'n Sterk ondersese aardbewing van 6.1 het die noordooste van Japan geskud maar daar was geen onmiddellike berigte van skade nie.
‘n Bra met ingeboude yspakkies, ‘n windklokkie en ‘n kruisementtakkie is in Japan bekendgestel en beloof om vroue dié somer koel te hou.
Meer as 3 000 huise was sonder elektrisiteit nadat tornado’s deur die ooste van Japan geruk en minstens een persoon se lewe geëis het.
'n Sestienjarige seun se sokkerbal wat tydens verlede jaar se tsoenami in Japan verlore geraak het, is in Alaska gevind.
Minstens een vrou is dood en 'n ander een vermis nadat bere uit hul hokke in 'n park in die noorde van Japan ontsnap het.
'n Japannese polisieman is in hegtenis geneem nadat hy 'n vrou se hare in 'n restaurant gelek het, het die polisie gesê.
Die teregstelling van drie moordenaars in Japan in opdrag van die minister van justisie het kritiek uit verskeie oorde ontlok.
Japan se kuswag is in 'n wedloop teen tyd gewikkel om die bemanning van 'n veerboot te vind wat suid van Tokio gesink het.
'n Minuut van stilte is in Japan gehou om die 19 000 slagoffers te onthou wat dood is toe 'n tsoenami die land 'n jaar gelede getref het.
Wetenskaplikes het met ’n ondersoek begin om ’n eerste blik te kry van die kromgetrekte Japanse seebodem waar ’n reuse-aardbewing begin het.
Die lyke van 'n bejaarde paartjie en hul seun is in hul woonstel gevind, twee maande nadat hulle gesterf het, het die polisie gesê.
Minstens 55 mense is dood nadat swaar sneeuval die noorde van Japan weke lank geteister het, het beamptes in die land gesê.
Japan se bevolking kan binne die volgende honderd jaar dalk krimp na twee derdes, met vroue wat verby die ouderdom van 90 kan lewe.
Die getal oorsese toeriste wat Japan verlede jaar besoek het, het met 27,8%, in vergelyking met die vorige jaar, tot 6,2 miljoen gedaal.
Omgewingsaktiviste het verf en stinkbomme op walvisjagskepe in die Suidelike Oseaan gegooi in ‘n poging om die jaarlikse jagtogte te stop.
Yoshihiko Noda, premier van Japan, beplan volgens berigte glo om twee ministers tydens die kabinetskommeling af te dank.
Yoshihiko Noda, Japan se premier, het aangekondig dat die Fukushima Dai-ichi-kragstasie wat deur die tsoenami beskadig is, stabiel is.
Die wêreld se oudste hond het op die ouderdom van 26 jaar en nege maande in Japan gesterf nadat hy asemhalingsprobleme ontwikkel het.
Twee sterk aardbewings het Japan geskud. Geen skade is onmiddellik aangemeld nie en 'n tsoenami-waarskuwing is nie uitgereik nie.
‘n Skudding wat 5.2 gemeet het, het die ooste van Japan getref, maar die Fukushima-kernaanleg wat in Maart beskadig is, is stabiel.
Die beendere van 'n gesin van drie in Japan wat vermoedelik selfmoord gepleeg het, is na 'n jaar in hul huis gevind, het die polisie gesê.
Die Springbok-senter Jaque Fourie het 'n kontrak geteken om tydens die afseisoen in Suid-Afrika, klubrugby in Japan te speel.
‘n Aardbewing wat 6.2 gemeet het, het Japan se noordelike eiland, Hokkaido, getref. Geen tsoenami-waarskuwing is uitgereik nie.
Die Fukushima Daiichi-kernkragaanleg is steeds “stabiel” nadat ‘n groot aardbewing Japan se rampgeteisterde gebied weer getref het.
‘n Aardbewing het die Fukushima-streek in die noordooste van Japan getref, het die land se meteorologiese agentskap gesê.
