Die Zimbabwiese President, Robert Mugabe, het glo aan ‘n voormalige minister gesê hy wil uittree, maar hy vrees sy party sal disintegreer.
Zimbabwe se president, Robert Mugabe, is terug in sy tuisland en het bespiegelings dat hy in 'n hospitaal om sy lewe veg, beëindig.
Zimbabwe het gerugte ontken dat president Robert Mugabe om sy lewe veg nadat die kabinet gedwing is om 'n vergadering uit te stel.
Zimbabwe se president, Robert Mugabe, veg glo om sy lewe in ‘n hospitaal in Singapoer, waar hy op besoek is, berig The Australian.
'n Man het in die hof verskyn nadat hy 'n grappie gemaak het oor of Robert Mugabe sterk genoeg is om balonne vir sy verjaardag op te blaas.
Robert Mugabe, omstrede president van Zimbabwe, het sy land se jeug aangemoedig om Westerse waardes te verwerp.
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het op sy 88ste verjaardag grappies gemaak oor vrese oor sy gesondheid en gesê hy is "perdfris".
Die Zimbabwiese pres. Robert Mugabe het gedreig om pres. Jacob Zuma as fasilitator vir die koalisieregering te verwerp.
Twee Zimbabwiese boere gaan die Afrika-kommissie nader in hul stryd om pres. Robert Mugabe van Zimbabwe se menseregte-vergrype te stuit.
Die Zimbabwiese president Robert Mugabe beplan glo om ná die volgende verkiesing uit te tree om plek te maak vir sy uitgesoekte opvolger.
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe sal nie die ANC se eeufeesvieringe in Bloemfontein bywoon nie, het die staatsmedia berig.
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe en die Nigeriese president, Goodluck Jonathan, is onder die staatshoofde wat die ANC-eeufees sal bywoon.
Pres. Robert Mugabe staan volgende jaar weer as Zanu-PF se presidentskandidaat in Zimbabwe se verkiesing, is aangekondig.
Zimbabwe se 87-jarige president sê dit sal 'n "daad van lafhartigheid" wees om die tuig neer te lê voor volgende jaar se verkiesing.
Ondanks duisende wat swoeg onder die juk van armoede, het Robert Mugabe 'n toespraak gewy aan die onreg wat die Britte Zimbabwe aangedoen het.
Nandos' se komediefees in Zimbabwe is gekanselleer weens die “laaste staande diktator”-advertensie wat dié land in rep en roer gehad het.
Morgan Tsvangirai, die premier van Zimbabwe, gaan van sy vrou van 12 dae skei weens “’n groter en dikker komplot” deur die media.
Die kitskoskettingwinkel Nando’s het ‘n nuwe reklameveldtog genaamd The Last Dictator bekendgestel wat die spot met Afrika se diktators dryf.
China wil sy boerdery-, mynbou- en infrastruktuur-projekte in Zimbabwe uitbrei ondanks beperkinge op buitelandse eienaarskap in Zimbabwe.
Jong ondersteuners van Zimbabwe se president, Robert Mugabe, het ondersteuners van Morgan Tsvangirai aangeval en met klippe bestook.
Robert Mugabe van Zimbabwe het vir die agtste keer hierdie jaar vir mediese behandeling na Singapoer gevlieg, het ‘n regeringsbeampte gesê.
Pres. Robert Mugabe wil dalk beamptes ondersoek wat in diplomatieke notas op die klikwebwerf WikiLeaks gesê het hy ly aan prostaatkanker.
Zimbabwe het die menseregte in dié land tydens ‘n vergadering met die Verenigde Nasies verdedig en sanksies teen Zimbabwe gekritiseer.
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het ontken dat hy na Singapoer gevlieg het vir mediese redes en gesê hy het sy dogter besoek.
Pres. Robert Mugabe (87) van Zimbabwe is die sewende keer in die laaste nege maande Asië toe vir mediese behandeling.
