‘n Skrikwekkende video van ‘n groot vragmotor wat in Rusland omslaan en ‘n aankomende motor tref, is besig om baie gewild op YouTube te word.
Vladimir Putin is tydens ‘n seremonie in die Kremlin beëdig om vir ‘n historiese derde termyn as Rusland se president te dien.
Enigiemand wat openlik ten gunste van verdraagsaamheid teenoor homoseksualiteit praat, kan moontlik binnekort in Rusland tronkstraf kry.
Die Russiese polisie het ‘n misdadiger vasgetrek nadat hy per helikopter uit ‘n hoë-sekuriteit gevangenis in Rusland ontsnap het.
Die polisiehoof by 'n Russiese polisiekantoor is afgedank nadat 'n man met 'n bottel "verkrag" is en toe beswyk het.
Die polisie het sowat 12 betogers in Moskou, Rusland, in hegtenis geneem nadat hulle aan ‘n optog teen Vladimir Putin wou deelneem.
Die Russiese opposisie het onderneem om voort te gaan met betogings nadat die polisie honderde mense in hegtenis geneem het.
Internasionale waarnemers het gesê Rusland se presidentsverkiesing die naweek was duidelik in die guns van Vladimir Putin gelaai.
Altesaam 215 Russe is sedert die begin van die jaar in ’n verlengde tydperk van abnormaal koue weer dood, met veral die haweloses wat ly.
Buitengewone koue weer in Rusland het reeds die lewe van 110 mense sedert die begin van die jaar geëis, het die regering gesê.
Rusland het alle vredeswerkers en militêre helikopters van Suid-Soedan af herroep nadat ‘n sending van die VN ten einde geloop het.
Rusland het die Weste teen militêre aksies in Sirië gewaarsku en 'n beroep gedoen op die stop van verskaffing van wapens aan die opposisie.
Russiese reddingswerkers het ‘n rioolstelsel in Bryansk gefynkam opsoek na ‘n 18 maande oue baba wat daarin geval het saam met sy ma.
Die liggame van 16 bemanningslede van die olieboor-platform wat naby Rusland se Sakhalin-eiland gesink het, is gevind.
Derduisende Russe sal die naweek aan 'n protesoptog in Moskou deelneem om teen die onlangse verkiesingsuitslae te betoog.
Die Organisasie vir Sekuriteit en Samewerking in Europa (OSCE) moenie Russiese politiek kritiseer nie, het Dmitry Medvedev gewaarsku.
Duisende Russe het in sentraal-Moskou en St. Petersburg saamgetrek om te betoog teen die uitslae van die wetgewende verkiesing.
Vladimir Putin, huidige premier van Rusland, het die naweek sy regerende party se benoeming as die land se president aanvaar.
‘n Menslike fout, toegeskryf aan die vlieënier, het die vliegongeluk waarin die lede van ‘n Russiese yshokkie-span dood is, veroorsaak.
‘n Kraaminrigting is opdrag gegee om $100 000 aan twee families te betaal nadat hulle twee babadogtertjies by geboorte omgeruil het.
Meer as ‘n honderd soldate in die Russiese weermag het sedert die begin van die jaar selfmoord gepleeg, het ‘n amptenaar gesê.
Die leiers van Rusland se beleërde opposisieparty het kiesers aangemoedig om die komende parlementêre verkiesing te boikot.
Vyf mense is dood nadat ‘n lokomotief in ‘n groep Russiese voetgangers ingery het, het die Interfax-nuusagentskap gesê.
Na aanleiding van sy president se kritiek teenoor hom, het Rusland se minister van finansies, Alexei Kudrin, besluit om te bedank.
‘n Polisieman is dood en talle ander polisielede en burgers is beseer in ‘n dubbele ontploffing in die suide van Rusland.
Rusland was in rou gedompel ná die vliegramp waarin lede van ’n Russiese yshokkiespan dood is. Altesaam 43 mense is dood.