Minstens tien mense het gesterf in ‘n tifoon in Japan wat in 'n stadium gedreig het om in die rigting van die Fukushima-kernaanleg te beweeg.
Tifoon Roke is na die tsoenami-geteisterde noordoostelike kus van Japan onderweg, en ses mense is reeds dood of word vermis.
Honderdduisende mense in Japan is gewaarsku om hul huise te ontruim as gevolg van ‘n sterk tifoon wat die land nader.
‘n Japanse elektrisiteitsfirma gaan ‘n 18 meter hoë muur bou om ‘n kernaanleg teen tsoenami’s te beskerm, het dié maatskappy gesê.
Reddingswerkers en soekspanne fynkam Sentraal-Japan nadat Tifoon Talas die naweek groot verwoesting langs kusgebiede gesaai het.
‘n Groot en sterk tifoon is op pad na die weste van Japan en dreig om sterk winde en hewige reënval in dié deel van die land te veroorsaak.
Beamptes sê ‘n sterk aardbewing het naby Japan se oostelike kus getref, maar geen tsoenami-waarskuwing is uitgereik nie.
‘n Sterk aardbewing wat 6.2 gemeet het, het naby die oostelike kus van Honshu, Japan, plaasgevind, het die USGS gesê.
‘n Sterk aardbewing van 5.9 op die Richterskaal het Donderdagaand (Suid-Afrikaanse tyd) naby die stad Iwaki in Fukushima getref.
‘n Matige 6.2-aardbewing het langs die suidelike kus van die Japanse eiland, Honshu, getref, maar geen tsoenami-waarskuwing is uitgereik nie
Japan het meer as 100 000 mense in die sentrale streek van Niigata beveel om te ontruim nadat swaar reën hier vloede veroorsaak het.
Die Amerikaanse geologiese opname (USGS) sê nóg ‘n massiewe aardbewing het die noordoostelike deel van Japan geruk.
Inwoners van Japan se hoofeiland is gewaarsku om op hul hoede te wees vir ‘n groot en sterk tifoon wat binnekort verwag word.
‘n Aardbewing wat 5.5 gemeet het, het weer geboue in Tokio, Japan, geskud. Geen tsoenami-waarskuwing is uitgereik nie.
Die Japanse minister wat verantwoordelik is vir herkonstruksie ná rampe sê hy gaan bedank nadat hy die pos slegs ‘n week lank beklee het.
‘n Aardbewing wat die Richterskaal tot 5.4 laat ruk het, het sentraal-Japan getref, met minstens sewe mense wat beseer is.
Sowat 70% van Japanners wil nie hê kernaanlegte wat deur die aardbewing en tsoenami op 11 Maart geruk is, moet weer aangeskakel word nie.
Een van die gebiede wat die swaarste getref is deur die aardbewing vroeër vanjaar in Japan is deur 'n aardbewing van 5.9 geruk.
Noodwerkers by Japan se beskadigde Fukushima-kernaanleg gaan begin om radioaktiewe water wat binne dié aanleg gestoor word, te suiwer.
In 'n land waar krag skaars is en lugversorging volop, wil die Japannese regering hê sakemanne moet hul geliefde pakke klere dié somer in die kas los.
Greenpeace waarsku dat seelewe wat hulle sowat 20 km van Japan se Fukushima-kernaanleg getoets het hoë vlakke van radioaktiwiteit getoon het.
Japannese sakeleiers het ‘n veldtog geloods om toeriste terug te lok na Japan ná die verwoestende aardbewing, tsoenami en kernramp.
'n Sestigjarige werker is dood nadat hy sy bewussyn by die Fukushima-aanleg verloor het en na 'n hospitaal gehaas is.
Hongkong en Singapoer het ontken dat hulle onttrek het as mede-gashere vir rugby se Wêreldbeker-toernooi in 2019.
Tepco, die operateur van die Fukushima-kernaanleg in Japan, het nuwe probleme aangemeld wat ‘n waterlekkasie insluit.
