‘n Gesin van agt burgerlikes, insluitende ses kinders, het in ‘n Navo-lugaanval op hul huis in die ooste van Afganistan gesterf.
Vier militante is dood toe 'n Amerikaanse robotvliegtuig 'n bomaanval in Noord-Waziristan aan Pakistan se grens met Afganistan, uitgevoer het.
Die Franse president, Francois Hollande, en twee ministers het in Kaboel, Afganistan, aangekom om Franse soldate te ontmoet.
Twee buitelandse noodlenigingswerkers en hul drie Afgaanse kollegas is deur gewapende mans in die Badakhshan-provinsie, Afganistan ontvoer.
Minstens ses polisiebeamptes en 'n burgerlike is dood tydens 'n selfmoordbomaanval op 'n goewerneur se woning in die westelike deel van Afganistan.
Minstens 27 mense is by ‘n troue in die noorde van Afganistan dood nadat swaar reënval tot kitsvloede gelei het, het ‘n woordvoerder gesê.
‘n Amerikaanse dokter wat in Afganistan werk se vrou het op Skype gesien hoe hy doodgaan terwyl hulle gesels het, het hul familie gesê.
Minstens ses mense is dood in 'n selfmoordbomaanval in die Afgaanse hoofstad, Kaboel, het die minister van binnelandse sake gesê.
Gure weer het veroorsaak dat die Amerikaanse Black Hawk-helikopter in die suide van Afganistan met vier soldate aan boord neergestort het.
Rebelle is besig om “gekoördineerde aanvalle” op Kaboel, Afganistan, en ander teikens in die land uit te voer, het die BBC berig.
Woedende inwoners in die suidelike Afgaanse provinsie Helmand het die ore van ‘n man wat glo ‘n bom geplant het, afgekap.
Nege mense is dood in 'n selfmoordbomaanval in Afganistan met die regering se hoofkwartiere in die Guzara-distrik wat geteiken is.
Ses mense is in die suidelike provinsie Helmand vergiftig en doodgeskiet. Die Taliban het intussen aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar.
Bomme wat langs paaie in Afganistan ontplof het, het ‘n Afgaanse polisiebevelvoerder, nog ‘n offisier en drie provinsiale raadslede geëis.
'n Afgaanse polisieman het nege kollegas in 'n aanval in die oostelike provinsie van Paktika doodgeskiet, het die goeweneur se kantoor gesê.
Die vrou van ‘n Amerikaanse soldaat wat daarvan aangekla word dat hy 17 Afgaanse burgerlikes vermoor het, het haar man verdedig.
Twee kinders is dood toe ‘n selfmoordbomaanvaller homself by ‘n sekuriteitspunt buite ‘n polisiestasie in Afganistan opgeblaas het.
’n Breinbesering en posttraumatiese stres is van die redes waarom ’n Amerikaanse soldaat glo 16 Afgane afgemaai het.
’n Prokureur vir die Amerikaanse soldaat wat betrek word by die slagting van 16 burgerlikes in Afganistan, sal binnekort met hom vergader.
Die Amerikaanse soldaat, wat glo 16 Afgane vermoor het, was glo nie gelukkig om na Afganistan ontplooi te word nie, het 'n prokureur gesê.
Agt burgerlikes is dood toe 'n bom wat langs 'n pad in die suide van Afganistan geplant was, afgegaan het.
Pres. Barack Obama sê die VSA sal die volle mag van die reg gebruik teen ‘n Amerikaanse soldaat wat op Afgaanse burgerlikes losgebrand het.
Die Amerikaanse soldaat wat glo 16 Afgaanse burgerlikes doodgeskiet het, kan die doodstraf opgelê word, sê 'n minister.
Taliban-rebelle sê hulle sal wraak neem teen “siek Amerikaanse barbare” nadat ‘n Amerikaanse soldaat 16 burgerlikes afgemaai het.