Robert Mugabe het die internasionale strafhof daarvan beskuldig dat hy hom “blind hou” vir die misdade van Westerse leiers.
Oudpres. Nelson Mandela het pres. Robert Mugabe van Zimbabwe in 2007 namens die ANC probeer oorreed om uit te tree.
Robert Mugabe het gesê Zimbabwe sal nie Britse of Europese verkiesingswaarnemers toelaat om die land se volgende verkiesing by te woon nie.
'n Bankier van Robert Mugabe het aan ‘n ambassadeur gesê die president het prostaatkanker wat teen 2013 tot sy dood sou gelei het.
Zimbabwiese owerhede het die Libiese ambassadeur uit die land gesit omdat hy die Libiese rebelle se Nasionale Oorgangsraad ondersteun.
Solomon Mujuru, een van Zimbabwe se voorste mededingers om pres. Robert Mugabe op te volg wanneer hy aftree, is dood, het sy familie gesê.
Robert Mugabe, die president van Zimbabwe, het lidlande van die VN uitgedaag om beleid te formuleer wat die jeug sal koester en bemagtig.
‘n Top-weermagoffisier en bondgenoot van Robert Mugabe het Morgan Tsvangirai daarvan beskuldig dat hy ‘n nasionale sekuriteitsrisiko is.
President Robert Mugabe het sy tevredenheid uitgespreek oor die resolusies van die streeksberaad waarop Zimbabwe se verkiesing bespreek is.
'n “Verwysingsraamwerk en voorwaardes” vir die hou van ’n vreedsame verkiesing is deur SAOG-leiers aan Robert Mugabe voorgehou.
Die dag wanneer pres. Robert Mugabe die tuig neerlê of heengaan, sal hy waarskynlik deur ’n selfs meer veglustige leier opgevolg word.
‘n Zimbabwiese polisiebeampte word aangehou nadat hy ‘n toilet gebruik het wat spesiaal vir President Robert Mugabe gereserveer was.
Die Hooggeregshof in Zimbabwe het die onmiddellike vrylating van ses voormalige weermagbeamptes en vermeende samesweerders beveel.
Die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, het Sondag bevestig dat sy vrou, Grace, siek is nadat sy vandeesweek 'n partytjie misgeloop het.
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het in Rome aangekom vir die saligverklaring van pous Johannes Paulus II ten spyte van ’n reisverbod.
Tendai Biti, Zimbabwe se minister van finansies, het gesê die land het nie genoeg geld om later vanjaar verkiesing te hou nie.
Robert Mugabe, Zimbabwe se president, het die nasie se verdeelde koalisieregering verdidig terwyl dié land 31 jaar van onafhanklikheid vier.
Betrekkinge tussen pres. Robert Mugabe van Zimbabwe en die res van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap raak al killer.
Pres. Robert Mugabe het buitelandse beleggers aangesê om Zimbabwiërs as “senior vennote” te behandel as hulle in sy land wil belê.
Morgan Tsvangirai, Zimbabwiese eerste minister, eis ‘n skeiding van president Robert Mugabe, sy kollega in die regering van nasionale eenheid.
Duisende ondersteuners van Robert Mugabe loods ‘n petisie teen westerse ekonomiese sanksies wat op sy ondersteuners gemik is.
Amerika reken Robert Mugabe slaan nie ag op die lesse wat geleer kan word uit die opstande teenoor langtermyn outokratiese leiers nie.
Die 86-jarige pres. Robert Mugabe wat vroeër 'n katarak-operasie ondergaan het, is terug in Zimbabwe nadat hy in Singapoer vir ‘n oogondersoek was.
Die Zimbabwiese regering “vrees” protesoptogte soortgelyk aan dié in Egipte, terwyl duisende betogers die strate van Algiers ingevaar het.
Staatbeheerde radiodienste het premier Morgan Tsvangirai beskuldig van anti-regerings betogings soos dié in Egipte in Zimbabwe uitlok.
Zimbabwe se president het gesê politieke geweld moet "begrawe word" sodat die land na 'n vry en ongehinderde verkiesing kan beweeg.
