Bendes wat by huise in die voorstede van Durban inbreek, breek hekke en deure af, saai amok en steel luukshede – als binne vyf minute.
Die polisie het steeds die situasie by Phoenix, noord van Durban, dopgehou waar sowat 50 betogers amok gemaak het.
Besoekers aan Durban kan nou meer plekke vir minder geld besoek met die bekendstelling van die iVenture-kaart “See Durban Attraction Pass”.
Inwoners van dele van Durban-Noord en omliggende gebiede kan tot en met twee dae sonder elektrisiteit wees ná ‘n massiewe kragonderbreking.
'n Sesjarige seun het in 'n openbare swembad in Springfield Park, Durban, verdrink, het paramedici gesê.
'n Seun het op die dag van sy sewende verjaardag in KwaZulu-Natal verdrink terwyl sy ouers besig was om vir hom 'n geskenk te koop.
R80 miljoen sal op die opgradering van die noordelike deel van die uShaka-strandfront bestee word, het SA Tourism Update berig.
Olifantbeelde van R1 miljoen deur die internasionaal erkende kunstenaar Andries Botha is deur vandale in Durban afgetakel.
‘n Twee-en-twintig-jarige man het homself aan die owerhede oorgegee nadat hy na bewering ‘n tiener in Wentworth, Durban, vermoor het.
Twee mense is in ‘n ontploffing wat kort na middernag by ‘n chemiese fabriek in Durban plaasgevind het dood, het East Coast Radio berig.
‘n Agtjarige meisie het gesterf toe sy getref is deur ‘n bakkie terwyl sy Spineweg in Westville, Durban, oorsteek het, het paramedici gesê.
Paramedici het probeer om ‘n kalfie se lewe te red wat deur ‘n minibustaxi getref is, maar die dier is dood nadat dit na 'n veearts geneem is.
Minstens twintig mense is beseer nadat 'n trein naby Reunion-stasie, Isipingo in Durban ontspoor het, het paramedici gesê.
'n Polisiereservis wat hom na bewering as 'n lid van die Valke voorgedoen het om omkoopgeld te eis, is vasgetrek.
‘n Man wat verbind word met die moord op ‘n bejaarde broer en suster sal in die Durbanse landdroshof verskyn, het die polisie gesê.
Kraanwater in plaas van gebottelde mineraalwater het die internasionale afgevaardigdes eers laat frons en toe breed laat glimlag.
Talle mense, insluitend 'n eenjarige baba, is Maandag ná kitsvloede uit hul huise in Durban gered, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
Die Playhouse in Durban is gereed vir hope gesinsvermaak met die musiekspel Cinderella wat beloof om talle teatergangers te lok.
‘n Man is dood en drie ander is in ‘n ongeluk in Durban beseer, het paramedici gesê. Die oorsaak van die ongeluk word steeds ondersoek.
Drie mense is in Durban in hegtenis geneem vir die besit van dagga met 'n geskatte waarde van R50 000, het die polisie gesê.
Vyftien mense is beseer, waarvan twee ernstig, toe ‘n minibus-taxi en ‘n motor in Durban teen mekaar gebots het, het paramedici gesê.
Xolani Zulu, die man beskuldig van die moord op die ANC-streeksekretaris Sbu Sibiya, se prokureur sal hom nie meer verteenwoordig nie.
Die reikwydte van die internasionale rolprentfees in Durban kan geïllustreer word deur twee prente deur nuwelingregisseurs wat daar vertoon is.
Die gehalte van die water in 90 uit altesaam 175 riviere in die Durban-omgewing is goed tot baie goed, het die eThekwini-munisipaliteit gesê.
Suid-Afrika kan steeds ’n bod vir die Olimpiese Spele van 2020 indien, het Fikile Mbalula, minister van sport, gesê.
Die aftelling na die bekendmaking van die gasheerstad vir die 2018 Olimpiese- en Paralimpiese Winterspele het begin.
'n Man is dood toe 'n brand in 'n residensiële gebou in Durban-Sentraal uitgebreek het, het paramedici gesê.
Die ANC het met meer as 1.18 stemme beheer oor die eThekwini-metro gewen, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) Vrydag gesê.
Daar sal hopelik binne die volgende 12 maande direkte vlugte van Durban se King Shaka-lughawe na Londen se Gatwick-lughawe wees.
Die polisie in KwaZulu-Natal is op soek na ‘n sindikaat sekswerkers wat vermoedelik verantwoordelik is vir die moord op ses sakemanne.
Twee mense en 'n kind is in 'n kettingbotsing in Durban dood, het 'n woordvoerder vir die ER24-nooddienste gesê.
Een persoon is dood en twee is beseer toe hulle voertuig op die N2 noord van Durban van die pad geloop en omgeslaan het.
Kaapstad het sy bod om die Olimpiese Spele in 2020 aan te bied onttrek, het 'n woordvoerder vir die stadsraad aangekondig.
