Rafael Nadal het sy eerste nederlaag op klei in 23 wedstryde gely toe hy Donderdag met 6-3, 3-6, 7-5 geklop is deur Fernando Verdasco.
Serwië se Novak Djokovic het Spanje se Rafael Nadal ná ‘n marathon-stryd geklop in die eindstryd van die Australiese Ope in Melbourne.
Rafael Nadal, wat Tomas Berdych in vier stelle geklop het, wag op Roger Federer in die halfeindronde van die Australiese Ope-toernooi.
Roger Federer het die meeste van min kanse gemaak teen die vinnigste afslaan in tennis om die vierde ronde van die Australiese Ope te haal.
Die Fransman Jo-Wilfried Tsonga het Rafael Nadal geklop om sy plek in die halfeindronde van die ATP-wêreldtoernooi in Londen te bespreek.
Die eerste gekeurde Novak Djokovic van Serwië het die Amerikaanse Ope in New York gewen toe hy Rafael Nadal in die eindronde geklop het.
Novak Djokovic het sy eerste Wimbledon-titel ingepalm deur verlede jaar se kampioen, Rafael Nadal, met 6-4, 6-1, 1-6, 6-3 te klop.
Die verdedigende Wimbledon-kampioen, Rafael Nadal, het seker gemaak van sy plek in die halfeindstryd deur die Amerikaner Mardy Fish te klop.
Spanje se nommer een gekeurde tennisspeler Rafael Nadal sê hy verkies om teen sy groot teenstander, Roger Federer van Switserland, te speel.
Rafael Nadal het sy 10de Grand Slam-titel ingepalm toe hy Roger Federer 7-5, 7-6 (7/3), 5-7, 6-1 geklop het in die Franse Ope-eindstryd.
Rafael Nadal en Robin Soderling is nie juis vriende nie en dit was juis dié Sweed wat Nadal sy enigste nederlaag by die Franse Ope toegedien het.
Die derde gekeurde Roger Feder is van die kleibane by die Meesterstoernooi in Italië gevee na 'n skok-nederlaag in die derde ronde.
Rafael Nadal is reg om Novak Djokovic se aanslag op sy wêreldranglys-posisie af te weer ná sy sewende agtereenvolgende Meesterstoernooi-sege.
Twee van die groot name in wêreldtennis, Rafael Nadal en Roger Federer, gaan mekaar vir die eerste keer sedert 2005 op Amerikaanse bodem die stryd aansê.
Rafael Nadal het met die meeste intensiteit tot nog toe in die Australiese Ope gespeel en die kwarteindronde gehaal deur Marin Cilic uit te skakel.
Rafael Nadal het sy opmars na ’n vierde agtereenvolgende Grand Slam-kroon in die Australiese Ope voortgesit toe hy Bernard Tomic klop.
Rafael Nadal het in die Australiese Ope ’n oorwinning op ’n skinkbord gekry, terwyl Kim Clijsters Dinara Safina met 6-0, 6-0 verneder het.
Die wêreld se top-tennisspelers gaan aan 'n vertoonwedstryd op die vooraand van die Australiese Ope deelneem om geld vir vloedslagoffers in te samel.
Roger Federer het die eindstryd van die ATP Wêreldtoer vir die vyfde keer gewen toe hy Rafael Nadal by die O2 Arena in Londen geklop het.
Rafael Nadal van Spanje is steeds gerieflik voor op die jongste ATP-tennisranglys wat in Parys bekend gemaak is.
Die tennisster Rafael Nadal het sy derde Grand Slam-titel van die jaar gewen toe hy Novak Djokovic in die eindstryd van die Amerikaanse Ope geklop het.
Die Spanjaard Rafael Nadal het sy ongeskonde vertoningslys in vanjaar se Amerikaanse Ope-tennistoernooi in stand gehou.
Rafael Nadal is kwaai getoets in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope-tennistoernooi op Flushing Meadows deur die Rus Teymuraz Gabashvili.
Die wêreld se twee top-tennisspelers, Spanje se Rafael Nadal en Novak Djokovic van Serwië, het ‘n skokkende nederlaag gelei.
Die tennissensasie, Rafael Nadal, wat sy tweede Wimbledon-titel gewen het gaan die Wêreldbeker-halfeindstryd tussen Spanje en Duitsland bywoon.
Rafael Nadal het ‘n boete van $2000 (sowat R15 000) by Wimbledon-beamptes ontvang nadat hy glo afrigting tydens sy derde ronde-wedstryd gekry het.
Die voormalige kampioen, Rafael Nadal, het deurgedring na die tweede ronde van die Wimbledon-toernooi toe hy Kei Nishikori van Japan geklop het.
Rafael Nadal het geseëvier in die finaal van die Franse Ope deur sy teenstander, Robin Soderling, in drie stelle te klop.
Die Spanjaard Rafael Nadal het sy veldtog om die Franse Ope-kroon wat hy verlede jaar afgestaan het, terug te wen, oortuigend in Parys begin.
Sukses in die kleibaan-seisoen sal bepaal word deur wat in die Franse Ope gebeur, het die verdedigende kampioen, Roger Federer, gesê.
Die Spanjaard Rafael Nadal het die Tsjeggiese speler Tomas Berdych geklop om sy plek in die halfeindronde van die BNP Paribas-ope te bespreek.
Spanje, onder aanvoering van Rafael Nadal, speel van vandag af op die binnenshuise kleibaan by Palau Sant Jordi teen die Tsjegge.
