Francois Hollande is as die Franse president ingehuldig, wat hom die eerste sosialistiese leier in 17 jaar maak om die Elysee-paleis te beklee.
Frankryk het in die tweede en finale ronde van die land se presidensiële verkiesing tussen Nicolas Sarkozy en Francois Hollande begin stem.
Die Franse minister van binnelandse sake het gesê hy vrees ‘n reeksmoordenaar is op vrye voet ná ‘n reeks moorde in ‘n woonbuurt van Parys.
'n Groep vermeende Islamitiese militante wat in Frankryk in hegtenis geneem is, het glo beplan om 'n Joodse landdros te ontvoer.
Mohamed Merah sal in Frankryk begrawe word omdat owerhede in Algerië weier om hom daar te begrawe, het 'n beampte gesê.
Die lyk van ‘n Islamitiese man wat sewe mense in die suide van Frankryk doodgeskiet het, sal na Algerië gevlieg word, het ‘n familielid gesê.
Al Jazeera het aangekondig hy sal nie die video-beeldmateriaal uitsaai wat in die pos ontvang is van die skietvoorvalle in Frankryk nie.
Die pa van die Franse skieter Mohamed Merah moet stilbly in skaamte, eerder as om met hofsake te dreig, het politici gesê.
Die ouer broer van die Toulouse-skieter, Mohamed Merah, en sy vriendin is na Parys geneem vir ondervraging, het 'n polisiebron gesê.
Franse amptenare het geen bewyse dat Al-Kaïda ‘n Franse gewapende man opdrag gegee het om op ‘n moordtog te gaan nie.
Die Franse polisie het die aanhouding van die ma en broer van die selfgeproklameerde Islamitiese ekstremis, wat sewe mense doodgemaak het, verleng.
Die selfverklaarde Al-Kaïda millitant wat erken het hy het sewe mense in Frankryk doodgemaak, het al drie aanvalle verfilm.
Die polisie in Frankryk probeer steeds die skieter, wat glo vir die dood van sewe mense verantwoordelik was, te arresteer.
Die Franse skieter wat met al-Kaïda verbind word en na bewering sewe mense doodgeskiet het, het glo ‘n nuwe aanval beplan.
'n Verdagte in drie skietaanvalle wat die lewe van sewe mense in Frankryk geëis het, het gesê hy sal homself aan die polisie oorgee.
Die reeks moordaanvalle in Toulouse, Frankryk, kan moontlik die presidentsverkiesingsveldtog in dié land ingrypend verander.
Waarnemers gis dat ’n reeks wilde skietvoorvalle in die Franse stad Toulouse die afgelope dae etnies geïnspireer kan wees.
Nicolas Sarkozy, die Franse president, het by die skool in Toulouse besoek afgelê waar vier mense, insluitend drie kinders, doodgeskiet is.
Twee Franse soldate het gesterf en ‘n ander een is gewond in ‘n skietery naby ‘n militêre basis in die suidweste van Frankryk.
Marine Le Pen, leier van Frankryk se verregse party, het genoeg handtekeninge gekry om ‘n presidensiële veldtog te loods.
Nicolas Sarkozy, die Franse president, het gesê hy sal uit die politiek tree as hy nie ‘n tweede termyn in die verkiesing wen nie.
Die kantoor van die Franse eerste minister, Francois Fillon, het gesê die term "mejuffrou" sal van amptelike dokumente verwyder word.
Lugverkeer in Frankryk word deur en stakende lugvervoerwerkers en swaar sneeuval ontwrig, het The Wall Street Journal berig.
Hoewel die veldtog vir die Franse presidentsverkiesing nog nie amptelik begin het nie, vertoon dit reeds verskeie merkwaardige eienskappe.
Die Franse polisie het gesê dat nege onwettige gouddelwers dood is tydens ‘n skietgeveg tussen mededingers in Dorlin in Frans-Guiana.