Jacques Rogge, voorsitter van die Internasionale Olimpiese Komitee, het daarop gesinspeel dat die kans goed is dat SA die 2020 Olimpiese Spele kan aanbied.
'n Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van twee broers wat na bewering by die moord op ses mense buite Durban betrokke is.
Volgens die nasionale tesourie se derdekwartaalsyfers was Durban die grootste sondaar in die land wat oorbesteding in die boekjaar betref.
'n Gesin van vyf se motor is buite die laerskool Berea in Durban gekaap nadat hulle glo hul drie kinders wou aflaai.
Werkers van uShaka Marine World in Durban gaan staak. Hulle dring aan op 'n 15% loonverhoging, terwyl 'n 7% verhoging aangebied word.
Durban-sakeman Prince Sifiso Zulu gaan vir drie jaar tronk toe op aanklagte van strafbare manslag en nalatige bestuur.
Nie rugby óf krieket sal vir eers in Kaapstad en Durban se nuwe sokkerstadions gespeel word nie, is in 'n parlementêre sessie besluit.
‘n Klein vliegtuig wat meganiese probleme gehad het, het Woensdag op Durban se Suidstrand geland, het paramedici gesê.
'n Twintig20-wedstryd op die Moses Mahbida-stadion in Durban kan moontlik die meeste toeskouers nog na 'n krieketwedstryd in Suid-Afrika lok.
Acsa het "uit welwillendheid" R400 000 opsygesit vir passasiers op vlugte wat voor 'n Wêreldbeker-wedstryd in Durban by King Shaka-lughawe moes omdraai.
Daar is baie meer in Suid-Afrika se sonnige Durban as net die see en son, so knyp 'n tydjie af en besoek dié 10 gewilde plekke.
Die polisie se bomeenheid is ná die Griekse sokkerspan se oefensessie uitgeroep toe ‘n verdagte pakkie paniek veroorsaak het.
Van Mohandas K. Gandhi se as is vandag, ses dekades na sy dood, langs die Durbanse kus in die Indiese Oseaan gestrooi.
‘n Gekaapte bus wat in ‘n motor vasgery en omgeslaan het, het verkeer geblok op Durban se M4 Ruth First se noordelike hoofweg.
Die Proteas moes gister hier ’n “strafkamp” bywoon ná hul rekordnederlaag teen Engeland in die vierde eendagwedstryd Sondag op St. Georgepark.
Twee beweerde wildstropers is in KwaZulu-Natal se Hluhluwe-Imfolozi park deur veldwagters aangekeer.
Vyf mense is in Durban beseer toe die bus waarin hulle gereis het vir 'n minibus-taxi uitgeswaai het en teen ‘n paal gebots het.
Pendelaars hoop vandag se vergadering tussen taxi-bestuurders in Durban sal verseker dat skoolkinders en werkers môre vervoer sal hê.
Twaalf mense is vir openbare geweld in hegtenis geneem ná ‘n betoging deur minibus-taxibestuurders, het die polisie gesê.
Die man wat doodgeskiet is nadat hy 'n vrou vier uur lank by die Westville-hospitaal aangehou het, het moontlik aan bipolêre versteuring gely.
Durban se lughawe gaan teen 'n koste van sowat R100 miljard uitgegrawe word en in die stad se tweede hawe omskep word.
‘n Brand in die Kennedy Road-informele nedersetting in Durban het 300 huise verwoes en honderde inwoners dakloos gelaat, het paramedici gesê.
'n Vrou is dood en ses mense beseer toe 'n motor by die Brickfield-afrit op die N3 in Durban teen 'n minibustaxi gebots het.
Die Lughawensmaatskappy (Acsa) het aangekondig plaaslike vlugte na en van die King Shaka-lughawe in Durban is meer as ‘n uur vertraag.
‘n Man is deur plaaslike inwoners dood gevind aan die onderpunt van ‘n krans naby Romanweg in Molweni, Durban, het paramedici gesê.
Drie mense is in hegtenis geneem vir die moord op ‘n aanbidder buite ‘n moskee in Bayview, Durban, op 20 Januarie, het die polisie gesê.
Twee jong kinders het in ‘n brand in een van Durban se oudste en bekendste strate gesterf, het paramedici gesê.
Die opbrengste van ‘n tender om ‘n witrenoster te jag sal tot die voordeel van die verarmde inwoners van KwaMduku in Mkuze gaan.
'n Tienjarige meisie is dood nadat sy van 'n brug op die N2-hoofweg in Durban geval het, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
'n Vermeende swendelaar, wat 'n vrou na bewering met R50 000 bedrieg het, is in La Mercy in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.
'n Man is dood toe 'n 16-wiel-vragmotor hom op die M13 in Gillitts, naby Durban, raakgery het.
Afgevaardigdes by die klimaatberaad (COP17) in Durban het oorgegaan na die onderhandelingsfase ná die opening talle opinies uitgelok het.
Ses mense is dood ná 'n storm in die Durban-gebied talle huise verwoes het, het die departement van samewerkende regering gesê.
