Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het die Oos-Kaap se departement van gesondheid sewe dae kans gegee om sy dokters te betaal.
‘n Voorlopige verslag oor ‘n ondersoek in die Oos-Kaap se gesondheidsdepartement het korrupsie van R200 miljoen oopgevlek.
Twee jong niggies is in Ntlangano naby Willowvale in die Oos-Kaap verkrag en twee verdagtes is vasgetrek, het die polisie gesê.
‘n Tiener en twee mans het gesterf toe ‘n skoolbus en ‘n vragmotor op die N2 tussen Mount Ayliff en Mount Frere teen mekaar gebots het.
Die hoeveelheid leerlinge wat by Oos-Kaapse skole ingeskryf het, “het Helen Zille se ‘vlugteling’-opmerkings verkeerd bewys”.
Ondanks die heraanstelling van tydelike onderwysers is die onderwysvakbond Sadou nog ver van tevrede oor die vordering in die Oos-Kaap.
‘n Rugbyspeler van Motherwell het verdrink en vyf van sy spanmaats word vermis nadat hulle Sondag deur trekstrome meegesleur is.
Die departement van gesondheid in die Oos-Kaap kort ‘n ekstra R9 miljard om vakante poste te vul, met meeste poste wat vir verpleërs is.
‘n Vier-en-vyftig-jarige man is doodgesteek terwyl hy saam met vriende in Addo gedrink het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
‘n Man is in hegtenis geneem vir die moord op sy jonger broer in Mdantsane naby Oos-Londen, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
‘n Soektog na die moordenaar van ‘n onderwyser, wie se lyk op ‘n rivierwal in Matatiele in die Oos-Kaap gevind is, is van stapel gestuur.
‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy ma vermoor het in Ngqamakwe in die Oos-Kaap, het die polisie gesê.
Tien mense is in hegtenis geneem in verband met twee moorde in die Bityi-gebied naby Mthatha, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
‘n Man van Oos-Londen is 46 jaar gevangenisstraf opgelê in die Mdantsane-landdroshof in die Oos-Kaap vir die moord op sy twee vrouens.
‘n Driejarige seun is deur sy pa dood gevind in ‘n swembad op ‘n plaas naby Willowmore, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
‘n Ontsnapte gevangene is in hegtenis geneem in Mount Frere in die Oos-Kaap, het die departement van korrektiewe dienste gesê.
‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n ander man doodgesteek het op ‘n plaas in Kirkwood, het die polisie gesê.
Twee mans het ‘n kluis wat in onbruik verval het by ‘n onderneming in Fort Beaufort opgeblaas, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n ander man by ‘n taverne in Kambi, Mthatha, doodgesteek het, het die polisie gesê.
Vier mense is dood toe hul motor teen ‘n ambulans in Port Elizabeth gebots het, het die Oos-Kaapse departement van gesondheid gesê.
‘n Vier-en-veertig-jarige onderwyser is doodgesteek tydens ‘n rooftog naby Mthatha, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Twee mans is deur ‘n woedende skare naby Mthatha vermoor nadat hulle probeer het om ‘n winkel te beroof, het die polisie gesê.
‘n Gesin van sewe, insluitende ‘n 11 maande oue baba, is dood gevind by hul huis in Lusaka, Middelburg, het die polisie gesê.
Twee mans, waarvan een daarvan verdink word dat hy ‘n bejaarde vrou probeer verkrag het, is deur gemeenskappe in die Oos-Kaap doodgemaak.
Meer as 100 mense wat in die Oos-Kaap in sneeu vasgekeer is, het 'n beroep op die regering gedoen om hulle te kom red.
‘n Man is in sy huis in Butterworth deur drie mans doodgesteek wat 'n motorbattery by hom geëis het, het die polisie gesê.
‘n Man, wat volgens lede van die gemeenskap in Zwide, Port Elizabeth, 'n dief was, is doodgeslaan, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Die ou grensgebied in die Oos-Kaap is nog besaai met oorblyfsels van nege oorloë. Gavin Foster gaan maak ’n draai by die setlaarsdorpie Salem.
Swaar reën en vloede het verwoesting gesaai in Oos-Londen en inwoners is in hul huise en motors vasgekeer, het rampbestuur gesê.
Twee kinders het doodgebrand toe hul sinkhuis in Mdantsane aan die brand geslaan het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Die lyke van twee tienermeisies wat op St. George’s Strand in Swartkops vermoor is, is uitgeken, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Die lyk van ‘n ongeïdentifiseerde man is buite ‘n kroeg in Fort Grey, Oos-Londen, gevind, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Twee mans is New Brighton, Port Elizabeth, op die gewraakte halssnoer-metode vermoor, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Vyf mense word vermis sedert swaar reën vloede in die Oos-Kaap veroorsaak het, het dié provinsie se hoof van rampbestuur John Fobian gesê.
