Die regering in Nieu-Seeland sê tabakbelasting sal oor die volgende vier jaar met 40% styg – van die hoogste ter wêreld.
Drie Amerikaanse studente van die Boston-universiteit, wat in Nieu-Seeland studeer het, is in 'n minibus-ongeluk in Taupo dood.
‘n Man wat gedreig het om Nieu-Seeland se eerste minister op te blaas terwyl hy by ‘n restaurant geëet het, is tot 13 maande tronkstraf gevonnis.
Nieu-Seeland het nuwe planne aangekondig wat daarop gemik is om die rookgewoonte teen 2025 in dié land iets van die verlede te maak.
Vier mense is dood en vier ander is steeds vermis nadat 'n vissersboot in rowwe seetoestande aan Nieu-Seeland se Suid-Eiland omgeslaan het.
Die kaptein en tweede offisier van 'n skip wat Nieu-Seeland se ergste besoedelingsramp ter see veroorsaak het, het skuld erken.
Besprekings vir ballonritte het afgeneem ná die tragedie in Nieu-Seeland waarin elf mense gesterf het toe hul ballon aan die brand geslaan het.
Twintig gemummifiseerde koppe van Maori-stamhoofde en soldate is tydens ‘n seremonie in Wellington verwelkom ná 200 jaar in die buiteland.
Vrywilligers het daarin geslaag om 39 oorlewende loodswalvisse uit ‘n skool van 99 gestrande walvisse in Nieu-Seeland terug in die water te kry.
‘n Aardbewing wat 6.1 op die Richterskaal meet, het teen 'n diepte van 18 m die weskus van Nieu-Seeland se Suid-Eiland getref, het geoloë gesê.
Nieu-Seeland, Australië en Suid-Afrika is die top-lande waar uitgewekenes die beste integreer, het 'n opname bevind.
Sewe bemanningslede van 'n Suid-Koreaanse vissersboot wat aan die brand geraak het, moet na ‘n hospitaal in Nieu-Seeland vervoer word.
‘n Vrou van Nieu-Seeland wat haar swangerskap vervals het, is in hegtenis geneem nadat sy ‘n baba by ‘n hospitaal in Auckland wou ontvoer.
Altesaam 41 aardbewings is binne 24 uur in Nieu-Seeland se Canterbury-streek aangeteken, het ‘n plaaslike nuusbron berig.
Die kaptein van Nieu-Seeland se mansnetbalspan is in 'n fratsongeluk in Christchurch dood toe hy aan sy maaltyd verstik het.
Geesdriftige stappers kan maar hul stapskoene uitpak want Nieu-Seeland open ‘n nuwe staproete wat oor die lengte van die land strek.
Ná ‘n week se vertragings het opruimingspanne begin om die laaste 360 ton olie van die vragskip wat in Nieu-Seeland gestrand is te pomp.
Die toestand van ‘n vragskip wat al vir byna ‘n maand op ‘n rif in Nieu-Seeland gestrand is het verswak en dit kan in stukke begin breek.
Sean Davison se verhaal is die hartseer storie van ’n seun wat na sy ma in omgesien het, het ’n Nieu-Seelandse hof gister gehoor.
Die kaptein van ’n skip wat op ’n klipbank vassit, is in hegtenis geneem nadat sowat 70 houers in die onstuimige see beland het.
'n Onstuimige see het hier ’n vragskip verinneweer wat naby die kus op ’n rif vasgevang is en sy olielek vyfvoudig vererger.
'n Italiaanse swemmer met net een been het die eerste swemmer met 'n geamputeerde ledemaat geword om deur die Cook-seestraat te swem.
Twee SA-fotograwe is die jongste slagoffers van misdaad in Nieu-Seeland nadat toerusting ter waarde van R60 000 uit hul huurmotor gesteel is.
‘n Aardbewing wat 6.0 gemeet het, het ‘n klein dorp op Nieu-Seeland se noord-eiland geskud. Geen skade is aangemeld nie.
Reisagente oor die land heen is tevrede met die verkope van Wêreldbeker-rugbypakkette, ondanks ‘n afname in die afgelope twee maande.
