ARTIKELS OOR nigerië

Nigerië: 45 Chinese burgers gearresteer

2012-05-23 15:00

Altesaam 45 Chinese burgers, wat by 'n gewilde mark in die noorde van Nigerië werk, is aangekeer en sal dalk gedeporteer word.

100 paartjies trou in massa-seremonie in Nigerië

2012-05-15 15:04

Altesaam 100 paartjies is tydens 'n massaseremonie, wat deur die plaaslike regering in noordelike Nigerië geborg is, in die eg verbind.

Nigerië: Sewe familielede in hul slaap vermoor

2012-05-10 20:00

'n Familie van sewe is in Nigerië in hul slaap deur vermeende Moslem-veewagters aangeval, met pangas gekap en doodgeskiet.

Bom teiken polisiekonvooi in Nigerië

2012-04-30 13:56

Minstens vyf mense het in ‘n bomaanval op ‘n polisiekonvooi in die noordooste van Nigerië gesterf, het die polisie gesê.

Nigerië: Bom ontplof by koerant se kantore

2012-04-26 17:00

Ooggetuies sê bomme het by die kantore van ‘n bekende Nigeriese koerant in die hoofstad en die stad Kaduna ontplof.

Universiteit in Nigerië gesluit ná betogings

2012-04-25 07:00

Nigerië se oudste universiteit is Dinsdag gesluit nadat studente vir 'n tweede agtereenvolgende dag oor swak infrastruktuur betoog het.

Nigeriese sekte-lede dood in ontploffing

2012-04-23 21:07

Vyf vermeende lede van 'n radikale Islamitiese sekte is in 'n ontploffing dood wat in Nigerië se noordooste voorgekom het.

Okonjo-Iweala níé president van Wêreldbank

2012-04-17 08:30

Nigerië se minister van Finansies, Ngozi Okonjo-Iweala, sê sy het geweet sy sal nie verkies word as president van die Wêreldbank nie.

Nigerië: Meisies uit 'kinderfabriek' gered

2012-04-13 14:12

Die polisie in Nigerië het ‘n klopjag uitgevoer by ‘n onwettige weeshuis waar jong meisies glo gedwing is om kinders te hê.

Spaanse dokter in Nigerië ontvoer

2012-04-11 19:00

Spanje het gesê een van sy burgers, wat glo ‘n dokter is, het in die suide van Nigerië vermis geraak en is vermoedelik ontvoer.

Dodetal ná Nigeriese ontploffing styg na 36

2012-04-09 13:29

Minstens 36 mense is dood en tientalle is beseer in ‘n motorbomontploffing oor die Paasnaweek in Nigerië, het mediaberigte gesê.

'Hoë risiko vir Paasfees-aanvalle' in Nigerië

2012-04-05 19:02

Nigerië staar ‘n “hoë risiko” van ‘n terroriste-aanval oor Paasfees in die gesig, het die VK aan sy burgers in dié land gesê.

Polisiekantoor in Nigerië aangeval

2012-04-04 20:00

Die polisie sê skieters het ‘n polisiekantoor in die noordelike stad Kano, wat voorheen geteiken is deur Boko Haram, in Nigerië aangeval.

Polisiekantoor in Nigerië aan die brand gesteek

2012-04-02 17:02

Oproeriges in sentraal-Nigerië het 'n polisiekantoor afgebrand uit protes teen hul vriende wat aangehou word, het die polisie gesê.

Ses sterf in vlamme toe brandstof-tenkwa rol

2012-03-17 22:34

Ses mense is dood en verskeie ander beseer toe 'n brandstof-tenkwa in Port Harcourt in die suide van Nigerië in vlamme uitgebars het.

Polisiebeamptes sterf in vliegongeluk in Nigerië

2012-03-14 17:45

Vier polisiebeamptes het gesterf toe ‘n helikopter in Jos, Nigerië, aan die brand geslaan en neergestort het, het owerhede gesê.