Pres. Robert Mugabe het die afgelope naweek ’n belangwekkende regeringsbesoek van die Chinese visepremier aan Zimbabwe misgeloop.
President Robert Mugabe se Zanu-PF party het berigte ontken dat hy "om sy lewe veg" en gesê hy geniet 'n Paasfees-vakansie met sy familie.
Die Zimbabwiese president Robert Mugabe is op 'n privaatbesoek in Singapoer om sy dogter se nagraadse studies uit te sorteer.
Derduisende mense het byeengekom in Mutare, ’n grensdorp in die ooste van Zimbabwe, om pres. Robert Mugabe se 88ste verjaardag te vier.
Pres. Robert Mugabe het Afrika-leiers wat bereid is om hul lande vir finansiële hulp uit te verkoop, as lafaards uitgekryt.
Pres. Robert Mugabe gaan $1 miljoen op sy verjaardag se feesvieringe spandeer, ten spyte daarvan dat baie families brandarm is.
President Robert Mugabe het gesê hy sal “beslis” vanjaar verkiesings afkondig en ’n einde bring aan Zimbabwe se drie jaar oue koalisie.
Pres. Robert Mugabe en Morgan Tsvangirai gaan glo vergader ná gerugte dat die premier woedend is oor vertroulike kommunikasie wat uitgelek het.
Vrese oor die gesondheid van Robert Mugabe sit agter sy ondersteuners se ywer vir 'n vroeë verkiesing, meen Morgan Tsvangirai.
Pres. Robert Mugabe is ’n “boef” en “misdadiger” en behoort nie in ’n demokratiese land soos SA welkom te wees nie, meen leiers.
Die party van Zimbabwe se premier het gesê een van sy wetmakers sal tronk toe gaan op aanklagte dat sy die president beledig het.
Die ANC sal pres. Robert Mugabe se Zanu-PF-party volgens berigte help om volgende jaar se beplande Zimbabwiese verkiesing te wen.
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het gesê dat Muammar Gaddafi van Libië op naïewe wyse probeer het om vriende met die Weste te wees.
Zanu-PF kort nog nagenoeg $400 000 (meer as R3 miljoen) om die onkoste vir sy jaarlikse partykonferensie te dek.
Die “laaste staande diktator” TV-advertensie wat tans in Suid-Afrika op televisie te sien is, gaan gekanselleer word, sê Nando's.
‘n Militante groep in Zimbabwe sê Nando’s restaurante moet geboikot word ná advertensies wat die spot met Robert Mugabe dryf.
Morgan Tsvangirai, premier van Zimbabwe, het gesê die uitkoms van die verkiesing in 2012 moet die gevoelens van die bevolking weerspieël.
Robert Mugabe, president van Zimbabwe, het Hong Kong besoek vir die gradeplegtigheid van sy dogter en het die owerhede bedank.
Robert Mugabe moet dit oorweeg om uit te tree terwyl swak gesondheid die Zimbabwiese leier begin inhaal, het Morgan Tsvangirai gesê.
Ropbert Mugabe van Zimbabwe het 'n besoek aan Genève vir 'n VN-vergadering gekanselleer nadat sy vrou en senior beamptes visums geweier is.
Die hoof van die Anglikaanse kerk het met pres. Robert Mugabe oor die mishandeling en intimidasie van sy kerk se lede gepraat.
Robert Mugabe, president van Zimbabwe, het sy spyt uitgespreek oor sy besluit om 'n eenheidsregering met Morgan Tsvangirai te vorm.
Zimbabwe maak hom gereed vir regstappe teen die EU oor die instelling van “slim” sanksies teen pres. Robert Mugabe en sy senior partybeamptes.
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het ‘n beroep op Libië se tussentydse regering gedoen om met Muammar Gaddafi te onderhandel.
Europa moet nie “vir Zimbabwe probeer lesings gee oor demokrasie en verkiesings nie,” het Robert Mugabe aan ‘n afgevaardigde van die Europese Unie gesê.