‘n Maori-toerisme-leier meen besoekers aan Nieu-Seeland se inheemse ervaring begin en eindig nie met die Wêreldbeker-rugbytoernooi nie.
‘n Duitse man wat op ‘n kajak- en visvanguitstappie by die Nieu-Seelandse Hawea-meer was, het blykbaar spoorloos verdwyn.
Die koste van die dodelike aardbewings in Christchurch, Nieu-Seeland, het verder gestyg en sal nou waarskynlik meer as R120 miljard wees.
President Jacob Zuma gaan volgens aanduidings die openingsplegtigheid van die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Nieu-Seeland bywoon.
Besoekers aan die Noordelike eiland van Nieu-Seeland is deur reis-chaos getref ná die eerste sneeu in 40 jaar daar geval het.
‘n Laerskoolklas se anatomieles was so byna ‘n bietjie té outentiek toe die onderwyser die geraamte van ‘n regte mens in haar klas ontdek het.
‘n Chinese man het in die hof erken hy ‘n Nieu-Seelandse taxi-bestuurder vermoor, gesê hy is jammer en vir ‘n ligter straf gevra.
Die Australiese bouler Damien Wright, wat onlangs uitgetree het, is aangestel om Allan Donald as Nieu-Seeland se boul-afrigter te vervang.
Daar was reeds nóg 7 500 aardbewings in Christchurch, Nieu-Seeland, sedert die massiewe aardbewing wat die stad in September getref het.
Engeland se plan om pikswart truie by vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Nieu-Seeland te dra, word deur sommige as 'n belediging beskou.
Almal het gekla oor Peter de Villiers se “A-span” se spelpeil in die Super Rugby-reeks, so is die “B-span” dan nie by implikasie die “A-span” nie?
‘n Tsoenami-waarskuwing is aan Nieu-Seeland en Tonga uitgereik nadat ‘n kragtige 7.8-aardbewing oos van Raoul-eiland getref het.
Die polisie in Nieu-Seeland het politieke aktiviste gevra of hulle beamptes in kennis sal stel indien terroriste hulle sou kontak.
Die nuutverkose kaptein van die Nieu-Seelandse krieketspan Ross Taylor sal aanstaande jaar sy span in 'n toetsreeks teen die Proteas lei.
’n Rekordgetal Nieu-Seelanders emigreer na Australië ná die onlangse aardbewings. In Mei het sowat 3 300 Nieu-Seelanders na Australië geëmigreer.
‘n Bejaarde inwoner van ‘n tehuis het glo aan sy beserings beswyk nadat ‘n reeks naskokke in Christchurch, Nieu-Seeland, voorgekom het.
Shrek, die skaap wat in talle Nieu-Seelanders se harte ingekruip het nadat hy ses jaar lank vermis was, is die naweek uitgesit.
Dit is vyf dae sedert ’n Lions-speler na bewering ’n 18-jarige meisie in Dunedin seksueel aangerand het, en steeds is dié franchise in die duister.
Die premier van Nieu-Seeland se seun is as die land se beste “planker” vereer nadat ‘n foto van sy toertjie op die internet verskyn het.
’n Aardbewing van 6,1 op die Richterskaal het die omgewing naby die Suidsee-eilande getref, het die USGS gesê.
Twee mense is dood en meer as 20 ander is beseer toe ‘n tornado die noordelike voorstede van Auckland, Nieu-Seeland, getref het.
'n Suid-Afrikaner het Nieu-Seeland se geskiedenisboeke herskryf toe hy vyf paaltjies in 'n wedstryd laat kantel het sonder om 'n enkele lopie af te staan.
Nieu-Seeland se hooflykskouer sê sekere slagoffers van die Christchurch-aardbewing sal waarskynlik nooit geïdentifiseer word nie.
Engeland se rugbyspan sal hul Wêreldbeker-groepwedstryde, wat oorspronklik in Christchurch sou plaasvind, nou in Dunedin speel.
Met net drie krieketwedstryde wat tussen die Proteas en ’n eerste wêreldkroon staan, is die tyd vir proefnemings op die subkontinent verby.
Die Filippynse kaptein van 'n vragskip wat op 'n rif aan die Nieu-Seelandse kus gestrand het, is tot sewe maande tronkstraf gevonnis.