Boko Haram agter teregstelling van Brit, Italianer

2012-03-09 14:42

Twee Boko Haram-lede wat reeds in hegtenis geneem is, is verantwoordelik vir die teregstelling van 'n Brit en Italianer in Nigerië.

Brit, Italianer in Nigerië tereggestel

2012-03-09 08:46

'n Brit en Italianer wat in Mei 2011 in die noorde van Nigerië deur "terroriste" gevange geneem is, is glo deur dié groep tereggestel.

Polisiestasie, tronk in Nigerië aangeval

2012-03-07 14:55

Minstens drie polisiebeamptes is beseer toe vermeende Islamiete ‘n tronk, polisiestasie en ‘n regeringskantoor in Nigerië aangeval het.

Vragskip in Nigeriese hawe aangeval

2012-02-29 14:00

Gewapende seerowers het 'n vragskip, wat in 'n Nigeriese hawe geanker is, aangeval en minstens twee bemanningslede ontvoer.

Boko Haram het bande met Al-Kaïda, sê amptenaar

2012-02-24 13:07

'n Militêre hoof in Nigerië het Donderdag gesê die radikale Islamitiese sekte Boko Haram het bande met die terreurgroep Al-Kaïda.

Lassakoors eis 40 in Nigerië

2012-02-22 21:03

‘n Uitbraak van Lassakoors het in die afgelope ses weke die lewens van 40 mense geëis en tientalle ander is in Nigerië daardeur geraak.

Leeu verskeur twee mense in Nigerië

2012-02-21 14:02

'n Leeu het twee veldwagters en 30 vee in 'n dorp in Nigerië se Yobe staat doodgemaak, het die omgewingskommissaris gesê.

Nigerië: 32 dood in gru-busongeluk

2012-02-17 14:30

Altesaam 32 mense is dood toe twee busse op 'n hoofweg reg van voor teen mekaar gebots het, het Nigeriese owerhede gesê.

Twee ontploffings ruk stad in Nigerië

2012-02-10 23:01

Twee bomme het in Maiduguri, die basis van die Boko Haram-sekte in Nigerië wat vir ‘n rits aanvalle blameer word, ontplof.

Boko Haram-woordvoerder vasgetrek

2012-02-02 11:01

Nigerië se geheime diens het die woordvoerder van Boko Haram in hegtenis geneem wat gereeld ná aanvalle verklarings aan die media maak.

Diktator se regterhand kry doodstraf

2012-01-30 21:53

‘n Regter in Nigerië het ‘n voormalige diktator se regterhand tot doodstraf gevonnis vir die moord op ‘n politikus se vrou.

Duitse konstruksiewerker in Nigerië ontvoer

2012-01-27 10:11

‘n Duitser wat in Nigerië werksaam is by 'n konstruksiemaatskappy, is deur gewapende mans ontvoer, het die polisie in Nigerië gesê.

Kano-aanvallers was selfmoordbomdraers

2012-01-24 10:00

Die Nigeriese polisie het bekendgemaak dat vyf van die aanvallers in Kano, in die noorde van die land selfmoordbomdraers van Boko Haram was.

Nigerië: 9 sterf in aanval op dorp

2012-01-22 14:08

Minstens nege mense het gesterf toe gewapende mans ‘n dorp in die noorde van Nigerië aangeval het, het ‘n tradisionele leier gesê.

Minstens 143 dood in aanvalle in Nigerië

2012-01-21 18:48

‘n Amptenaar by ‘n hospitaal in die noorde van Nigerië het gesê minstens 143 mense is in gekoördineerde aanvalle in Kano dood.

Boko Haram verantwoordelik vir ontploffings

2012-01-21 12:30

Die Islamitiese groep Boko Haram het verantwoordelikheid aanvaar vir die dood van minstens sewe mense in ontploffings in Kano, Nigerië.

Nigerië: Christelike handelaar in winkel doodgeskiet

2012-01-20 10:10

‘n Gewapende man het ‘n Christelike handelaar in sy winkel in Damaturu in die noorde van Nigerië doodgeskiet, het ‘n inwoner en priester gesê.

