In 1812 is ‘n wet ingestel wat bierbrouers toegelaat het om bier en brood aan mense te verkoop en 200 jaar later is biertuine nog netso gewild.
Duitsland beskou SA as 'n swaargewig op die Afrika-vasteland en is vasbeslote om ekonomiese betrekkinge met die land te versterk.
Staatsaanklaers in Duitsland is besig met 'n ondersoek nadat die lyke van drie babas in 'n woonstelblok en motorhuis gevind is.
Volgens 'n voorgestelde wet kan plastiese snykunde onwettig word vir mense onder 18 in Duitsland, behalwe as dit medies noodsaaklik is.
’n Ekstremistiese Moslem-prediker in Duitsland het ’n veldtog begin om alle Duitsers voor sy dood tot die Islam te bekeer.
Die verkiesing in Saarland is die tweede binne maande waaruit blyk dat ’n moontlike herskikking van die land se politiek oor die horison aankom.
Joachim Gauck, ’n Lutherse dominee, is Duitsland se nuwe seremoniële staatshoof nadat sy voorganger weens ’n korrupsieskandaal bedank het.
Die gezoem van vuvuzelas het byna ’n blaasorkes voor die Duitse president se woning in Berlyn oordonder toe daar van Christian Wulff afskeid geneem is.
‘n Bende van vier het ‘n “ongelooflik gewaagde” diefstal van renosterhorings ter waarde van €50 000 (R510 757) uitgevoer.
Die Duitse seremoniële staatshoof, pres. Christian Wulff (52), het gister uit sy amp bedank ná ’n reeks korrupsieskandale.
‘n Duitser wat in Nigerië werksaam is by 'n konstruksiemaatskappy, is deur gewapende mans ontvoer, het die polisie in Nigerië gesê.
Die stad Bonn in Duitsland het verlede jaar sowat R150 000 se prostitusie-belasting via outomatiese betaalstasies op sypaadjies ingesamel.
Sowat 100 mense is in die hospitaal opgeneem nadat 'n chemie-eksperiment by 'n Duitse universiteit skeefgeloop het.
’n Rusie het in Duitsland uitgebreek oor die plan van ’n Britse uitgewer om uittreksels uit Adolf Hitler se boek Mein Kampf te publiseer.
Die uitgewer van ‘n geskiedenistydskrif gaan uittreksels van Mein Kampf, die boek wat deur die Nazi-leier Adolf Hitler geskryf is, publiseer.
Byna 10 000 regse ekstremiste in Duitsland is in mindere of meerdere mate tot geweld en terreur bereid, het die Der Tagesspiegel berig.
Verskeie Duitse terroriste het dalk in die 1990’s opleiding in Suid-Afrika ontvang, blyk uit ’n artikel in die Frankfurter Allgemeine Zeitung.
'n Vrou en twee mans is dood nadat 52 motors in mistige toestande op 'n snelweg in noordelike Duitsland gebots het, het owerhede gesê.
Duitse aanklaers vermoed dat tien moorde wat oor ‘n tydperk van sewe jaar plaasgevind het, waarskynlik deur verregse ekstremiste gepleeg is.
‘n Duitse man wat meer as 100 motors verbrand het, se optrede is deur afguns aangevuur, het polisielede wat hom vasgetrek het gesê.
In Keulen, die geboorteplek van die drukmedia, is openbare boekrakke besig om op straathoeke en stadspleine te verskyn.
Vier vermeende Islamitiese ekstremiste is in Duitsland in hegtenis geneem wat vermoedelik terroriste-aanvalle beplan het.
'n Namibiese afvaardiging gaan die skedels van Nama- en Herero-slagoffers tydens ’n plegtigheid in Berlyn in ontvangs neem en na Namibië bring.
Pous Benedictus XVI het in die Duitse hoofstad, Berlyn, gearriveer om sy eerste amptelike besoek as pous aan sy tuisland af te lê.
Die heersende Duitse regerende koalisie se dae is getel. Dit wil sê, as ’n mens die afgelope deelstaatverkiesing as uitgangspunt neem.