Altesaam 15 Afgane is deur 'n Amerikaanse soldaat in hul huise in die Kandahar-provinsie doodgeskiet, het twee inwoners vertel.
Nege Afgaanse polisiebeamptes is dood in 'n aanval wat volgens die owerhede uitgevoer is deur 'n mede-beampte wat 'n Taliban-infiltreerder was.
Prins Harry moes sy skedule by 'n militêre kamp in Jamaica aanpas uit respek vir die ses Britse soldate wat in Afganistan dood is.
Reddingswerkers is op soek na slagoffers van ‘n sneeustorting wat ‘n dorp van 200 mense in die noordooste van Afganistan begrawe het.
Die Westerse lande wat militêr in Afganistan betrokke is, kyk magteloos toe hoe hul ergste nagmerrie bewaarheid word.
Duitse troepe het hul basis in die noorde van Afganistan ontruim te midde van toenemende protes teen die verbranding van die Koran.
'n Amerikaanse beampte is verantwoordelik vir die verbranding van Korans by 'n militêre basis wat tot betogings in Afganistan gelei het.
'n Afgaanse radio-joernalis is in die suidoostelike provinsie Paktika onthoof nadat hy deur ongeïdentifiseerde mans na 'n vergadering gelok is.
Minstens vyf Afgane is dood en talle is beseer in gevegte tussen die polisie en betogers wat oor die verbranding van die Koran betoog het.
Meer as 40 mense, waaronder die meeste kinders is, het doodgevries in wat as Afganistan se koudste winter in jare beskryf word.
Die tandvleis van twee Suid-Afrikaners in ’n tronk in Afganistan is ontsteek weens wanvoeding, en selfs vir ’n tand-abses kry hulle miskien een pil.
Die Taliban, deur Pakistan gerugsteun, gaan weer beheer van Afganistan oorneem nadat magte gelei deur Navo aan die land onttrek is.
'n Afgaanse vrou is deur haar man en skoonma verwurg nadat sy vir die derde keer geboorte geskenk het aan 'n babameisie.
Die Franse minister van buitelandse sake het gesê Frankryk sal nie ingee tot "paniek" en hul troepe uit Afganistan onttrek nie.
Minstens sewe burgers het in ‘n selfmoordbomaanval by ‘n lughawe in die stad Kandahar, in die suide van Afganistan, gesterf.
Die Afgaanse kinderbruid wat gemartel is in ‘n poging om haar in prostitusie in te dwing, is stadig besig om te herstel.
Gevangenes in die Bagram-tronk in Afganistan is aan verskillende vorme van mishandeling onderwerp, insluitende marteling en aanranding.
Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) sê ‘n padlangse bom in die suide van Afganistan het een van sy lede geëis.
‘n Ontploffing by ‘n steenkoolmyn in die noorde van Afganistan het 11 mense dood gelaat, het ‘n beampte van die regering gesê.
'n Afgaanse vrou wat gearresteer is weens owerspel nadat sy verkrag is, is steeds in die tronk, alhoewel beveel is sy moet vrygelaat word.
Altesaam 19 mense is dood toe ‘n bom langs ‘n pad in Afganistan se Helmand-provinsie ontplof het, het plaaslike beamptes gesê.
Sewe burgerlikes, waaronder ses kinders was, is dood in ‘n Navo-lugaanval in die suide van Afganistan, het plaaslike beamptes gesê.
Vier kinders is dood toe ‘n landmyn in die vroeë oggendure in die ooste van Afganistan ontplof het, het ‘n beampte gesê.
Tien mense is dood toe ‘n bom langs 'n pad naby 'n polisievoertuig in die noordweste van Afganistan afgegaan het.
‘n Amerikaanse stafsersant aangekla van die moord op drie Afgaanse burgerlikes het erken hy het hul vingers as oorlogstrofeë gehou.
Minstens 14 mense is dood in 'n Taliban-selfmoordbomaanval op 'n Amerikaanse Navo-konvooi wat deur Kaboel beweeg het.
