Zuma paai landelike armes

2011-05-11 20:55
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - President Jacob Zuma het die versekering gebied dat die ANC nie die landelike armes in die steek sal laat nie, het die SABC Woensdag berig.

“Hierdie is prioriteite vir ons en ek is seker ons sal hierheen terugkeer,” het hy gesê tydens sy veldtog in Msinga buite Pietermaritzburg – een van vier sub-streke wat onder IFP-beheer is.

“Ek het dit vandag gesê en dit is nie net omdat ek dit sê dat mense vir die ANC sal stem nie – soos julle kan sien, het hulle in groot getalle opgedaag.

“Mense sê nou dat die tyd hier in Msinga gekom het om te stem vir die organisasie van die mense. Ons sal hulle nie teleurstel nie. Dit is waarom ek die kwessie van raadslede en raadslede se benadering tot gemeenskappe met hulle opgehaal het,” het Zuma gesê.

Inwoners het gekla oor ‘n gebrek aan skole, water en gesondheidsfasiliteite. Zuma het gesê die ANC neem alle klagtes ernstig op en sal ná die verkiesing daarna omsien.

Zuma het volgens die SABC vroeër beklemtoon dat nasionalisering nié ‘n ANC-beleid is nie.

Hy het gereageer op die besorgdhede van sakemense, veral boere, oor die ANC-Jeugligaleier, Julius Malema, se beroep om myne te nasionaliseer by ‘n vergadering in Greytown.

- Volg Nuus24 op Twitter
 
 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.