‘n Duitser sal op 497 aanklagte van verkragting teregstaan nadat hy sy dogter na bewering vir 34 jaar verkrag en drie seuns by haar verwek het.
‘n Fiksheidsafrigter is by die München-lughawe in hegtenis geneem toe hy 36 lewendige slange in Duistland wou insmokkel.
Dis nie aldag dat só iets gebeur nie – ‘n groep van 50 miljoenêrs in Duitsland het aangebied om méér belasting te betaal.
Die polisie sê brandstigters het vir ‘n derde agtereenvolgende aand luukse motors in Berlyn, Duitsland, aan die brand gesteek.
‘n Leier van die Christen-Demokratiese Unie in Duitsland het bedank ná hy ‘n “onvanpaste” verhouding met ‘n tienermeisie gehad het.
Altesaam 20 mense wat 'n nag in 'n kabelkar in die Bavariese alpe in Duitsland moes deurbring, is veilig terug op Moeder Aarde.
‘n Duitse hof het meer as R29 000 vergoeding aan ‘n ontvoerder toegeken omdat die polisie hom in aanhouding gedreig het.
‘n Vyf-en-tagtig-jarige man in Duitsland het sy vrou ernstig beseer deur twee keer met hul motor oor haar te ry, het die polisie gesê.
‘n Besonder eerlike Duitse motoris wat drie tasse voll geld langs die snelweg opgetel het, het dit net so by die polisie ingehandig.
Duitsland sal beperkings verslap om buitelandse dokters en ingenieurs toe te laat om ‘n groot gaping in die land se arbeidsmark toe vul.
Die dodetal in Duitsland se E.coli-epidemie het na 35 gestyg en gesondheidsbeamptes sê sowat 100 pasiënte het ernstige nierskade opgedoen.
Komkommers, tamaties en blaarslaai sal amptelik die groen lig kry deur Duitse amptenare ná die E.coli-uitbraak wat 30 mense se lewens geëis het.
‘n Uitbraak van E.Coli in Europa wat reeds 18 mense se lewens geëis het, het daartoe gelei dat sommige lugrederye hul spyskaarte verander het.
Minstens 14 mense is in Duitsland dood en honderde ander is siek nadat bakterieë op ingevoerde komkommers gevind is.
Twee Duitse tieners het in ‘n selfmoordpoging hulself aan die brand gesteek en een is dood, terwyl die ander ernstig beseer is.
Europese lugverkeer-amptenare verwag dat 700 vlugte oor Duitsland gekanselleer sal word, byna een in 10 in vergelyking met normale lugverkeer.
Die Duitse polisie sê hulle het klopjagte uitgevoer op die wonings van talle vermeende Islamitiese ekstremiste in die land.
Duitse owerhede het ‘n trein ontruim na ‘n dataskyf, waarop die woorde “Allah will kil lus all” geskryf was, op die trein gevind is.
Suid-Afrikaners wat hulle vererg oor slaggate in paaie hoef nie meer eensaam te voel nie. Dieselfde probleem duik toenemend in Duitsland op.
Altesaam 25 mense is in 'n busongeluk op 'n snelweg in die oostelike staat Saxony in Duitsland beseer, het die polisie gesê.
Die Duitse polisie het toegeslaan op vermeende ver-linkse vigilantes wat na bewering aanvalle teen neo-Nazi’s geloods het.
Duitsland het ontken dat hy een van die nasies is wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n blinde oog draai op die rebellie in Libië.
‘n Duitse dokter wat sy eie hospitaal bestuur het, het vier jaar tronkstraf gekry nadat hy 25 pasiënte benadeel het met sy eksentrieke prosedures.
Die Duitse kansellier het aangekondig dat sewe kernkragstasies in Duitsland afgeskakel sal word hangende die uitslag van veiligheidstoetse.
’n Skerp rusie het in die geledere van die regerende Christen-Demokrate in Duitsland oor die plek van die Islam in die land uitgebreek.
