Daar is goeie nuus vir alle bakkie-liefhebbers. Elke maand sal 'n lys van die top-tien bakkies wat die beste verkoop het, bekendgemaak word.
Toyota het bekendgemaak dat hy die eerste elektriese sportnutsvoertuig gedurende die derde kwartaal van 2012 bekend gaan stel.
Toyota het gesê hy gaan nagenoeg 730 000 voertuie in Amerika en Kanada herroep weens probleme met 'n skakelaar en lugsakke.
Amerikaanse motorveiligheid-reguleerders is besig met 'n ondersoek nadat berigte van brande by verskeie modelle van Toyota voertuie ontvang is.
Toyota se witwarm 86-sportmotor is ’n produksiewerklikheid en kom in die tweede helfte van volgende jaar na Suid-Afrika.
Verkope van nuwe voertuie in SA verlede maand het gegroei, ten spyte van die voortslepende ekonomiese krisis en stygings in voertuigpryse.
Die motorvervaardiger Toyota se nuwe kompakmotor, die Avanza, sal in Februarie in Suid-Afrikaanse vertoonkamers beskikbaar wees.
Met verkope van meer as 11 000 eenhede in die eerste ses maande ná sy bekendstelling in 2005 is die Yaris een van Toyota se suksesstories.
Die motorvervaardiger Toyota het sy nuwe Yaris verlede week in Suid-Afrika bekendgestel. Hier is ‘n kykie na die pryse.
Toyota het gesê dat die sny van produksie by sy fabrieke is weens ‘n tekort aan motoronderdele wat deur die vloede veroorsaak word.
Volkswagen AG is 'n treetjie nader om meer as 8 miljoen voertuie vir 2011 te verkoop en die voorste voertuigvervaardiger ter wêreld te word.
Die nuwe Toyota Innova, wat pas in bekendgestel is, gaan dalk nie dadelik die oog vang nie, want daar te veel soortgelyke veeldoelvoertuie.
Die grootste motorskou in Afrika en een van die 20 top-motorskoue ter wêreld het by die Nasrec-uitstalterrein in Johannesburg begin.
Toyota Suid-Afrika het by die Internasionale Motorskou in Johannesburg aangekondig dat hy aanstaande jaar aan die Dakar-tydren gaan deelneem.
Veiligheidskenners het Toyota oor die kole gehaal oor 'n nuwe funksie in die Yaris-model wat motoriste toelaat om SMS-boodskappe te stuur.
Toyota gaan sy nuwe FT-86 sportkoepee, wat reeds by sy kantore in Johannesburg is, tydens die Johannesburgse motorskou bekendstel.
Toyota stel die produksieweergawe van sy nuwe elektriese hibried-voertuig, die inprop-Prius, op die Frankfurtse motorskou bekend.
Hoekom steel sommige motors vroue se harte? Motorvervaardigers besef dat die antwoord op dié vraag vir hulle sakke vol geld kan maak.
Die Toyota Land Cruiser vier vanjaar sy sestigste verjaardag. Jaco Kirsten van Weg/Ry gee ’n kort oorsig oor hierdie legendariese voertuie.
Die motorvervaardiger Toyota is druk besig om meer beskostigbare motors te vervaardig wat markte in China en Brasilië binnekort gaan bereik.
Gaan Volkswagen en Toyota se jare lange oorheersing in Suid-Afrika se nasionale tydrenreeks vanjaar deur private Ford-jaers beëindig word?
Toyota gaan die hele groen-begrip nog ’n stappie verder neem en sonpanele by sy vervaardigingsaanleg in Brittanje installeer.
Foto’s van Toyota se derde generasie Yaris het op Facebook uitgelek, met ‘n paar amptelike besonderhede en foto’s wat sedertien vrygestel is.
Nommer 64 – en sy twee stalmaats wat aanstaande jaar ook op pad is – sal seker nie een van ons gewone aardlinge beskore wees nie.
Die motorreus Toyota timmer aan ‘n sosiale netwerk waarmee bestuurders met hul motors kan ‘kommunikeer,’ amper soos op Twitter en Facebook.
Op die Duitse webwerf van Mercedes-Benz se amptelike veldry-afdeling staan daar dat die naweek se kursus met ’n lekker braai afgesluit word.
Die Japannese motorvervaardiger, Toyota, gaan produksie by sy fabrieke in Europa in April en Mei vir verskeie dae staak.
Die wêreld se grootste motorvervaardiger en die wêreld se grootste sagteware maatskappy gaan koppe bymekaar sit om Toyotas slimmer te maak.
Daar is bekendgemaak dat Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) het genoeg onderdele om tot einde April plaaslik met produksie voort te gaan.
