Pres. Jacob Zuma sal voor sy staatsrede op 9 Februarie Facebook en Twitter inspan om na Suid-Afrikaners se probleme te luister.
'n Satiriese plakkaat van pres. Jacob Zuma en die DA-leier Helen Zille het sosiale netwerke behoorlik aan die gons.
Pres. Jacob Zuma sal die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik se aansoek om presidensiële kwytskelding oorweeg sodra hy dit ontvang.
’n Derde vliegtuig is glo teen miljoene rand gehuur om ter ondersteuning saam met pres. Jacob Zuma se amptelike vliegtuig na New York te vlieg.
Die regering het onafhanklike kenners gevra om vas te stel of hy aan die verwagtinge van die publiek voldoen.
Pres. Jacob Zuma het pas in New York geland en sal die geleentheid gebruik om samewerking tussen die VN en die AU te bewerkstellig.
David Cameron, premier van Brittanje, sê die ANC is ‘n “baken vir die wêreld” in die party se stryd teen diskriminasie en onderdrukking.
Pres. Zuma het met 'n gesant van Libië se Nasionale Oorgangsraad vergader wat hoop om nouer bande met Suid-Afrika te smee.
Die jaar het beter geëindig as wat dit begin het en die regering het baie voortuigang gemaak, het pres. Jacob Zuma gesê.
Pres. Zuma sal nie appèl aanteken teen 'n besluit dat adv. Menzi Simelane uit sy pos as nasionale vervolgingshoof verwyder moet word nie.
Die vyf appèlregters wat bevind het dat adv. Menzi Simelane uit sy pos verwyder moet word, het 15 regs- en feitefoute in hul uitspraak gemaak.
Die presidensie het pres. Jacob Zuma se omstrede uitlatings oor Christenskap verdedig en gesê dit is 'n "misverstand".
Die onluste in Libië was een van Suid-Afrika se grootste uitdagings in 2011, het pres. Jacob Zuma in sy bestekopname van die jaar gesê.
Die premier van Limpopo het die eerste salvo afgevuur teen pres. Jacob Zuma, ANC-leier, in die aanloop tot die ANC se verkiesingskongres.
Vrae word gevra oor president Jacob Zuma se aanstelling van adv. Nomgcobo Jiba as waarnemende hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE).
In die DA se jaarlikse rapport oor hoe die kabinet in 2011 gevaar het, is ’n F-simbool aan Zuma en tien van sy ministers toegeken.
Druk laai op teen adv. Willem Heath, hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, met die regering wat bevestig het dat hy ondersoek word.
Navo se veldtog in Libië het 'n "letsel" op die kontinent gelaat wat lank sal neem on te genees, het pres. Jacob Zuma gesê.
Pres. Jacob Zuma sal die uitstaande rekening van R120 000 vir ondermeer water en elektrisiteit vir sy twee woonstelle in Johannesburg betaal.
Slegs 'n week nadat hy as hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid aangewys is, hang adv. Willem Heath se toekoms in die weegskaal.
Die nuwe SEO-hoof beweer oudpres. Thabo Mbeki sit agter die aanklagte van verkragting en korrupsie teen pres. Jacob Zuma.
Die DA het gesê die sukses van die nuwe Nasionale Strategiese Plan teen MIV hang af van hoe effektief die regering dit kan implementeer.
Die man wat daaraan skuldig bevind is dat hy 'n drankie op pres. Jacob Zuma gemors het, is 'n boete van R8 000 opgelê.
Pres. Jacob Zuma en Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge, vertolk die Weense Konvensie “opsetlik” verkeerd.
Afgevaardigdes by die klimaatberaad (COP17) in Durban het oorgegaan na die onderhandelingsfase ná die opening talle opinies uitgelok het.
Sowat ses lyfwagte het op ‘n verslaggewer en fotograaf toegesak en aangedring op die geheue-skyfie van die kamera.
Pres. Jacob Zuma se seun het hom gevra wat hy omtrent korrupsie in die eThekwini-munisipaliteit gaan doen, berig The Witness.
Die nasionale ontwikkelingsplan vir 2030 sluit kwessies in waaroor meeste Suid Afrikaners sterk voel, het president Jacob Zuma gesê.
Pres. Jacob Zuma is klaarblyklik weer verkeerd geadviseer oor die samestelling van sy kommissie van ondersoek na die aankoop van wapens.
Die R1,6 miljard wat die staat op twee langafstand-stralers vir President Jacob Zuma en sy adjunk sal spandeer, is “eenvoudig verkeerd”.
President Jacob Zuma is terug in Suid-Afrika nadat hy die G20-neraad in Cannes, Frankryk, bygewoon het, het die presidensie gesê.
President Jacob Zuma se hulplyn het belastingbetalers die afgelope twee jaar sowat R37,5 miljoen uit die sak gejaag.
Die verkiesing van Lindiwe Mazibuko as die DA se parlementêre leier voorspel goeie dinge vir Suid-Afrika, het pres. Jacob Zuma gesê.
Pres. Jacob Zuma het gesê indien hy kon, sou hy anders besluit het oor miljoene rande se opknappingswerk aan sy ampswoning in Pretoria.