‘n Veertienjarige skoolseun met twee wapens in sy besit het gevlug nadat hy ‘n skoot afgevuur het by sy skool in die suide van Duitsland.
Vier mans met lidmaatskap in ‘n terroriste-organisasie is aangekla nadat hulle glo beplan het om ‘n Al-Kaïda aanval in Duitsland te loods.
Drie mense is dood en 13 het beserings opgedoen in ‘n treinongeluk naby Frankfurt, het die polisie in Duitsland gesê.
Die Israeliese regering het die eiesinnige Duitse digter en dramaturg Günter Grass toegang tot die land verbied oor 'n gedig wat gepubliseer is.
Die Duitse parlement weier steeds om die massamoord van Herero’s en Namas in die destydse Duits-Suidwes-Afrika as ’n volksmoord te erken.
Duitsland is ondanks die opmars van die sekularisme, “oosteliker, noordeliker en meer Protestants” as ’n paar dekades gelede.
Duitsland se militêre betrokkenheid in Afganistan kan dalk verleng word, het die land se bondskanselier, dr. Angela Merkel, gesê.
Duitse troepe het hul basis in die noorde van Afganistan ontruim te midde van toenemende protes teen die verbranding van die Koran.
Duitsland kry binnekort ’n nuwe staatshoof. Agter die skerms het die hare egter gewaai voordat die politieke partye konsensus kon bereik.
As die ekstreme koue in Duitsland net ’n bietjie erger word, sal beurtkrag die land se lot wees, berig verskeie Duitse koerante.
Die regering van Duitsland moes kwaai spartel ná onthullings dat die geheime diens 27 parlementslede van die Linkses dophou, is berig.
Adolf Hitler se geheime hoofkwartier diep in die bosse van die gewese Oos-Pruise word te huur aangebied om meer toeriste na die gebied te trek.
Die Duitse bondskanselier, dr. Angela Merkel, het die Duitse media se harde aanpak van die korrupsieklagte teen pres. Christian Wulff verdedig.
Die polisie het ‘n klopjag op die huis van Olaf Glaeseker, voormalige woordvoerder van pres. Christian Wulff van Duitsland, uitgevoer.
‘n Bejaarde man het begin om 'n lewenslange vonnis uit te dien weens die dood van drie Nederlandse burgers gedurende die Tweede Wêreldoorlog.
Die Venus de Milo wat haar middelvinger vir Europeërs wys was een te veel vir 'n groep Griekse prokureurs en die tydskrif word gedagvaar.
‘n Duitse vrou (40) het normaal geboorte geskenk aan ‘n babaseun wat ‘n fris 6 kg weeg en nou deel van 'n gesin van 14 kinders is.
’n Regs-ekstremistiese terreurnetwerk is in Duitsland oopgevlek met die aanhouding van twee vermoedelike regse terroriste.
Wetenskaplikes probeer vasstel waar 'n gebreekte Duitse navorsingssatelliet die Aarde getref het nadat dit die atmosfeer binnegedring het.
Europa en Brittanje het die nuus van Muammar Gaddafi se dood verwelkom en gesê hulle hoop dié land sal 'n demokratiese regering verkies.
’n Politieke storm het in Berlyn losgebars en Duitse linkse politici is ontsteld oor die wyse waarop 20 skedels aan Namibië oorhandig is.
Die Duitse bondskanselier, dr. Angela Merkel, het ’n belangrike politieke geveg in haar regerende koalisie gewen. Maar ook net-net.
Duitsers wat gekant is teen pous Benedictus XVI se konserwatiewe menings oor seksualiteit, het teen sy vierdaagse besoek betoog.
Die Duitse minister van binnelandse sake het aangekondig dat die nasie se grootste neo-Nazi-organisasie voortaan verban is.
Die jaarlikste Oktoberfest het die naweek in München afgeskop en sowat ses miljoen besoekers sal die fees na verwagting bywoon.
Daar woon sowat 1 000 potensiële terroriste in Duitsland waarvan 128 in staat is om aanvalle uit te voer, het die binnelandse minister gesê.