Nigerië: Situasie steeds vlambaar

2012-01-17 07:01

’n Gespanne stilte het in Nigerië geheers met die aanbreek van die tweede week van geweld oor die afskaffing van brandstofsubsidies.

Nóg stakings vir Nigerië

2012-01-16 10:19

Nigerië het gereed gemaak vir nóg stakings ná onderhandelings om ‘n dispuut rakende brandstofpryse op te los 'n dooie punt bereik het.

Nigeriese regering, vakbonde ‘sal vinnig moet skik’

2012-01-14 09:58

Die wêreld sal groot probleme met olievoorraad ondervind indien olieproduksie in Nigerië weens ’n staking gestop sou word, maan kenners.

Nigerië: Stakende oliewerkers kan VSA drasties raak

2012-01-12 22:52

Nigerië is die vyfde grootste olie-uitvoerder na die VSA en as olieproduksie in die land gestaak word, kan dit die VSA drasties raak.

Werkers wil olielewering nou staak

2012-01-12 07:51

Oliewerkers in Nigerië dreig om olieproduksie tot stilstand te bring indien die regering nie die subsidie op brandstof weer instel nie.

Vragmotor met wapens na Nigerië onderskep

2012-01-11 21:00

Vyf mans is in hegtenis geneem nadat gewere en ammunisie in 'n vragmotor gevind is wat glo na Nigerië onderweg was.

Ban Ki-moon besoek Nigerië oor aanvalle

2012-01-11 10:01

Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die VN, het ‘n vergadering met Olugbenga Ashiru, die Nigeriese minister van verdediging, gehad.

Nigeriese aanvallers steek moskee aan die brand

2012-01-10 18:02

Aanvallers het ‘n gedeelte van ‘n moskee-kompleks in die suidelike Nigeriese stad Benin aan die brand gesteek en verwoesting gesaai.

Dodetal in Nigerië styg na 3

2012-01-09 17:59

Drie mense is tydens betogings oor brandstofpryse in Kano in Nigerië doodgeskiet en 16 ander mense het skietwonde opgedoen.

Twee sterf in aanvalle in Nigerië

2012-01-07 18:31

Minstens twee mense, onder wie een 'n polisieman is, is in ‘n noordoostelike Nigeriese dorp dood in ‘n aanval deur gewapende Islamiete.

Nigerië: 17 roubeklaers doodgeskiet

2012-01-06 18:04

Sewentien mense is dood toe gewapende mans op roubeklaers, wat in 'n huis in die noorde van Nigerië saamgekom het, begin skiet het.

Nóg 3 sterf in Nigeriese aanvalle

2012-01-05 23:03

Drie mense is dood in aanvalle wat deur ‘n sekte uitgevoer is ondanks ‘n noodtoestand wat in die noordooste van Nigerië uitgeroep is.

35 VN-personeellede in 2011 dood

2012-01-04 11:00

Altesaam 35 personeellede van die VN, onder wie 25 burgerlikes, is in 2011 in konflikgebiede dood, het die personeelunie van die VN gesê.

Sekte dreig Christene in Nigerië

2012-01-03 09:47

Die Islamitiese sekte Boko Haram het ’n ultimatum gerig aan Christene van Nigerië nadat die president ’n noodtoestand afgekondig het.

Nigerië: Boko Haram wil soldate teiken

2012-01-02 22:19

Boko Haram het gedreig dat dié groep soldate in Nigerië sal aanval nadat pres. Goodluck Jonathan ‘n noodtoestand aangekondig het.

Noodtoestand in Nigerië afgekondig

2011-12-31 22:00

Pres. Goodluck Jonathan van Nigerië het ‘n noodtoestand in dele van die land afgekondig ná gevegte deur die Islamitiese groep Boko Haram.

Pous: Nigeriese aanvalle 'absurd'

2011-12-26 14:42

Pous Benedictus XVI het die bomaanval op 'n Nigeriese Katolieke kerk op Kersdag, wat die lewens van 35 mense geëis het, veroordeel.