Toyota se Verso is al ’n “ou-bekende” op ons land se paaie en bly ’n gewilde keuse vir diegene wat soek na ’n mediumgrootte-veeldoelvoertuig.
Die motorbedryf is erg geraak deur die verwoestende aardbewing en tsoenami in Japan, met die aandelemark wat ook ‘n knou gekry het.
Toyota het die afgelope naweek altesaam 145 000 Corolla-motors in Brasilië herroep weens brandstof lekkasies wat voorgekom het.
Die Vrystaatse rugbyspan, die Cheetahs, het 'n borgskap van drie jaar met 'n vooraanstaande motorvervaardiger beklink.
Die nuwe Fortuner lyk soos ’n wenner: Hy lyk beter, hy ry beter, hy’s veiliger, en boonop is hy vrek bekwaam in die veld.
Toyota, die wêreld se grootste motorvervaardiger, maak eersdaags sy jongste finansiële resultate bekend ná 'n besonder moeilike jaar.
Hulle lyk na ’n setpil en veral Hollywood-akteurs lief hulle erg. Reg geraai, ons praat van hibriedkarre en by name Toyota se Prius en Honda se Insight.
Toyota het 2010 op ‘n hoogtepunt geeïndig deur as die wêreld se topverkoper aangewys te word en stof in die oë van General Motors te skop.
Ons almal hou van ons karre... Maar party motors kan net nie geklassifiseer word as 'Spoedvrate' nie, al probeer hul vervaardigers hóé hard.
Toyota het pas die sluier gelig van hulle nuutste kleiner weergawe van die Verso MPV. Dié model, die Verso-S gaan in Parys bekendgestel word.
Toyota sê hy beplan nog nie om die uitslag van sy ondersoek na probleme met versnellers bekend te maak nie, het 'n woordvoerder gesê.
Toyota het pas ’n stewige sarsie grofgeskut in Land Rover se rigting afgevuur met die bekendstelling van nog twee Prado-modelle.
Die VSA wil Toyota met R119 miljoen beboet omdat hy nie die regering vroegtydig oor gevaarlike pedaalprobleme gewaarsku het nie.
Die Prius, Toyota se hibriede motor, is die eerste van sy soort om as topverkoper onder Japannese verbruikers aangewys te word.
Die reuse motorvervaardiger Toyota het aangedui hulle toon 'n verlies van R6.4 miljard vir die eerste kwartaal.
Die motorvervaardiger Toyota beplan om jaarliks 100 000 hibriedvoertuie in Amerika en China te vervaardig, het 'n nuusberig bekendgemaak.
Toyota se nuwe mededinger aan die intreevlakkant van die mark maak in die tweede helfte van volgende maand sy debuut in Suid-Afrika.
Toyota SA Motors het aangekondig dat die langverwagte Etios-reeks op 21 Mei 2012 in Suid-Afrika bekendgestel sal word.
Toyota is terug in Le Mans en dié keer met ’n hibriedrenmotor, die eerste keer dat ’n renspan amptelik van dié tegnologie gebruik maak.
Met die Tokio-motorskou se wiele wat tans aan die rol is, is dit Toyota se nuwe Prius C wat heelwat aandag ontlok.
Die motorvervaardigers Toyota en BMW het ‘n vennootskap aangegaan om voortaan eko-vriendelike tegnologie te deel.
Hoe gouer ’n mens oor Toyota se Innova se “visuele aanslag” praat, hoe gouer kan ’n mens aanbeweeg. Dit bly ’n lelike voertuig.
Die motorvervaardiger Toyota het sy Prius-reeks uitgebrei deur die nuwe Prius C bekend te stel wat binnekort in Japan beskikbaar gaan wees.
Die motorvervaardiger Toyota het bekendgemaak hy gaan ongeveer 550 000 voertuie wêreldwyd, maar meestal in Amerika, herroep.
Die motorvervaardiger Toyota het verlede week sy twee miljoenste Yaris in Europa gebou by sy motoraanleg in die noorde van Frankryk.
Die nuwe Toyota Yaris het die pas aangegee met betrekking tot brandstofbesparing op die jaarlikse ALD Automotive/Shell FuelSave MPG Marathon.
Toyota gaan vroeg volgende jaar ’n kat in die duiwehok loslaat wanneer sy nuwe intreevlak-reeks, die Etios, plaaslik bekend gestel word.
Giniel de Villiers, voormalige wenner van die Dakar-tydren, sal aan die stuur van sake wees vir Toyota Suid-Afrika se Dakar-span.
Meer as 6,6 miljoen Land Cruisers is al wêreldwyd verkoop – en met dié voertuie word geboer, gewerk, gespeel en ver gekuier.