Oudpres. Jacques Chirac van Frankryk het in ’n Paryse hof ’n opgeskorte vonnis van twee jaar tronkstraf gekry nadat hy skuldig bevind is.
Ses mense is dood toe ‘n brand by ‘n tehuis vir bejaardes in Marseille in die suide van Frankryk uitgebreek het, het die plaaslike polisie gesê.
'n Brit wat in die tronk is nadat hy sy vrou vermoor en haar lyk in 'n meer in Frankryk gegooi het, se derde verhoor het begin.
Die polisie in Frankryk het ‘n pa van moord aangekla ná hy sy driejarige seun in ‘n wasmasjien gesit en die masjien aangeskakel het.
Die Europese hof vir menseregte het Frankryk veroordeel vir die onmenslike en vernederende behandeling van ‘n gevangene.
‘n Man in Frankryk het aan ‘n hartaanval gesterf toe hy nooddienste gebel het om hulle in kennis te stel dat sy buurman dieselfde lot gely het.
Die Britse premier, David Cameron, het met die Franse president, Nicolas Sarkozy, vasgesit oor Brittanje se raad oor die euro-krisis.
Nicolas Sarkozy, president van Frankryk, het sy blydskap oor die geboorte van sy babadogter uitgespreek.
Die roete vir aanstaande jaar se Tour de France-fietstoer is amptelik in Parys deur die organiseerders bekendgemaak.
Reëls oor immigrasie in Frankryk gaan verskerp en toekomstige burgers van dié land sal voortaan bewyse van hul taalkennis moet indien.
Kenia het bemiddelaars na Somalië gestuur om te onderhandel oor die vrylating van ‘n gestremde Franse vrou wat naby die Lamu-oord ontvoer is.
Agathe Habyarimana, weduwee van 'n vorige Rwandese president wie se dood gelei het tot die slagting van 1994, sal nie uitgelewer word nie.
Frankryk se Moslem-burgers moet na alternatiewe plekke vir hul daaglikse gebede skuif nadat ‘n verbod op bid in die openbaar in werking getree het.
Vyf Afrika-presidente het glo miljoene rande bygedra tot die Franse oudpres. Jacques Chirac se suksesvolle herverkiesingsveldtog in 2002.
Die Franse wag vir Dominique Strauss-Kahn se weergawe van wat presies op 14 Mei gebeur het om hom in ‘n sekskandaal te dompel.
Frankryk gaan €1,5 miljard (sowat R15 miljard) se gevriesde Libiese bates aan die land se rebelleleiers beskikbaar stel.
'n Transkripsie van die laaste gesprek tussen die vlieëniers van die Air France 447-rampvliegtuig wys dat hulle tot die einde verbete geveg het.
Twee Franse toeriste wat Argentinië besoek het se lyke is naby ‘n staproete gevind, het die Argentynse polisie gesê.
Muammar Gaddafi mag in Libië aanbly as hy instem om sy mag prys te gee, het Alain Juppe, die Franse minister van buitelandse sake, gesê.
Die ikoniese sangeres Liza Minnelli is tydens 'n seremonie in Parys met Frankryk se mees gesogte eerbewys, die Legioen van Eer, bekroon.
Frankryk het nie meer nodig om wapens aan die rebelle te verskaf om teen Gaddafi-magte te veg nie omdat hulle nou self die mas kan opkom.
’n Man in ’n skare het die Franse president Nicolas Sarkozy byna teen die grond gestamp voordat hy deur sekerheidswagte gepak en aangehou is.
Duisende betogers het 'n 5 km lange menseketting buite 'n kernkragsentrale in Frankryk gevorm om te eis dat dit buite werking gestel word.
President Nicolas Sarkozy se konserwatiewe UMP-party gaan na verwagting ‘n wet wat gay huwelike wettig sal maak, verwerp.
Dit is bevestig dat die Franse direkteur van die Novotel-hotel in Abidjan, die Ivoorkus se hoofstad, wat in April ontvoer is, dood is.