Rafael Nadal se uitdaging vir die Amerikaanse Ope lê daarin om fisies op sy beste te wees, maar hy twyfel of hy sy titel sal kan verdedig.
Roger Federer moes al sy vernuf en ervaring gebruik om die 21-jarige Kanadees Milos Raonic in die tweede ronde van die Madrid Ope te klop.
Rafael Nadal het 'n vroeë aanslag van Roger Federer weerstaan om na die eindstryd van die Australiese Ope deur te dring.
Rafael Nadal en Roger Federer is steeds op koers vir ’n watertand-botsing in die halfeindronde van die Australiese Ope-tennistoernooi.
Roger Federer en Rafael Nadal sal vir die eerste keer in sewe jaar relatief vroeg in 'n Grand Slam-toernooi teen mekaar te staan kom.
Rafael Nadal meen Yannick Noah moet uit die media verban word oor sy uitlatings dat Spaanse spelers op groot skaal verbode middels gebruik.
Die voormalige eerste gekeurde tennisspeler Rafael Nadal het 'n skok-nederlaag by die Montreal-meesterstoernooi in Kanada gely.
Rafael Nadal kom in die eindstryd van die mans-enkelspel op Wimbledon teen die man te staan wat sy heerskappy as die voorste speler ter wêreld verbreek het.
Rafael Nadal het gesê hy sal in die Wimbledon-kwarteindstryd teen die Amerikaner Mardy Fish kan speel ten spyte van 'n voetbesering.
As Rafael Nadal sy derde Wimbledonse titel wen, kan dit ’n groot terugslag wees vir Roger Federer in sy strewe om Pete Sampras se rekord te ewenaar.
Die legendariese Roger Federer kom vandag vir die vyfde keer in sy loopbaan op Roland Garros se hoofbaan te staan teen Rafael Nadal.
Kevin Anderson het sy eerste wen tot nog toe op Roland Garros behaal, op ’n dag waarin Rafael Nadal se verdediging van sy kroon so byna vroeg beëindig is.
Rafael Nadal het sy plek in die Barcelona Ope semi-finaal ingespeel toe hy die Fransman Gael Monfils 6-2, 6-2 geklop het.
Rafael Nadal het geskiedenis gemaak toe hy die eerste speler geword het wat sewe maal agtereenvolgens die Monte Carlo-toernooi kon wen.
Rafael Nadal se droom om vier Grand Slams in 'n jaar te wen is in skerwe ná sy vriend David Ferrer hom uit die Australiese Ope gespeel het.
Die Spaanse tennisspeler Rafael Nadal is die nuwe gesig én lyf vir Armani-onderklere en sal in die Lente/Somer-reeks saam ook te sien wees.
Kort nadat Rafael Nadal met ’n kragvertoning sy teenstanders gewaarsku het, het die promotorskeuse gesê hy is reg om ’n einde aan die Rafa Slam te bring.
Rafael Nadal is die man om te klop by vanjaar se Australiese Ope – selfs al oorheers Roger Federer die tennistoneel sedert laat verlede jaar.
Onder die wakende oë van die Spaanse koninklike gesin het Rafael Nadal die tweede vertoonwedstryd teen Roger Federer gewen.
Roger Federer het Novak Djokovic geklop en so die weg gebaan vir nog 'n klassieke afsluiting van die ATP Wêreldtoer wanneer hy Rafael Nadal in die finaal konfronteer.
Die Spaanse tennisspeler Rafael Nadal het ‘n verwelkoming geskik vir koninklikes eerder as 'n tennisspeler ontvang met sy aankoms in Thailand.
Die Spanjaard Rafael Nadal het sy landgenoot Fernando Verdasco geklop om na die halfeindronde van die Amerikaanse Ope deur te dring.
Gael Monfils is die eerste Fransman sedert 2000 wat tot die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope-tennistoernooi deurdring.
Rafael Nadal is nie net hier in die Amerikaanse Ope op soek na sy negende Grand Slam-tennistitel nie, maar ook sy loopbaan-Grand Slam.
Daar is min twyfel dat Rafael Nadal die vermoë het om Roger Federer se Grand Slam-rekord te ewenaar en selfs te verbeter.
Die voormalige Wimbledon-kampioen Rafael Nadal het gesê pyn sal hom nie keer om vanjaar weer die wentrofee omhoog te hou nie.
Rafael Nadal het erken hy het ‘n uitnoding om koningin Elizabeth II op Wimbledon te ontmoet geweier, omdat dit sy wedstryd-voorbereiding sou ontwrig.
Die eerste gekeurde manstennisspeler, Rafael Nadal, het sy voorbereiding vir die Queens-toernooi in Londen, met 'n oefensessie in die reën begin.
Die voorste vroue-tennisspeler, Serena Williams, het die aftog in die Franse Ope geblaas, net 24 uur nadat Roger Federer sy tasse gepak het.
Daar word in wêreldtennis reeds gepraat van die Grand Slam en die Serena Slam, maar Rafael Nadal het nou sy oog op die “Klei Slam”.
Rafael Nadal het erken dat hy hom aan die Barcelona-ope onttrek het omdat hy weet dat hy nie drie agtereenvolgende weke op sy beste kan wees nie.
Die derde gekeurde Rafael Nadal het John Isner van Amerika geklop om na die volgende ronde van die BNP Paribas-ope deur te dring.
Die tennis-superster Rafael Nadal het tydens die Amerikaanse Ope gewys sy knieë gaan nie in die pad van sy sukses staan nie.