Vier beamptes van die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement het in die hof verskyn nadat hulle glo van die staat se medisyne verkoop het.
Agt-en-dertig betogers wat oor kandidatelyste ongelukkig was, is in hegtenis geneem buite die Bizana-munisipaliteitsgebou.
‘n Man is dood en drie mense is ernstig beseer in ‘n motorongeluk op die N2-snelweg naby Dutywa, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Barkly-Oos is in ‘n winter-sprokiesland verander toe die Oos-Kaap ‘n vroeë sprinkeling van sneeu gekry het, het die eienaar van ‘n bed-en-ontbyt gesê.
Drie buitelanders is in onderskeie voorvalle oor die naweek by hul winkels in Kwanobuhle beroof, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Twee broers het gesterf nadat ‘n skielike vloed hul motor meegesleur het op ‘n lae brug in Chalumna, 50 kilometer van Oos-Londen.
‘n 29-jarige man is in Aliwal-Noord in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ‘n 63-jarige vrou, het die polisie gesê.
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sê meer as R200 miljoen is nodig om probleme by Oos-Kaap-skole op te los.
'n Twintigjarige man is Saterdag doodgesteek nadat hy in 'n rusie met twee vroue betrokke geraak het, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Die Oos-Kaap kort R730 miljard om sy verouderde en agteruitgaande infrastruktuur te herstel, het die Dispatch Online berig.
Twee mans wat onderskeidelik 18 en 22 jaar oud is, is in Grahamstad in hegtenis geneem vir die moord op ‘n man oor die naweek.
Twee mense is dood en 13 ander beseer toe 'n oorvol bakkie omgeslaan het by Mount Frere in die Oos-Kaap, het Arrive Alive gesê.
Die dodetal van die Oos-Kaap se somer-besnydenis het na 15 gestyg nadat nog twee seuns oor die naweek oorlede is.
‘n Twintigjarige vrou van die Oos-Kaap wat vroeër die week uit die huis geskop is, is in hegtenis geneem oor haar ma se moord.
‘n Vrou is doodgeskiet nadat vier verhoorafwagtende gevangenes uit polisie-aanhouding ontsnap het terwyl hulle na Mthatha vervoer is.
Die Oos-Kaapse departement van onderwys het ontken dat hy amper drie ton se handboeke by ‘n herwinningsaanleg gestort het.
Twee mans is gevangenisstraf opgelê in die Hooggeregshof in Oos-Londen nadat hulle ‘n 11-jarige meisie verkrag het, het die polisie gesê.
‘n Oos-Kaapse vrou sal in die hof verskyn in verband met die moord op haar driejarige kleindogter, het die polisie gesê.
‘n Polisieman is deur twee mans in Elliot buite Mthatha doodgeskiet, die tweede voorval van sy soort een week in die Oos-Kaap.
‘n Soektog is van stapel gestuur na die skieters wat ‘n polisievrou van Port Elizabeth doodgeskiet en haar kollega beseer het.
‘n Vrou het verdrink toe haar motor deur water meegesleur is in Mdantsane, naby Oos-Londen, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
‘n Ma en twee van haar seuns het gesterf toe sy hulle vergiftig het by hul huis in Centane, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
‘n Man het gesterf en sewe ander is beseer toe hul bakkie tussen Nqamakwe en Butterworth gerol het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Drie mense is beseer en 10 is in hegtenis geneem tydens ‘n betoging oor dienslewering in Ngcobo, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ‘n man vermoor het in Makanyeni naby Mthatha, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
‘n Oord in die Oos-Kaap word ondersoek nadat daar gesê is ‘n swart kind, wat saam met 'n wit vriend sou vakansie hou, nie welkom is nie.
Die Oos-Kaap se departement van onderwys het die provinsiale tesourie genader vir R15 miljoen om agterstallige salarisse te betaal.
Die gesondheid van duisende pasiënte wat in die Chris Hani-distrikmunisipaliteit woon, is in gedrang weens 'n erge tekort aan medikasie.
Daar is sprake van ‘n nuwe spoorlyn tussen Kaapstad en Durban wat deur die Oos-Kaap sal loop in die hoop om verkeer op die N2 te verlig.
Honderde mense het grond beset wat aan die Verenigende Hervormde Kerk buite Mthatha in die Oos-Kaap behoort, het die SABC berig.