Frankryk se president, Francois Hollande, het aan juigende aanhangers gesê sy oorwinning kom saam met ‘n verwerping van inkortingsmaatreëls.
‘n Sesjarige meisie het gesterf en heelwat aanbidders is beseer nadat ‘n vloer ineengestort het in ‘n huis waar ‘n Sondagdiens gehou is.
Tien mense is deur die Franse polisie in hegtenis geneem nadat klopjagte op Islamitiese ekstremiste in verskeie stede uitgevoer is.
Twintig vermeende ekstremiste is in die suidelike stad van Toulouse in Frankryk in hegtenis geneem, het 'n bron na aan die ondersoek gesê.
Net toe dit lyk asof sy herverkiesingsveldtog mooi stoom begin optel, het ’n potensieel ernstige terugslag pres. Nicolas Sarkozy getref.
Dominique Strauss-Kahn, gewese IMF-hoof, se prokureurs het gesê hulle sal die bewerings dat hy betrokke was by 'n prostitusie-kartel beveg.
Die polisie in Frankryk het ‘n video-montage met beelde van die moorde wat deur Mohamed Merah uitgevoer is, bestudeer vir leidrade.
Dominique Strauss-Kahn, gewese IMF-hoof, is aangekla vir sy beweerde betrokkenheid by 'n prostitusie-kartel, het sy prokureurs gesê.
Die terreurvoorvalle in Toulouse het pres. Nicolas Sarkozy se kans om as Franse staatshoof herkies te word – voorlopig altans – verbeter.
Die polisie in Frankryk het ‘n stadsplein in Toulouse, waar sewe mense onlangs doodgeskiet is, ontruim nadat ‘n verdagte pakkie gevind is.
Mohammed Merah, Islamitiese terroris van Toulouse, is in ’n dramatiese skietgeveg van sowat vyf minute deur Franse polisie-spesmagte doodgeskiet.
Mohamed Merah, die Toulouse-skieter, is dood nadat hy uit 'n woonstelgebou se venster gespring het terwyl hy op die polisie geskiet het.
Ontploffings en kort sarsies geweervuur is naby die woonstel gehoor waar die man skuil wat glo vir die dood van sewe mense verantwoordelik was.
Die man wat verdink word van 'n rits skietaanvalle in Frankryk, is al voorheen in die suidelike Afgaanse stad van Kandahar in hegtenis geneem.
Die polisie het deur 'n internetadres 'n deurbraak gemaak in die soektog na 'n man wat glo verantwoordelik is vir 'n reeks aanvalle in Frankryk.
Die polisie, wat op die spoor is van 'n man wat vier mense doodgeskiet het, het kort voor sonopkoms 'n klopjag op 'n huis uitgevoer.
Israeliese leiers het die “afgryslike moord op Jode” deur ‘n ongeïdentifiseerde gewapende persoon by ‘n Joodse skool in Frankryk veroordeel.
'n Gewapende man het voor 'n Joodse skool in Frankryk losgebrand en vier mense doodgeskiet, het 'n staatsaanklaer gesê.
Pres. Nicolas Sarkozy loop meteens voor in die peilings met die oog op die Franse presidentsverkiesing.
President Nicolas Sarkozy se jongste seun het 'n tamatie na 'n vroulike polisiebeampte gegooi wat buite die presidensiële woning diens gedoen het.
Die Franse politieke establishment is skerp tereggewys deur die Franse Konstitusionele Raad oor individue se reg op vrye spraak.
Nuwe wetgewing wat binnekort in Frankryk in werking tree sal dit verpligtend maak om 'n asemtoetser in elke voertuig beskikbaar te hê.
Spanje en Frankryk het daarin geslaag om geld teen verlaagde rentekoerse op finansiële markte te leen, het RSG berig.
Die Fransman wat ’n internasionale gesondheidsherrie veroorsaak het deur minderwaardige borsinplantings te verkoop, is in hegtenis geneem.
Inwoners van 'n klein dorpie in die suide van Frankryk het op drie verkoolde lyke in 'n brandende motor in 'n dennelaning afgekom.