Japannese navorsers het gesê die land se mense kan teoreties in 1 000 jaar uitsterf weens die geboortesyfer wat afneem.
‘n Rower wat ‘n vrou in Japan aangeval het, het met leë hande en een vinger minder gevlug nadat die vrou sy pinkie afgebyt het.
‘n Koppie en piering wat slegs een keer deur die pop-diva Lady Gaga gebruik is, het meer as R590 000 op 'n veiling in Japan gehaal.
Minstens twee vroue is dood nadat hulle glo deur bere aangeval is wat uit hul hokke by 'n park in die noordelike deel van Japan ontsnap het.
Jirouemon Kimura, Japan se oudste persoon en die wêreld se oudste man, het sy 115de verjaardag by sy huis gevier.
Motorverkope in Japan was in Maart 'n astronomiese 78,2% hoër as dieselfde maand verlede jaar.
‘n Aardbewing wat 6.0 gemeet het, het die noordooste van Japan geskud, het die Amerikaanse Geologiese Opname gesê.
Daar word voorspel dat toerisme in Japan tydens die eerste helfte van 2012 ten volle sal herstel ná 2011 se aardbewing en tsoenami.
Japannese walvisjagters is druipstert huis toe ná hulle dié seisoen slegs 'n derde van die walvisse kon vang wat hulle moes.
Oga Ajako se lewe het onherroeplik verander toe verskeie reaktors van die Foekoesjima No. 1-kernkragstasie deur ’n tsoenami beskadig is.
Duisende Japannese het aan 'n optog teen kernkrag deelgeneem te midde van toenemende kommer oor die opwekking van reaktors.
Ses mense is dood en minstens 11 500 ander is vasgekeer nadat swaar sneeuneerslae en vriesende temperature in Serwië voorgekom het.
‘n Japannese man is in hegtenis geneem nadat hy sy dood vervals het deur voor te gee sy broer se lyk is dié van hom, het die polisie gesê.
Japannese polisie het ‘n Chinese gevangene vasgetrek nadat hy met net sy onderklere uit ‘n Hiroshima-tronk ontsnap het.
Tien maande ná ‘n reuse-tsoenami en aardbewing Japan getref het, dui getalle van die polisie aan dat ‘n totaal van 19 294 mense dood is.
Japan het nog niemand in 2011 tereggestel nie. Dit is die eerste jaar in bykans twee dekades in dié land dat dit gebeur, het die Japanse regering gesê.
‘n Man wat daarvan beskuldig is dat hy ‘n opgestopte panda aan Chinese toeriste wou verkoop, is deur die polisie in hegtenis geneem.
Die operateur van Japan se Fukushima-kernaanleg sê hy oorweeg om water wat vir bestraling behandel is so vroeg as Maart in die see te stort.
Japan se laerhuis het die regering toestemming te gee om belasting op te stoot om vir herkonstruksie in die land te betaal.
‘n Aardbewing met ‘n voorlopige 6.8-sterkte-lesing het langs die kus van Japan se suidelike Okinawa-eiland getref, het amptenare gesê.
‘n Skeepswrak uit die dertiende eeu van ‘n Mongoolse skip wat Japan wou inval, maar die slagoffer van ‘n tifoon was, is naby Japan gevind.
Frankryk is nie meer die wêreld se kulinêre middelpunt nie, en 'n nuwe land kan nou op dié eer aanspraak maak.
Japan sal aan 10 000 buitelanders gratis vliegkaartjies gee om die land te besoek in ‘n poging om die toerismebedryf ‘n hupstoot te gee.
Dele van ‘n Japanse vegvliegtuig, o.a die vliegtuig se brandstoftenk, het van die vliegtuig losgekom en in ‘n woonbuurt geland.
‘n Anonieme skenker het sowat R1 miljoen se kontant in ‘n openbare toilet in Sakado, Japan, met spesifieke instruksies gelos.