Die Duitse stad Bonn het 'n spesiale parkeermeter vir straatvroue opgerig sodat hulle kan opdok vir die ure wat hulle op straat deurbring.
Al-Kaïda beplan nuwe aanslae, waaronder die ontvoering van bekendes, in Duitsland. Dié inligting is vervat in ’n vertroulike verslag.
Die jaarlikse Oktoberfest in München is al vir 200 jaar ‘n kenmerkende deel van die Beierse kultuur en hierdie jaar kan jy dit saam in SA vier.
‘n Man het ernstige beserings opgedoen toe ‘n bom in ‘n park in Berlyn, Duitsland, ontplof het, het die polisie gesê.
‘n Hartgebroke 15-jarige Duitse seun het sy ouers se motor gesteel en 1 200 km van Oostenryk na noord-Duitsland te ry om met sy meisie te gaan opmaak, het die Duitse polisie gesê.
Twee seuns het bevestig dat ‘n Duitse priester hulle ‘n paar jaar lank seksueel mishandel het. Die priester is oor die naweek gearresteer.
Duitse wetgewers het ‘n behandeling wat embrios vir genetiese afwykings toets voor hulle in die uterus ingeplant word, wettig gemaak.
Die E.coli-bakterie het nóg vier lewens in Duitsland geëis, wat die dodetal op 47 te staan bring, het die Duitse gesondheidsowerheid gesê.
‘n Vyfjarige seuntjie en sy pa het twee tuisgemaakte pypbomme in 'n sandput op ‘n speelgrond in Fuersenfeldbruck, Duitsland, uitgegrawe.
Duitsland se eerste staproete vir nudiste is naby Dankerode geopen en met groot entoesiasme aanvaar, reken dié dorp se burgemeester.
Kontrasterende teorieë oor die oorsprong van die E.coli-uitbraak wat reeds 18 mense se lewens in Duitsland geëis het, het in die land se media verskyn.
Duitsland se sentrum vir siektebeheer het bevestig dat nog 365 mense siek geword het as gevolg van die uitbraak van die E.Coli-bakterie.
Regeringsbeamptes van Duitsland het 'n finale besluit geneem om die "laaste kernkragsentrales" in dié land teen 2022 te sluit.
Lugverkeer oor die noorde van Duitsland is besig om na normaal terug te keer nadat dit deur vulkaniese as uit Ysland ontwrig is.
Die Duitse polisie het ‘n klopjag op 1 000 bordele uitgevoer in ‘n poging om 'n netwerk van mensehandel uit Wes-Afrika die hoof te bied.
Baie hang politiek en finansieel gesproke af van die uitslag van vandeesweek se eerste volkstelling in dekades in Duitsland.
Duitsland het die jongste Europese land geword wat vra dat sanksies teen die regering van Sirië ingestel word weens geweld teen betogers.
Die stadsraad van Wene in Oostenryk sê ‘n gedenksteen sal opgerig word om eer te betoon aan weglopers uit Adolf Hitler se weermag.
‘n Negentigjarige man het ‘n Duitse hof gevra om ‘n vermeende voormalige wag by ‘n Nazi-konsentrasiekamp, John Demjanjuk, vry te laat.
Nederland, een van die eerste Europese lande wat Jode toegelaat het om hul geloof uit te leef, wil nou 'n omstrede nuwe wet maak.
‘n Sewejarige meisie in Duitsland het ‘n groot skok gekry toe sy ‘n toiletsitplek oopgemaak en ‘n ontsnapte luislang in die bak gevind het.
‘n Duitse hof het ‘n man wat agt kinders by sy stiefdogter verwek het op meer as honderd aanklagte van seksuele mishandeling skuldig bevind.
Duitsland se Rooms-Katolieke biskoppe sê hulle is “diep beskaamd” oor die mishandeling van jong kinders deur heiliges en kerkbeamptes.
Die Duitse regering het aangebied om die bou van teerpaaie suid van die Serengeti- nasionale park in Tanzanië te finansier.