisiebeamptes is dood en 33 beseer tydens botsings met onbekende gewapende groepe in Darfoer, het beamptes gesê.
Die Soedannese weermag het glo dodelike lugaanvalle op burgerlikes in dié land se Nuba-gebergtes uitgevoer.
Nuwe satelietfoto’s en verslae van ooggetuies dui op die ontdekking van drie nuwe massagrafte in die suide van Soedan.
Soedannese veiligheidsmagte het die jongste drukoplaag van ‘n onafhanklike koerant in Kartoem gekonfiskeer.
Lugaanvalle in Darfoer het minstens een burgerlike gedood, het Unamid, die mag van die Afrika-unie en die Verenigde Nasies, gesê.
Die Soedannese owerheid gaan nuwe banknote uitreik ná die aankondiging dat die onafhanklike Suid-Soedan sy eie geldeenheid gaan bekendstel.
‘n Soedannese hof het ‘n joernalis tot een maand tronkstraf gevonnis nadat sy verslag gelewer het oor ‘n verkragtingsaak.
Die noorde en suide van Soedan het ingestem om aan te hou met onderhandelinge oor probleme voor die suide onafhanklikheid verkry.
Die VN sê Soedan weier om hom volle toegang te gee tot duisende burgers in ‘n omgewing tussen die noorde en suide waar geweld nog voortduur.
Pres. Omar el-Basjhir van Soedan, ’n voortvlugtige voor die internasionale reg, het hom so byna vasgeloop op pad na China vir 'n staatsbesoek.
Verskeie Suid-Afrikaners bevind hulle midde-in ’n menslike tragedie wat hom in die grensgebied tussen die Soedan en Suid-Soedan afspeel.
Thabo Mbeki sê 'n ooreenkoms is in Soedan onderteken in die laaste ronde onderhandelings om betrekkinge tussen die noorde en die suide te bepaal.
Amnestie Internasionaal eis dat Maleisië sy uitnodiging aan die Soedannese president om ‘n ekonomiese forum by te woon, terugtrek.
Ses mense is dood tydens gevegte in Soedan se Suid-Kordofan-staat tussen magte van die noorde en suide, het die VN-sending in Soedan gesê.
‘n Menseregtegroep het satellietfoto’s wat glo bewyse verskaf dat Noord-Soedannese soldate oorlogsmisdade gepleeg het in die Abyei-omgewing.
Die VN eis dat Kartoem sy troepe uit die Abyei-distrik onttrek nadat die suide gesê het troepe van die noorde het die grensgebied binnegeval.
Die VN het gesê dat Soedan se noorde en suide ingestem het om all “onwettige magte” uit 'n betwiste omgewing naby die grens te verwyder.
Soedannese owerhede het die opposisieleier Hassan al-Turabi vrygelaat nadat hy in hegtenis geneem is oor protesaksies wat hy gereël het.
Joe Biden, die Amerikaanse adjunk-president, het sy kommer uitgespreek oor die huidige veiligheidsituasie in Darfoer.
George Clooney sê hy het al beslis met te veel vroue geslaap en veels te veel dwelms gedoen vir 'n politieke loopbaan.
Omar al-Bashir, Soedan se president, het gesê dat Khartoem die uitslag van die referendum oor die suide se onafhanklikheid aanvaar het.
Die tel van stembokse uit sekere areas van Suid-Soedan is gevries na meer as 100% van geregistreerde stemmers by stembusse opgedaag het.
Honderde Soedanse aktiviste is met traangas uiteengejaag tydens betogings weens die inhegtenisname van die Islamitiese opposisieleier.
Die eerste amptelike uitslag van die referendum oor onafhanklikheid aan Suid-Soedan is bekendgemaak, berig RSG.
'n Verkiesingskommissie het bevestig dat die opkoms van stemmers in Soedan genoeg is om die onafhanklikheidsreferendum geldig te verklaar.
Die spertyd vir kieserregistrasie in Suid-Soedan is afgehandel, met ongeveer 3 miljoen mense wat in Suid-Soedan geregistreer het.
Die registrasie van kiesers in Soedan het begin ter voorbereiding van die referendum oor die Suide se moontlike onafhanklikheid van die Noorde.
Die weermag het ’n hoëvlak-ondersoek belê nadat ’n vredesoldaat in Soedan deur aanvallers gewond is en geen dokter beskikbaar was nie.
President Omar al-Bashir van Soedan het gewaarsku dat hy nie ‘n alternatief tot ‘n verenigde Soedan sal aanvaar nie.
