'n Sesde kind het aan sy beserings beswyk nadat 'n brand by 'n huis in Derby, sentraal Engeland uitgebreek het, het die polisie gesê.
'n Patoloog meen 'n Britse spioen wie se naakte lyk in 2010 in 'n sportsak gevind is, het waarskynlik weens vergiftiging of versmoring gesterf.
Vyf mans, wat tussen die ouderdomme van 21 en 35 is, is in verband met terrorisme in Luton, Bedfordshire, vasgetrek.
Vroeë somerweer het in Skotland en die noorde van Engeland skielik plek gemaak vir ’n groot sneeustorm en vrieskoue.
Die pedofiel wat tronkstraf gekry het nadat hy ‘n meisie gehipnotiseer het en seks met haar gehad het, is opgehang in die tronk gevind.
Die polisie in Manchester, Engeland is op soek na diewe wat 'n tonnel van 30 meter gegrawe het om 'n kitsbank te beroof.
Daar was tye in 2011 toe Zara Phillips, dogter van prinses Anne, nie saam met haar man, die rugbyspeler Mike Tindall, gesien wou word nie.
'n Man het na bewering drie van sy vroulike familielede in 'n huis in die noordooste van Engeland doodgeskiet en toe selfmoord gepleeg.
Die Britse polisie het 'n 20-jarige man van die moord op die Indiese student Anuj Bidve aangekla.
Die opmerklikste aspek van ’n debat in die Britse laerhuis oor die spitsberaad van die EU was die afwesigheid van die vise-premier, Nick Clegg.
Katie McGrath, beter bekend vir haar rol as Lady Morgana in die BBC-reeks Merlin, is in Kaapstad om aan 'n ander TV-reeks te werk.
Volgens 'n nuwe studie kan tot £3.5 miljard (sowat R44,5 miljard) vir die Britse ekonomie verlore gaan tydens die 2012 Olimpiese Spele.
Swanger vroue in Brittanje, waar die regering gratis mediese sorg bied, kan binnekort ‘n keisersnee op aanvraag kry.
‘n Motoris is dood toe die oorblyfsels van die orkaan Katia groot dele van Brittanje met sterk winde geteister het.
Adjunkpremier Nick Clegg, leier van die Liberaal-Demokrate, is buite ‘n politieke geleentheid in Glasgow met blou verf gegooi.
Eoin Macken, beter bekend as Gwaine in die BBC-program Merlin, vertel meer oor wat in die vierde seisoen van die reeks verwag kan word.
‘n Bejaarde man wat tydens die onluste in Engeland aangeval is, is dood nadat hy vroeër die week bewusteloos in Londen gevind is.
Europese regerings het reiswaarskuwings uitgereik en hul burgers gewaarsku om spesiale sorg te neem as hulle in Brittanje reis.
Die voormalige breier van die Wallabies en tegniese adviseur van die Bokke, Eddie Jones, meen Engeland sal nie vanjaar se Wêreldbeker wen nie.
Engeland het die eerste slag geslaan in die stryd teen Indië op Lord's om te bepaal wie krieket se voorste toetsland is.
Sachin Tendulkar gaan 'n kans kry om sy 100ste internasionale honderdtal in die 2 000ste toets op Lord’s aan te teken.
Baie warm weer word in Brittanje verwag, met temperature van tot 33°C wat moontlik die warmste dag in vyf jaar kan wees.
Drie Suid-Afrikaanse rugbyspelers is ingesluit in die Barbarians se groep wat in kragmetings teen Engeland en Wallis sal uitdraf.
Die kolwer Alastair Cook en snelbouler Stuart Broad is onderskeidelik as die kapteins van Engeland se eendag- en t20-span aangekondig.
Terwyl groot dele van Engeland tot ‘n stilstand gaan kom vir die koninklike troue Vrydag sal talle Britte koers kies om uit die chaos te ontsnap.