‘n Man van Jeffreysbaai is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy meisie doodgesteek het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Die ontbinde lyk van ‘n vrou is in ‘n vlak puttoilet by ‘n verlate sjebien naby Mthatha gevind, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
‘n Drie-en-veertig-jarige vrou is in haar huis naby Mthatha in die Oos-Kaap verkrag, het die polisie in die provinsie gesê.
‘n Man, Johan van Wyk (53), het gesterf toe sy motor naby Wolwefontein in die Oos-Kaap omgeslaan het, het die polisie gesê.
‘n Man is vermoor en sy vrou is beseer deur ‘n groep mans wat hulle in hul huis in die Oos-Kaap aangeval het, het die polisie gesê.
‘n Tiener is doodgesteek tydens ‘n familietwis toe hy sy tweelingsuster wou verdedig, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Die lyk van ‘n Pakistanse man wat in die bolyf geskiet en gesteek is, is in die veld naby Libode gevind, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
‘n Sewejarige meisie het in die Gamtoos-rivier by Patensie verdrink toe sy 'n brug probeer oorsteek het, het die polisie gesê.
Die lyk van ‘n 56-jarige man is gevind in ‘n stormwaterpyp in Keimond in die Oos-Kaap, het die polisie gesê, ná swaar reënval in die gebied.
‘n Polisiebeampte is in Lady Frere in die Oos-Kaap gesteek toe hy ‘n man in hegtenis wou neem wat na bewering gedrink en bestuur het.
‘n Tienermeisie is in hegtenis geneem nadat haar baba dood in ‘n rivier in Mdantsane in die Oos-Kaap gesvind is, het die polisie gesê.
Die Sonskynkus is in elke opsig reg vir een ding: vakansie – al die brosjures spog juis dat jy hier die meeste sonskyndae in Suid-Afrika kry.
Die Oos-Kaap skud sy vere reg vir die Absa Kirkwood Wildsfees wat hierdie jaar in sy tiende bestaansjaar is en opwindende aktiwiteite beloof.
‘n Oos-Kaapse man is in hegtenis geneem vir die beweerde halssnoer-moord op twee mans in New Brighton, het die polisie gesê.
Agttien mense is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem vir openbare geweld nadat hulle na bewering die polisie met klippe bestook het.
Die lyk van ‘n vrou is in die middel van ‘n pad gevind sonder enige merke aan haar liggaam, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Drie rowers, wat twee vuurwapens tussen hulle gehad het, het ‘n Dunns-winkel op Alice in die Oos-Kaap op Jeugdag beroof.
‘n Man wat vroeër deur sy familie as vermis aangemeld is, is dood gewind met verskeie steekwonde oor sy hele liggaam, het die polisie gesê.
Die lyk van ‘n 40-jarige Oos-Kaapse man is gevind by die Hewu-taxistaanplek in die middedorp van Queenstown, het die polisie gesê.
‘n 23-jarige man het doodgebloei nadat hy blykbaar aangeval is in Qoboqobo, het die polisie in Butterworth in die Oos-Kaap gesê.
‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy meisie doodgesteek het tydens 'n struweling, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het die uitslae vir 95,1% van die land se stemdistrikte teen 07:30 Vrydagoggend voltooi.
Die konstruksiewerk aan 'n smelter-aanleg van R4 miljard by die Coega Nywerheidsone in Port Elizabeth begin Woensdag.
Agt mense het die afgelope 24 uur in afsonderlike voorvalle in die Oos-Kaap gesterf, het polisie gesê.
‘n Vrou wat verlede maand deur haar ma as vermis aangemeld is, is dood gevind naby haar huis in Humansdorp, het die polisie gesê.
Twee mans is met ‘n totaal van 18 koeëlwonde dood toe hulle op pad na ‘n begrafnis in die Oos-Kaap geskiet is.
Die skommeling van die Oos-Kaapse kabinet het niks te doen met dienslewering nie, het die Demokratiese Alliansie in dié provinsie gesê.
Hulle is “deur die regering in die steek gelaat”. So voel onderwysers en leerlinge aan sewe Oos-Kaapse laerskole luidens hofstukke.
Ayanda Matiti is as die nuwe voorsitter van die ANC Jeugliga in die Oos-Kaap verkies, terwyl Julius Malema in sy grys Mercedes uitgejou is.
‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n skoolhoof en sy vrou gedurende ‘n rooftog by hul huis gesteek en verwurg het.
Die lyke van 'n gesin van vyf, onder wie vier kinders, is in die Oos-Kaap gevind ná hulle glo in hul huis deur 'n familielid doodgekap is.