Die Amerikaanse akteur, George Clooney, het ‘n besoek aan die oorloggeteisterde Suid Soedan, wat oor drie maande ‘n verkiesing hou, afgelê,
Twee Russiese vlieëniers wat vir 'n privatmaatskappy in Darfoer werk, is deur 'n groep onbekende gewapende mans ontvoer.
Soedan het BBC-uitsendings in Arabies op radiofrekwensies gestaak ná hy sy ooreenkoms met die Britse openbare uitsaaier opgeskort het.
Die Russiese helikoptervlieënier wat in Darfoer, Soedan verdwyn het en deur rebelle aangehou is, is Donderdag vrygelaat.
Pres. Omar Hassan al-Bashir gaan na 'n konferensie in Chad, sy eerste besoek aan ‘n lidstaat van die hof wat hom wil laat arresteer op aanklagte van volksmoord.
Twee rebelleleiers van Soedan sal voor die Internasionale Strafhof in Den Haag verskyn vir 'n aanval in 2007 op vredesmagte in Haskanita.
Sensuur en onderdrukking in die media is terug in Soedan ná die herverkiesing in April van president Omar al-Bashir.
Burgerlikes wat in die gevegte in Soedan se Blue Nile- en Suid-Kordofan-state vasgevang is, het nie toegang tot kos of medisyne nie.
Suid-Soedan het gesê dat Soedan die vervoer van 3,4 miljoen vate olie wat aan die suide behoort sedert Desember geblok het.
'n Nuwe rebelle-alliansie wat 'n stryd voer teen Soedan se president wil 'n politieke oplossing vir die voortslepende konflik in die land vind.
Soedan se weermag het 'n sleutel-rebelleleier van die Darfoer-streek doodgeskiet, het die staatsmedia Sondag berig.
Soedan het alle olie-uitvoer van Suid-Soedan via Soedan se hawes opgeskort totdat ‘n ooreenkoms oor vervoerkostes bereik kan word.
Sewe mense in Soedan is die doodstraf opgelê nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle lede van ‘n rebelle-groep in Darfoer is.
Oxfam, die Britse noodlenigingsgroep, het van sy personeel uit 'n grensomgewing in Suid-Soedan onttrek nadat gevegte daar gerapporteer is.
Soedannese soldate het ná maande se gevegte 'n rebellevesting langs die grens met Suid-Soedan oorgeneem.
Omar al-Bashir, president van Soedan, het gesê sy regering het wapens aan Libië se rebelle verskaf tydens die opstand teen Muammar Gaddafi.
Omar al-Bashir, die Soedannese president, gaan 'n beraad in Malawi bywoon ondanks die lasbrief wat vir sy inhegtenisname uitgereik is.
Drie VN-vredeswerkers wat op patrollie in ‘n vlugtelingkamp in Noord-Darfoer was, is deur aanvallers doodgemaak, het die VN gesê.
Soedannese veiligheidsbeamptes het die onafhanklike Al-Jarida-koerant gesluit, het Saad al-Din Ibrahim, die koerant se redakteur, gesê.
Iran wil ekonomiese ondersteuning aan Soedan gee en help om sy infrastruktuur te verbeter, het pres. Mahmoud Ahmadinejad van Iran gesê.
Soedan en Suid-Soedan het 'n ooreenkoms gesluit oor grensbeveiliging en gaan tien grensposte skep om beweging aansienlik makliker te maak.
Soedan het ‘n amptelike klagte by die VN se Veiligheidsraad ingedien waarin hy Suid-Soedan daarvan beskuldig dat hy onstabiliteit veroorsaak.
Die VN in Soedan het bewerings van ‘n Amerikaanse groep wat sê dat daar agt massagrafte in dié land geïdentifiseer is, van die hand gewys.
Die vredesending van die Verenigde Nasies en die Afrika-unie in Darfoer sê gewapende mans het ‘n Italiaanse noodlenigingswerker ontvoer.
Die Verenigde Nasies het gesê ‘n landmyn het die lewens van vier vredesbewaarders van Ethiopië op die grens van Soedan en Suid-Soedan geëis.
‘n Suid-Soedannese beampte het Noord-Soedan daarvan beskuldig dat hulle ‘n “ekonomiese oorlog” begin het deur 'n nuwe valuta aan te neem.
Omar Hassan al-Bashir, die president van Soedan, glo die omstrede Abyei-grensstreek kan tot moontlike konflik met Suid-Soedan lei.
Byna 200 mense is dood toe ‘n boot met immigrante begin brand het in die Rooi See naby Soedan, het ‘n amptelike nuusagentskap gesê.