Bomontploffings in die suide van Afganistan het vier Navo-soldate se lewens geëis, het die internasionale veiligheidsbystandsmag gesê.
Vyf mense het gesterf toe vyf bomme in Afganistan onplof het – op die dag wat pres. Francois Hollande die land besoek het.
Meer as 120 Afgaanse skoolmeisies en drie onderwysers is vergiftig in 'n aanval wat blameer word op konserwatiewe radikale.
Twee Navo-soldate is dood en ses ander beseer tydens 'n vuurpyl-aanval op hul basis in Aganistan se oostelike Kunar-provinsie.
'n Seniorlid van Afganistan se vredesraad en raadgewer vir pres. Hamid Karzai is deur 'n persoon in 'n verbygaande motor doodgeskiet.
‘n Bom wat ontplof het, het tot die dood van drie Navo-lede in die ooste van Afganistan gelei, het die koalisie in ‘n verklaring gesê.
Pres. Barack Obama is tans in Afganistan. Sy verrassingsbesoek kom ‘n jaar nadat Osama Bin Laden in Pakistan doodgeskiet is.
Drie militante is dood en twee ander gewond toe 'n Amerikaanse robotvliegtuig 'n bomaanval in Noord-Waziristan uitgevoer het.
Vrese oor die veiligheidsituasie in Afganistan is weer op die voorgrond ná 'n rits gekoördineerde aanvalle deur Taliban-militante in Kaboel.
Ooggetuies sê talle ontploffings het naby die Amerikaanse-, Britse- en Duitse ambassades en ‘n Navo-basis in Kaboel, Afganistan, plaasgevind.
Agt polisiebeamptes is dood nadat drie selfmoordbomaanvallers 'n polisiebasis in Afganistan se Helmand-provinsie bestorm het.
’n Suid-Afrikaner wat in Afganistan in die tronk sit nadat hy tot sewe jaar gevonnis is, kan dalk al binne die volgende jaar vrygelaat word.
Agttien mense is beseer nadat twee bomme by 'n plaaslike mark in die provinsie Baghlan, Afganistan ontplof het, het beamptes gesê.
'n Afgaanse polisiebeampte het nege van sy kollegas vergiftig en toe doodgeskiet terwyl hulle geslaap het.
Twee Navo-soldate is deur ‘n man wat in ‘n Afgaanse weermaguniform geklee was by ‘n basis in die suide van Afganistan doodgeskiet.
Die soldaat wat glo 17 mense in 'n dorp in Afganistan doodgemaak het, sal op 17 aanklagte van moord teregstaan, het 'n beampte gesê.
Die Amerikaanse soldaat wat daarvan verdink word dat hy 16 Afgane doodgeskiet het kan nie alles onthou wat daardie aand gebeur het nie.
‘n Nuwe verslag dui daarop dat marteling in Afgaanse tronke meer wydverspreid voorkom as wat voorheen gedink is.
‘n Amerikaanse soldaat wat daarvan beskuldig word dat hy 16 Afgaanse burgerlikes doodgeskiet het, sal binne die volgende week aangekla word.
Die Amerikaanse soldaat wat daarvan verdink word dat hy 16 Afgaanse burgerlikes vermoor het, is uit dié land geneem.
'n Militêre hof het 'n verhoor gehou vir die Amerikaanse soldaat wat glo 16 Afgaanse burgerlikes vermoor het, het 'n woordvoerder gesê.
Afgevaardigdes van die Afgaanse regering wat die toneel besoek het waar 'n Amerikaanse soldaat burgerlikes doodgemaak het, is aangeval.
Duitsland se militêre betrokkenheid in Afganistan kan dalk verleng word, het die land se bondskanselier, dr. Angela Merkel, gesê.
Minstens 45 mense is in 'n sneeustorting in die noordooste van Afganistan vasgekeer, het Afgaanse owerhede gesê.
Vier van die ses Britse soldate wat in Afganistan dood is, was maar net twintig jaar oud, het die ministerie van verdediging bekendgemaak.
