Zille ‘verheug’ oor Wes-Kaap

2011-05-20 07:12
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die Wes-Kaap behoort feitlik aan die DA nadat die party sy steunbasis in die afgelope plaaslike verkiesing met meer as 20 persentasiepunte vergroot het.

Hoewel die finale stemsyfers teen druktyd gisteraand nog nie beskikbaar was nie, was dit reeds duidelik dat DA-steun in die provinsie van 39,7% in die 2006- plaaslike verkiesings tot nagenoeg 60% geklim het.

Die syfer kan selfs hoër wees omdat heelwat van die uitslae in die Kaapse metrogebied nog uitstaande was.

Kiesersopkoms was vanjaar aansienlik hoër as in die vorige plaaslike verkiesing in 2006 en het die Onafhankike Verkiesingskommissie se mikpunt van 40% verreweg oorskry.

Die grootste stempersentasie was in die Wes-Kaap op nagenoeg 65%, gevolg deur die Noord-Kaap se 63%. Limpopo het die laagste kiesersopkoms gehad met stempersentasie van sowat 50%.

Vroeë aanduidings wys dat die DA die Moederstad met meer as 60,8%-steun sal verower. Die DA het voorts betekenisvolle vooruitgang gemaak in woongebiede soos die Bo-Kaap, Atlantis, Gatesville en Rylands Estate, waar die ANC in die verlede hoogty gevier het.

’n Uitgeputte Helen Zille, Wes-Kaapse premier en nasionale DA-leier, het gisteraand aan Die Burger gesê sy is verheug. “Die uitslae wys ons verkiesingstrategie in die Wes-Kaap het gewérk – al het dit met ’n wankelrige koalisieregering in Kaapstad begin.”

In die Drakenstein-munisipaliteit (Paarl) het die DA 58,6% van stemme verower en 55% daarvan in die Bree­devallei (Worcester). In die Eikestad het die DA koning gekraai en teen druktyd het die party 61,2% van die stemme in die Stellenbosch-munisipaliteit gewen, berig Malani Venter.

Volgens Bokkie Geyer, DA-LP vir die Stellenbosse munisipale distrik, het die DA die ANC met ’n meerderheidstem in 17 van die 22 wyke “verpletter”. Die ANC het op sy beurt die meeste stemme in ’n deel van Lamot en Groendal by Franschhoek en die hele Khayamandi verwerf. Die DA was veral verras oor sy oorwinning in die woonbuurte Klapmuts, Cloetesville en Idasvallei.

In die Suid-Kaap swaai die DA in minstens drie Suid-Kaapse munisipaliteite die septer, berig Eugene Gunning. Die DA het die mag in George en Mosselbaai behou en in Knysna het hy die eerste keer in tien jaar ’n volstrekte meerderheid behaal. In die Hessequa-munisipaliteit (Riversdal) is die kans goed dat die DA ook deel van die regering sal wees nadat hy sewe setels verower het en hy kan moontlik met Cope, wat een setel gewen het, saamwerk.

In Bitou (Plettenbergbaai), wat die DA as die mins oorwonne munisipaliteit beskou het, het die DA die ANC net-net geklop met 48% van die stemme teenoor die ANC se 45,75%.

Beaufort-Wes was die enigste dorp waar die ANC ’n volstrekte meerderheid behaal het. Dit baan die weg vir die omstrede Truman Prince om weer die burgemeester van dié dorp te word, berig Tisha Steyn.

Jessie Duarte, ANC-woordvoerder, het gesê die ANC is tevrede met sy vertoning ten spyte van die DA se stewige groei in die Wes-Kaap. “Ons bruin gemeenskappe is ontsettend gemarginaliseer. Die ANC sal alles in die stryd werp om daardie gaping te oorbrug.”


- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.