 

Man by Nigeriese staatsgebou vasgetrek met ammunisie

2012-05-21 20:00

‘n Man wat met handgranate en ammunisie gewapen was, is voorgekeer toe hy probeer het om ‘n regeringsgebou in Abuja binne te gaan.

'Militante leier' in Nigerië aangehou

2012-05-14 13:15

Die polisie in Nigerië het gesê hulle het 'n seniorkommandeur van die Islamitiese militante groep Boko Haram in hegtenis geneem.

Nigeriese reguleerder dreig MTN met sanksies

2012-05-04 08:06

Nigerië se telekommunikasie-owerhede dreig om sanksies teen 'n affiliaal van Suid-Afrika se selfoondiensverskaffer MTN in te stel.

Talle sterf in aanval op Nigeriese kerkdiens

2012-04-29 14:22

Omtrent 20 mense het gesterf toe gewapende mans by ‘n buitelug-kerkdiens by ‘n Nigeriese universiteit op gelowiges losgebrand het.

Nigerië: Ses sterf in ontploffing, aanvalle

2012-04-25 22:06

Aanvalle in die sentrale deel van Nigerië het vyf mense se lewens geëis en ‘n ander mens het in ‘n ontploffing in die stad Jos gesterf.

Troepe vind 'bom-fabriek' van Boko Haram

2012-04-24 23:00

Nigeriese troepe het ‘n klopjag uitgevoer op ‘n skuilplek wat die groep Boko Haram vermoedelik gebruik het om bomme te vervaardig.

Moontlike aanvalle beplan op Nigeriese hotelle

2012-04-18 12:36

Die Amerikaanse ambassade in Nigerië het ‘n waarskuwing aan sy burgers uitgereik oor Boko Haram wat dalk aanvalle op hotelle in Abuja beplan.

Spaanse dokter lewend, sê ontvoerders

2012-04-14 11:01

'n Spaanse dokter wat vroeër vandeesmaand uit sy huis in Nigerië ontvoer is, is lewend, het 'n polisiewoordvoerder gesê.

Boko Haram: 'Ons sal aanhou veg'

2012-04-12 22:00

Die vermeende leier van Boko Haram het in ‘n video-boodskap aan pres. Goodluck Jonathan onderneem om voort te gaan met aanvalle.

Vier sterf in aanvalle in Nigerië

2012-04-09 14:33

Gewapende mans het minstens vier mense, insluitende ‘n sesjarige meisie, in aanvalle in die noordooste van Nigerië doodgemaak.

Bomaanval eis minstens 20 in Nigerië

2012-04-08 14:45

Minstens 20 mense is dood in 'n bomaanval buite 'n Nigeriese kerk op Paassondag, het 'n reddingsbeampte op voorwaarde van anonimiteit gesê.

Sewe by Nigeriese mark doodgeskiet

2012-04-05 15:10

Vermeende lede van die Nigeriese militantegroep Boko Haram het sewe mense by 'n mark in Maiduguri doodgeskiet, het die polisie gesê.

Geheime polisiebeampte in Nigerië doodgeskiet

2012-04-03 10:30

'n Nigeriese geheime polisiebeampte is deur gewapende mans in die noordoostelike stad Maiduguri doodgeskiet, het 'n seniorbeampte gesê.

Nigeriese joernalis ontglip ontvoerders

2012-03-21 17:01

‘n Nigeriese joernalis wat vandeesweek vir ‘n losprys ontvoer is in die stad Warri het sy ontvoerders ontglip deur deur ‘n venster te klim.

Nigerië, SA maak vrede ná herrie oor dokumente

2012-03-16 10:09

Die Nigeriese president en Suid-Afrika se minister van korrektiewe dienste het onderneem om saam te werk om betrekkinge tussen die lande te verbeter.

Wraakaanval eis tien in Nigerië

2012-03-12 09:05

Christen-jeugdiges het minstens tien mense doodgemaak in wraakaanvalle ná ’n vermeende selfmoordbomaanval op ’n kerk in sentraal-Nigerië

SA vra Nigerië amptelik om verskoning

2012-03-09 09:15

SA het die Nigeriese regering om verskoning gevra nadat ’n diplomatieke storm oor die deportasie van 125 Nigeriërs losgebars het.