‘n Vier-en-twintigjarige Duitser wat 300 meter na sy dood geval het terwyl hy in Nieu-Seeland gestap het, het die verkeerde skoene gedra.
Die lot van 'n olifant wat haar hanteerder in Nieu-Seeland vergruis het is onseker, het beamptes by die dieretuin gesê.
Sowat 3 000 mense in Nieu-Seeland se reisplanne is ontwrig as gevolg van krake wat om die kajuitvensters van 'n vliegtuig gevind is.
Een lyk is gevind nadat agt mense van dieselfde familie as vermis aangemeld is toe hul vissersboot in die suide van Nieu-Seeland gesink het.
Nieu Seelanders herdenk die Christchurch aardbewing wat 185 lewens geëis het. Dit was die ergste natuurramp wat die land in 80 jaar getref het.
Die Proteas-kaptein, Amanda Mynhardt, vertrek binnekort na Nieu-Seeland waar sy klubnetbal in Auckland gaan speel.
Altesaam 33 van die oorlewende loodswalvisse, uit ‘n skool van 99, wat reeds twee keer op Nieu-Seeland se Suid-Eiland gestrand het, is uitgesit.
Altesaam 22 loodswalvisse is dood en 77 in gevaar nadat hulle op ‘n strand op Nieu-Seeland se Suid-Eiland gestrand het, sê omgewingsaktiviste.
Rachel Beer mag nie aan ’n bierbroukompetisie op die Lake Hayes-landbouskou in Queenstown, Nieu-Seeland deelneem nie omdat sy ’n vrou is.
‘n Vrou van Nieu-Seeland wat dringend geld nodig het, adverteer die geleentheid vir iemand anders om ‘n tatoe op haar boud aan te bring.
Nóg olie wat van die houerskip Rena op die kus van Nieu-Seeland gelek het, sal na verwagting oornag die kus bereik.
’n Vragskip wat Nieu-Seeland se ergste seebesoedeling nóg versoorsaak het toe dit skipbreuk gely het, het tydens ’n storm in twee geskeur.
'n Nieu-Seelandse vrou is vir sewe jaar en 6 maande tronk toe gestuur vir die mishandeling en marteling van haar twee jong kinders.
John Key is na 'n baie suksesvolle algemene verkiesing gereed om in sy tweede termyn as Nieu-Seeland se premier te dien.
Meer as 60 loodswalvisse is op ‘n afgeleë strand aan die bopunt van die Suid-Eiland van Nieu-Seeland dood gevind, het amptenare gesê.
‘n Nieu-Seelandse dogtertjie moes haarself twee dae lank met ‘n teddiebeer troos en oorskietkos eet na haar ma in haar huis dood is.
Die wêreld se enigste wit Kiwi het ‘n operasie om stene uit haar krop te verwyder, oorleef, het ‘n Nieu-Seelandse wildbewaringsentrum gesê.
Toeroperateurs in Nieu-Seeland is bekommerd dat oliebevlekte strande en seelewe skade berokken het aan die land se “skoon, groen” beeld.
Die kaptein van die beskadigde vragskip wat op ‘n rotslaag naby ‘n Nieu-Seelandse vakansieplek vasgevang is, het in die hof verskyn.
Nick Smith, Nieu-Seelandse minister van omgewingsake, sê die oliestorting is die land se ergste maritieme besoedelingsramp.
‘n Aardbewing wat 5.5 gemeet het, het die rampgeteisterde stad Christchurch getref nadat ‘n reeks skuddings die vorige dag plaasgevind het.
‘n Suid-Afrikaanse rugby-joernalis is in die vroeë oggendure aangehou nadat die Nieu-Seelandse polisie hom van dwelmhandel verdink het.
Nieu-Seeland se regering sal beheer neem oor Auckland se waterfront om te verseker dat daar nie ‘n herhaling is van die WB-vervoer-chaos nie.
‘n Suid-Afrikaanse paartjie wat Nieu-Seeland vir die WB-rugbytoernooi besoek kon nie verstaan hoekom hulle nie hul hotel kan vind nie.