Minstens vier mense is dood weens tifoon Roke in die rampgeteisterde Japan, minder as ’n maand nadat ’n storm 100 lewens geëis het.
‘n Sterk tifoon het die rampgeteisterde Japan getref nadat dit reeds vier mense se dood veroorsaak het, het owerhede gesê.
‘n Aardbewing wat 6.2 gemeet het, het die noordoostelike deel van Japan getref en geboue in die hoofstad, Tokio, geskud.
Duisende mense is in die westelike deel van Japan gestrand nadat die dodetal van die sterk tifoon Talas tot 41 gestyg het.
Die tropiese laagdrukstelsel Talas, wat tans deur Japan beweeg, het tot dusver 25 lewens geëis en 52 mense is steeds vermis.
Japan se regerende party het die minister van finansies, Yoshihiko Noda, as premier aangewys na 'n verkiesing tussen parlementslede.
‘n Sterk aardbewing het naby Japan se noordoostelike kus voorgekom en ‘n tsoenami-waarskuwing is vir die gebied uitgereik.
Die polisie het 'n afgekapte kop, drie voete, twee hande en stukkies been in drie houers in Osaka gevind ná daar gekla is oor die stank.
Vir bejaarde oorlewendes van die tsoenami wat Japan in Maart geruk het, kom troos in die gedaante van ’n klein, wit robotrob genaamd Paro.
'n 6.4-grootte aardbewing het noordoostelike Japan geruk het die meteorologiese agentskap gesê. Geen beserings is aangemeld nie.
‘n Japanse skrywer wat wêreldwyd beroemd geraak het vir sy boek, Japan Sinks, is in die ouderdom van 80 oorlede.
Japanese bio-ingenieurs het daarin geslaag om ‘n tand te kweek uit selle wat in ‘n muislewer ingeplant is.
Die skouspelagtige eindstryd van Fifa se Wêreldbeker-sokkertoernooi vir vroue het vir ‘n nuwe rekord op die sosiale netwerk Twitter gesorg.
‘n Klein tsoenami het die kus van noordelike Japan getref nadat ‘n sterk aardbewing die rampgeteisterde gebied geskud het.
‘n Matige aardbewing wat 5.4 gemeet het, het die westelike gebied van Japan getref. Geen tsoenami-waarskuwings is uitgereik nie.
Toestelle om bestralingsvlakke te meet sal na sowat 34 000 Japanse kinders versprei word wat naby die Fukushima-kernaanleg woon.
Naoto Kan, Japan se premier, is onder druk om volgende maand te bedank wanneer 'n rits besluite oor die land se begroting deurgevoer word.
Japan gaan die skrywers van rekenaarvirusse swaar beboet en tot drie jaar lank tronkstraf opdien volgens ‘n nuwe wet wat Vrydag ingesweer is.
Japan het R29 miljard se bates wat aan die Libiese leier Muammar Gaddafi en sy gevolg behoort gevries onder die terme van ‘n VN-sekuriteitsraad.
‘n Brand het in die kelder van ‘n kernaanleg naby Japan se rampgeteisterde Fukushima Daiichi-kernaanleg uitgebreek, het Tepco gesê.
Tepco, die operateur van Japan se Fukushima-kernaanleg, sê hy glo brandstof het gedeeltelik binne-in drie reaktors gesmelt.
Die president van die operateur van die Fukushima-kernaanleg gaan bedank om verantwoordelikheid te neem vir die hantering van die kernkrisis.
‘n Aardbewing wat 6.2 gemeet het, het die kus van die noordooste van Japan geruk, maar geen beserings of skade is aangemeld nie.
Twee gemaskerde mans het sowat R51 miljoen by ‘n sekuriteitsmaatskappy gesteel - die grootste kontant-diefstal ooit in Japan.
Japan het bestraling bo die wettige perk in teeblare gevind nadat ‘n aardbewing en tsoenami 'n kernaanleg op 11 Maart beskadig het.