'n Man wat 'n drankie op pres. Jacob Zuma gemors het, sal na verwagting in die Durbanse landdroshof gevonnis word.
Twee regters wat deel sou wees van die kommissies van ondersoek na die wapentransaksie en genl. Bheki Cele, gaan vervang word.
Winnie Madikizela-Mandela blameer pres. Jacob Zuma vir die dissiplinêre aanklagte teen Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga.
Die regter wat Jacob Zuma op ’n verkragtingklag vrygespreek het, is deel van die geregtelike kommissie van ondersoek na die wapentransaksie.
Bheki Cele, nasionale polisiekommissaris, “respekteer” President Jacob Zuma se besluit om hom te skors, het sy kantoor gesê.
Pres. Jacob Zuma het by die Uniegebou in Pretoria aangekondig dat genl. Bheki Cele, nasionale polisiekommissaris, geskors is.
Pres. Jacob Zuma se neef en sy twee direkteure gaan aangekla word sodra die ondersoek na die plundering van 'n myn afgehandel is.
'n Ondersoek is aan die gang om vas te stel hoekom "verkeerde inligting" verskaf is oor opknappingswerk aan pres. Jacob Zuma se ampswonings.
Opknappingswerk aan die presidensiële wonings en kantore, asook aan 'n landgoed in Pretoria waar ministers woon, kos meer as R400 miljoen.
Die komplot om 'n sluipmoord op pres. Jacob Zuma uit te voer toe hy adjunkpresident was, is nou "water onder die brug", sê sy woordvoerder.
Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, is nie deur pres. Jacob Zuma in die pad gesteek nie, het die presidensie gesê.
Athol Trollip, leier van die opposisie in die parlement, het ’n ope brief aan pres. Jacob Zuma gestuur oor die gebrek aan proaktiewe optrede.
Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het gesê hy gaan nie sy werk los voor al sy take nie afgehandel is nie, berig die SABC.
Pres. Jacob Zuma het op 'n sake-ontbyt gesê hy weet nie of die Dalai Lama se Suid-Afrikaanse visum goedgekeur gaan word nie.
As dit van pres. Jacob Zuma se prokureur afhang, sal Suid-Afrika nooit weet hoe geheime bandopnames in die hande van sy regspan beland het nie.
Die departement van staatsveiligheid het geweier om betrokke te raak by bewerings dat daar ’n aanslag op van sy senior amptenare is.
Jacob Zuma sal waarskynlik planne voorlê om werkgeleenthede te skep, maar kenners sê niks sal die krisis verlig as wette nie verslap word nie.
Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, sal met die hoofde van die weermag en die lugmag vergader om die BBP-vlugte-debakel te bespreek.
President Jacob Zuma het sy teenstanders gewaarsku dat hulle geen toekoms in die ANC sal hê as hulle ongedissiplineerd is nie.
Pres. Jacob Zuma se straler is pas versien, maar uit vrees vir ’n fout word dit nou klaarblyklik op lang vlugte deur ’n ander straler vergesel.
Twee maatskappye wat aan die sakeman Khulubuse Zuma behoort, boor vir olie in die Demokratiese Republiek van die Kongo.
Jacob Zuma het spesiale hulde gebring aan sommige wit aktiviste wat hulself aan demokratiese verandering in die land toevertrou het.
Julius Malema het gesê dit pla hom nie dat hy nie ‘n kans gaan kry om by die ANC se eeufeesvieringe in Bloemfontein te praat nie.
Die KwaZulu-Natalse premier, Zweli Mkhize, het ontken dat hy by enige "komplot" betrokke was om pres. Jacob Zuma uit sy amp te verwyder.
Pres. Jacob Zuma se besluit om Nomgobo Jiba in die plek van Menzi Simelane as nasionale vervolgingshoof aan te stel kan omstrede wees.
Pres. Jacob Zuma het 'n onlangse rits bomaanvalle in Nigerië deur die Islamitiese ekstremistegroep Boko Haram skerp veroordeel.
Die aanstelling van adv. Nomvula Mokhatla as hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) is tydelik, het die presidensie gesê.
Jacob Zuma het tydens die bekendstelling van 'n padveiligheidsprogram, gesê Christenskap het die bestaan van weeskinders en ouetehuise teweeggebring.
Oudregter. Willem Heath, voormalige hoof van die spesiale ondersoekeenheid, kan heraangestel word as die hoof-regsraadgewer van Jeff Radebe.
Ondersteuners van die premier van Limpopo, Cassel Mathale, het anti-Jacob Zuma liedjies gesing by die ANC se provinsiale konferensie.
President Jacob Zuma het die bedanking van die nuut aangestelde hoof van die spesiale ondersoekeenheid, Willem Heath, aanvaar.
Onderwys is steeds een van die Suid-Afrikaanse regering se grootste prioriteite, het pres. Jacob Zuma in Benin gesê.
Adv. Menzi Simelane kan óf nie spel nie óf hy was só seker dat hy aangestel sal word dat hy nie ’n snars omgegee het hoe sy CV lyk nie.