Wettige bordele in Nieu-Seeland het hul bestellings vir kondome verdubbel, want sekswerkers verwag om redelik besig te wees.
Nieu-Seeland is ‘n visuele paradys met asemrowende skoonheid en is propvol avontuur. Sommige mense beskryf dit selfs as anderwêrelds.
Om rassistiese kommentaar aanlyn te lewer mag dalk in Nieu-Seeland onwettig wees as die land ‘n nuwe internasionale ooreenkoms onderteken.
Die organiseerdes van die Wêreldbeker-rugbytoernooi sê daar is steeds 200 000 kaartjies beskikbaar slegs 17 dae voor die toernooi se openingswedstryd.
Dit blyk of internasionale besoekersgetalle by hierdie jaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Nieu-Seeland verwagtinge gaan oorskry.
‘n Nieu-Seelandse vliegtuigingenieur is dood toe hy in ‘n vliegtuigenjin ingesuig is terwyl hy instandhoudingswerk daaraan gedoen het.
Nieu-Seeland is besig om op ouers toe te slaan wat eienaardige name – soos Violence en Number 16 Bus Shelter – vir hul kinders gee.
Die breier van die All Blacks, Graham Henry, het sy span aangekondig vir die toets teen Fidji by die Carisbrook-stadion in Dunedin.
Rugby-aanhangers in Nieu-Seeland hoop ’n pasgebore kalf kan in Paul die siener-seekat se tentakels volg en hul nasie na Wêreldbeker-glorie lei.
Nieu-Seeland se rugbyafrigter, Graham Henry, wil lede van sy All Black-groep behoorlik ruskans gee voor die Wêreldbeker in September afskop.
Die All Blacks en die Wallabies het hul sterkste groepe vir vanjaar se Drienasies aangewys, wat moeilikheid vir ’n uitgedunde Springbok-span voorspel.
Die All Blacks moet Sonny Bill Williams op regtervleuel kies waar hy 'n soortgelyke impak as Jonah Lomu op die opposisie se verdediging kan maak.
‘n Sterk aardbewing het groot dele van Nieu-Seeland se Noordeiland geruk. Geen tsoenami-waarskuwing is uitgereik nie.
Die losskakel Stephen Donald is weggelaat uit 'n All Black-oefenkamp vir spelers wat nie meer by die Super Rugby-uitspeelrondes betrokke is nie.
Ross Taylor is aangestel om Daniel Vettori, wat die leisels ná vanjaar se Wêreldbeker neergelê het, as kaptein van Nieu-Seeland se krieketspan te vervang.
Minstens een gebou het inmekaargeval en twee mense is tydelik in ‘n kerk vasgekeer nadat ‘n reeks naskokke Christchurch getref het.
Voorraad het van rakke afgeval en talle winkels het gesluit nadat ‘n sterk naskok die Canterbury-streek in Nieu-Seeland geruk het.
Nieu-Seeland se rampgeteisterde Canterbury-streek staan ‘n 23% kans om nóg ‘n kragtige skudding binne die volgende twaalf maande te hê.
Die grootste sloping in Nieu-Seelandse geskiedenis is in Christchurch aangekondig waar 'n sterk aardbewing in Februarie voorgekom het.
Baie reisigers na Nieu-Seeland wonder wat hulle nou in die rampgeteisterde Christchurch kan verwag. Hier's 'n idee.
'n Sterk naskok van 5.2 het die Nieu-Seelandse stad Christchurch geruk en elektrisiteit na verskeie gebiede afgesny.
'n Bronsbeeld van die oud-All Black Michael Jones, waar hy duik om die heel eerste Wêreldbeker-drie in 1987 te druk, sal by Eden Park onthul word.
Die Kiwi's se Daniel Vettori sê hy was geskok om te hoor dat hul Wêreldbeker-halfeindstryd teen Sri Lanka op 'n gebruikte kolfblad gespeel gaan word.
Terwyl Christchurch nog die stukke ná die aardbewing optel, is die res van die land besig om toeriste deur Twitter en Facebook te lok.
Sterk strome en stormagtige toestande sal waarskynlik in Nieu-Seeland voorkom ná die Japan-aardbewing, maar die tsoenami dreig nie hier nie.