Premier wag vir TV voordat hy stem

2011-05-19 09:06
Tweets Share Share line Print

Parys - Die Vrystaatse premier wou Woensdag nie sy kruisie trek voordat die SABC opgedaag het om dié “reg” in beeld vas te vang nie.

Ace Magashule, geklee in ’n geel T-hemp met ’n afbeelding van pres. Jacob Zuma se laggende gesig daarop, is Woensdag in die woongebied Tumahole op sy tuisdorp, Parys, soos ’n held ontvang.

Dié “seun van Parys” is met sang en toejuiging deur ANC-ondersteuners by die Mosepedi-saal verwelkom.

Hy het met jonk en oud geselsies aangeknoop en selfs ’n drukkie of twee uitgedeel.

Dié saal in die hartjie van Tumahole het as ’n stemlokaal gedien.

Lang rye kiesers het vroegoggend voor die saal gestaan, maar het gou verminder.

Minstens tien mense het in die ry gestaan toe Magashule daar opgedaag het om te kom stem.

Hy het nie in die ry gestaan nie, maar, soos dit volgens protokol hoort, voorkeurbehandeling gekry.

Binne die stemlokaal het Jonas Ramokhoase, uitvoerende burgemeester van die distriksmunisipaliteit Fezile Dabi (Noord-Vrystaat), oral saam met Maga­shule beweeg.

Magashule het darem sy kruisies op die drie stembriewe in privaatheid getrek.

Voordat Magashule sy tweede stembrief in die briefhouer gegooi het, het hy eers vir Ramokhoase gewys wáár hy sy kruisie getrek het. Magashule het in ’n ligte luim met kommentaar voordat hy elke stembrief gepos het, dit duidelik gemaak vir watter party hy stem.

“Om te stem is baie belangrik,” het Magashule buite die saal gesê.

“Ek voel baie bly dat ek dié belangrike ding gedoen het. Om te kan stem was iets –’n reg – waarvoor ons baie lank geveg het.”

Magashule sou luidens die media-uitnodiging om 10:00 gestem het, maar het omstreeks 11:25 by die stembus opgedaag. Hy het egter dadelik weer vertrek omdat die SABC nog nie daar was nie.

Hy het ongeveer ’n halfuur later ná die SAUK se aankoms om 12:05 gestem.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.