Stemtyd dalk in dele van Jhb verleng

2011-05-18 14:29
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Kiesers in sommige dele van Johannesburg – veral waar stembriewe laat afgelewer is en waar baie mense opgedaag het om te stem – sal langer kans kry om hulle kruisies te trek, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) Woensdag gesê.

"Ons sal die situasie fyn dophou deur die dag en as daar steeds om 19:00 mense is sal ons die stemtyd verleng en hulle ook 'n kans gee om te stem," het Sy Mamabolo, provinsiale verkiesingsbeampte, aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

Heelwat kiesers het in Meadowlands, Diepkloof in Soweto en Eldorado Park opgedaag. In sommige gebiede van Soweto is stembriewe laat afgelewer.

"In 'n poging om die probleem van die swak bestuur van stembriewe te oorkom, is nuwe innoverings gebruik om streng beheer oor die vervoer van stembriewe te verseker," het hy verduidelik.

"Dit het 'n bottelnek in sommige dele van Soweto veroorsaak, wat gelei het tot die laat aflewering van stembriewe."

Tegniese probleme is by sommige stemlokale in Gauteng ondervind, maar geen ernstige probleme is gerapporteer nie.

- Volg Nuus24 op Twitter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.