Morgan Tsvangirai, premier van Zimbabwe, het gewaarsku dat onmin in die land se regering Zimbabwe se ekonomiese herstel kniehalter.
Robert Mugabe van Zimbabwe het manlike regeringsbeamptes daarvan beskuldig dat hulle “van een vrou na ‘n ander hardloop” en MIV versprei.
Verkiesings moet voor die einde van Maart volgende jaar gehou word, het president Robert Mugabe tydens 'n vergadering van die Zanu-PF gesê.
Robert Mugabe, die president van Zimbabwe, het ‘n kommissie vir die bekamping van korrupsie in die lewe geroep.
Pres. Robert Mugabe het $50 000 (sowat R347 000) aan Wendall Parson, mede-wenner van die realiteitsreeks Big Brother Africa gegee.
Die Amerikaanse ambassadeur na Zimbabwe het gesê lede van Robert Mugabe se party het ‘n jeugvergadering waar hy sou praat, ontwrig.
Die Suid-Afrikaanse regering oorweeg om Zimbabwe met VSA$50 miljoen te help om die land se sukkelende sakebedrywighede te red.
Die “militarisering” van Zimbabwe se verkiesingstrukture en voorbereidings het bygedra tot nuwe spanning tussen pres. Robert Mugabe en die SAOG.
Mugabe het ‘n welwillendheidsbesoek aan president Zuma afgelê en alhoewel die media foto's kon neem, mag hulle geen vrae gestel het nie.
Die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, se party het die druk op sy teenstanders verhoog met 'n veldtog vir 'n verkiesing vanjaar.
‘n Onafhanklike groep vir mediavryheid sê Robert Mugabe, president van Zimbabwe, se party hou ‘n “wurggreep” op uitsendings in dié land.
Pres. Robert Mugabe wil vanjaar nuwe verkiesings hou terwyl plaaslike sakeleiers van mening is dat die land nog nie gereed is nie.
Die Europese Unie sê ses joernaliste van Zimbabwe se staatsmedia is op ‘n sanksies-lys geplaas omdat hulle haat ontlok in hul beriggewing.
Morgan Tsvangirai, premier van Zimbabwe, het gesê 'n verkiesing sal eers binne 'n jaar in Zimbabwe gehou kan word.
Hillary Rodham Clinton meen pres. Laurent Gbagbo se uitwerping stuur’n sterk boodskap aan diktators en tiranne oor die wêreld heen.
Mugabe het uitgevaar teen gay “gemors” in Europa terwyl hy westelike magte gekritiseer het vir die sanksies teen Zimbabwe.
Volgens ooggetuies het die polisie in Zimbabwe, kerkgangers wat bymekaargekom het vir 'n gebedsdiens, met traangas uitmekaar gejaag.
Robert Mugabe het dit duidelik gemaak dat hy teen die geen-vlieg-sone oor Libië gekant is, en na die Weste as “vervlakste vampiere” verwys.
Die Duitse ambassadeur in Harare, Albrecht Conze, se motorvenster is by ‘n kruising in 'n woonbuurt van Harare met ‘n klip uitgeslaan.
Van die Zimbabwiërs wat van hoogverraad aangekla is en glo ‘n opstand soos in Egipte wou beplan het, is glo deur die polisie gemartel.
President Robert Mugabe is in Zimbabwe om sy 87ste verjaardag te vier nadat hy vir 'n week in Singapoer vir mediese behandeling was.
Twee van Morgan Tsvangirai se bestuurders het vir vier dae in aanhouding verkeer omdat hulle blou ligte in sy regeringsmotors gehad het.
Die Chinese minister van buitelandse sake, Yang Jiechi, gaan Zimbabwe besoek in ‘n poging om bande tussen die twee lande te versterk.
Voorvalle van gewelddadige intimidering deur burgermagte onder President Robert Mugabe van Zimbabwe se beheer steek weer kop uit.