Drie-en-veertig mense is dood toe ‘n Yak-42-passasiersvliegtuig naby die stad Yaroslavl se lughawe in sentraal-Rusland neergestort het.
'n Man wat die hele aand by 'n stadsfees in Moskou gekuier het, is in hegtenis geneem toe hy oor die Kremlin-muur probeer klim het.
‘n Russiese man wat erken het dat hy iemand via ‘n webwerf vir gays na sy huis gelok, vermoor en geëet het, is in hegtenis geneem.
Inwoners van ‘n dorpie naby waar 'n Russiese ruimtetuig vandeesweek in Siberië neergestort het, kla dat hul gesondheid aangetas is.
Altesaam 15 mense, insluitende drie kinders, is beseer toe twee sterk ontploffings in ‘n supermark in Rusland plaasgevind het.
Russiese reddingswerkers het die oorblyfsels van 'n vragvliegtuig gevind nadat dit in 'n afgeleë streek neergestort het.
‘n Russiese vrou het ‘n huurmoordenaar betaal om haar 21-jarige seun dood te maak omdat hy geweier het om ‘n lening aan haar terug te betaal.
Russiese en Libiese diplomate het tydens ‘n vergadering die moontlike uittrede van Muammar Gaddafi, die Libiese leier, bespreek.
Muammar Gaddafi het ‘n “selfmoordplan” om Tripoli te vernietig as dit deur die rebelle oorgeneem word, beweer 'n Russiese gesant.
‘n Aktivis vir die opposisieparty in Rusland is ‘n tronkvonnis van twee-en-‘n-half jaar opgelê ná hy 'n goewerneur ‘n oorveeg gegee het.
Pogings deur pres. Jacob Zuma en pres. Dmitri Medvedev van Rusland om Navo-lande te oortuig om hul lugaanvalle op Libië te staak, het misluk.
Pres. Jacob Zuma, wat Sondag na Rusland vertrek, is optimisties dat sy besoek positiewe gevolge vir Libië sal inhou.
Rusland het elektrisiteitskabels na Wit-Rusland afgesny nadat dié land, in 'n geldelike verknorsing, versuim het om sy skuld te betaal.
Die dodetal van die Russiese vliegramp het na 46 gestyg nadat een van oorlewendes van die ramp in die hospitaal aan haar wonde beswyk het.
Al meer vrae word gevra oor waarom 'n Russiese vlieënier in gure weer by 'n swak toegeruste provinsiale lughawe probeer land het.
Ondersoekers het die vlugdata-opnemers van die Russiese vliegtuig wat Maandagnag neergestort het opgespoor.
‘n Vyfde van Rusland se verdedigingsbegroting word elke jaar deur korrupte amptenare en oneerlike generaals gesteel, sê aanklaers.
Russiese troepe by die ministerie van binnelandse sake is hondekos gevoer om geld te spaar, het ‘n voormalige minister erken.
Russiese veiligheidsmagte het vier lede van ‘n Islamitiese opstand in die noordelike Caucasus, insluitende ‘n senior militant, doodgeskiet.
Die Russiese president Dimitri Medvedev het die Navo-geleide lugaanvalle op Libiese militêre teikens ten sterkste veroordeel.
Radioaktiwiteit van Japan se beskadigde kernaanleg is in die atmosfeer rondom die Russiese hoofstad Moskou ontdek.
Rusland is bekommerd oor die uiteindelike doel van die lugaanvalle op Libië en meen hulp aan rebelle is “inmenging”.
Rusland, wat een van Libië se grootste wapenverskaffers is, het alle wapenverkope aan dié Afrika-land opgeskort.
Die Russiese eerste minister was nog nooit skaam vir titels nie, maar met die mees onlangse titel, pierewaaier, is hy erg ongemaklik.
Rusland se parlement het bevestig dat Dmitry Medvedev as die land se premier aangewys is, 'n dag nadat Vladimir Putin as president ingehuldig is.