Nigerië gereed vir maatreëls teen S-Afrika

2012-03-08 09:10

Nigerië is gereed om “berekende vergeldingsmaatreëls” teen Suid-Afrika in te stel weens die deportering van 125 Nigeriërs.

Nigeriese lugredery hervat vlugte na SA

2012-03-03 19:12

Nigerië se Arik Air het sy vlugte na Johannesburg hervat na dit opgeskort is uit protes omdat 125 Nigeriërs toegang tot SA geweier is.

Nigerië: Drie sterf ná bom buite kerk ontplof

2012-02-26 12:08

Drie mense is dood en verskeie is beseer ná ‘n selfmoordbomaanvaller homself buite ‘n groot kerk in Jos in Nigerië opgeblaas het.

Twee polisiebeamptes in Kano doodgeskiet

2012-02-23 22:01

Twee polisiebeamptes is dood en twee ander is in ‘n aanval in ‘n stad in die noorde van Nigerië beseer, het amptenare gesê.

Ontploffings, skote ruk Kano

2012-02-22 11:10

Ontploffings en geweerskote het ‘n buurt in Nigerië se grootste stad Kano geruk waar Islamiete in Januarie dodelike aanvalle geloods het.

Agt lede van Boko Haram in Nigerië dood

2012-02-20 20:56

Agt lede van die radikale Islamitiese groep Boko Haram is in die noordooste van Nigerië in ‘n skietery met die polisie dood.

Boko Haram-lede bestorm Nigerië-tronk

2012-02-16 18:59

Lede van die Islamitiese militante groep Boko Haram het 'n tronk in sentraal-Nigerië bestorm, 'n wag doodgeskiet en gevangenes vrygelaat.

Joernaliste uit Nigeriese lughawe verban

2012-02-08 15:54

Amptenare het ‘n mediasentrum in Nigerië se besigste lughawe gesluit en toerusting van hulle weerhou, het ‘n internasionale waghond gesê.

Sekte dood 5 in Nigerië

2012-01-31 22:10

Altesaam vyf mense het gesterf in ‘n aanval wat deur vermeende Islamitiese rebelle in die noordooste van Nigerië uitgevoer is.

Polisiekantoor in Nigerië aangeval

2012-01-30 14:00

Gewapende mans het 'n polisiekantoor in Kano, Nigerië, aangeval waarna 'n skietgeveg met die polisie ontstaan het, het inwoners gesê.

Goodluck Jonathan dank polisiehoof af

2012-01-26 16:31

Goodluck Jonathan van Nigerië het die hoof van sy polisie afgedank nadat die hoofverdagte in 'n Kersdag-bomaanval uit aanhouding ontsnap het.

Goodluck deel meegevoel aan families van slagoffers

2012-01-23 12:00

Pres. Goodluck Jonathan van Nigerië het sy meegevoel oorgedra aan die families van slagoffers in die jongste vlaag aanvalle in die land.

Kano-bomme: Sterftesyfer styg na 165

2012-01-22 10:09

Minstens 165 mense het gesterf toe bomme in Kano, in die noorde van Nigerië, ontplof het, het ooggetuies en hospitaalbronne gesê.

Aandklokreël in Kano ingestel

2012-01-21 14:21

Die Nigeriese regering het 'n aandklokreël in Kano aangekondig ná 'n vlaag aanvalle deur die radikale Islamitiese sekte, Boko Haram.

Ontploffings ruk Nigeriese stad

2012-01-20 21:42

Talle ontploffings het Kano, in die noorde van Nigerië, geruk, maar verdere besonderhede is nie onmiddellik beskikbaar nie.

Nigerië: Verdagte bomaanvaller ontsnap

2012-01-18 11:00

Die vermeende baasbrein agter 'n bomaanval wat 'n Katolieke kerk op Kersdag geruk het, het tydens 'n skietgeveg ontsnap.

