Die Mosambiekse regering het Suid-Afrikaanse boere genader om ook moontlik in die Zambezia-provinsie te boer, sê AgriSAmos.
Minstens 86 mense is in 2011 deur wilde diere in Mosambiek doodgemaak, met 60 ander wat beserings opgedoen het, het die regering gesê.
’n Sikloon wat groot verwoesting in Madagaskar gesaai het, is tans as ’n tropiese laagdrukstelsel na die Mosambiekse suidkus op pad.
Tien mense is dood en duisende mense moes tydens storms in Mosambiek uit hul huise vlug, het rampverligtingbeamptes gesê.
Byna 500 mense is ontwortel weens oorstromings na swaar reën in die Mosambiekse hoofstad en haweloses word in skole en kerke gehuisves.
Die polisie in Mosambiek het 'n vermeende dwelmmuil van Suid-Afrika by die internasionale lughawe in Maputo in hegtenis geneem.
Epos- en SMS-boodskappe wat waarsku oor vleesvretende piesangs in Mosambiek het ‘n groot daling in die verkoop van dié vrug veroorsaak.
Mosambiek en SA het ‘n nuwe ooreenkoms met mekaar aangegaan in ‘n poging om die kaping van skepe te beveg.
Die polisie in Mosambiek het ‘n Suid-Afrikaner doodgeskiet nadat hy twee Mosambiekers doodgeskiet en geld gesteel het in dié land.
Op ’n twee maande lange toer deur die ooste van Suider-Afrika in die reënseisoen, verwag jy nie dat alles voor die wind gaan loop nie.
Twee gevangenes is doodgeslaan deur ‘n bewaarder by ‘n Mosambiekse tronk in die sentrale provinsie Zambezia, het ‘n beampte gesê.
'n Man is van bedrog aangekla nadat hy geld vir deposito's van mense geneem het vir erwe in Mosambiek wat glo nooit ontwikkel is nie.
Die vakbond AgriSaMoz sê Mosambiek se regstelsel en bilaterale ooreenkomste bied genoeg beskerming aan Suid-Afrikaanse boerdery-belange.
Airlink sal die hoeveelheid vlugte tussen Johannesburg en Nampula in Mosambiek vanaf 1 September van drie na vier vlugte ‘n week vermeerder.
‘n Aardbewing wat 4.5 op die Richterskaal meet, het Mosambiek getref en is in die ooste van Zimbabwe gevoel, berig 'n Zimbabwe publikasie.
‘n Mosambiekse minister wat van korrupsie aangekla is, het sy tronkstraf begin uitdien nadat hy die hof oortuig het om sy straf te verlig.
Groot potensiaal bestaan vir samewerking tussen Mosambiek en Namibië, wat ’n bydrae kan lewer tot die groei van die lande se ekonomieë.
Groot vertragings is by die Lebombo-grenspos na Mosambiek ondervind waar voertuie tot 15 km ver op die N4 gewag het om deur te gaan.
Mosambiek bou ‘n lughawe van $102 miljoen (byna R700 miljoen) in die noordelike stad Nacala in ‘n poging om toeriste en beleggings te lok.
Morgan Tsvangirai, Zimbabwe se eerste minister, het ‘n vergadering met Armando Guebuza, Mosambiek se president, gehad om Zimbabwe te bespreek.
Tofo, op die Inhambane-skiereiland, is ’n gewilde plek vir rugsakreisigers en studente wat wil kyk hoe ver hulle Ouma se Uno kan toer.
Twee vlootskepe is in internasionale gebiedswaters ontplooi te midde van toenemende politieke spanning in Wes-Afrika en seerowery naby Mosambiek.
‘n Rekordgetal mense het luidens berigte die Komatipoort-grenspos tussen Suid-Afrika en Mosambiek die afgelope feestydperk oorsteek.
Suid-Afrikaanse boere is welkom om 'n nuwe toekoms in Mosambiek na te jaag, het owerhede in dié land gesê.
Suid-Afrika kan eersdaags 'n ooreenkoms met die Republiek van die Kongo bereik om Suid-Afrikaanse boere in die land te vestig.
Suid-Korea het aangekondig hulle sal 35 miljoen dollars voorsien vir die bou van drie sonkrag-kragstasies in die noorde van Mosambiek.
Twee bejaarde mans is deur hul families met stokke doodgeslaan nadat hulle vermoedelik met towery in Mosambiek betrokke was.
Die polisie in Mosambiek is in armoedige woonbuurte in Maputo ontplooi om nuwe betogings oor kospryse te verhoed.