Suid-Afrika is onder groot druk om ’n werkbare plan op te stel wat die sukses van die klimaatkonferensie, wat in Durban gehou word, sal verseker.
Pres. Jacob Zuma se seun het hom gevra wat hy omtrent korrupsie in die eThekwini-munisipaliteit gaan doen, berig The Witness.
‘n Man is dood in ‘n skietery met die polisie in Durban nadat die polisie 'n huis genader het waarin vermeende misdadigers geskuil het.
‘n Verpleegster in Durban is vasgetrek nadat sy na bewering omkoopgeld aanvaar het om vir mense werk as verpleegsters te reël.
‘n Vroulike en ‘n manlike pasiënt is vermoor binne die King Edward VIII Hospitaal in Durban, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Vier mans het gesterf en een aanvaller en twee polisiebeamptes is gewond tydens ‘n skietery met die polisie in Durban-Noord.
Die veteraan-slot Nathan Sharpe is weggelaat uit die Wallabies se span vir die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Auckland.
Vyf-en-twintig mense is beseer, waarvan vier ernstig, in ‘n kettingbotsing tussen ses voertuie in Durban, het paramedici gesê.
‘n Fees van goeie kos, jazz en komedie beloof om feesgangers by hierdie jaar se Ballito Garnaal-en-jazz-fees te vermaak.
Die toerismebedryf in KwaZulu-Natal se strategie om al hoe meer groot geleenthede aan te bied help dié provinsie in die stil wintermaande.
Sestien mense is beseer in 'n ongeluk waarin vier voertuie op die M4 naby die Mobeni-afdraai in Durban gebots het.
Die ANC het 52,14% van die stemme in die Durban-metro ingepalm, gevolg deur die Demokratiese Alliansie met 26,30% stemme.
‘n Man is dood en drie ander is beseer in ‘n ongeluk op die M19 naby die Westville Universiteit in Durban, het Netcare 911 gesê.
Sewentien mense is beseer in 'n botsing tussen 'n taxi en 'n motor in Phoenix noord van Durban, het paramedici gesê.
Meer as vier miljoen passasiers het sedert hy sy deure verlede jaar geopen het deur die King Shaka Internasionale Lughawe beweeg.
Durban is nie net vir Gautengers nie. Die stad, waar jy gewaarborg is om met 'n sonbruin-lyf weg te stap, spog met heerlike strande.
Twee veiligheidswagte is in Reservoir Hills, Durban, in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens.
‘n 23-jarige man het by Durban se Noordstrand verdrink nadat hy moeilikheid in die water ervaar het, het paramedici gesê.
Die Haaie wil maksimum voordeel trek uit hul tuisveld-eindstryd in ’n poging om die WP in die Curriebeker-eindstryd in Durban te oorweldig.
Saskok sê hy gaan bewys dat al vier van sy kandidaat-stede genooi is om 'n bod te maak om die 2020 Olimpiese Spele aan te bied.
Suid-Afrika se Olimpiese Komitee het bevestig dat Durban die enigste stad is wat 'n bod vir die 2020 Olimpiese Spele gemaak het.
‘n 48-jarige man is in Victoriastraat in Durban se middestad doodgeskiet, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
Die liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde man is in die see in Durban gevind, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
'n Vrou het 'n miskraam by 'n Durbanse hospitaal gekry en is gesê om ure lank met die fetus in haar onderklere te sit.
Swem en branderplankry langs die Durbanse kus gaan die naweek tydens die sardientjie-loop verbied word, het die eThekwini munisipaliteit gesê.
Nagenoeg 1000 het op die strand in Margate vergader om ‘n massiewe skool sardientjies in te wag – net in hand, natuurlik.
Hotelle en gastehuise in Durban was op die vooraand van die semi-finaal tussen Duitsland en Spanje, heeltemal vol bespreek.
'n Brand het Dinsdagmiddag by 'n groot fabriek in Glen Anil in Durban uitgebreek, het KwaZulu-Natalse paramedici gesê.
'n Tragedie het homself op Warner-strand, Durban, afgespeel toe 'n man en die seun wat hy probeer red het, albei verdrink.
'n Man is dood en drie ander mense is beseer toe 'n bakkie tydens 'n polisiejaagtog teen 'n 4x4 gebots het.
’n Jong walvishaai is ná ’n reddingspoging van vyf uur uit die Durbanse hawe gesleep nadat dit op ’n sandbank gestrand het.
Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die kaping van ‘n Durbanse vrou op die N2 hoofweg. Nog arrestasies gaan volg.
Vier mense is in Pinetown, KwaZulu-Natal beseer, toe twee minibustaxi’s en ‘n motor in ‘n ongeluk teenmekaar gebots het.
Vier mans is op vrye voet nadat 'n Durbanse kroegman buite ‘n sportklub, deur ‘n man wat ‘n AK-47 geweer rondgeswaai het, doodgeskiet is.