Zuma dreig wéér met voorvaders

2011-05-13 23:01
Tweets Share Share line Print

Port Elizabeth - Die voorvaders sal ontsteld wees as die ANC in die plaaslike verkiesings van 18 Mei beheer oor die Nelson Mandelabaai-metropool verloor, het pres. Jacob Zuma Vrydag gesê.

"Die voorvaders sal ontsteld wees as Nelson Mandelabaai verlore gaan, want hierdie is die tuiste van die ANC," het Zuma aan sowat 25 000 toeskouers by die Dan Qeqe-stadion gesê.

Dié uitlating volg kort ná 'n soortgelyke uitspraak in Lichtenburg op Donderdag, toe Zuma gesê het die voorvaders sal teen kiesers draai wat die ANC verlaat.

Zuma, wat deur Cosatu se sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi vergesel is, is met sy aankoms met 'n gesing en gedans begroet.

Zuma het vroeër gesê daar was tydens die algemene verkiesing in 2009 'n debat oor die moontlikheid dat Cope dié metropool by die ANC sou afneem, maar dat dit nooit gebeur het nie.

"Hierdie is die tuiste van die ANC. Niemand gaan die ANC vat nie en niemand voel bedreig nie," het hy gesê.

Zuma het voor die byeenkoms 'n nuwe rolstoel aan 'n vrou oorhandig wat hy op 'n vorige besoek aan Zwide ontmoet het. Sy het gekla dat sy haar vorige rolstoel nie behoorlik kon beheer nie. Zuma het destyds belowe hy sal terugkeer met 'n nuwe rolstoel.

Zuma se besoek aan die metropool kom te midde algemene ongelukkigheid in die Oos-Kaapse ANC oor die party se lys burgemeesters- en wykskandidate vir die verkiesings.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
55 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.