Mosambiek was Sondag plofbaar, terwyl gerugte die ronde gedoen het dat betogings vandag in Maputo, die hoofstad, sou hervat.
Hernude oproer het in die Mosambiekse hoofstad uitgebreek ná twee dae van onluste oor hoë kospryse waarin minstens sewe mense dood is.
Mosambiekse polisie ontken dat hulle met lewendige ammunisie op betogers geskiet het alhoewel sewe mense tydens dié betogings doodgeskiet is.
Nog een mens is vandag dood in Mosambiek gevind na die geweldadige betogings oor kosprysverhogings in die Mosambiekse hoofstad, Maputo.
Twee polisiebeamptes is deur betogers doodgeslaan tydens gewelddadige betogings in Maputo oor stygende pryse in Mosambiek.
Polisie in Mosambiek het vier mense doodgemaak en 27 beseer toe hulle op betogers geskiet het wat teen stygende kostes betoog.
Planne vir Mosambiek se Mpanda Nkuwa-hidro-elektriese dam in die noordelike Tete-provinsie is goedgekeur. Dié dam sal glo ’n geïnstalleerde vermoë van 2400MW hê.
Mosambiek het kostes vir toeriste se tydelike en permanente verblyf met tot 1000% verhoog, berig 'n plaaslike koerant.
‘n Sakeman van Mosambiek wat deur die VSA as ‘n dwelmbaas bestempel is, het glo dwelms na SA gesmokkel tydens sy wêreldwye dwelmhandel.
Interpol weet waar die derde verdagte skuil wat baba Marzanne Kruger en haar oppasser glo wreed aangeval het.
Die Kosibaai-staproete neem jou deur van die mooiste natuurskoon tot by pragtige strande waar seeskilpaaie hul eiers op die strand lê.
Amnesty International se aandag is op Mosambiek gevestig om die langdurige probleem van onnodige polisie-geweld aan te spreek.
Die regering van Mosambiek het na vyf weke se protes ingestem om petrol verskaffers met 35 miljoen dollar te subsidieer.
Mosambiek sal die die voorsitterskap van die SADC se afdeling van politiek, verdediging en sekuriteit vanaf September oorneem
Twee polisie amptenare is elkeen tot een jaar se tronkstraf gevonnis vir nalatigheid wat tot die dood van 12 gevangenes.
Tien mense is dood en 34 ernstig beseer toe 'n minibus en 'n vragmotor in Cabo Delgado, 'n noordelike provinsie van Mosambiek, gebots het.
Altesaam 20 mense is in hegtenis geneem ná die polisie ‘n kamp van sowat 300 ondersteuners van die opposisie in Mosambiek bestorm het.
Minstens agt mense is as ná swaar reën en sterk winde in Mosambiek dood, het nooddienspersoneel van dié land gesê.
Bestuurders en personeellede van gewilde vakansie-oorde aan die kus van die Inhambane-provinsie van Mosambiek het hulle gestaal vir sikloon Funso.
Vyf mense het gesterf en duisende word geaffekteer nadat ‘n tropiese storm die suide van Mosambiek getref het.
Bykans 500 mense is dakloos in Maputo, Mosambiek, nadat ‘n tropiese depressie swaar reënbuie en sterk winde veroorsaak het.
Mosambiek ondersteun die kandidatuur van die Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake as voorsitter van die Afrika-unie Kommissie.
Altesaam 115 onwettige buitelandse werkers wat in Mosambiek in diens geneem is, is uit die land geskop.
Wat is beter as om op ’n Afrika-avontuur omring te wees deur die mooiste flora, fauna, watervalle en landskappe?
Samora Machel, ‘n vorige Mosambiekse president, se dood sal deur 'n groep afgevaardigdes van Suid-Afrika en Mosambiek herdenk word.
KwaZulu-Natal, Swaziland en Mosambiek wil nuwe asem in ‘n roete inblaas wat daarop gemik is om toerisme in die drie lande ‘n hupstoot te gee.
Dit hoef jou nie ‘n arm en ‘n been te kos om ‘n eksotiese bestemming te besoek nie en reisigers kan Mosambiek nou teen sakpas-pryse bereik.
Netbal SA-president Mimi Mthethwa het gesê daar is nie genoeg geld om ’n volsterkte netbalspan na Mosambiek te stuur vir die Afrika Spele nie.
Suid-Afrikaners wat dink hulle besit vakansiehuise in Mosambiek, besit niks, het die president van die Gaza-toerismevereniging gesê.
"’n Totale aanslag teen Suid-Afrikaanse beleggers in Mosambiek," is hoe ’n sakeman van Pretoria die beslaglegging op sy vakansiehuis bestempel het.