Die BBC dokumentêre TV-reeks, World’s Stricktest Parents, het ouers van Kaapstad gevra om aan hulle nuwe reeks in Suid-Afrika deel te neem.
'n Britse skrynwerker is daaraan skuldig bevind dat hy twee van sy meisies vermoor en hul opgekapte lyke in kanale gegooi het.
Rugbyklubs in Engeland dreig om die plaaslike Premierliga te skuif omdat hulle ongelukkig is oor die Super Rugby-wedstryd wat op Twickenham gespeel is.
Sri Lanka het na die halfeindronde van vanjaar se Wêreldbeker-kriekettoernooi deurgedring deur Engeland met 10 paaltjies te verniel.
Engelse rugbybeamptes is skaam oor ‘n advertensie waarin die Engelse span as wenners van die Grand Slam-kampioenskap aangekondig word.
Of jy ‘n roker of ‘n nie-roker is, dit is onmoontlik om nie in sigarette vas te kyk as jy by ‘n supermark in Engeland instap nie.
Die Suid-Afrikaans gebore Ryan ten Doeschate het Nederland gehelp om 'n stewige teiken in hul Wêreldbeker-openingswedstryd aan Engeland in Nagpur te stel.
Antieke Britte het hul dooies geëet en bekers van hul oorblyfsels gemaak, meen nuwe navorsing wat in Brittanje gepubliseer is.
Die Suid-Afrikaner Hendre Fourie is deur Engeland se breier Martin Johnson gekies vir die Rose se Sesnasies-kragmeting teen Italië.
‘n Ligte aardbewing het dele van Yorkshire in die noorde van Engeland geruk, het die Britse geologiese opname (BGS) gesê.
Britse studente het by die Konserwatiewe Party se hoofkwartiere ingestorm en betoog teen planne om onderriggelde te verdriedubbel.
Polisie in Brittanje het twee mans in hegtenis geneem in verband met ‘n brand waarin die Hastings Pier verwoes is.
Die Franse rugbyklub Toulon het bevestig dat die losskakel Jonny Wilkinson nie by sy spanmaats vir Engeland se oefenkamp sal mag aansluit nie.
Die Engeland-kolwer Ian Bell sal nie in die reeks teen Pakistan kan speel nie, nadat hy sy voet in ‘n eendagwedstryd teen Bangladesj gebreek het.
Die twee blasers wie se wedstryd-flaters Fifa genoodsaak het om video tegnologie te heroorweeg, sal nie verder deelneem aan die Wêreldbeker nie.
Duitsland is deur na die kwarteindronde van die Wêreldbeker nadat hulle Engeland op die Vrystaat-stadion in Bloemfontein verneder het.
Die sokkerlegende Franz Beckenbauer het gesê Duitsland sal Engeland klop wanneer dié twee spanne mekaar in die volgende WB-ronde ontmoet.
Die Nieu-Seelandse Maori's het in 'n taai kragmeting oor Engeland in Napier geseëvier om hul Eeufees-vieringe op 'n hoë noot af te sluit.
Engeland se sokkerafrigter, Fabio Capello, het die span aangekondig wat teen Slowenië in Port Elizabeth in 'n moet wen WB-wedstryd sal uitdraf.
Die beeldskone joernalis Sara Carbonero, vriendin van die sterdoelwagter Iker Casillas, word blameer vir Spanje se nederlaag teen Switserland.
Engeland en Amerika het gelykop gespeel in hul Wêreldbeker-groepwedstryd op die Royal Bafokeng-stadion in Rustenburg
Die Wallabies-breier Robbie Deans het vier veranderinge gemaak vir Australië se toets teen Engeland in Perth.
Die familie van ‘n taxibestuurder wat 12 mense vermoor het, het geen idee het wat sy uitbarsting veroorsaak het nie.
Suid-Afrika sal in 2012 gasheer speel vir Engeland in 'n toetsreeks as deel van die IRR se besluit om rugbytoere te verleng.