’n Passasiersvliegtuig wat moontlik nie ontys is voordat dit in Rusland opgestyg het nie, het moontlik weens dié nalatigheid neergestort.
Die gewelddadige verkragting en dood van ‘n Russiese man wat in polisieaanhouding was, het talle ander slagoffers na vore laat tree.
Rusland se plan om mense maan toe te stuur, kan dalk 'n aansporing wees vir Nasa om daadwerklike planne vir bemande sendings ter tafel te lê.
'n Man het is in polisieaanhouding dood nadat hy glo deur polisiebeamptes in Rusland met 'n sjampanjebottel verkrag is.
‘n Vroulike selfmoordbomaanvaller wat die weduwee van ‘n vermoorde Islamitiese militant was, het die lewens van vyf polisiebeamptes geëis.
Onbekende aanvallers het brandbomme na ‘n sinagoge in Rusland gegooi, het die interfax-nuusagentskap berig.
‘n Ondersoek is in Rusland geloods rakende video’s wat bedrog tydens die verkiesing wys, alhoewel dit nog nie plaasgevind het nie.
Rusland het dit duidelik gemaak dat hy in die nabye toekoms 'n moratorium kan plaas op aannemings van Russiese kinders deur Amerikaners.
‘n Orkaan in die suide van Rusland het 74 mense beseer en 7 500 mense in ysige weersomstandighede sonder elektrisiteit gelaat.
Rusland het glo ‘n kontrak onderteken om vegvliegtuie aan Sirië te verkoop om sy ondersteuning aan pres. Bashar Assad se regering te wys.
‘n Russiese verkenningstuig wat veronderstel was om Mars se maan te besoek het in die Stille Oseaan naby Chili neergestort.
Sowat 100 000 woedende mense het die strate van Moskou die laaste paar dae binnegestroom om teen beweerde verkiesingsbedrog te betoog
‘n Olieboor-platform het omgeslaan en later gesink te midde van erge storms aan Rusland se oostelike kus en vier werkers dood gelaat.
Die polisie in Moskou het sowat 250 opposisie-ondersteuners in hegtenis geneem tydens betogings teen 'n beweerde "geknoeide verkiesing."
Vladimir Putin se slenter om Rusland tot 2020 te regeer het ietwat van ’n terugslag gekry, maar moontlik nie genoeg om hom te keer nie.
Rusland se adjunk-premier het na bewering gesê federale wetgewers moet ‘n omstrede anti-gay-wetsontwerp oorweeg.
Die polisie in Rusland het ‘n man in hegtenis geneem wat 29 lyke in sy huis aangehou en soos poppe aangetrek het.
Volgens 'n opname is maatskappye van China en Rusland die meeste geneig om omkopery te gebruik om buitelandse kontrakte los te slaan.
‘n Motorbestuurder het teen 17 motors in die Russiese hoofstad gebots in ‘n dronk jaagtog terwyl hy kaal agter die stuur gesit het.
Die Russiese polisie het meer as drie ton kaviaar gekonfiskeer wat smokkelaars beplan het om per militêre helikopter na markte te vervoer.
Seksuele oortreders in Rusland wat met geestesversteurings gediagnoseer is, sal binnekort met chemiese kastrasie gestraf word.
Vladimir Putin het gesê dat Anton Siluanov, ‘n amptenaar in die finansiële ministerie, as waarnemende minister van finansies sal intree.
‘n Russiese polisiebeampte en vier Islamitiese rebelle is dood toe motorbomme in Makhachkala in die republiek van Dagestan ontplof het.
‘n Russiese yshokkiespeler wat ‘n dodelike vliegongeluk oorleef het, het in ‘n hospitaal in Moskou aan sy beserings beswyk.
Honderde inwoners het by 'n Russiese ortodokse katedraal byeengekom om die slagoffers van die dodelike vliegramp te betreur.