Taliban-rebelle het aanspreeklikheid aanvaar vir die ontploffing waarin ses Britse soldate dood is terwyl hulle in Afganistan op patrollie was.
Ses Britse soldate word vermis en daar word geglo dat hulle in Afganistan doodgemaak is, het die ministerie van verdediging gesê.
Minstens 39 mense is dood en talle vermis nadat 'n sneeustorting in Afganistan se Badakhshan-provinsie voorgekom het.
Betogings oor die verbranding van Korans by 'n Amerikaanse weermagbasis in Afganistan het 'n vierde dag betree, het beamptes in die land gesê.
Die polisie in Afganistan het 41 kinders gered wat oor die grens van Pakistan gesmokkel sou word om as selfmoordbomaanvallers opgelei te word.
Minstens drie mense is dood tydens betogings oor die verbranding van Korans by ‘n Amerikaanse militêre basis in Afganistan.
Nege skoolmeisies is in 'n Navo-lugaanval in Afganistan se oostelike Nangarhar-provinsie beseer, het 'n Afgaanse beampte gesê.
Die regering sê 41 kinders wat as selfmoordbomaanvallers gebruik sou word, is gered net voordat hulle na Pakistan gesmokkel sou word.
Agt kinders is tydens 'n Navo-lugaanval in Afganistan se Kapisa-provinsie dood, het pres. Hamid Karzai in 'n verklaring gesê.
Altesaam ses polisiebeamptes het in ‘n motorbomaanval op hul hoofkwartiere in Kandahar, in die suide van Afganistan, gesterf.
Minstens 20 Taliban-insypelaars is dood toe Pakistanse vegvliegtuie skuilplekke van ekstremiste op die grens met Afghanistan aangeval het.
Ses soldate van Pakistan en 17 Taliban-militante is dood in 'n aanval wat naby aan die grens met Afganistan gebeur het, het beamptes gesê.
Altesaam vier Franse soldate het gesterf en 15 is beseer toe ‘n Afgaanse soldaat op hul basis in die ooste van die land geskiet het.
Twaalf mense is dood nadat ‘n selfmoordbomdraer op 'n motorfiets in die Kajaki-distrik in die suide van Afganistan homself opgeblaas het.
'n Amerikaanse soldaat is dood nadat ‘n man in die Afgaanse uniform losgebrand het op ‘n groep Amerikaners op ‘n basis in die suide van land.
Vier soldate van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het in bomaanvalle in die suide van Afganistan gesterf, het die weermag gesê.
'n Navo-vliegtuig moes 'n ná 'n aanval in die Helmand-provinsie 'n noodlanding in suidelike Afganistan uitvoer. Niemand is beseer nie.
João Silva is vir die eerste keer by sy huis in Suid-Afrika sedert hy in Oktober verlede jaar in ’n landmynontploffing in Afganistan beseer is.
Buitelanders dra by tot die probleem van korrupsie in Afganistan, het pres. Hamid Karzai in 'n toespraak oor korrupsie gesê.
Minstens 34 mense het op die heilige dag van Ashura gesterf toe twee ontploffings by Afgaanse tempels plaasgevind het.
Navo sê ‘n rebelse aanval en ‘n bomontploffing het twee van die koalisie se lede in die suide van Afganistan geëis.
‘n Ma en haar dogter is in hul huis in Afganistan deur gewapende mans vermoor wat hulle van “immorele aktiwiteite” beskuldig het.
Ses polisiebeamptes is in Afganistan beseer toe ‘n selfmoordbomaanvaller homself voor ‘n bejaarde stamlid se huis opgeblaas het.
Drie wagte is dood toe ‘n selfmoordbom in Kandahar in die suide van Afganistan ontplof het, het beamptes gesê.
Navo sê minstens 115 rebelle is die afgelope paar dae in voortdurende sendings in Kunar in die noordooste van Afganistan doodgemaak.