‘n 41-Jarige man het op aanklagte van die moord op ‘n Suid-Afrikaner wat in Londen vermis geraak het, in die hof verskyn.
Die Britse polisie het ‘n vrou in hegtenis geneem nadat vyf kinders in ‘n huis in Derby, Engeland doodgebrand het.
Geboue is beskadig en bome is ontwortel toe tornado’s twee gebiede in Engeland getref het. Die storm het ook 20 hoenders geëis.
Brad Pitt en Angelina Jolie beplan om vir twee jaar Engeland toe te verhuis terwyl Angelina aan drie agtereenvolgende rolprente gaan werk.
‘n Agt-en-twintig-jarige man is in hegtenis geneem nadat twee mans se lyke onlangs in ‘n dam in Canterbury, Kent, gevind is.
Koningin Elizabeth II kan moontlik ’n koninklike jag van die Britse volk present kry ter viering van haar diamantjubileum as staatshoof.
Skotland is kwaad vir Brittanje oor Londen probeer “inmeng” in sy voorneme om in 2014 ’n referendum oor Skotse afhanklikheid te hou.
Erge stormweer in Brittanje het die lewens van twee mans in twee afsonderlike voorvalle geëis.
‘n Man wat na homself as "Psycho Stapleton" verwys, staan in ‘n Britse hof tereg vir die moord op ‘n Indiese student in Manchester.
Mike Ford en John Wells, voormalige assistent-afrigters van Engeland, moet die Rugby-voetbalunie (RFU) met onmiddellike effek verlaat.
Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees aangesien ysreën en sneeu vir dele van die Verenigde Koninkryk voorspel word.
'n Britse minister het gesê planne vir Engeland se grootste staking in dekades kan lei tot strenger wetgewing oor nywerheidsaksie.
Sowat 40 mense is beseer en ‘n onbekende hoeveelheid mense is dood ná ‘n reuse-ongeluk op ‘n snelweg in Brittanje.
Altesaam 67 kulturele erfenisterreine oor die wêreld hou 'n risiko vir besoekers in omdat dit nie in stand gehou word nie.
Reuse-vensters versier York Minster, een van Europa se grootste katedrale, en die skoonmaak daarvan lok baie nuuskierige besoekers.
Engeland se krieketspan het op die Oval die kroon op ’n baie suksesvolle reeks teen Indië gespan toe hy die vierde en laaste toets gewen het.
‘n Jong man is in hegtenis geneem vir die moord op ‘n bejaarde man wat in Londen gesterf het nadat hy tydens die onluste aangeval is.
“Julle sal boet vir wat julle gedoen het,” het David Cameron aan die geweldenaars wat Engelse stede geterroriseer het, gesê.
Die voormalige goewerneur van die Toring van Londen beweer hy is afgedank omdat hy hom oor omstrede praktyke by die fort uitgelaat het.
Engeland verdien om die voorste span op die IKR se ranglys te wees. Dít is die mening van die legendariese Suid-Afrikaanse blitsbouler Allan Donald.
Reën het op Lord’s die laaste sê gehad op die eerste dag van die eerste van vier toetse tussen Engeland en Indië.
Engeland se plan om pikswart truie by vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Nieu-Seeland te dra, word deur sommige as 'n belediging beskou.
Die jongste reeks besnoeiings van Britse militêre uitgawes het betrekkinge tussen die regering en die weermag aansienlike skade berokken.
‘n Nuwe teen-terrorisme-strategie deur die Europese Unie kan beteken fyn besonderhede van vlugpassasiers sal vir tot vyf jaar gestoor word.
Die breier Andy Flower het 'n nuwe kontrak met Engeland se krieketraad geteken om as spandirekteur van die nasionale span aan te bly.
’n Stewige aantal Suid-Afrikaanse rugbyspelers is onder die benoemdes vir top-toekennings in die Engelse Premierliga.
Die Engelse vleuel Mark Cueto, se uitwysing vir beweerde oogkrappery kan dalk die einde van sy Wêreldbeker-droom beteken.