‘n Russiese soldaat het ‘n vragmotor vol grofgeskut by sy regiment in Siberië gesteel, maar die voertuig net so laat staan.
Russe in die ooste van dié land is gewaarsku teen ‘n “baie aggressiewe” albino-volstruis wat uit ‘n sirkus hier ontsnap het.
Internasionale lugverkeer naby Rusland moes hul roetes aanpas as gevolg van vulkaniese as wat kilometers hoog in die lug geskiet is.
‘n Russiese ruimtetuig wat voorraad na die Internasionale Ruimtestasie sou neem, het kort ná lansering teruggeval aarde toe.
Die Russiese ruimteprogram se nuwe hoof sê dié agentskap fokus te veel op bemande ruimtevaarte en moet eerder na ander projekte kyk.
Die Russiese president het Sirië se leier gewaarsku dat ‘n “hartseer lot” hom in die gesig staar as hy nie hervormings in sy land aanmoedig nie.
‘n Russiese kolonel is in hegtenis geneem ná hy twee minderjarige broers na bewering oor 'n tydperk van drie jaar seksueel gemolesteer het.
Rusland sal nie die Nasionale Oorgangsraad as Libië se amptelike owerheid aanvaar nie, maar eerder as ‘n formele onderhandelingsvennoot.
Minstens een persoon het gesterf en 88 word vermis nadat ‘n toerskip met meer as 170 mense aan boord in Rusland se Volga-rivier gesink het.
Die Libiese leier Muammar Gaddafi is gereed om die tuig neer te lê in ruil vir die waarborg van sy veiligheid, het ‘n Russiese beampte gesê.
Afrika se standpunt oor die krisis in Libië word aan ander wêreldmagte voorgehou tydens 'n Navo-beraad met Rusland in Moskou.
Die Russiese ministerie van binnelandse sake het oorgewig polisielede gewaarsku dat hulle in die pad gesteek sal word as hulle onfiks bly.
‘n Russiese vrou het in 'n doodskis by haar eie begrafnis wakker geskrik, maar is later weer dood in die hospitaal en haar man is woedend.
Ses-en-veertig mense is ernstig beseer tydens ‘n gasontploffing by ‘n troue in die suide van Rusland, het beamptes gesê.
Russiese owerhede was hoogs ontsteld toe ‘n kunstenaar ‘n reliëfwerk van Sovjet-soldate soos Ronald McDonald en Superman laat lyk het.
‘n Negejarige seuntjie en sy tienersuster het ‘n vliegongeluk in die noorde van Rusland, waarin 44 dood is, oorleef, maar hul ma is dood.
Rusland het lede van die Libiese rebellemag ontmoet terwyl Moskou homself as ‘n bemiddelaar wil aanstel om die konflik in die land uit te stryk.
President Dmitry Medvedev het voorgestel dat vrywillige chemiese kastrasie vir kindermolesteerders in Rusland oorweeg moet word.
In twee aparte voorvalle, het twee Russe hulself in protes teen burokratiese bestluite, hulself aan die brand gesteek.
Die Poolse polisie het ‘n man in hegtenis geneem nadat hy ‘n afbeeldsel van Vladimir Putin verbrand het tydens ‘n betoging.
‘n Ondersoek is tans onderweg nadat ‘n Russiese paartjie hul kleuter by ‘n vullisskag vanaf die sesde vloer van ‘n woonstelgebou gegooi het.
Ure nadat die aardbewing in Japan ‘n tsoenami veroorsaak het, moet omliggende lande en eilande inwoners van kusgebiede ontruim.
Rusland kan $4 miljard se wapenuitvoergeld verloor weens die oplegging van sanksies deur die VN teen Muammar Gaddafi se bewind.
Oud-president Mikhail Gorbachev het Rusland as ‘n "kunsmatige demokrasie" beskryf en die huidige leiers van verwaandheid beskuldig.