Vavi moontlik toekomstige president

2011-04-10 09:29
Tweets Share Share line Print

Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van Cosatu, word dalk geposisioneer as moontlike toekomstige president van Suid-Afrika.

“Die uitlatings wat Vavi toenemend maak, is ’n strategie, en mense moenie daardeur geflous word en dink Vavi maak homself ongewild onder sy alliansievennote nie,” het ’n bron na aan die ontwerp van die strategie aan Rapport gesê.

“Vavi word gesien as ’n uitskieter, en om hom gereeld in die media te sien en om sy sterk standpunte oor etiese optrede en waardes te hoor, is ’n vooropgestelde plan om die man onder ons mense as leier voorop te stel. Hulle moet gewoond raak aan hom, al hoe nader aan die presidensie,” sê die bron.

Vavi het die afgelope week met sy nuutste uitlatings oor ’n moontlike toekomstige “pres. Zille” wyd opspraak verwek.

Hy het die bedingingsraad van Numsa, die metaalwerkersvakbond, Dinsdag in Johannesburg toegespreek, en toe ’n paar nuwe knuppels in die alliansie se hoenderhok gegooi.

Hy het te velde getrek teen die werksverliese en armoede waarin Suid-Afrikaners onder die huidige regering gedompel is. Toe skok hy almal en sê daar word dalk binnekort na ’n pres. Zille verwys.

Ander meen hiermee het Vavi ’n erkenning gedoen en gesê wat die ANC tot dusver nog nie wou nie: Die sogenaamde “blou gevaar” is ’n waardige alternatief.

Aubrey Matshiqi, ’n politieke ontleder, sê wat Vavi eintlik met sy “pres. Zille”-uitlating bedoel, is dat die ANC in die toekoms verkiesings teen die DA kan verloor as hy by sy huidige beleidsrigting bly.

“Dit is egter ook ’n teken dat Vavi of Cosatu dink die DA is besig om te ontwikkel in ’n geloofwaardige opposisieparty.”

Prof. Dirk Kotzé, politieke ontleder aan Unisa, meen Vavi het sy alliansievennote (die regering) doelbewus probeer skok, en gemaan dat, sou hulle nie hul huis in orde kry en meer eties optree nie, ’n DA-regering nie ’n onmoontlike scenario in die toekoms is nie.

“Die plaaslike verkiesing op 18 Mei is in werklikheid ’n ANC vs. DA-verkiesing. Vavi sê eintlik vir sy vennote, pasop, die DA is ’n ‘blou gevaar’,” sê Kotzé.

Die ANC-jeugliga verwerp egter Vavi se siening.

Floyd Shivambu, jeugliga-woordvoerder, sê Vavi se “president Zille”-uitlating is lagwekkend, “want Helen Zille sal nooit president van Suid-Afrika wees nie, selfs al sak die son in ’n ander rigting”.

Vavi het die afgelope twee jaar gereeld die regering se beleidsrigtings aangevat: oor swart ekonomiese bemagtiging, die hiëna-staat en ministers wat in hul duur motors rondry terwyl mense honger ly.

Vavi het reeds aangedui hy is nie weer beskikbaar as sekretaris-generaal van Cosatu nie. Dié besluit sal die pad vir hom oopmaak om verkies te word tot die nasionale uitvoerende komitee van die ANC in Bloemfontein volgende jaar.

Patrick Craven, Cosatu-woordvoerder, sê Vavi verkies om nie kommentaar te lewer nie.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: zwelinzima vavi  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.