‘n Franse hof het Jacques Chirac, die vorige president van Frankryk, skuldig bevind op aanklagte van die verduistering van openbare fondse.
Die Franse president, Nicholas Sarkozy, het vir die eerste keer op berigte gereageer dat die land sy AAA-kredietgradering kan verloor.
Doeaneamptenare in Frankryk het 346 kg kokaïne met ‘n straatwaarde van $27 miljoen (R217 miljoen) in 'n skeepshouer gevind.
Franse polisiebeamptes het probeer om betogers se kampeerterrein in Parys se sake-distrik La Defense op te breek, lui berigte.
Swaar reënval en vloede het die suide van Frankryk die naweek getref en tot die ontruiming van honderde mense en die dood van drie gelei.
Die militêre operasies wat Navo sowat sewe maande gelede teen die diktatuur van Muammar Gaddafi begin het, het amptelik ten einde geloop.
Europa en Brittanje het die nuus van Muammar Gaddafi se dood verwelkom en gesê hulle hoop dié land sal 'n demokratiese regering verkies.
Die gestremde Franse vrou wat vroeër die maand deur Somaliese rebelle in Kenia ontvoer is en na Somalië geneem is, is dood.
Francois Hollande is die Franse sosialistiese party se kandidaat wat pres. Nicolas Sarkozy in die presidensiële verkiesing sal aanvat.
Die Franse regering het die ontginning van skaliegas verbied. Dit volg op fel teenstand van omgewingsbewaringsgroepe.
Regsbeamptes in Frankryk het op 16 luukse voertuie wat glo aan die seun van die president van Ekwatoriaal-Guinee behoort, beslag gelê.
Die Senegalese president, Abdoulaye Wade, gaan ‘n Afrika-adviseur in die Franse presidensie wat hom van omkopery beskuldig het, dagvaar.
Die voormalige president van die Ivoorkus het die Franse weermag van ‘n sluipmoordpoging tydens die April-operasie om hom te ontsetel, beskuldig.
Frankryk het Sirië beskuldig van misdade teen die mensdom ná aktiviste gesê het regeringsmagte het minstens 23 mense hier vermoor.
Jacques Chirac se korrupsieverhoor word Maandag hervat, maar kan moontlik weens die voormalige Franse president se swak gesondheid geskrap word.
'n Nuwe boek beweer Frankryk se pres. Nicolas Sarkozy het versuim om 'n glansmiljoenêr se skenkings aan sy verkiesingsveldtog te verklaar.
Die lugdiens Air France het ‘n opdrag dat slegs mans Dominique Strass-Kahn mag bedien nadat die voormalige IMF-hoof van verkragting aangekla is, ontken.
Frankryk is “uiters bekommerd” oor die verhoorsomstandighede van ‘n Fransman wat 25 jaar tronkstraf vir verkragting in Burundi gekry het.
Die ma van een van die voormalige IMG-hoof, Dominique Strauss-Kahn, se beweerde verkragtingslagoffers het erken sy het ook voorheen met hom seks gehad.
Muammar Gaddafi se oudste seun het gesê sy pa se administrasie het in gesprek getree met die Franse regering oor sy moontlike bedanking.
Libiese rebelle wat teen Muammar Gaddafi, die leier van Libië, se magte veg, het Frankryk bedank vir wapens wat aan hulle verskaf is.
Die Franse begrotingsminister, Francois Baroin, sal Christine Lagarde se posisie as dié land se minister van finansies oorneem.
Die E.coli-virus wat blameer word vir die dood van 46 mense in Duitsland het weer in Frankryk kop uitgesteek.
Dijon, in die ooste van Frankryk, is bekend vir meer as net mosterd - van die beste wyne in die Boergondië-wynstreek kom van hier.
Twee Franse prokureurs gaan president Nicolas Sarkozy aankla vir misdade teen die mensdom weens die Navo-militêre veldtog in Libië.