Petrolprys in Nigerië verlaag

2012-01-16 12:45

Nigerië se president, Goodluck Jonathan, het aangekondig dat die petrolprys in die land verlaag sal word na 97 naira (sowat R4,90) per liter.

Nigerië: Samesprekings loop uit op dooie punt

2012-01-15 14:45

Samesprekings tussen die Nigeriese regering en arbeidsvakbonde het op 'n dooie punt uitgeloop, maar olielewering sal nié gestaak word nie.

Betoging moet voortgaan, sê unie

2012-01-13 08:45

Onderhandelinge tussen unieleiers en pres. Goodluck Jonathan van Nigerië het vordering gemaak maar die staking is steeds nie verby nie.

SA kan dalk reisverbod na Nigerië uitreik

2012-01-12 19:55

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking is in gesprekke met die hoë kommissie in Nigerië oor 'n moontlike reisverbod.

Nigerië: Een sterf toe jeugdiges gebou brand

2012-01-11 22:51

Honderde Nigeriese soldate het op ‘n stad in die noorde van die land toegesak nadat ‘n groep jongmense in die stad amok gemaak het.

Boko Haram verantwoordelik vir kroegaanval

2012-01-11 16:19

Boko Haram, ‘n militante Islamitiese groep, het verantwoordelikheid geneem vir ‘n aanval op ‘n kroeg in Potiskum in die noorde van Nigerië.

Onrus knou SA vlugte

2012-01-11 07:01

Suid-Afrikaners moet twee keer dink voordat hulle vandeesweek Nigerië toe vlieg, aangesien heelparty van hulle reeds in dié land gestrand is.

Petrolstaking verlam Nigerië

2012-01-10 09:07

'n Landwye staking teen brandstofpryse het Nigerië verlam terwyl talle betogers na die strate opgeruk het om teen staatskorrupsie te betoog.

Betoger doodgeskiet in Nigerië

2012-01-09 15:05

'n Betoger istydens 'n nasionale staking oor brandstofpryse in die Nigeriese handelshoofstad, Lagos, doodgeskiet, het 'n vakbondleier gesê.

Woede neem toe in Nigerië

2012-01-07 07:32

Die Nigeriese polisie het betogers gekeer wat na 'n plein wou opruk as deel van betogings oor stygende brandstofpryse wat woede ontlok het.

Nigerië: Ses dood tydens aanval in kerk

2012-01-06 10:32

Ses mense is dood en tien beseer nadat gewapende mans lukraak op ‘n kerkdiens in Nigerië geskiet het, het die kerk se pastoor gesê.

Tienermeisie dood in skietgeveg in Nigerië

2012-01-04 12:45

‘n Tienermeisie is dood en ‘n polisiebeampte beseer nadat gewapende mans ‘n polisiestasie in die Jigawa-staat in Nigerië aangeval het.

Nigeriërs woedend oor hemelhoë petrolprys

2012-01-03 16:00

Woedende motoriste in Nigerië betaal nou meer as dubbel vir brandstof nadat die regering stilweg die brandstofsubsidie opgehef het.

Vinger gewys na Nigeriese regering

2012-01-03 07:46

Geweld in Nigerië wat op Kersdag tot 49 sterftes gelei het, is ’n bewys van wat kan gebeur as ’n regering nie betyds teen sektes optree nie.

Minstens 50 sterf in gevegte in Nigerië

2012-01-01 12:07

Minstens 50 mense is dood in gevegte tussen twee buurgemeenskappe in Nigerië se suidoostelike Ebonyi-staat, het ‘n woordvoerder gesê.

Nóg 'n SA'ner met dwelms op lughawe betrap

2011-12-27 23:00

'n Suid-Afrikaanse vrou is vir dwelmhandel in Nigerië vasgetrek, volgens berigte deur 'n Franse nuusagentskap.

Brittanje vaar uit teen 'lafhartige' Nigerië-aanvalle

2011-12-25 21:32

Die Britse Minister van Buitelandse Sake, William Hague, het die “lafhartige” bomaanvalle op Kersdag op kerke in Nigerië veroordeel.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.