‘n Lyk wat verlede week in ‘n vlak graf in Massinga in Mosambiek gevind is, is glo dié van die vermiste Suid-Afrikaner Jacques Els.
Mosambiek gaan binne vyf dae 3,6 miljoen kinders teen masels inent in ‘n poging om sterftes teen die einde van 2012 met 98% te verminder.
‘n Vrywilliger van die Amerikaanse Vredeskorps is in sentraal-Mosambiek met ‘n mes gedreig en verkrag, het die polisie gesê.
Deur die Groter Limpopo-oorgrenspark is miskien nie die maklikste (of kortste) pad om aan die Mosambiekse kus te kom nie.
As jy na Mosambiek wil gaan is jou Suid-Afrikaanse rybewys voldoende. Maar wat van goed soos 'n visum en voertuigversekering?
Stel jou voor: Durban, maar met ’n bietjie peri-peri en ’n paar grade warmer. Voeg daarby Afrosamba-musiek en jy’t... Maputo.
Minder as 40 km van die Mosambiekse hoofstad op die oostelike kus van Maputo-baai lê Inhaca, omring deur pragtige wit strande.
Daar is ‘n tropiese paradys op die Oostelike kuslyn van Suidelike-Afrika: Mosambiek. As jy beplan om te gaan, onthou hierdie feite.
Ses Chinese tegnici wat werksaam is by 'n bouterrein in Mosambiek is Sondag deur onbekende mense aangeval, het die staatsmedia berig.
Ten minste 15 mense is dood toe 'n boot wat die Malawi-meer oorgesteek het oppad Mosambiek toe, sink.
Suid-Afrika se weermag sê twee van sy soldate het in Mosambiek afgedwaal en in 'n skietery met burgerlikes in dié land betrokke geraak.
17 vermeende gevaarlike misdadigers het Dinsdag uit die Nampula gevangenis in Mosambiek ontsnap nadat hulle glo die tralies afgesaag het.
Die Mosambiekse regering het die verhoging op brood- en waterpryse, wat tot gewelddadige protesoptogte gely het, herroep.
Ses mense wat daarvan beskuldig word dat hulle SMS-boodskappe gestuur en sodoende die betogings in Mosambiek aangehits het, is aangekeer.
Minstens vyftien vissermanne is dood nadat vyf visserbote omgeslaan het weens ‘n storm langs Mosambiek se sentrale kus.
Die dodetal van die gewelddadige betogings in Mosambiek, staan op 10 en 443 mense is gewond, terwyl betogings aan die buitewyke van Maputo woed.
Twee Suid-Afrikaners moes toekyk hoe ’n Mosambiekse polisieman in hul voertuig sit en hulle al skietende met sy AK-47 uit Maputo lei.
Nuwe gevegte tussen die polisie en betogers het in Mosambiek uitgebreek. In die tweede dag van gewelddadige betogings in die gebied.
Die Suid-Afrikaanse regering het sy ambassade in Mosambiek gesluit ná gewelddadige betogings oor stygende pryse in die hoofstad Maputo.
Polisie skiet twee kinders dood tydens die betoging in Mosambiek. Betogers is woedend oor die stygende pryse hiér.
‘n Baba en ses ander mense is dood toe ‘n verlate myn in Mosambiek ineengestort het, het die onafhanklike media berig.
Die polisie in Mosambiek het 45 Somaliese vlugtelinge, wat glo op pad was na Suid-Afrika, in hegtenis geneem nadat hulle uit ‘n vlugtelingskamp gevlug het.
Minstens nege mense is dood en 40 ander vermis nadat ‘n boot naby die kus van noordelike Mosambiek gesink het, het ‘n polisiewoordvoerder gesê.
Owerhede in Mosambiek gaan bymekaarkom om toeriste se veiligheid te bespreek ná verskeie aanvalle op Suid-Afrikaners in dié land.
Mosambiek se eks-Minister van Vervoer en drie voormalige lughawe amptenare word verhoor op aanklagtes van korrupsie.
Stemmery het in Mosambiek begin met die regerende Frelimo-party wat na verwagting ’n weghol-oorwinning sal behaal.
Sowat sewe mense is dood en nog 17 ander word vermis nadat ‘n veerboot in die noorde van Mosambiek gesink het.
Die eerste geval van die H1N1-virus in Mosambiek is by ‘n vrou van Maputo deur ‘n laboratorium in Suid-Afrika bevestig.
‘n Onderwyser in Mosambiek is geskors ná sewe leerlinge vir ‘n onbekende tydperk in ‘n stoorkamer toegesluit is.