’n Goue reël wat op alle lewensterreine geld, is om op jou sterk punte te fokus. As jy nie veelsydig is nie, geld dit des te meer.
Die motorvervaardiger Toyota is in die proses om sy nuwe, effens goedkoper Fortuner in Suid-Afrika bekend te stel.
Toyota gaan vier nuwe modelle tydens die Frankfurt-motorskou bekendstel insluitend die nuwe Avensis, Yaris, Prius en die 2012 Hilux.
Suid-Afrikaners se liefde vir Toyota se Hilux, Fortuner, Prado en Land Cruiser-reeks is welbekend, so ook hul lojaliteit teenoor die handelsmerk.
Toyota se klein Yaris is besig om groot te word. Die nuwe, derdegeslag-Yaris is teen die einde van die jaar hierheen op pad.
Met verskeie gelykopstryde wat in die produksievoertuig- en klas SP-kampioenskappe ontwikkel het, beloof die tweede helfte interessant te wees.
Toyota is besig om ‘n veligheidsfunksie te ontwikkel wat beheer oor die stuur van 'n motor uitoefen sodat dit uitswaai om 'n ongeluk te vermy.
Die Japannese motorvervaardiger Toyota gaan ongeveer 4 000 werkers aanstel om met produksie te help ná die verwoestende aardbewing en tsoenami.
Toyota voorspel sy jaarlikse wins sal met 31% krimp weens die tsoenami in Japan en verwag General Motors sal hom as topvervaardiger onttroon.
Toyota het gesê vervaardiging sal teen dieselfde spoed vanaf Junie tot Augustus voortgaan en daarna moontlik versnel om aanvraag te bevredig.
Een van die mees treffende Land Cruisers tot dusver sal teen Augustus in vertoonlokale in Suid-Afrika beskikbaar wees.
Die motorvervaardiger Toyota het produksie by al sy motoraanlegte in Japan hervat sedert verlede maand se massiewe aardbewing en tsoenami.
Akio Toyoda, president van Toyota, het Vrydag aangekondig dat produksie vanaf 18 April by alle motoraanlegte hervat gaan word.
Die voertuigvervaardiger Toyota Suid-Afrika sê hy het voldoende motoronderdele by sy monteeraanlegte om voort te gaan met produksie.
Japanese motorvervaardigers beplan om binnekort met produksie te begin nadat sommige fabrieke deur die aardbewing en tsoenami beskadig is.
Toyota het aangekondig dat produksie gedeeltelik by sewe van sy 22 motoraanlegte in Japan hervat gaan word.
Toyota Suid-Afrika het 'n hoëvlak afvaardiging na Japan gestuur om die uitwerking van die aardbewing en tsoenami op die plaaslike bedrywighede te bepaal.
Toyota het Donderdag 2,17 miljoen motors in Amerika herroep as gevolg van probleme met die versnellerpedaal wat in vloermatte kan vassit.
Die Nissan Patrol- en Toyota Cruiser-bakkie is so te sê voëls van eenderse vere, maar wie is die ware bielie van die bosveld?
Toyota-aandele het met 5% gestyg ná 'n verslag bevestig het dat daar niks verkeerd is met hul motors se elektroniese stelsels nie.
Toyota bly Japan se nommer een handelsmerk, maar die maatskappy se waarde het met amper 'n vyfde gedaal na die herroeping van voertuie.
Toyota gaan 1.2 miljoen motors in Japan herroep weens vrese dat ‘n lekkasie in die brandstofpyp kan ontstaan, het die ministerie van vervoer gesê.
Toyota Suid-Afrika is oorreed om een van sy nuwe TV-advertensies van die lug te haal nadat daar beswaar daarteen gemaak is.
Bykans 500 Toyota Hilux-eienaars het deelgeneem aan 'n poging om 'n rekord op te stel vir die meeste Hilux-bakkies op een plek.
Daar is vandag heelwat hibriedvoertuie in Suid-Afrika te kry en nog ’n paar sal binne die volgende jaar hul opwagting hier maak.
Tesla-motors en Toyota het onlangs ’n ooreenkoms geteken vir die ontwikkeling van elektriese voertuie en meegaande onderdele.
Toyota sal glo ‘n boete betaal nadat die maatskappy die regering in die donker gehou het oor versnellers wat foutiewelik was.
Die president van Toyota het werknemers aangemoedig om ‘n nuwe begin aan te pak sodat hulle weer kliënte se vertroue kan terugwen.
Die derde geslag van die Prius met twee spesifikasievlakke, Advanced en Exclusive, word binnekort in Suid-Afrika bemark.