Die Stormers-flank Francois Louw het volgens berigte in Engeland 'n kontrak met die klubspan Bath geteken.
Die Britse media het berig dat die Engeland-heelagter Ben Foden in hegtenis geneem is, nadat hy in 'n voorval met 'n taxi-bestuurder betrokke was.
Die polisie in Engeland se soektog na die 22-jarige Sian O’Callaghan het twee lyke opgelewer en ‘n 47-jarige man is in hegtenis geneem.
Engeland se kaptein Andrew Strauss en die draaibouler Graeme Swann, is deur 'n maagaandoening by die Wêreldbeker-toernooi in Indië platgetrek.
Kaptein Andrew Strauss het Shane Warne as 'n genie beskryf nadat dié voormalige draaibouler die uitslag tussen Engeland en Indië korrek voorspel het.
Reuse-sonstorms beteken Brittanje mag die skouspelagtige vertonings van die poolligte te sien, terwyl kommunikasienetwerke ontwrig kan word.
Tom Bletsoe, ‘n 18-jarige wat vermoedelik as die jongste politikus in Brittanje verkies is, is by sy dorpsraad ingesweer.
Australië het sy momentum in die aanloop tot die Wêreldbeker behou deur die laaste wedstryd teen Engeland te wen en die eendagreeks met 6-1 te beklink.
‘n Bejaarde man se lyk is in die sneeu in ‘n karavaanpark in Engeland gevind terwyl die koue dele van die land tot ‘n stilstand gebring het.
Die La Tomatina-fees in Spanje is een van die wêreld se eienaardigste feeste, maar dis nie die enigste vreemde fees nie.
'n Inskrywing op die kolwer Kevin Pietersen se Twitter-profiel het gelees dat hy weggelaat is uit Engeland se opkomende kitsreeks-span teen Pakistan.
Argeoloë het ‘n hout weergawe van Stonehenge ontdek wat by dié ikoniese rotssirkel geleë is en slegs 5m kleiner in deursnee is.
Die skokkende inhoud van ‘n vier-uur lange opname deur Raoul Moat kan vir die eerste keer ná sy dood bekendgemaak word.
Fifa-president Sepp Blatter het om verskoning gevra vir oordeelsfoute deur skeidsregters wat spanne se toernooidrome beëindig het.
Die voormalige afrigter van die Engelse sokkerspan, Sven-Goran Eriksson, glo Engeland kan Duitsland in die uitklopronde van die Wêreldbeker wen.
Een van sokker se groot tweestryde is in Bloemfontein te sien wanneer aartsvyande Duitsland en Engeland mekaar in die tweede ronde van die Wêreldbeker pak.
Engeland en die VSA is deur na die volgende ronde van die Wêreldbeker ná oorwinnings oor Slowenië en Algerië.
Dinge kan rof raak in die Nelson Mandelabaai-stadion waar Engeland en Slowenië mekaar die stryd aansê in ’n belangrike Groep C-wedstryd.
Die Duitse sokkerlegende Franz Beckenbauer het Engeland se speelstyl hewiglik gekritiseer en gesê die Engelse het "agteruitgegaan in hul spel."
Die beseringsgeteisterde Wallabies moes noodgedwonge ‘n laat verandering maak aan die span wat Engeland in Perth gaan pak.
Die vertoning van Wayne Rooney, Engeland se skerpskutter, in die WB 2010-losmaker teen Platinum Stars, sal Amerika onrustig stem.
Engeland se Wêreldbeker-sokkerspan het in Suid-Afrika aangekom nadat hul vliegtuig op die OR Tambo-lughawe in Johannesburg geland het.
Sowat 150 000 Britte is in ander lande gestrand en geen vlugte sal voor Maandag 19:00 in die Britse lugruim vlieg nie.
Koningin Elizabeth II het president Jacob Zuma Woensdag ‘n hartlike verwelkoming gegee by die begin van sy staatsbesoek.