Stryd van 3 metro's

2011-05-18 07:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Twee metrorade en dalk ’n derde. Dit is die opposisiepartye se hoop vir die allerbelangrike munisipale verkiesing.

Die DA is vas oortuig daarvan dat hy Kaapstad met ’n volstrekte meerderheid gaan inoes en Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth) met ’n koalisieregering van die ANC kan afvat.

Hoewel baie tyd, moeite en geld in Johannesburg gepomp is en die DA meen hy vaar goed om sy beeld onder swart kiesers te transformeer, sal dié metroraad beslis onder ANC-beheer bly.

Dit is egter die Tshwane-metroraad (Pretoria) wat die opposisie skielik opgewonde het. Die stad was tot betreklik onlangs nie werklik ’n oornameteiken nie, maar sekere DA-strateë meen harde werk om in plekke soos Soshanguve, Atteridgeville en Mamelodi strukture op grondvlak te vestig, kan vroeër as verwag dividende lewer.

As ’n groot aantal lojale ANC-ondersteuners van die stembus wegbly en alle opposisiekiesers opruk, is die moontlikheid van ’n koalisieregering volgens opposisiepartye nie vergesog nie.

’n Bron in die DA-binnekring het egter teen wilde uitsprake gewaarsku. “Ons gaan vir seker beter vaar, ons kan die ANC skrikmaak, maar van ’n koalisie is ek nie so seker nie.”

Die ANC het in 2009 byna 60% steun gekry en die DA 25%. In Kaapstad is die DA vas oortuig daarvan dat hy die begeesterde aanslag van die gewilde Wes-Kaapse Cosatu-leier mnr. Tony Ehrenreich, die ANC se burgemeesterskandidaat, sal afweer.

Daaglikse peilings toon die DA staan aansienlik sterker as in 2006, toe hy met byna 42%-steun die meerderheidsvennoot in ’n koalisieregering geword het.

Die party se verwagting is dat hy vandag ’n volstrekte meerderheid sal behaal en sodoende nie meer van kleiner partye afhanklik hoef te wees nie.

Die DA se breintrust wou nie ’n voorspelling oor ’n wenpersentasie waag nie en het net gesê hul veldtog het volgens plan verloop en dat die party hard gewerk het om sy kiesers vandag by stembusse te kry.

Smuts Ngonyama, Cope se burgemeesterskandidaat in Port Elizabeth, meen ’n koalisieregering om dié ANC-hartland af te neem is nie onmoontlik nie.

Dié stad word allerweë beskou as een plek in die land waar Cope nog sterk op grondvlak staan nadat hy die afgelope twee jaar amper ingeplof het.

“Dis ’n redelike verwagting, maar steeds moeilik. Onthou, dié was nog altyd ’n ANC-bas­tion wat deur sommige van ons (voormalige ANC-lede wat nou by Cope is) opgebou is.”

Opposisiesyfers toon die ANC het nog verder agteruitgeboer sedert hy in 2009 se algemene verkiesing 49,6%-steun op hom verenig het.

Volgens dié syfers is die ANC en DA glo “kop aan kop” en kan Cope die bepalende faktor wees.

Sommige DA-ringkoppe meen die party kan sy steun van 2009 se 28% tot net meer as 40% vanjaar vergroot.

Athol Trollip, die DA se parlementêre leier, het gesê Helen Zille, DA-leier, se laaste besoek aan die stad gister het “ongelooflike reaksie” uitgelok. “Die Baai is blou! Ek glo ons gaan dié metro, Baviaans en Kouga hier wen!”

Zille het ook vir oulaas in Kaapstad na kiesers gevry terwyl adj.pres. Kgalema Motlanthe dit vir die ANC gedoen het.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, het gesê koalisiepolitiek sal ná vandag belangriker as ooit tevore wees. “En dis waarvoor ons tydens die grondwetlike onderhandelings gehoop het.”

- VOlg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.