Die VN het China betig omdat die land nie die Soedannese president in hegtenis geneem het tydens sy besoek aan Beijing nie.
Noord- en Suid-Soendan het ooreengestem om ‘n buffersone te vorm by hulle gemeenskaplike grens voor die suide se amptelike skeiding van sy buurman.
Ten spyte van internasionale druk sal China die omstrede president van Soedan, Omar al-Bashir, vir vier dae lank in die land verwelkom.
44 miljoen mense is wêreldwyd in 2010 weens konflik ontwortel – die hoogste vlak in 'n dekade, sê die Noorse Vlugtelingraad.
Kartoem het lugaanvalle in Suid Kordofan in Soedan opgeskerp en sodoende “erge swaarkry” vir die burgerlikes veroorsaak, het die VN gesê.
Die leiers van Soedan en Suid-Soedan gaan glo vir die tweede keer vergader en 'n ooreenkoms aangaan oor die omstrede grensdorp Abyei.
Die VN sê die Soedannese regering gaan die weg baan vir inwoners wat uit die Abyei-gebied gevlug het om terug te keer.
Vredesmaglede van die VN in Soedan sê die omstrede grensdorp Abyei is aan die brand gesteek sedert dit deur soldate van die Noorde beset is.
Vier beamptes van die Verenigde Nasies is geskiet en erg beseer in die suide van Soedan terwyl hulle op ‘n patrollie in Abyei was.
Twaalf mense is dood ná hernude gevegte in Soedan se mees bestrede grensgebied, slegs weke voor Suid-Soedan se onafhanklikheid.
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad ondersoek die moontlikheid om die huidige VN-vredesmag in Soedan met 'n ander mag te vervang.
‘n Helikopter wat by ‘n militêre lughawe in Kartoem probeer opstyg het, het geval en een van drie mense aan boord gedood, sê die weermag.
Suid-Soedan se minister van landelike ontwikkeling, Jimmy Lemi Milla, en sy lyfwag is Woensdag doodgeskiet , het die Suidelike weermag gesê.
Voorlopige resultate toon sowat 99% van kiesers in dié land het gestem vir onafhanklikheid en hulle sal nie oor afskeiding rou nie.
Minstens een-en-twintig mense is dood nadat gevegte weer in die weste van Soedan in die Darfoer gebied uitgebreek het.
Die stemtelling in die Soedan-referendum is ‘n hupstoot gegee deur VN-sekuriteitsmagte se lof, maar kommer bestaan oor wrywing in die Abyei-gebied.
Drie bystandwerkers, een van Bulgarye, is in die Darfoer-streek van Soedan ontvoer, het ‘n Bulgaarse lid van die Europese parlement gesê.
Die ure waartydens Suid-Soedannese burgers sal kan stem in 'n referendum wat die area die land se jongste nasie sal maak, is verleng.
Negentien mense is dood en 15 ander beseer toe ‘n bus ‘n motor teen ‘n hoë spoed verby vat en teen ‘n aankomende minibus gebots het.
Waar ’n wil is, sal ’n veilige pad skoon van landmyne wees. Dié benadering van Mechem het vandeesweek weer vrugte afgewerp.
Een van die magtigste rebelle-groepe in Darfoer oorweeg dit om vredesamesprekings met die Soedanese regering te hervat.
Soedannese magte het ‘n soektog geloods in El Fasher, in die noorde van Darfoer, nadat gewapende mans ‘n VN-werker ontvoer het.
Drie Russiese vlieëniers wat deur onbekende gewapende mans in Nyala, Suid-Darfoer, gekaap en ontvoer is, is vrygelaat.
Suid-Soedan moet hulself voorberei vir ‘n “regte krisis,” het die suide se humanitêre minister Donderdag gewaarsku.
Geweld in die suide van Soedan het die noodlenigingsorganisasie Dokters Sonder Grense gedwing om sy werksaamhede in dié gebied op te skort.
'n Russiese helikoptervlieënier wat verdwyn het terwyl hy vir die Verenigde Nasies gewerk het, word aangehou deur militia.
Die internasionale hof in Den Haag het volksmoord tot die klagstaat teen die Soedanese president, Omar al-Beshir, gevoeg.
Vier Soedanese Islamiete wat tot die dood gevonnis is vir die moord op ‘n Amerikaanse diplomaat en sy drywer het uit die tronk ontsnap.
Die rebelse groep in Darfoer het aangekondig dat hulle 35 regeringsoldate vrygelaat het wat hulle tydens ‘n onlangse geveg gevange geneem het.