Die presidensie het hom gedistansieer van uitlatings wat gemaak is deur die nuwe hoof van die spesiale ondersoekeenheid, Willem Heath.
Oudpres. Thabo Mbeki het bewerings dat hy twee aanklagte teen Jacob Zuma aangehits het, verwerp, het sy woordvoerder gesê.
Pres. Jacob Zuma het gesê hy gaan dringende aksie neem oor 'n uitstaande rekening van meer as R100 000 vir water en elektrisiteit.
Alle groepe binne Cosatu staan bankvas agter pres. Jacob Zuma tot verdere kennisgewing, sê dié vakverbond se president, Sidumo Dlamini.
Pres. Jacob Zuma sal die nuwe nasionale strategiese plan om MIV te beveg, op 'n Wêreldvigsdag-geleentheid in Port Elizabeth bekend stel.
Die staat het gevra dat die man wat daaraan skuldig bevind is dat hy 'n drankie op pres. Jacob Zuma gemors het, tronk toe gestuur word.
Pres. Jacob Zuma het ’n vertroueling aangestel om die land se suksesvolste korrupsiebestryder, Willie Hofmeyr, te vervang.
Julius Malema het in 'n toespraak in Bloemfontein al die ANC-presidente se lof besing behalwe dié van pres. Jacob Zuma.
Helen Zille het 'n brief aan die president geskryf vir 'n vergadering om die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting te bespreek.
Die gedrag van ’n dosent van die Militêre Akademie op Saldanha word op hoë vlak deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ondersoek.
Dit is die ANC se eie geld wat ingesamel is om sy eeufeesviering te betaal, het pres. Jacob Zuma in die parlement gesê.
Vliegtuie “kos meer as karre” en as Suid-Afrika sy staatshoof veilig wil vervoer, moet die land bereid wees om groot geld uit te haal.
Die staat sal R1,6 miljard spandeer op twee nuwe langafstand-stralers vir pres. Jacob Zuma en adjunkpres. Kgalema Motlanthe.
Die geldigheid van pres. Jacob Zuma se huidige kommissie van ondersoek na die land se wapenaankope hang aan ’n draadjie.
Die sekretaris van verdediging en die hoof van die lugmag het albei hul bedanking ingedien weens die gebruik van huursoldaat-vlieëniers.
Die teregstelling van Muammar Gaddafi skep 'n ongemaklike gevoel oor die situasie in daardie land, sê pres. Jacob Zuma.
Pres. Jacob Zuma het op 'n sake-ontbyt gesê hy sal getuig in die ondersoek na die regering se multimiljardrand wapentransaksie.
’n Diplomatieke oorlog in die kleine woed tussen Suid-Afrika en Oostenryk as gevolg van ’n administratiewe flater deur Zuma se kantoor.
Jacob Zuma het in Perth geland vir die staatshoofdeberaad wat onder meer fokus op voedselsekuriteit en klimaatsverandering.
Jacob Zuma se besluit om Sicelo Shiceka en Gwen Mahlangu-Nkabinde af te dank, was braaf en het sy ware leierskap gewys, het Samwu gesê.
Jacob Zuma het ministers afgedank, die nasionale polisiehoof geskors en aangekondig wie die ondersoek na die wapentransaksie sal behartig.
Politieke partye het President Jacob Zuma se besluit om die kabinetlede Gwen Mahlangu-Nkabinde en Sicelo Shiceka te vervang, verwelkom.
Pres. Jacob Zuma het sy meegevoel met Turkye uitgespreek nadat ‘n massiewe aardbewing die ooste van die land getref het.
Planne om byna R170 miljoen te bestee aan opknappingswerk aan Mahlambandlopfu, die Pretoriase presidentshuis, is gestaak.
Duisende huise, etlike skole, tienduisende toilette of ’n gedeelte van ’n hospitaal kan met R400 miljoen gebou word.
Besonderhede oor ’n aanslag op pres. Jacob Zuma se lewe toe hy nog adjunk-president was, is dig gehou en is glo “oor en verby”.
Pres. Jacob Zuma het onthul dat daar 'n komplot was om 'n sluipmoord op hom uit te voer toe hy die adjunkpresident was.
Geen land, aktivistegroep of individu dikteer Suid-Afrika se buitelandse beleid nie, het President Jacob Zuma in Pretoria gesê.
Die polisie se beskermingseenheid het sowat R700 000 begroot vir pres. Jacob Zuma se vroue se huurmotors, het The Star berig.
Die ANC en die regering is in beheer van Suid-Afrika en nie Julius Malema nie, het pres. Jacob Zuma op 'n sake-ontbyt gesê.
Genl. Bheki Cele gaan nie die Suid-Afrikaanse polisiediens verlaat voordat sy werk nie voltooi is nie, het hy aan die Sunday Independent gesê.
Pres. Jacob Zuma sal seker maak hy volg die regte stappe voor hy 'n besluit maak om genl. Bheki Cele te skors, het die presidensie gesê.
Die pad is nou oop vir die Afrika Unie (AU) se “padkaart” om geïmplementeer te word in Libië, het President Jacob Zuma gesê.